Parodie in drie dele: vlymskerp spot (2)

Standard

In die eerste deel van die Parodie in drie dele is huidige Vakdidaktiek Afrikaanse studente aan die Universiteit van Stellenbosch gevra om ‘n klompie sprokies te lys, een te kies, en ‘n opsomming daarvan as comment te post.

Dis ‘n goeie eerste stap in die parodieskryfproses.

Om ‘n teks te parodiëer, moet jy die geykthede van ‘n teks omverwerp en aspris van sekere “verwagte” normes afwyk.  (Om dit te doen, moet jy eers mooi weet watter geykthede daar is.)

Hoekom ons onderwysers onderrig om leerders parodieë te laat skryf

Hierdie oefening met die onderwysstudente doen ek, omdat kinders, en veral tieners en millenniërs daarvan hou om anargisties te wees.  Om gesag uit te daag.  En om te speel en te waag en te lag.

Vir onderwysers is dit dus ‘n studentegesentreerde, prettige, interaktiewe les waarmee hulle die leerders in die proses van kreatiewe skryf kan begelei én hulle onderrig in die verskillende onderdele van ‘n narratief.

Jy wil hulle nie noodwendig graad 8’s leer wat die definisie van ‘n parodie is nie, maar jy wil hulle wel leer hoe om ‘n teks te parodiëer.  Hoe om snaaks te wees; hoe om te speel.  Hoe om dit te geniet om te waag met skryf.

Dis maklik om met leerders te begin gesels oor sprokies, van Shrek (wat ‘n parodie is) tot die broers Grimm se verhale; ook is dit waardevol om leerders te laat saamgesels en hulle sprokies en parodieë uit te ruil – jy gaan sien hoe laterale denke deur hulle saampratery bevorder word.

Hoe begelei ons leerders om tekste te parodiëer

Kom ons kyk na ‘n klompie maniere waarop jy aan ‘n teks kan torring:

  1. Verander die karakters se name, hulle karaktereienskappe, of hulle fisiese voorkoms.  (Sodra jy jou verbeel dat Rooikappie oorgewig is, en jy pas die tradisionele sprokie daarvolgens aan, dan kry jy met snaakse moontlikhede te make.  Hoe gaan die Wolf haar byvoorbeeld kan insluk?  Hoe gaan Rooikappie vrolik deur die woud trippel en blommetjies pluk vir haar ouma?)
  2. Verander die tyd waarin die sprokie afspeel.  (In plaas van lank, lank gelede kan jy Hansie en Grietjie nou laat afspeel in ‘n wêreld vol xenofobiese VIGS-wesies.  Solank jy hou by die idee van die sprokie, maar jy verander dalk die lekkergoedhuisie na ‘n dwelmhool, kan jy ‘n donker-humor parodie oplewer waarin jy met die hedendaagse hekse spot.)
  3. Verander die gebeure van die oorspronklike sprokie.  (Wat gebeur as Aspoestertjie nie haar skoentjie verloor nie, of as die galante prins nie ‘n happily ever after oplewer nie?  Hehe, ek dink sopas aan een van Roald Dahl se prettige Revolting Rhymes)
  4. Wysig die omgewing/milieu/ruimte waarin jou parodie afspeel.  (ipv Doringrosie se koninkryk wat in ‘n lange slaap verval, laat dit ‘n shopping mall wees wat toegroei met rankrosies.)
  5. Torring aan die tema van die sprokie.  (Dalk wil jy jou uitspreek teen Gouelokkies se misdaadneigings eerder as wat jy die drie bere se pap te dik aanmaak.)
  6. Verander die vertelstyl of fokalisator van die sprokie-narratief.  (As die alomteenwoordige derdepersoonverteller vervang word met ‘n eerstepersoonsverteller, of Hansie en Grietjie vanuit die heks se suster se oogpunt vertel word, kan dit lekker grappig raak.)

Kan jy aan nog verhaalelemente dink wat jy kan omkeer en verfomfaai?  (Daar is nog heelwat – dink ‘n bietjie!)

* * *

Gebruik nou jou sprokie-opsomming (maak seker dat dit korrek en volledig is) en speel ‘n bietjie rond daarmee.  Verander eers ‘n karakter effens – kyk watse idees maak dit in jou kop los; speel met die tyd – moderniseer die verhaal (wat MXit die Wolf vir die drie varkies?), of laat dit in die ruimtetyd of oertyd afspeel; speel ‘n bietjie rond met van die gebeure – dalk kan die Wolf wél by die baksteenhuisie inkom en spek skiet; dalk kan jy jou parodie in Stellenbosch laat afspeel, of Koekenaap; inverteer ‘n bietjie die tema en kyk wat gebeur dan; ensovoorts.

