Parodie in drie dele: opsomming

Standard

‘n Goeie kreatiewe-skryf oefening vir hoërskoolleerders is om ‘n parodie van ‘n sprokie te skryf.

(‘n Parodie is kortweg ‘n spottery of verdraaïng van die oorspronklike teks; sprokies is feëverhale.)

Die hele skryfoefening beslaan uit drie dele.

Deel een: som die oorspronklike sprokie op

Laat die kinders gesels en lag oor sprokies.  Lys ‘n klompie op die bord en laat hulle twee-twee aan nog sprokies dink en die name neerskryf op ‘n wit papier.  Help hulle reg met die Afrikaanse benaminge vir Cinderella, Goldilocks en dies meer.  Onderskei tussen strokies en Disney stories en sprokies (feëverhale).  As iemand ‘n sprokie noem wat die ander nie ken nie, laat hom/haar kortliks vertel waaroor dit gaan.

Nadat die leerders (en die onderwyser) aan al die verskillende sprokies gedink het waaraan hulle kon, laat elkeen dan één sprokie kies waarvan hy/sy hou en goed ken.  En laat elkeen dan sy/haar sprokie in so tien tot vyftien reëls opsom.

Hier is ‘n voorbeeld van ‘n puntsgewyse opsomming van Hansie en Grietjie:

  1. Eendag lank, lank gelede hoor Hansie en Grietjie hoe hulle stiefma by hulle pa kla oordat hulle so arm is. Sy stel voor dat Hansie en Grietjie in die bos gelos word sodat daar genoeg kos vir hulle twee sal wees om te eet. Sy het nog nie gehoor van kindermishandeling, die handves van menseregte of welfare nie En sy het nie besef dat twee husse met lang ore afluister nie.
  2. Toe Hansie en Grietjie bos toe geneem is, laat val hulle ’n spoor wit klippies om hulle pad onverdwaalbaar te maak/ hulle weg terug te vind.
  3. Ná hulle verrassende terugkeer, fnuik die stiefma vir Hansie en Grietjie en sluit hulle by die huis uit en stuur hulle die bos binne sonder enige klippe. In die plek daarvan laat val Hansie en Grietjie broodkrummels om hulle pad terug te vind.
  4. Maar Slim vang sy baas, oftewel die bosdiere Hansie en Grietjie se krummels. Die eekhorings, miere, voëls en pofadders eet al die krummels op of steek dit êrens onder die grond weg langs hulle karsleutels. Gevolglik verdwaal Hansie en Grietjie.
  5. Hulle kom af op ’n lekkergoedhuisie en begin daaraan te peusel ten spyte van die feit dat dit sleg is vir hulle tande.
  6. Die lekkergoedhuisie se eienaar, ’n heks, of Die Heks, gryp vir Hansie en Grietjie en gooi vir Hansie in ’n hok terwyl Grietjie die huisie fluks begin skoonmaak.
  7. Die Heks voer Hansie dik sodat sy hom kan eet. Sy kan nie goed sien nie en voel telkens Hansie se vinger deur die tralies om vas te stel of hy vetter word.
  8. Grietjie gee vir Hansie ’n beentjie om deur die tralies te steek in plaas van sy vinger. So flous hulle Die Heks (wat duidelik nie te slim is nie én ook nie lekker kan sien nie) dat sy dink Hansie is baie maer.
  9. Uit desperaatheid besluit Die Heks om maar maer sop van Hansie te maak en sy kook ’n groot pot water op die vuur.
  10. Voordat Hansie egter in die sop kan beland (!), stoot Grietjie Die Heks in die vuur en ontsnap saam met Hansie uit die huis.
  11. ’n Groot wit gans laai hulle op en vlieg vir Hansie en Grietjie terug huis toe waar hulle ouers hulle met ope arms ontvang. Hulle slag toe die reuse gans, begin ’n verekus-singbesigheid en bêre die vleis vir happily ever after.

Okay, miskien is die opsomming hierbo nie die beste voorbeeld nie, maar nietemin.  As jy feëverhaal-boeke byderhand het, laat die leerders sommer tussendeur hulle sprokies naslaan om te kyk of daar inderdaad ‘n wit gans vir Hansie en Grietjie kom oplaai het.

Dis die eerste deel van die parodie-skryf: om die teks waarmee jy spot, heeltemal te ken.  (Jy sou die opsommings ook kon bepunt, of gebruik in latere taaloefeninge.)

Neem gerus deel aan hierdie skryfopdrag – probeer dit gerus:

  1. Lys in jou comment die name van sowat vyftien sprokies, en
  2. Kies dan een sprokie, en som hom op.

Ek lees graag julle opsommings!

62 responses »

  1. M.b.t. punt 5 in jou opsomming: ek lees gister dat nuwe, tegnologies-gevorderde lekkergoed nou in werklikheid *goed* is vir kinders se tande!

    “Gummy Bears That Fight Plaque”
    http://www.sciencedaily.com/releases/2008/07/080724190432.htm

    “The tooth-protecting sugar substitute xylitol has been incorporated into gummy bears to produce a sweet snack that may prevent dental problems. Giving children four of the xylitol bears three times a day during school hours results in a decrease in the plaque bacteria that cause tooth decay.”

  2. 1) Rooikappie, Hansie en Grietjie, Die Gestewelde Kat, Gouelokkies en die Drie Bere, Aspoestertjie, Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies, Die Drie Varkies, Skoonlief en die Ondier, Klein Duimpie, Die Paddaprins, Die Lelike Eendjie, Die Ganswagtertjie, Jan en die Boontjierank, Slapende Skoonheid, Repelsteeltjie

    2) Hansie en Grietjie

    1. ‘n Arm houtkapper, ‘n stiefma, Hansie en Grietjie bly in ‘n woud.
    2. Die stiefma wil ontslae raak van haar man se kinders, omdat daar nie genoeg kos en geld is om hulle te onderhou nie.
    3. Die stiefma beplan om die kinders in die woud te los, wanneer sy en die pa kamstig gaan hout optel.
    4. Hansie is bewus van haar slinkse plan en gooi klippies op die pad om hom en Grietjie weer by die huis te kry.
    5. Die pa is verlig dat sy kinders weer by die huis is, maar die stiefma is glad nie gelukkig nie.
    6. Sy neem hulle vir ‘n tweede keer die woud in. Dié keer gooi Hansie broodkrummels op die pad, maar voëls eet dit op.
    7. Hansie en Grietjie verdwaal verder die woud in en ontdek ‘n huisie wat uit lekkergoed gemaak is.
    8. ‘n Heks, wat in die huisie bly, vang Hansie en sit hom in ‘n hok. Grietjie word beveel om Hansie vet te voer, want die heks wil hom eet.
    9. Die nare heks wil vir Hansie in die oond braai en voel of die oond warm genoeg is. Grietjie stoot die heks in die oond in.
    10. Hansie en Grietjie neem die heks se juwele en kos.
    11. Intussen is die stiefma oorlede.
    12. Hansie en Grietjie vind hulle pa se huis met die hulp van ‘n eend en hulle woon van toe af weer gelukkig saam.

  3. DE BONO

    De Bono se leerteorie is gebaseer op laterale denke. Leer vind plaas wanneer ‘n individu kreatief dink om probleme op te los. Kreatiewe denke word gestimuleer wanneer daar na alternatiewe oplossings gekyk word eerder as om net vas te kyk in die gewone of alledaagse. De Bono gee ‘n samevatting van wat kreatiwiteit behels: “Hoekom kan ons nie speel met idees, al is dit ook hoe absurd nie? Dit is amper ‘n tipe van gesels-breinstorm. So ontdek jy self dalk iets nuuts!” Dit is wonderlik om te weet dat onderwysers, leerders of enige ander persoon kan leer deur met idees te speel of na alternatiewes te kyk. Ek dink De Bono se leerteorie moedig leerderdeelname aan, omdat daar nie ‘n regte of verkeerde antwoord is as dit kom by kreatiwiteit nie. Kreatiwiteit beteken oorspronklikheid of ontdekking. Effektiewe leer vind juis plaas wanneer leerders self oplossings vir probleme ontdek en kennis konstrueer.

  4. Rooikappie

    Die verhaal handel oor ‘n dogtertjie, haar Moeder, Ouma, ‘n groot stoute wolf en ‘n houtkapper.
    Rooikappie se ouma is baie siek en haar Moeder stuur haar met ‘n bottel wyn en koekies na haar ouma toe. Haar moeder waarsku haar egter om nie langs die pad te drentel nie. Rooikappie se ouma bly in die woud. Voordat Rooikappie ver die woud kon ingaan, het ‘n wolf haar gestop, maar omdat sy nie geweet het hoe boosaardig hy is nie, was sy nie bang nie. Die wolf het haar gevra waarheen sy oppad is, terwyl hy sy lippe aflek en beplan hoe hy haar en haar ouma gaan eet. Die wolf verlei haar toe om na die blomme in die veld te kyk en vir haar ouma daarvan te pluk. Intussen hardloop die wolf natuurlik na haar ouma toe om haar te verober.

