Korte mette van haarkappery II

Standard

7. VOORKOMSREËLS
7.1 MEISIES
7.1.1 Hare
» Hare moet te alle tye skoon en netjies wees.
» Hare wat langer as die kraag is, moet vasgemaak wees.
» Die kuif moet bokant die wenkbroue op die voorkop wees.
» Bollas mag slegs gedra word indien dit styf vasgemaak is en die  hare nie toegelaat word om te hang nie.
» Slegs skakerings van blou lint, knippies of haarrekkies mag gedra word.
» Uitspattige haarstyle sal nie toegelaat word nie.
» Geen haarjel of haarkleursel is toelaatbaar nie. 

7.1.2 Juwele
» Geen juwele, bv. ringetjies, armbande (leer, rubber of metaal), kettinkies sal toegelaat word nie.
» Slegs goue “studs” of goue ringetjies sal slegs in die ore toegelaat word.
» Die oorringetjies mag nie dikker as 5 mm wees nie.
» Slegs een oorring per oor sal toegelaat word en ook net in die onderste gaatjie in die oor.
» Slegs polshorlosies word toegelaat.
» Slegs medic alert-bandjies en hangertjies mag gedra word.
 
7.1.3 Naels
» Naels mag nie langer as die vingerpunte wees nie.   Geen toestemming sal vir lang naels verleen word nie.
» Geen naellak mag gedra word nie.
 
7.1.4 Grimering
» Geen lipglans, lipstiffie, maskara, oogpotlood, blos, onderlaag of enige ander grimering sal toegelaat word nie.

7.2 SEUNS
7.2.1 Hare
» Hare moet netjies van die kraag af weggesny wees,
» Hare moet om die ore gesny wees en mag nie lank genoeg wees om die ore te raak indien dit regaf gekam word nie.
» Bakkebaarde mag net tot in die middel van die oor kom.
» Die kuif moet 2 cm bo die wenkbroue wees.
» Geen puntige haarstyl of enige vreemde/uitspattige haarstyl word toegelaat nie.
» Gekleurde hare, jel of vaste golwing van hare word nie toegelaat nie.
» Hare mag nêrens op die kop langer as 3 cm wees nie.

7.2.2 Juwele
» Geen juwele, bv. ringe, armbande(leer, rubber of metaal) of kettinkies sal toegelaat word nie.  
» Slegs medic alert-bandjies en hangertjies mag gedra word.

4 responses »

  1. Wat van grimering vir seuns, en hulle naels, en snorre? En joodse lokke?
    En bakkebaarde vir meisies? – ek is mal oor die bollas!

  2. Lol…ek moet sê, een van die dinge wat daarnatoe bydra dat ek jou vorige post oor skoolklere lekker krities kon oorweeg, was die feit dat ek uit ‘n taamlik liberale skool kom. daar was die enigste riglyn oor hare ensomeer bloot dat dit nie onnet moet lyk nie. Ek het my hare BEHOORLIK gejel, dankie…

  3. Reg…ons seuns se hare mag 4cm lank wees.

    Die senior meisies is toegelaat om kleurlose naellak of frenchmanicure te dra indien hulle wil. Onderlaag MAG IN MATIGHEID gedra word. Ons oorringetjies mag nie groter as ‘n R1 wees nie en ons mag ons hare dra soos ons wil solank dit net nie in ons oe hang nie.

    Meisies mag hul hare kleur mits dit natuurlik lyk en dit professioneel gedoen word.

    Nee siel, ons skool is darem nie so erg op reels nie…oe voor ek vergeet. Meisies se naels mag nie langer as 2mm wees nie…belaglik ne…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s