Geniet dit; verander dan ook die titel van jou aanvanklike sprokie (maar sodat ons steeds kan raai wat jy parodiëer).  Post jou draft-storie sodra jy ene aanmekaar getoffie het.  Kom ons kyk hoe fyn kan jy spot.

41 responses »

  1. Dink gerus ook aan die SCAMPER-tegnieke vir ontwikkeling van kreatiwiteit:
    Substitute (vervang);
    Combine (kombineer);
    Adapt / Adjust (maak aanpassings);
    Modify (verander) / Magnify (vergroot) / Minimise (verklein) / Maximise (vermeerder); Put to other uses (gebruik vir iets anders); Eliminate (neem weg) / Elaborate (brei uit); Reverse (keer om) / Rearrange (herrangskik).

    Bron:
    EBERLE, B. 1982. Visual thinking: A SCAMPER tool for useful thinking. Buffalo, NY: D.O.K.

  2. Dankie vir die wenke, glo dit sal baie help… Nie almal is ewe kreatief of so verbeeldingryk nie – daarom sal die wenke help om mens se gedagtes bietjie te laat vloei en rigting aan die parodie te gee…

    Mnr Muller: Kan jy asseblief vir ons ‘n afsny-datum vir die parodie gee? Ek neem kennis van die feit dat jy gesê het ons moet dit oplaai wanneer ons dit “aanmekaar getoffie het” – maar ‘n datum sal help, aangesien ons ook ander take het en mens graag wil beplan. Glo die ander studente sal met my saamstem. Dankie!

  3. Uhmm…wou net die meneer kom groet en se dankie vir die lieflike posts wat so lekker gelees het. Ek is u ‘n groot guns verskuldig hehe.

    Wou eintlik net sê jy moet die volgende drie weke geniet hoor, sal nog kom inloer, maar moet bietjie fokus op my studies.

    Enjoy😀

  4. Wenk vir die skryf van ‘n parodie: Breek die reëls van die oorspronklike sprokie. Wees kreatief en maak jou eie reëls! Pret!

  5. Liewe klasmaats… Ons moet saam besluit op ‘n datum vir die inhandiging van die parodie… Wat van twee weke na die vakansie?

  6. Ek neem aan ons moet dan voor volgende Vrydag die parodie post op die blog? Dit is dan die 26ste September 2008.

    Sterkte met die kreatiewe juices.

  7. Kan ek dalk vra dat ons slegs die rofwerk inhandig more op die blog? En dat jy ons dan hier en daar raad gee oor ons parodie? Hierdie is vir meeste van ons nog ‘n bietjie vreemd en dalk sal dit help as jy na ons parodie kyk? Want wanneer is ‘n mens se storie net te vergesog? En wanneer is dit werklik vlymskerp? Help asb!

  8. Kan dit beskou word as ‘n parodie as mens die vertelstyl van die sprokie so verander dat dit ‘n rympie vorm, maar eintlik nog die presiese selfde storie is? Dit sal gaaf wees as more se inhandiging net die rofwerk kan wees, sodat ons daarop kan verbeter en ‘n beter begrip kan vorm van wat presies verwag word.

  9. Ek weet nie of die parodie reg is nie, daarom sal dit gaaf wees as hierdie gesien kan raak as ‘n voorlopige parodie, ek sal egter nog die naweek probeer dink, want hierdie een is darem vir my net te donker. Ek weet ook glad nie of dit reg is nie.

    ‘n Getransformeerde Rooikappie, die Wolf en die Polisie!

    Eendag glad nie so lank gelede nie, het Rooikappie se Ma haar weereens betrap met haar wipperige neus in die kokaïne. Rooikappie se Ma was soos al die ander kere baie ontsteld. Sy het natuurlik haarself aanspreeklik gehou vir die onbenullighede waarmee haar dogter haarself besig hou. Soos tevore wou Rooikappie niks weet van ‘n rehabilitasie sentrum nie, maar haar Pa Coenie De Villiers het daarop aangedring. Wat sou tog die effek wees, op sy loopbaan as ander mense uitvind van haar dwelm probleem. Hierdie een sou hy nie onder die mat kon in vee en toeskryf aan min aandag en bederwe brokkie sindroom nie.