    Toe die wolf by haar ouma aankom, maak hy asof hy Rooikappie is en die ouma laat hom binne. Oombliklik binne, verober die wolf die ouma en trek haar klere aan. Toe Rooikappie by haar ouma aankom, lyk die vir haar baie snaaks en Rooikappie probeer die verandering in haar ouma se voorkoms uitpluis deur vrae. Maar ongelukkig voordat Rooikappie weer kan praat, vreet die wolf haar ook op met een hap.

    Die wolf strek homself toe uit op Ouma se bed en snork toe so hard dat die houtkapper kom navraag doen. Die sien dadelik deur die venster dat dit die wolf is en besluit om die se maag oop te sny, om Rooikappie en haar ouma te bevry. Hulle het toe klippe in die wolf se maag gepak en toegewerk. En toe hy probeer opstaan het hy dood neergeslaan van die gewig.

    Rooikappie het toe nooit weer langs die pad gedrentel nie.

  5. Sprokies te kies en te keur.

    Hansie en Grietjie; Die Rooi hennetjie; Die gestewelde kat; Die lelike eendjie; Sneeuwit en die die sewe dwergies; Die drie varkies; Rooikappie; Aspoestertjie; Repelsteeltjie; Klein Duimpie; Die sewe bokkies en die wolf; Die Keiser se nuwe klere; Aladdin en die wonderbaarlike lamp; Die Goue gans; Doringrosie.

  6. 1) Die Gestewelde Kat; Rooikappie; Jan en die Boontjierank; Hansie en Grietjie; Die drie varkies; Goue Lokkies en die drie beertjies; Slapende skoonheid; Hasie en Skilpad; Sneeuwitjie en die Sewe dwergies; Die lelike eendjie.

    2) Die Gestewelde Kat

    1. ‘n Ou meulenaar bly saam met sy drie seuns.
    2. Die meulenaar sterf en laat vir sy drie seuns elk iets agter: ‘n Stuk grond vir die oudste, sy meule vir die middelste, en ‘n kat vir die jongste.
    3. Jongste seun is baie afgehaal omdat hy net ‘n kat gekry het waarmee hy niks kan doen nie.
    4. Die kat vra vir ‘n paar stewels en ‘n streepsak en belowe om van Piet (die jongste broer) ‘n baie ryk man te maak.
    5. Die Gestewelde Kat vang elke dag hasies in sy streepsak vir die koning en se dat dit van die Martjies van Karrabas af is.
    6. Naderhand reel die Koning om die Martjies van Karrabas te ontmoet, hy het immers ‘n dogter wat ‘n goeie man moet kry.
    7. Die Gestewelde Kat hardloop voor die Koning se koets uit om vir Piet te gaan se dat hy sonder enige klere in die rivier moet spring.
    8. Die Koning kom op Piet af in die rivier terwyl die Gestewelde Kat uitroep dat die Martjies van Karrabas besig is om te verdrink.
    9. Die Koning stop om vir Piet te help terwyl die Gestewelde Kat vooruit hardloop na die Towenaar se kasteel.
    10. Die Gestewelde Kat flous die Towenaar en hy verander homself in ‘n muis, en daar eet die kat hom op.
    11. Die Koning, die prinses en Piet kom by die kasteel aan, die Gestewelde Kat verwelkom hulle by die kasteel van die Martjies van Karrabas.
    12. Piet trou met die Koning se dogter, hy word ‘n baie ryk man, en hulle almal lewe gelukkig saam.

  7. SPROKIES:

    Die Padda Prins ; Die Prinses en die Ertjie ; Gouelokkies en die Drie Bere ; Die Lelike Eendjie ; Die Drie Varkies ; Rooikappie ; Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies ; Repelsteeltjie ; Die Gemmerbrood Mannetjie ; Hansie en Grietjie ; Jan en die Boontjierank ; Die Rooi Hennetjie ; Die Gestewelde kat ; Aspoestertjie ; Skoonlief en die Ondier

    OPSOMMING OOR “Jan en die boontjierank…”

    1. Jan en sy ma was baie arm en het alleen in ‘n klein huisie gebly.

    2. Jan se ma het vir hom gevra om hulle enigste bok mark toe te vat en daar
    te probeer verkoop, want die bok kon nie meer vir hulle melk gee nie.

    3. ‘n Vreemdeling het toe die bok by Jan gekoop en vir Jan betaal met vyf
    “tower” boontjiepitte.

    4. Jan se ma was vreeslik ontsteld oor die boontjiepitte en het dit sommer
    by die venster uitgegooi.

    5. Die volgende oggend was daar ‘n yslike boontjierank in hulle tuin en Jan
    (wat baie avontuurlustig was) het besluit om die boontjierank op te
    klim.

    6. Hy klim toe tot by die wolke, wat hy toe uitvind is ook die huis van ‘n
    groot, sterk en baie welgestelde reus.

    7. Omdat Jan en sy ma arm is, steel Jan toe ‘n paar goed: eers ‘n sakkie vol
    goue muntstukke, toe ‘n hen wat goue eiers lê en laastens ‘n tower harp.

    8. Die harp was egter nie gelukkig met die feit dat Jan haar/hom steel nie
    en het vanself begin speel om die reus se aandag op Jan te vestig.

    9. Jan, was vrees vir sy lewe, klim toe so vinnig as moontlik met die
    boontjierank af, met die reus op sy hakke.

    10. Jan bereik egter eerste die grond, gryp ‘n byl en begin aan die
    boontjierank kap.

    11. Die boontjierank val om, met die reus nog op, en tref die grond met ‘n
    onaardse geluid.

    12. Die reus sterf en Jan en sy ma gebruik die “gesteelde” items om ewige
    rykdom te verseker.

  8. hey, ek sien foute raak in van julle vertellings… wil julle nie mekaar reghelp nie?

    terloops, wanneer is ‘n oplossing volledig en “reg”?

    …mag ‘n mens “Fee, fi, fo fum, I smell the blood of an Englishman” uitlos in die opsomming van Jack and the Beanstalk?

    …hoekom gaan die gestewelde kat na die towenaar toe?

    …moet Rooikappie ‘n bottel wyn na ouma toe neem? :P

    …wat van Hansie se slim plan om ‘n vleisbeentjie deur die tralies te steek?

    Onthou: te “kus” en te keur, nie “kies” nie!

  9. Mnr Müller, bedoel jy wanneer ‘n “oplossing” reg is, of ‘n “opsomming”?
    En ek het ook my verbeel dis die Markies van Karrabas…
    Jou studente lyk belowend!
    Ek geniet dit om toeskouer te wees.

  10. 1. Aspoesterjie se ma sterf en haar pa trou weer.

    2. Die stiefma is baie ongeskik en Aspoesterjie se stiefsusters is aaklikg met haar.

    3. Aspoesterjie doen al die werk in en om die huis, en kry verslete toiing-klere.

    4. ‘n Uitnodiging kom by die huis aan waarin alle jong dames na die Koninklike Bal genooi word; tydens hierdie Bal sal die prins sy toekomstige vrou kies.

    5. Almal maak gereed vir die Bal, maar die stiefma weier dat Aspoesterjie gaan; die susters lag haar uit en spot haar terwyl hulle nuwe rokke laat maak en mooi skoene en juweliersware aanpas.

    6. Die aand van die Bal sit Aspoesterjie alleen in die kombuis en huil toe ‘n Goeie Fee haar aan die skouer tik.

    7. Die Goeie Fee tower vir Aspoesterjie die mooiste rok op, verander ‘n pampoen in ‘n koets, tower muise op in koetsiere en perde, en verander haar in iets soortgelyks aan ’n prinses.

    8. Sy gee vir haar die mooiste paar glasskoentjies om aan te trek, maar vertel vir Aspoesterjie dat die towerwerke slegs tot twaalfuur sal voortduur; na twaalf verander alles terug na wat dit was.

    9. Aspoesterjie trek vinnig die prins se aandag en die prins dans die hele aand net met haar; almal wil weet wie die pragtige meisie is waarmee die prins so ingenome is.

    10. Net voor twaalfuur slaan die klok, en Aspoesterjie haas haar by die trappe af. Haar voet glip uit die skoen – sy los dit op die trappie en harloop vinnig weg.

    11. Die dorp gons oor die meisie waarna die prins soek; hy stuur sy amptenare om na die meisie te soek vir wie die skoen pas.

    12. By elke huis, word al die dames saamgeroep en word die skoen aangepas. Die nare stiefsusters probeer die skoen aan te wriemel.

    13. Groot is die verbasing toe die skoen vir Aspoesterjie pas, en die prins vra haar om met hom te trou.

    14. Daar is ’n groot bruilofviering en die prins en Aspoesterjie het ’n lang, en gelukkige lewe saam gehad.

  11. dankie, estelleke, dit sal hoeka gebeur dat sodra ek foute begin uitwys, ek self foute begin maak, haha.

    …die dae van professor as profeet is verby; lank lewe die kollektiewe korrektiewe dienste!

    hehe, maar opsommings is tricky om reg te kry; jy moet die minimum hoeveelheid woorde gebruik om die maksimum hoeveelheid begrip oor te dra; sonder dubbelsinnigheid.

    …en in die geval van sprokies opsom, moet ook die “gevoel” of kenmerkendhede vasgevang word.

    eish, maar ek kan nie wag vir die parodieë nie!

  12. 1) Jan en die Boontjierank, Die drie bere, Die musikante van Bremen, Gouelokkies en die Drie Bere, Aspoestertjie, Sneeuwitjie en die sewe dwergies, Raponsie, Pinnochio, Repelsteeltjie, Die slapende skone, Rooikappie, Hansie en Grietjie, Klein Duimpie, Alice in Wonderland

    2) Gouelokkies en die Drie Bere

    1. Daar was eendag drie bere, ‘n Mamma-, Pappa- en Baba Beer.
    2. Mamma Beer het die oggend lekker pap voorberei vir haar gesin.
    3. Die pap was te warm, toe besluit die gesin om ‘n entjie te gaan stap sodat die pap kan afkoel.
    4. ‘n Dogtertjie, Gouelokkies, wat in die woud verdwaal het, kom op die drie bere se huisie af.
    5. Sy klop, maar niemand antwoord nie. Sy besluit toe om die huisie binne te gaan.
    6. Toe sy binne die huisie is, sien sy drie borde met pap op die tafel staan.
    7. Sy proe aan die eerste bak pap, maar dit was gans te warm vir haar. Die bak het aan Pappa Beer behoort. Die tweede bak pap, Mamma Beer s’n, was gans te koud vir haar, maar die laaste bakkie pap, diE van Baba Beer, was net reg en sy eet toe die hele bakkie pap op.
    8. Sy stap toe verder deur die huisie en sien drie stoele. Sy wou daarop gaan sit, want sy was baie moeg. Die eerste stoel waarop sy gaan sit, diE van Pappa Beer, was heeltemal te hard vir haar, die tweede stoel, diE van Mamma Beer, was weer heeltemal te sag, maar die derde stoel wat aan Baba Beer behoort het, was net reg. Sy sit nog so lekker op die stoel, toe breek die stoel onder haar en daar val sy pens en pootjies op die grond.
    9. Gouelokkies was nou baie vaak gewees. Sy besluit toe om ‘n bed te gaan soek om op te rus.
    10. Toe sy in die slaapkamer kom, sien sy drie beddens. Sy gaan lE toe op Pappa Beer se bed, maar dit was heeltemal te hard vir haar, Mamma Beer se bed was weer gans te sag, maar Babba Beer s’n was net reg en daar word sy ook toe aan die slaap.
    11. Toe die bere by die huis kom, sien hulle dat die deur oopstaan.
    12. Hulle sien ook dat iemand aan hul pap geEet het en dat Baba Beer se pap alles opgeEet was. Baba Beer was baie ontsteld en begin sommer huil.
    13. Hulle stap toe verder deur die huis en merk ook op dat iemand op hul stoele gesit het en dat Baba Beer se stoel stukkend was. Nou was Baba Beer eers ontsteld.
    14. Toe hulle in die slaapkamer kom, sien hulle dat daar iemand op hul beddens gelE het en dat daar nog steeds iemand op Baba Beer se bed lE.
    15. Toe Gouelokkies hoor dat daar stemme by haar praat, skrik sy so groot dat sy uit die bed, deur die venster spring en hardloop.
    16. Die drie bere wou haar nie skade aan gedoen het nie en het haar nog probeer agterna sit, maar Gouelokkies het so vinnig gehardloop as wat haar bene haar kon dra om van hulle af weg te kon kom.
    17. Die bere het nooit weer van Gouelokkies gehoor nie, maar hulle het gelukkig en in vrede in hul huisie gebly.

    (Ek is jammer vir enige skryftekens, maar ek weet nie hoe om bv. ‘n ‘kappie e’ op die laptop te maak nie, want dit werk nie met alt + nommers nie, ek het die tekens met ‘n hoofletter aangedui)

  13. Pingback: Parodie in drie dele: vlymskerp spot (2) « mnr.muller

  14. sewe bokkies en die wolf; hansie en Grietjie; Sneeuwitjie; die Twaalf Broers; Tafeltjie-dek-my-, die Goue donkie en die knuppel-in-die-sak; Repelsteeltjie; die Goue Gans; die prinses en die ertjie; Jorinda en Joringel; Duimelina; die Lelike Eendjie; die Sneeukoningin; die klein Vuurhoutjie Verkoper; Skoonlief en die Ondier; Die Slapende Skoonheid
    1. ‘n Man het drie seuns gehad en die jongste was Stommrik genoem, wie natuurlik, soos sy naam aandui, deur almal gespot was.
    2. Die oudste seun moes eendag hout kap in die bos en sy ma gee toe vir hom, vir middagete, ‘n lekker homp koek en ‘n gelling soetwyn.
    3. Hy ontmoet toe tydens sy breuk ‘n ou mannetjie, wat hom van sy kos vra en die sê toe “nee.”
    4. Hy kap homself toe later ‘n hou in die arm en moes toe huistoe hardloop met ‘n bloeiende flank- danksy die ou mannetjie van vroeër.
    5. Dieselfde storie het hom met die tweede broer afgespeel.
    6. Stommerik, wat as dom gesien was, moes sy pa later smeek om ook bos toe te gaan vir dieselfde redes as sy twee broers, sy pa het heeltyd geweier, maar later tog ingegee; sy ma het hom ‘n stuk droë brood en suur bier saamgeggee.
    7. Stommerik het ook Die Mannetjie raakgeloop in die bos, maar, anders as sy broers, deel hy maar sy kos met Die Mannetjie en , as belonging, vind hy ‘n Goue Gans in ‘n boom se wortels terwyl hy besig was om die boom af te kap.
    8. Dit het laat geword en Stommerik hou toe op kap, neem sy gans en gaan tuis in ‘n herberg vir die nag.
    9. Die herbergier het drie dogters gehad, die oudste het dit egter eerste in haar kop gekry, toe sy die gans sien, om ‘n veer te pluk, maar haar vinger het daaraan vas bly sit, dieselfde het met die tweede gebeur- sy het aan haar suster se hand vas bly sit.
    10. Die derde suster was net pleinweg hardkoppig en wou haar susters volg, maar het ook vasgesit aan die tweede suster. Al drie moes daardie aand in die stal by die eend slaap.
    11. Die volgende oggend het Stommerik sy gans gevat, met die meisies daaraan en geloop. ‘n priester het die gevolg gesien, gedink dis ‘n geval van losse sedes en wou net die meisies losruk toe hy ook vassit- Stommerik natuurllik onbewus van dit alles, of hy’t alles seker maar net gelate aanvaar.
    12. Die kerkbode sien toe hierdie ongewone gesig, wou sy meester aanpraat en sit toe ook vas. Die saga het voortgegaan en nog twee ander het ook so vasgesit
    13. Hulle het by die stad uitgekom en gehoor dat die koning belowe om sy dogter as vrou te gee aan die man wat haar kon laat lag, Stommerrik het sy kans waargeneem en die prinses het haarself stukkend gelag.
    14. Die koning wou egter nie van sy belofte getsand doen toe hy hoor wat Stommerik se naam was nie; hy het aan hom verskeie take gegee om te doen: soek “‘n man wat my kelders leeg kan drink”; toe een wat ‘n berg brood kan opeet, toe ‘n skip wat op land en see kan reis.
    15. Stommerik het die Man wat die eerste twee take kon uitvoer in eersgenoemde bos gevind en dié het hom toe, as guns ook genoemde skip geggee en Stommerik het sy vrou en later die koninkryk gekry.
    16. Hy het lank en gelukkig geleef
    Fluit Fluit…