    Net voordat Rooikappie egter haarself moes wend tot die rehabilitasie sentrum, moes sy haar siek ouma besoek. Dié ouma wat al haar hele lewe lank elke dag ‘n pakkie sigarette rook, was twee weke terug gediagnoseer met long kanker en het volgens die Dokters net twee weke op ons aardse planeet oor. Rooikappie sou dus definitief moes gaan afskeid neem, veral aangesien sy ‘n erfporsie gaan erf.

    So stuur haar Ma haar toe na haar Ouma, met ‘n asma pompie. Rooikappie spring toe blitsig in haar nuwe Mini Cooper en laat waai na haar ouma, met die musiek wat blêr agterna. Soos wat Rooikappie egter by die verkeersligte stop, spring iemand langs haar in. Rooikappie gryp verskrik na haar pepersproei, maar ter vergeefs, hy het haar klaar in sy kloue. Toe Rooikappie hierdie wrede man van nader bekyk besef sy dit is die dwelmhandelaar vir wie sy geld skuld. Nou lyk sy eers bekommerd en hoe meer sy vir hom verduidelik sy is klaar met die misbruik van dwelms, hoe meer wil hy net nog aan haar verkoop, Boonop op skuld. Rooikappie besef sy kan nie hierdie winskopie misloop nie en besluit om sommer twee pakkies op skuld te koop. Die nuuskierige wolf wou toe weet waarheen Rooikappie so haastig op pad is en toe sy sê haar siek ouma, het die slinkse wolf dadelik ‘n plan begin beraam, want hy het geweet Rooikappie se ouma is stink ryk.

    Hy oortuig toe vir Rooikappie om hom toe te laat om saam met haar na haar ouma te gaan. Die niks vermoedende Rooikappie stem toe in. By ouma aangekom skitter die wolf se oë soos die diamante aan Rooikappie se ouma se vingers. Rooikappie is egter baie besorg oor haar ouma en gaan koop vir die strepsils by die apteek. Op pad apteek toe kan Rooikappie egter nie die versoeking verstaan om aan die kokaïne te snuif nie en so is Rooikappie op ‘n ander swart wolkie op pad terug van die apteek.

    Terug by Ouma se huisie in Welgemoed, het die wolf sy kans raak gesien en Ouma met albei kloue gegryp. Hy het Ouma met ‘n byl vermoor en vinnig haar lyk in die kas gestop. Toe hy egter Rooikappie se mini cooper hoor, het hy paniekerig geraak en onverwags in Ouma se nagklere gespring.

    Rooikappie kom met ‘n effense verwarde uitdrukking op haar gesig voor wolf te staan. Sy vra haar Ouma, hoekom sy so harig is? En hoekom sy lyk soos ‘n man? Die wolf antwoord toe in sy pieperigste stemming dat dit een van die gevolge van al die jare se rook is. Rooikappie wat al te maklik glo, skryf dit toe ook daaraan toe.

    Rooikappie skrik egter toe daar ‘n harde klop aan die deur is. Sy struikel voordeur toe. Tot haar verbasing staan die polisie voor die deur en vra of alles reg is, aangesien hulle ‘n geweer skoot gehoor het afgaan. Voordat Rooikappie egter kon antwoord spring die wolf voor haar in. En hier het die chaos begin. Die wolf het probeer stry teen die polisie se greep, maar ter vergeefs.

    Rooikappie is dadelik na die rehabilitasie sentrum geneem en die wolf is in hegtenis geneem. Nietemin het die erfgename steeds hulle erf porsies ontvang.

  10. Hier volg my parodie:

    Freddie en sy CD-versameling

    Freddie en sy pa bly saam met vyf studente in ‘n kommune in Stellenbosch. Sy pa werk by die plaaslike Musica-winkel en bring gereeld nuwe CD’s huistoe. Freddie weet dus baie van musiek en sy lewe draai om sy CD-versameling. Freddie kry sakgeld by sy pa, maar hy wil graag ekstra geld verdien. Sy droom is om aan Idols deel te neem en sodoende ‘n musiekkontrak los te slaan. Die probleem is dat hy geld nodig het om in Johannesburg te kom, want dit is waar die Idols-oudisies gehou word. Freddie se pa stel voor hy kyk of hy nie van sy CD’s kan verkoop nie. Freddie gaan toe deur al sy CD’s, opsoek na die beste CD’s om te verkoop. Hy besluit toe om al sy CD’s bo-op mekaar te pak sodat hy hulle goed kan deurkyk. Freddie het egter te veel CD’s en begin toe piramiede bou, waarmee hy gemaklik op en af kan beweeg. Toe hy uiteindelik al sy CD’s gebruik het, staan die piramiede 10m hoog. Freddie besluit om te kyk of hy tot bo kan klim. Dit vorder maar voetjie vir voetjie, maar na ‘n lang geswoeg is hy bo. Wat ‘n fantastiese uitsig! Hy kan die haan op kerk torring sien… Hy kan die studente binne Humarga sien… En hy kan selfs vir Wimpie Koekemoer sien, die US se rektor. Sjoe, maar die rektor het ‘n weelderige kantoor! Freddie raak toe honger en klim van die CD’s af. Nadat hy vir hom heerlike boontjiesop gemaak het, klim hy weer met die CD-piramiede op – boontjiesop in sy regterhand.

    Freddie het dit vreeslik geniet om so hoog in die lug te wees en kon nie glo dat hy nooit voorheen aan ‘n CD-piramiede gedink het nie. Terwyl hy smul aan sy tuisgemaakte boontjiesop, sien hy meteens ‘n beweging in die rektor se kantoor. ‘n Uiters verdagte man oorhandig ‘n groenerige pakkie aan die rektor. Vir Freddie lyk dit soos dagga, en daarom haal hy vinnig sy Nokia N95 selfoon uit en neem ‘n paar foto’s. Dadelik dink Freddie aan die moontlikheid van afpersing, want hy wil baie graag Johannesburg toe gaan. Die doel heilig die middele. Freddie ontwikkel die foto’s by ‘n vriend van hom en jaag deur na Admin A. Gelukkig is Mnr. Koekemoer beskikbaar en Freddie klop aan die deur. “Student, student, betree asseblief my waardevolle tent”. Na die nodige formaliteite afgehandel is, konfronteer Freddie die rektor en dreig om koerante toe te gaan met die foto’s. Die rektor gee toe vir Freddie R500 in ruil vir die foto’s. Baie in sy skik, gaan Freddie huistoe.

    Die volgende dag besluit Freddie om weer ‘n piramiede te bou, aangesien hy die een gister moes opbreek – in vrees dat die studente sy kosbare CD-versameling sal uitdun. DC is mos nie meer nie… Toe die piramiede klaar is, gaan sit Freddie weer heel bo. Hy het weereens die prefekte uitsig binne die rektor se kantoor. Hy hoop om weer ‘n paar foto’s te neem, want R500 gaan slegs sy voedsel en klere dek. Dan het hy nog vervoer en verblyf nodig.

    Terwyl Freddie na die rektor se kantoor kyk, sien ‘n hy beweging binne die kantoor. ‘n Bode kom in en oorhandig die nuutste uitgawe van Playboy aan die rektor. Terwyl die rektor daardeur blaai, neem Freddie ywerig foto’s. Freddie gaan ontwikkel die foto’s en stap dieselfde paadjie na Admin A. Dit lyk nie asof die rektor baie werk het nie, want Freddie kan weereens sonder ‘n afspraak deurgaan. “Student, student, betree asseblief my waardevolle tent”. Die rektor is verbaas om Freddie weer te sien, aangesien hy gister se saak as afgehandel beskou. Freddie verras hom egter met nuwe, verdoemende foto’s. Die rektor is baie boos en besef toe dat hy maar net sal moet betaal vir Freddie se stilwye. Die rektor gee toe vir Freddie ‘n tjek van R1000, en hoop dat die groter hoeveelheid die kind se gierigheid sal bevredig.

    ‘n Baie gelukkige Freddie neem toe kortpad huistoe en begin klaar groot drome droom oor ‘n moontlike Idols-kontrak. Dié aand maak Freddie sommetjies en besluit dat alhoewel sy verblyf, voedsel en klere gedek is, hy nog nie genoeg geld vir ‘n vliegtuigkaartjie het nie. Hy kort ook geld vir lugtyd, want hy moet nog al die besprekings en reëlings tref. Freddie hoop om môre weer sy CD-versameling uit te pak en dalk gelukkig te raak.