  15. 1. Gouelokkies het in die woud gaan stap, opsoek na pragtige blomme.
    2. Sy was so geïnteresseerd met die blomme dat sy verdwaal het.
    3. Sy het by ‘n oulike houthuisie opgedaag, dit was die huis van drie bere: pappa beer, mamma beer en baba beer. Sy het besluit om maar binne te gaan.
    4. Niemand was tuis nie en sy het 3 borde pap op die tafel sien staan.
    5. Sy besef toe hoe uitputtend die dag was en hoe honger sy is.
    6. Sy het die eerste bord pap geproe en dit was te warm, sy het besluit om die tweede bord pap te proe, maar dit was te koud toe proe sy die derde bord pap en dit was net REG!
    7. Nadat sy die pap geëet het, was haar bene lam en moeg en sy wou net bietjie sit. Daar was drie stoele in die sitkamer en sy besluit toe sy sal ‘n bietjie rus op een van die stoele.
    8. Sy het eers op die groot stoel gan sit, maar hy was hopeloos te hard, die tweede stoel was hopeloos te sag, maar die derde klein stoel was net reg vir Gouelokkies en sy het lekker op die stoel gerus.
    9. Terwyl sy sit besef sy hoe moeg sy eintlik is en hoe graag sy ‘n middagslapie sal geniet. Sy gaan op met die trappe van die huisie en vind ‘n slaapkamer met drie beddens.
    10. Die eerste bed was te hard en groot, die tweede bed was weer te sag, maar die derde bed was net reg. Sy het dadelik aan die slaap geraak.
    11. Die drie bere was ook vir ‘n wandel in die woud, sodat hul pap kon afkoel, maar toe hulle tuis kom besef hulle dat iemand van hul pap geëet het en op hul stoele gesit het. Hulle het boontoe gegaan, omdat hulle besef het iets is nie in plek nie.
    12. Pappa beer het gesien iemand het op sy bed gelê, net soos mamma beer dit ook gesien het. Baba beer kyk toe op sy bedjie en daar lê Gouelokkies vas aan die slaap.
    13. Hulle het so groot geskrik dat Gouelokkies ook wakker geskrik het en toe sy die drie bere sien skrik sy so groot dat sy opspring en vinnig weghardloop.
    14. Die drie bere het Gouelokkies probeer vang, maar sy was te vinnig vir hulle en hulle het haar nooit weer gesien nie. Dit het Gouelokkies ‘n les geleer om nie ongevraagd in iemand se huis in te gaan nie!

  16. My opinie was ‘n opsomming: jy moet die verhaal korter maak deur jou eie woorde te gebruik, maar jy moenie aan die verloop van die storie karring nie. Jy moet dus, soos ons, in twaalf of so sinne kan sê wat in die hele storie gebeur. As iemand dit gelees het, moet hulle weet wat om te verwag van die verhaal.

    Oor die foute in ons opsommings: Is die foute in ons stories nie maar relatief nie? As jy met foute bedoel, dit wat ons perongeluk uitgelaat het, verstaan ek. Maar as jy met foute sinspeel op die inhoud, beskou ek dit as relatief. Wie kan werklik bepaal wat die oorspronklike storie was? As jy kyk in die biblioteek / internet, gee elke boek / webtuiste gee vir jou ‘n ander weergawe van dieselfde storie. Wonder maar net!

  17. @ Marelize Nel: janee, ek dink jou opvatting oor opsommings is korrek – maar ek wil graag hê dat jy wel krities moet besin oor jou eie teks… watter kriteria sal jy byvoorbeeld gebruik om opsommings mee te bepunt?

    Oor die relatiewe aard van die feitelike korrektheid, kan ons gesels. As jy kan quote uit ‘n feëverhaalboek van ‘n bok in Jan en die Boontjierank, dan is dit okay :P

  18. “Daar is baie weergawes van hierdie verhaaltjie. Elke verteller vertel dit op sy eie manier.”

    Die Lelike Eendjie….

    1. Lank lank gelede… ;) broei ‘n eend op haar nes. Al die eiers behalwe een moes nog uitbroei. Toe die eienaardige eier uiteindelik uitbroei lyk die eendjie baie verskillend as die res van sy gesin.
    2. Hy word sommer van die begin af deur almal rondom hom verwerp. Toe hul na die dam moet stap om te leer swem stel sy ma voor dat hy agter in die ry moet loop sodat niemand kan sien hoe lelik hy is nie.
    3. Orals waar die eendjie op die werf loop word hy gespot oor sy voorkoms.
    4. Hy besluit genoeg is genoeg en vat toe die pad hy stap vir dae aaneen.
    5. Op sy reis maak hy eerste kennis met ‘n paar wildeganse. Hulle aanvaar hom (omdat hy so lelik is) maar verdwyn egter vinnig toe daar ‘n paar jagters opdaag wat wildeganse jag.
    6. Die eendjie stap verder tot hy op ‘n huis afkom waar ‘n ou vrou, hen en vet kat woon. Hy kry darm kos maar moet homself vinnig uit die weg ruim toe die kat en hen vir hom moeilikheid gee.
    7. Op sy reis sien hy een aand ‘n swerm wit voëls wat hoog in die lug vlieg. Hy wens dat hy saam met hulle kan wegvlieg.
    8. Toe die winter aanbreek ontsnap hy ‘n noue ontkoming met ‘n honger jagter.
    9. Gedurende die winter was die klein eendjie baie alleen.
    10. Toe die lente uiteindelik aanbreek sien hy weer twee van die mooi voëls. Hy benader hulle baie versigtig omdat hy bang is hulle maak hom seer.
    11. Die twee swane sê vir die lelike eendjie om na sy refleksie in die water te gaan kyk.
    12. Die lelike eendjie besef dat hy eintlik ‘n swaan is en vlieg dan saam hul weg.

  19. Ek glo ‘n opsomming moet kort en kragtig wees. Partymaal moet jy maar jou eie afleidings maak om die boodskap so kort moontlik oor te dra… Daarom werk sinonieme in die geval nogal tot ‘n mens se voordeel. Oor Marelize se “comment” oor relatiwiteit stem ek in ‘n mate saam. Wie weet nou eintlik hoe die oorspronklike feëverhale geklink het? Maar wat ek wel moet bieg is die volgende… Ek het gedink daar word o.a. na spelfoute verwys… :)

  20. Die bok… Ook nogal gewonder of dit nie ‘n koei moes gewees het nie! Maar omdat ek nie seker was nie, het ek ‘n boek in die mediateek gaan uitneem. Die boek wat ek uitgeneem het is soos volg: Jan en die boontjierank. Verteller: Roelf van Rensburg. Illustrasies: Eulalia Sariola. Eerste druk 1991 en tweede druk 1999. ISBN 0 7993 1699 7

    Ek sal bietjie gaan dink oor die kriteria vir die assessering van ‘n opsomming, want soos ek in die klas ook gesê het: ek is onseker oor presies wat alles in die opsomming moet wees. Ek dink egter die karakters is belangrik, ook die hoogtepunt, dalk die ruimte, slot en dan die volgorde van gebeure. Dalk kan die ander studente ook hulle opinie oor die “kriteria vir assessering” t.o.v. ‘n opsomiing “post” – dan kan mens dit saamvoeg?

  21. Ek dink nie ‘n mens kan ‘n opsomming assesseer nie, omdat ‘n opsomming ‘n individu se eie verkorte weergawe van iets is. Die doeltreffendheid van ‘n opsomming kan eerder op ‘n latere stadium bepaal word byvoorbeeld wanneer ‘n opsomming gebruik word om ‘n ander taak uit te voer.

    In ons geval, met die skryf van parodieë, kan ons die doeltreffendheid van ons opsommings bepaal wanneer ons die parodieë klaar geskryf het. Dan kan ons die opsommings “assesseer” en kyk of dit ons gehelp het met die skryf van parodieë.

    Opsommings is nuttig wanneer daar geswot word vir ‘n groot toets. Bepaal die doeltreffendheid van die opsommings wanneer die uitslae van die toets bekend gemaak word. Maak dan aanpassings indien dit nodig sou wees.

    Lang storie kort: ek dink nie daar is kriteria vir die assessering van ‘n opsomming nie. Solank die individu wat die opsomming gemaak het verstaan wat daar aangaan en dit tot sy/haar eie voordeel gebruik.

  22. Marelie: Hoe dink jy bepaal hulle die memorandum van ‘n Afrikaanse vraestel waarin daar gevra word om opsommings uit ‘n leesstuk te maak? Ons moes almal opsommings op skool maak en dit is gewoonlik deur die opvoeder gemerk en bepunt. Is daar nie ‘n mate van assessering betrokke nie?

  23. Jy is reg, Marelize, die opsommings wat ons op skool gemaak het, is bepunt. Ek het egter geen idee hoe onderwysers punte toegeken het nie… Al wat hulle wel beklemtoon het, is die aantal woorde wat jy vir die opsomming mag gebruik. Ek het nooit van die opsommings gehou nie, omdat ek nie geweet het wat van my verwag word nie. Ek het met my vorige comment bloot verwys na opsommings wat jy vir jouself maak wanneer jy swot of wanneer jy opsommings gebruik om ‘n ander taak uit te voer.

  24. Ai Marelie, lyk my ek en jy het vir onsself nog werk geskep! :-) Ek voel ook dat ons nooit ingelig is oor hoe ons opsommings bepunt gaan word nie. Ek het altyd gedink as die opsomming 10 punte tel, moet ek 10 sinne skryf. Dis dalk die rede hoekom ek so vrot in my opsommings op skool gedoen het.

    Oor eie/persoonlike opsommings: Dis iets wat van elke persoon self afhang. Ek twyfel of ‘n opsomming wat ek oor ‘n sekere leesstuk sal maak, dieselfde trefkrag en betekenis vir ‘n ander persoon sal hê. Hoe ek die leesstuk interpreteer verskil van ‘n ander persoon, aangesien ons ervaringe ten opsigte van die onderwerp verskil.

    Ek dink egter nie iemand kan die belangrikheid van opsommings miskyk nie, want alles raak korter en kragter en niemand het meer tyd om lang, uitgerekte artikels ens. te lees nie. Dit voel ook asof mens makliker die boodskap kan identifiseer as iets opgesom is.

  25. Jan en die boontjierank

    1. Jan, sy ma en hulle koei het saam op ’n plaas gebly. Hulle was baie arm en het van die opbrengs wat hul uit die kon kon maak gelewe.
    2. Op ’n dag hou die koei op melk gee en Jan se ma stuur hom mark toe om die koei te verkoop, hy ruil die koei toe egter by ’n vreemde oom vir 5 towerboontjies.
    3. Sy ma was glad nie in haar skik nie, smyt die boontjies by die huis uit en stuur hom honger bed toe.
    4. Die volgende môre ontdek Jan dat dit wel towerboontjies was en dat hulle oornag tot bo die wolke gerank het. Hy begin toe om die rank te klim.
    5. By die eindpunt van die rank kom hy toe by ’n kasteel waar ’n reus en sy vrou bly, hy vra die reuse-vrou om vir hom iets te gee om te eet omdat hy honger is. Sy raai hom aan om liewer te maak dat hy wegkom omdat haar man seuntjies eet.
    6. Jan redeneer toe om dood te gaan van honger of om deur ’n reus geëet te word
    is om’t ewe. Die reuse-vrou kry hom toe jammer en gee vir hom iets om te eet.
    7. Met ’n groot gedreun word die reus se koms aangekondig- drrr..drrrr… drrrr kom hy aangestap. Jan word haastig deur die vrou in die oond weggesteek, maar dis klaar te laat en die reus bulder… “Wiem, wam, warrelwind, ek ruik die bloed van ’n mensekind!!
    8. Die reuse-vrou oortuig die reus dat hy net die kos ruik. Nadat die reus geëet het, tel hy sy geld en raak aan tafel aan die slaap.
    9. Jan spring uit die oond, steel ’n sak geld en klim vinnig by die rank af.
    10. Hy gaan nog twee keer terug, steel ’n hen wat goue eiers lê en ook ’n harp wat kan sing. Die harp gee vir Jan weg en skree: “Meester! Meester!”
    11. Die reus word wakker en jaag vir Jan by die rank af. Toe Jan onder kom, kap hy die rank met ’n byl af en die reus val een massiewe gat in die grond.
    12. Jan en sy ma het gelukkig saam gelewe met die towerharp- en- hen en waar die reus geval het, het Jan ’n yslike groot eendedam gemaak.

  26. Gouelokkies en die drie Beertjies

    1. Hierdie sprokiesverhaal handel oor ‘n jong dogtertjie, naamlik Gouelokkies, wat alleen deur die bos wandel, te vêr afdwaal en op die drie Beertjies se huis afkom.
    2. Sy is ‘n baie nuuskierige meisie en wou graag gaan ondersoek instel om te kyk wie in die huisie woon.
    3. Die drie bere (pappa-, mamma- en baba beer) het ‘n entjie gaan stap voor aandete en was nie tuis toe Gouelokkies aan die voordeur klop nie.
    4. Gouelokkies is baie nuuskierig en toe sy geen antwoord hoor nie toe besluit sy om by die huisie in te stap en te kyk hoe dit lyk.
    5. Die huisie was baie oulik vir haar. Sy het op ‘n groot stoel gaan sit, maar dit was te hard. Sy gaan sit toe op ‘n kleiner stoel, maar dit was te sag. Sy gaan sit toe op die kleinste stoeltjie, en dit was net reg! Eweskielik toe kraak iets en binne ‘n sekonde lê Gouelokkies plat op die vloer!
    6. Sy stap toe na die tafel waar daar heerlike warm pap in bakkies geskep is. Sy vat ‘n happie van die groot bakkie, maar dit was te warm. Sy vat ‘n happie van die kleiner bakkie,dit was te koud. Toe sy die pap in die kleinste bakkie proe, toe is dit so lekker, sy eet toe sommer alles op.
    7. Magie vol, ogies toe! Gouelokkies raak toe moeg en stap na die slaapkamer. Sy klim op die groot bed, maar sy matras is hopeloos te hard. Sy klim op die kleiner bed, maar sy matras is hopeloos te sag. Die kleinste bed was net reg en sy raak dadelik aan die slaap.
    8. ‘n Paar oomblikke later kom die drie Bere terug van hulle uitstappie. Hulle het dadelik agtergekom dat iets nie pluis is nie. Baba beertjie het begin huil oor sy stukkende stoel en oor sy pap wat op is en pappa- en mamma beer was baie vies omdat iemand in hulle huis was.
    9. Toe hulle na die slaapkamer stap toe kom pa- en ma beer agter dat iemand in hulle beddens ook gelê het en dit is toe dat baba beer skreeu dat iemand nogsteeds in sy bed lê!
    10. Gouelokkies skrik toe wakker en skrik so groot dat sy net een pad kies…die hase pad!

  27. Stommerik en die goue gans

    1. Eendag was daar ’n gesin met drie seuns. Niemand het gehou van die jongste seun nie, Stommerik, want hul het gedink hy is dom.
    2. Oudste seun gaan kap een oggend hout in die bos. Ma pak vir hom heerlike kos in.
    3. In die bos loop hy ’n ou grys mannetjie raak. Die mannetjie vra of hy nie dalk ietsie vir hom het om te eet.
    4. Die oudste seun sê NEE.
    5. Later die middag kap die oudste seun sy hand met die byl raak en blykbaar het die ou mannetjie dit laat gebeur.
    6. Die tweede oudste seun gaan die volgende oggend om hout te kap. Ma pak vir hom ook kos in, hy loop ook die mannetjie raak, mannetjie vra vir kos, hy sê NEE en later die middag kap hy sy been met die byl raak – blykbaar is dit weereens die ou mannetjie se doen en late.
    7. Nou wil Stommerik ook bos toe, maar sy pa sê hy gaan homself net nog seerder maak want hy is dom.
    8. Op die ou end gaan hy toe bos toe om hout te kap, hy loop ook die mannetjie raak, mannetjie vra vir kos en Stommerik gee sy kos vir mannetjie en hul eet lekker saam.
    9. Die mannetjie wou toe vir Stommerik ook iets gee aangesien hy so vrygewige en aangename knaap is. Hy sê vir Stommerik om ’n boom af te kap en tussen die wortels te soek vir sy belonging.
    10. Stommerik kap die boom af en tussen die wortels kry hy ’n goue gans.
    11. Daardie aand slaap hy in ’n herberg met die gans in sy arms.
    12. Die herbergier het drie nuuskierige, geldgierige dogters en hul wil elk ’n goue veer van die gans steel.
    13. Die eerste dogter vat aan die gans en kan toe nie loskom. Die tweede dogter probeer haar van die gans aftrek – sy sit toe aan haar suster vas en dieselfde gebeur met die derde sister.
    14. Die volgende dag loop Stommerik huiswaarts. Hy steur hom nie aan die meisies nie en hul steier agterna aangesien hul aanmekaar geheg is en nie kan loskom.
    15. ’n Dominee kom op hul af, probeer die meisies keer om nie so agter ’n mansmens aan te stap nie en toe sit hy ook aan hul vas.
    16. Die dominee vra koster om hom te help en toe sit hy ook vas. Twee ander mans het ook probeer help maar op die ou einde is hul ook geheg aan die ry mense wat Stommerik volg.
    17. Stommerik stap verby ’n paleis.
    18. Koning se dogter teneurgedruk.
    19. Koning maak bekend dat as iemand sy dogter kan laat lag daardie persoon met haar kan trou.
    20. Stommerik, met die mense agter hom, laat die prinses lag.
    21. Koning ontevrede, want Stommerik is arm.
    22. Koning dring daarop aan dat Stommerik iemand moet saambring wat ’n hele wynkelder wyn kan opdrink.
    23. Stommerik gaan haal ou mannetjie en sowaar drink hy als op.
    24. Koning nog nie tevrede – sê vir Stommerik dat hy iemand na hom toe moet bring wat ’n berg brood kan opeet. Weereens kom die mannetjie en eet als op.
    25. Koning steeds nie tevrede. Vir die laaste toets om met die prinses te trou sê die koning dat Stommerik ’n skip vir hom moet bring wat op land en see kan seil.
    26. Die mannetjie sê vir Stommerik dat hy eintlik ’n towernaar is en gee toe vir Stommerik ’n towerskip wat op see en land kan seil.
    27. Die koning moes toe sy dogter aan Stommerik gee. Hul het getrou en was baie gelukkig en toe die koning sterf het Stommerik die nuwe koning geword.

    Fluit-fluit my storie is uit☺

  28. Die Drie Varkies

    Lank lank gelede was daar drie varkies wat besluit het om hul eie huisies te bou en onafhanklik van hul moeder te leef.
    Die eerste varkie het ‘n huisie van strooi gebou, die tweede varkie ‘n huisie van hout en die derde varkie ‘n huisie van bakstene.
    Eendag kom die honger wolf op die eerste varkie se huisie af.
    Die wolf klop aan die deur en sê: “Maak oop of ek blaas jou huisie om”.
    Nadat die varkie geweier het om dit te doen blaas die wolf so hard as wat hy kan en blaas die huisie om.
    Die varkie hardloop vinnig na die varkie in die houthuisie toe.
    Die wolf hardloop agterna en klop aan die tweede varkie se deur en sê: “Maak oop of ek blaas jou huisie om”.
    Die tweede varkie weier ook en die wolf blaas sy huisie om.
    Die twee varkies hardloop toe so vinnig as wat hulle kan na die varkie met die baksteenhuisie.
    Die derde varkie sê vir die wolf hy gaan nooit sy huisie omgeblaas kry nie. Die wolf lag en blaas en blaas, maar kry nie die huisie omgeblaas nie.
    Die wolf besluit toe om by die baksteenhuisie se skoorsteen in te, maar was nie gereed vir die pot kookwater wat daar onder vir hom wag nie.
    Die wolf bet in die pot geval en so vinnig as wat hy daarin geval het, het hy weggehardloop.
    Die drie varkies het hom nooit weer gesien nie en gelukkig saam in die baksteenhuisie geleef.

  29. Gouelokkies en die drie bere

    - drie bere wat in ‘n huis bly in die woud
    - ma beer maak die oggend pap vir almal maar dis te warm, hulle
    besluit om te gaan stap
    - terwyl hulle weg is kom gouelokkies daar aan
    - sy eet van almal se pap
    - sy gaan sit op almal se stoele
    - sy breek baba beer s’n
    - sy gaan lê op almal se beddens en raak aan die slaap in baba
    beer s’n
    - bere kom terug, betrap haar daar
    - sy word wakker en vlug

    the end

  30. Opsomming: Aspoestertjie

    - Eendag was daar ’n wewenaar met ’n pragtige dogter….na ’n paar jaar besluit hy om weer te trou.
    - Sy tweede vrou was ’n nare vrou met twee nare, lelike dogters.
    - Die stiefmoeder was baie jaloers op aspoestertjie en het haar al die huiswerk laat doen..
    - Sy was later baie vuil en haar klere was flenters.
    - Op ’n dag nooi die prins al die inwoners om na sy bal te gaan waar hy vir ’n hubare trouvrou gaan soek.
    - Aspoestertjie kon nie gaan nie want haar stiefmoeder het haar baie werk gegee om te doen.
    - Die groot aand het aangebreek en Aspoestertjie was stoksiel alleen,.sy het bitterlik begin huil omdat sy so graag die bal wou bywoon.
    - Die goeie fee het by haar verskyn en aspoestertjie oorreed om na die bal te gaan.
    - Sy het ’n pampoen in ’n koets verander, muise in perde en ’n rot in ’n koetsier.
    - Sy het aspoestertjie se verflenterde klere in ’n pragtige aandrok verander met die oulikste glasskoentjies.
    - Aspoesterjie moes egter voor 12uur by die huis wees aangesien die towerkragte net tot dan hou.
    - Sy het by die bal aangekom en almal se asems weggeslaan.
    - Die prins het die hele aand met haar gedans, maar toe hoor sy die horlosie middernag slaan..
    - Sy moes vinnig weghardloop en het haar een glasskoen verloor
    - Die prins het mense uitgestuur om te kyk aan wie se voet die skoen pas.
    - Aspoestertjie het gevra of sy ook die skoen kan aanpas en dit het perfek gepas.
    - Die prins het haar gevra om te trou en hulle het verewig gelukkig saamgewoon.

    Fluit, fluit my storie is uit!!

  31. Aspoestertjie
    - Eeendag lank gelede was daar ’n dogter met die naam Aspoestertjie.. Haar stiefma was baie wreed en het alles van die beste vir haar twee dogters gegee. Aspoestertjie het wel iets gehad wat haar stiefma en stief susters nie gahd het nie en dit was haar skoonheid.

    - Eendag besluit die koning om ’n bal te hou sodat sy seun die prins vir hom ’n vrou by die bal kon kies. Aspoestertjie se stiefma en susters was baie opgewonde aangesien hulle seker was dat die prins een van hulle sou kies om sy vrou te wees. Die aand van die bal het toe aangebreek en hulle is toe weg bal toe met hul spogerige rokke. Aspoestertjie was toe moedeloos aangesien sy nie na die bal toe kon gaan nie.

    - Aspoestertjie kla toe dat sy nie in hierdie stukkende klere na die bal toe kan gaan nie en die goeie fee swaai toe haar towerstaf en onmiddellik was Aspoestertjie in ’n pragtige balrok geklee. Die fee sê toe dat Aspoestertjie vir haar ’n groot pampoen en sewe muise moet bring. Met die swaai van die fee se towerstaf het die pampoen in ’n koets verander, die ses muise in ses mooi perde in die sewende muis in die koetsdrywer. Die fee het ook vir haar gewaarsku dat sy teen middernag terug moet wees want dan sal alles weer soos normaalweg terug keer en dan sal sy weer geklee wees in haar ou vuil klere.

    - By die bal het Aspeostertjie onmiddellik die prins betower met haar skoonheid.. Aspoestertjie en die prins het hulself so lekker geniet dat sy skoon van die tyd vergeet het. Dit klok het ewe skielik begin lui en sy het toe besef dat dit middernag is en sy het ook onthou wat die fee vir haar gesê het. Sy het onmiddellik begin hardloop en in haar haas het een van haar skoene op die paleis se trappe agter gebly. Die volgende dag het die prins besluit om na die jongdame met die glasskoen te soek… Haar stiefma en suster het toe die skoen aangetrek maar dit het glad nie vir hulle gepas nie. Later vra die dienskneg of daar dalk nog ’n jongdame in die woning is. Die dienskneg het toe gesê dat sy dit sal moet aanpas aangesien dit ’n direkte opdrag van die prins was dat elke jongdame van elke woning dit moet aanpas. Die stiefma het toe geen keuse gehad nie en Aspoestertjie het toe die skoen aangetrek en tot almal se verbasing het dit vir haar gepas. Haar stiefma en suster was baie verstom en sy is toe onmiddellik na die paleis geneem. Aspoestertjie en die prins is toe vereenselwig en het later getrou. Haar stiefma en susters was baie jaloers aangesien hulle self hul eie huiswerk moes doen.
    Fluit, fluit my storie is uit!
    akkerblaar my storie is klaar!!

  32. Die wolf en die Sewe Bokkies

    - Hierdie verhaal is geskryf deur die broers Grimm, die hel weet waar hulle die tyd gekry het om die goed uit te dink maar nou ja.

    Soos allerhande ander sprokies, het hierdie verhaal afgespeel in die jare “lank lank gelede”

    Daar was ‘n Ma bok en sewe klein bokkies. (Ek sit en wonder nou of dit ‘n boerbok of angorabok was. Ek scheme dit was ‘n boerbok, of so flippen zanen soos die een wat ons op die plaas gehad het, want dis net ‘n boerbok of ‘n zanen wat haar lammers alleen sal laat)

    Inelkgeval, die bok besluit toe om veld toe te gaan en te gaan kos soek (dis nou die Ma bok). Voor sy gaan, waarsku sy die sewe baba bokkies dat die wolf moontlik sy verskyning sal maak as Zorro of Batman of iets, maar dat hulle hom nie moet inlaat nie. Sy las ook by dat die wolf ‘n growwe stem en swart pote het.

    Wat ‘n toeval dat die wolf sowaar sy verskyning maak en aan die deur kom klop terwyl Ma bok weg is.

    Die klein bokkies weier egter om vir die wolf oop te maak aangesien hy so growwe stem het. Die wolf besluit om nie moed op te gee nie en gaan kry ‘n ballon met helium by die Spur. Hy suig die helium uit en klop weer aan die deur met ‘n soet stemmetjie…

    Die bokkies glo die wolf amper, maar herken dan sy swart pote en weier weereens om die deur oop te maak.

    Die wolf hol bakkery toe en gaan druk sy pote in meel om dit wit te kry. Hy vermom homself as ‘n roomysmannetjie en kom weer by die bokkies se huis aan. Hy klop aan die deur, die bokkies sien sy pote is wit en hy praat met ‘n helium stemmetjie. Hulle maak die deur oop…

    Die wolf spring die huis in, vreet ses van die sewe bokkies en gaan kiep onder ‘n spekboom naby die Koonap rivier.

    Dis nie lank daarna nie of die Ma bok kom terug. Tot haar skok is die kinders weg en die huis lyk soos ‘n hool. Sy vind bokkie nommer sewe in die koekoek horlosie en dié vertel vir haar alles.

    Hulle volg die wit meel spore en kom op die slapende wolf af. Ma bok stuur vir bokkie nommer sewe om ‘n naald, gare en skêr by die huis te gaan haal.

    Die twee bliksems (‘n man is ‘n bok en ‘n bok is ‘n bliksem), sny die wolf se pens oop, haal die ses ander bliksempies uit, vul wolf se pens met klippe en werk hom weer toe. Dit alles terwyl hy slaap.

    Wolf skrik wakker, voel hardlywig en dors. Hy buk om water te drunk en val in die rivier. Hy het verdrink, die babers het sy vleis gevreet en die klein bokkies het gelukkig geleef….totdat Mevrou wolf later wraak geneem het.

    Fluit fluit, skeit, skeit, my storie is uit

  33. Jan en die Boontjierank Opsomming

    1. Jan en sy ma bevind hul in ‘n finansiële verknorsing en Jan word aangesê om hul enigste koei op die mark te verkoop.
    2. Jan loop hom egter vas teen ‘n man wat hom oorreed om die koei vir 5 towerbone te verkoop.
    3. Terug by die huis is sy ma woedend vir sy onnoselheid en smyt die towerbone by die venster uit.
    4. Die volgende oggend staan ‘n reuse boontjierank in hul voortuin en Jan begin inderhaas die rank uitklim.
    5. Bo uitgekom, bevind hy hom voor ‘n reuse deur en ‘n reuse vrou maak die deur oop.
    6. Die tante gee hom iets te ete en te drinke, maar toe sy haar reusman hoor aankom, steek sy Jan weg in die stoof aangesien hy Jan sal verorber as hy hom daar vind.
    7. Die reus eet hom trommeldik en daarna versoek hy sy hen om ‘n goue eier te lê, hy tel sy sak geld en luister na sy goue harp wat hom uiteindelik aan die slaap sus.
    8.Jan besluit om uit die stoof te klim, gryp die sak goud, die hennetjie en die goue harp en klim inderhaas teen die boontjierank af.
    9. Intussen raak die reus wakker en sit Jan agterna die rank af.
    10. Onder gekom, gryp Jan ‘n byl wat toevallig byderhand lê en begin verwoed die rank afkap.
    11. Die gevolg is dat die reus hom te pletter teen die grond val.
    12. Die hennetjie het vir die res van hul lewens vir Jan en sy ma van goue eiers voorsien. Die harp het hul lewens opgehelder en hul het nooit weer armoede geken nie.

  34. Doringrosie
    1. Die doop van ‘n langverwagte prinses.
    2. Feë is genooi om goeie geskenke, soos skoonheid, besondere vernuf en verstand en musikale talent, aan die prinses te gee.
    3. Die wrede fee is oorgesien, maar het ongenooid opgedaag en‘n vloek op die prinses geplaas.
    4. Die vloek sê dat wanneer die prinses volwassenheid bereik sy haar vinger op spinwiel sal prik en sal sterf.
    5. Die laaste goeie fee kon nie die spel heeltemal omkeer nie, maar het wel gespreek dat die prinses vir ‘n honderd jaar sal slaap eerder as om dood te gaan, en dat sy deur die kus van ‘n prins gewek sal word.
    6. Die koning verbied die hele ryk om ‘n spinwiel of spoel te besit. Enigiemand wat wel daarmee betrap is sou tereggestel word.
    7. Toe die prinses vyftien jaar oud was het sy toevallig ‘n ou vrou, wat besig was om te spin, in ‘n toring van die kasteel teëgekom.
    8. Die prinses het gevra of sy die onbekende aktiwiteit kan probeer en sy het haar vinger op die spinnaald geprik.
    9. Die wrede fee se vloek het waar geword.
    10. Die goeie fee het teruggekom en die prinses en al die mense in die kasteel laat slaap.
    11. ‘n Digte doringbos het om die kasteel opgekom en het dit teen die buitewêreld beskerm. Enigiemand wat daar wou deur sou sekerlik as gevolg van die dorings gesterf het.
    12. Na honderd jaar verby is het ‘n prins wat van die betowering te hore gekom het besluit om die doringbos aan te durf en dit het voor hom oopgegaan.
    13. Die prins was betower deur die slapende prinses se skoonheid en het haar gesoen.
    14. Die prinses en die res van die mense in die kasteel het wakker geword en almal het gelukkig verder geleef.

  35. Lyk my nie ons is so goed daarmee om die “NOS” in hakies langs ons name te sit nie. Groepsdruk?

    Met ander woorde: ek is ‘n NOS-student.

  36. Pingback: Konstruktivisme #4 - Outentieke tekste « mnr.muller

  37. 1) Rooikappie, Die 3 bere, Die 3 varkies, Aspoestertjie, Jan en die boontjierank, Die gemmerbroodmannetjie, Hansie en Grietjie, Doringrosie

    2) Opsomming oor die 3 varkies:

    1. Die 3 varkies(broers) het besluit om onafhanklik te wees van hul ouers en op hul eie te woon.
    2. Hulle pak toe hul sakkies en vat die pad.
    3. Die eerste varkie besluit toe om ‘n huisie van strooi te bou.
    4. Die tweede varkei bou ‘n huisie van hout en die laaste varkie bou ‘n huisie met bakstene.
    5. Na al 3 varkies se huisies klaar gebou was, daag die nare wolf op.
    6. Hy besoek toe die eerste varkie se huis van strooi. Hy sê toe, “Maak oop die deur of ek blaas die huise om.”
    7. Die varkie het geweier en die wolf het die huisie omgeblaas. Die varkie hardloop toe onmiddellik na sy broer met die huisie van hout.
    8. Die wolf hardloop agterna en sê dieselfde woorde. na die 2 varkies weer geweier het, blass die wolf en die huisie waai om. Hulle hardloop toe na hul broer met die huisie van bakstene.
    9. Die wolf hardloop agterna en dieselfde gebeur, net hierdie keer kon hy nie die huisie omblaas nie.
    10. Die wolf klim toe op die dak en is oppad om in die skoorsteen te klim.
    11. Die varkies sien deur die venster wat hy probeer doen. Hulle vat toe ‘n groot pot warme water en sit dit onder die skoorsteen.
    12. Toe die wolf deur die skoorsteen klim, val hy in die pot en skree soos hy brand.
    13. Hy hardloop toe onmiddellik uit by die deur en het nooit weer terug gekom nie.
    14. Die drie varkies het toe gelukkig saam gewoon in die baksteenhuisie.

  38. Die lelike eendjie

    1. Eendag, seker nie so lank gelede nie, was daar ‘n mamma-eend wat haar eiers warm gelê het. Al die mooi eendjies het uitgebroei, behalwe vir die grootste eier. (Die mamma-eend het, na kommentaar van ‘n ander ou eend, gedink dat dié groot eier ‘n klakoen is.)
    2. Toe die lelike eendjie uiteindelik uitbroei, is hy deur sy boeties en sussies, en selfs sy eie mamma, verwerp. Tot die meisie wat die pluivee voer het hom rondgeskop.
    3. Hy besluit toe om van die verwerping te vlug en vlieg toe weg na ‘n ander dam waar daar wilde eende gewoon het.
    4. Na twee dae van verdere verwerping deur die wilde eende, het daar wilde gaanse opgedaag en hom saam met hulle genooi. Maar nog voor die lelike eendjie aan hulle ‘n antwoord kon gee, is hulle almal deur jagters doodgeskiet.
    5. Die lelike eendjie vlug toe weer (die keer te voet) na ‘n ou, vervalle kothuis. Hier bly hy toe vir ‘n rukkie saam met ‘n ou tannie, haar kat en haar hen (wat hom, weereens, verwerp het). Omdat die lelike eendjie terug verlang het na die water, het die kat en hen besluit dat hy eerder moet gaan.
    6. Dié keer is hy na ‘n ander dam, waar hy alle ander diere vermy het, a.g.v. sy lelike voorkoms.
    7. Herfs het verby gegaan, toe winter.
    8. Een wintersaand het hy vir die eerste keer ‘n nuwe, mooi tipe voël gesien – ‘n swaan. Hy kon nie glo hoe mooi hierdie voël was nie en hy het met ‘n vreemde gevoel na hulle sit en kyk.
    9. Aangesien die winterskoue die dam laat vries het en hy nie wou ophou swem nie, het hy vasgevries in die ys, waaruit ‘n man hom gelukkig kom red het.
    10. Die lelike eendjie is toe onder die man se arm na sy huis toe, waar hy amok gemaak het toe hy uiteindelik wakkerskrik in die lekker warm huis.
    11. Wat hy vir die res van die winter gedoen het, sal niemand ooit weet nie, maar toe die lelike eendjie een lente-oggend wakker word, voel hy sy vlerke is sterk. Hy besef toe dat hy kon vlieg!
    12. Hy sien toe vir die tweede keer in sy lewe ‘n swaan en vlieg toe na hom toe met die idee dat dié swaan hom gaan doodmaak, juis omdat hy so lelik is.
    13. Die swaan het hom met oop vlerke ontvang en dis eers toe dat die lelike eendjie na sy refleksie in die water kyk en sien dat hy self ook ‘n swaan is.
    14. Kindertjies het vir hom brood en koek gegooi en hy was bekend as die mooiste swaan op die dam.
    15. Alhoewel hy die populêrste swaan op die dam geword het, het hy steeds altyd nederig gebly.

  39. Opsomming: Aspoestertjie

    Lank, lank gelede was daar’n dogtertjie met die naam Aspoestertjie. Aspoestertjie se ma was dood en sy het by haar pa en twee stiefsusters gewoon. Haar stiefsusters was jaloers op Aspoestertjie omdat sy so mooi was en was baie keer onbeskof met haar. Die stiefsusters het Aspoestertjie as slaaf gebruik vir alles. Hulle was altyd mooi aangetrek en Aspoestertjie het ‘n ou rok aangehad. Aspoestertjie het nie ‘n bed in gehad om te slap nie en omdat sy tussen die vuurherd geslaap het was sy altyd vuil en stowwerig en dus het haar stiefsusters haar Aspoestertjie genoem.

    Eendag het die koning besluit om ‘n groot fees vir sy seun te reel. Die fees sou drie dae aanhou en ‘n deftige bal wees. Al die pragtige meisies in die land was genooi sodat die prins vir hom ‘n bruid kon uitkies. Aspoestertjie se stiefsusters was na die bal genooi, maar nie Aspoestertjie nie, want hulle het gedink sy was die bediende.

    Aspoestertjie wou graag gaan en daarvan gedroom en het gehuil. ‘n Goeie fee het verskyn en haar towerstaffie geswaai en die pampoen in ‘n goue koets verander, ses muise in grys perde verander, die rot in ‘n koetsier verander en twee akkedisse in knegte verander. Met die laaste swaai van die Goeie Fee se towerstaffie het Apoestertjie se rok in ‘n pragtige balrok verander. Almal die drie aande het die Goeie Fee Aspoestertjie so verander. Apoestertjie moes elke keer voor middernag tuis wees. Al drie aande het die prins net met Aspoestertjie gedans. Die aand van die derde bal het Aspoestertjie so gehaas om voor middernag uit die paleis te wees dat sy haar glasskoen agtergelaat het. Die prins het dit opgetel en begin soek vir die meisie vir wie die skoen pas, want hy wou met haar trou.

    Almal die meisies wat by die bal was het die skoen aangepas. Dit het vir niemand gepas. Ook nie vir die stiefsusters. Die prins het toe vir die pa gevra of hy nog ‘n dogter het en hy het ja gesê. Die stiefsusters wou nie hê sy moes uitkom omdat sy vuil is, maar die prins het haar beveel om te kom. Die skoen het Aspoestertjie perfek gepas en die prins het haar opgetel en weg gery met sy bruid. Die koning het ‘n skitterende troue vir die Prins en Aspoestertjie gereël en so het Aspoestertjie en die Prins vir ewig en altyd gelukkig saam gelewe.

  40. Pingback: Lesse uit ‘n klompie outentieke opsommings « mnr.muller

  41. Pingback: NOTA aan BEd- en NOS-onderwysstudente « mnr.muller

  42. Ek weet nie juis waaroor ek veronderstel is om kommentaar te lewer nie, maar ek kan wel sê dat ek dit nogal geniet het om almal se opsommings te lees. Dit was soos blits-storietyd vir die kind in my :-)

  43. Eendag lank lank gelede was daar ‘n dogtertjie met die naam Aspoestertjie. Aspoestertjie het by haar nare stiefma en stiefsusters gebly. Sy was baie sleg behandel en moes heeldag die huis skoonmaak.

    Die prins het besluit om ‘n bal te hou omdat dit tyd was vir hom om te trou. Hy het almal in die Koningryk uitgenooi. Almal was vreeslik opgewonde en die stiefsusters en stiefma het vir hulle pragtige nuwe rokke gemaak maar arme Aspoestertjie mag nie saamgegaan het voordat al haar werk nie klaar was nie.

    Die stiefma en stiefsusters het na die bal vertrek en aangesien Aspoestertjie se werk nog nie klaar was nie moes sy by die huis bly Toe sy nog so sit en huil, verskyn die goeie fee aan haar en beloof om haar te help om ‘n mooi rok en koets te kry sodat sy ook na die bal kan gaan, op een voorwaarde dat Aspoestertjie teen middernag moet terugwees.

    Nadat die fee haar towerstaffie swaai, vernader sy die muise en perde en ‘n pampoen in ‘n koets. Aspoestertjie kry ‘n pragtige nuwe rok en vertrek toe na die bal.

    By die bal aangekom slaan Aspoestertjie almal se asems weg. Niemand herken haar nie en sy en die Prins dans heerlik die hele aand. Toe die klok twaalfuur slaan onthou Aspoestertjie dat sy al huistoe moes gegaan het. In haar haas om weg te hardloop, laat val sy een van haar glasskoene. Die Prins het hierdie glasskoen opgetel en beveel sy wagte om die dame te soek aan wie se voet hierdie glasskoen pas.

    Die volgende dag word die hele Koningryk deursoek maar niemand se voet pas in die glasskoen in nie. Toe die wagte by Aspoestertjie se huis kom, is die stiefsusters reeds gereed om die skoen aan te pas. Na ‘n lang gesukkel gee hulle op. Die wagte vra of daar nog iemand bly maar die stiefma jok en sê nee. Op daardie oomblik het Aspoestertjie uit haar kamer gekom en die wagte het haar gesien. Sy pas toe die skoen aan en dit pas toe vir haar.

    Die wagte het haar na die Prins geneem en hulle twee het getrou en lank en gelukkig saamgeleef.

    Die einde

  44. Pingback: Konstruktivisme #6 - spanning oor uitkomste « mnr.muller

  45. Ek verwys terug na die opsomming-debat….probeer uithelp met die hele opsomming-assesserings-dilemma deur te verwys na ‘n vorige proefgeleentheid by ‘n vername skool. Tydens ‘n afrikaanse les vir die graad 8′s, het ek die opsomming behandel. Dit was baie duidelik dat hulle wel sukkel om die idee agter “opsomming” te begryp, en baie riglyne nodig het om aan die werk te spring. Ek glo ook dat dit juis hierdie riglyne is wat opsigself dien as assessering. Dinge soos:
    belanrikste inligting moet gebruik word,
    verkort die teks so ver moontlik,
    moenie die ‘idee’ van die opsomming verloor nie. (lesing word aangebied en voorbeeld gedoen, so hul kan nie se hul is in die diepkant ingegooi!)

    Hiermee saam voeg jy die uitdruklike instruksies bv.
    puntsgewys vs paragraaf,
    aantal woorde per sin mbt puntsgewys,
    relevante seleksie van woorde
    asook die lewensbelangrike “aantal woorde aan die einde van die opsomming!”

    Ek het dit in ‘n rubriek gesit met punte wat strek vanaf 1 – 5. Weet nie of dit help nie, maar die onderwyseres was ten minste gelukkig?? Moet dan seker iets beteken?

  46. Rooikappie

    Rooikappie gaan kuier by haar Ouma wat siek is

    Sy moet deur die woud stap om by haar Ouma uit te kom

    In die woud kom sy die Wolf teë.

    Hy wys vir haar ‘n ompad en hy gebruik self die kort pad om eerste by die Ouma se huis uit te kom.

    Die Wolf eet vir Ouma op en klim in Ouma se bed met Ouma se klere aan.

    Rooikappie kom by die huis aan. Baie verbaas oor die grootte van Ouma se ore, oë en mond.
    Wolf verklaar dat dit eintlik hy is en nie Ouma nie.

    Wolf wil vir Rooikappie opeet.
    Rooikappie gil en die Houtkapper kom red haar.
    Die Houtkapper maak die Wolf dood en haal vir Ouma uit die Wolf se maag.

    Hulle drie (Rooikappie, Ouma en die Houtkapper) eet heerlik aan die kos wat Rooikappie se Ma vir Ouma gestuur het.

  47. Pingback: Parodie in drie dele: redigeer (3) « mnr.muller

  48. Hello, weet nie of ek nou heel uit my plek is nie, maar my dogter moet by haar boekklub praat oor ‘n sprokie, Die Vuurhoutjieverkoper. Ek kan dit net nêrens kry nie???? Kan Mnr. Muller dalk help of enigeen hier??? Dankie julle, Yolanda

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s