    Die volgende dag bou Freddie sy piramiede. Met ‘n lekker Engen-pasteitjie in die hand, klim Freddie bo-op sy CD-versameling. Hy eet rustig sy pastei klaar en vestig daarna sy volle aandag op die rektor se kantoor. Vandag lyk dit asof die rektor werk en Freddie sit teleurgesteld terug. Hy hou nogsteeds die rektor dop en wonder later waaraan die rektor so ernstig werk. Freddie haal sy verkyker uit en fokus in op die rektor se Apple Mac. En wat sien hy toe? Die rektor is besig om op die perde te wed. Gou neem Freddie ‘n paar foto’s. Met hierdie foto’s kan hy beslis pers toe gaan, veral as die rektor nie wil betaal nie. Freddie is so haastig om af te klim, dat sy voet vashaak en hy neer ploeg, met die CD’s bo-op hom. Gelukkig het hy ‘n dik baadjie aan, en dis net sy bene wat skraapmerk opdoen. Al sy CD-omslae is egter gekraak, en hy sal nie weer daarop kan klim nie. Hy besluit toe om nogsteeds na die rektor toe te gaan, want sy Idols-droom is baie belangrik en dit is sy laaste kans.

    By die rektor se kantoor aangekom, word hy verwelkom met die bekende stem en bekende woorde: “Student, student, betree asseblief my waardevolle tent”. Die rektor sug hardop toe hy sien wie sy besoeker is. Dit lyk selfs asof hy Freddie te lyf wil gaan. Freddie haal vinnig die foto’s uit en sit dit versigtig op die rektor se lesenaar neer. Die rektor kyk lank na die foto’s, asof hy wil seker maak hy droom nie. “Wat wil jy hê? Hoekom martel jy my so?” Freddie gee vir die rektor ‘n papiertjie met die bedrag van R1500 daarop. Hy belowe die rektor dat dit die laaste sien van hom sal wees, want hy het na vandag genoeg geld. Die rektor skryf die tjek uit en oorhandig dit aan Freddie. “Ek hoop ek sien jou nooit weer nie”. Freddie knik net sy kop en bedank die rektor vir die geld. Freddie is so opgewonde, hy hardloop die hele entjie huistoe. Hy gee glad nie om dat sy kosbare CD-versameling beskadig is nie. Hy kan nou uiteindelik sy droom bewaarheid! Hy gaan aan Idols deelneem – te danke aan sy CD-versameling!

  11. As nagedagte, wil ek net noem dat “dagga”, “Playboy” en “geld op perdewedrenne plaas” nie my persoonlike voorkeur is nie. My mede-studente sal weet dis nie ek nie, dis bloot ‘n storie…

  12. Ek weet nie of dit beskou kan word as ‘n parodie nie, ek het eintlik net die vertelstyl verander na rymvorm.

    Jong man en sy kat

    Die Markies van Karabas,
    ‘n man so na my hart,
    het saam met die Gestewelde Kat
    ‘n interessante pad gestap.

    Hul pad saam het begin
    toe ‘n die jong seun nagelaat is met min.
    ‘n Kat en ‘n streepsak is al wat hy kry,
    “Maar,” sê hy: “dis genoeg vir my!”

    Boots & all loop die kat daagliks ‘n draai
    Na die Koning met sy dogter – al te fraai.
    Elke dag gaan hy na die paleis
    Met geskenke van haaspastei, bokpens en beesvleis.

    Na ‘n hele ruk
    raak die Koning toe alte in sy skik.
    “Hierdie Markies klong klink na ‘n knap jong man,
    soos een wat ek vir my dogter wil vang!”

    Hy reël met die Kat
    ‘n ontmoeting oppad
    na die Markies se kasteel
    dat hy die prinses se hart kan steel.

    ‘n Boer maak ‘n plan
    en Kat stamp die seun in ‘n dam
    Hy draf verder vooruit
    Wyl hy nadenkend voort fluit.

    By die seun stop die Koning
    en bied hom ‘n beloning –
    Kos, julwele, geld en klere
    Want die voël maak mos die vere!

    By die paleis op die top van die Berg
    bly ‘n reus wat altyd almal terg.
    Die Kat lei die reus om die bos
    Om die kasteel vir die seun oop te los.

    Slim is die kat
    En sien ‘n kans wat hy kan vat
    Hy flous die ou reus om te verander in ‘n muis
    En daar eet die kat toe lekker muis vleis.

    Die Gestewelde Kat
    ‘n Staatmaker soos min
    Het sy baas ‘n vrou laat vat
    Wat die ander ouens se koppe laat spin!

    – Die einde –

  13. Ek kom terug na my possie oor “Storietyd” van gister. My graad 3’s het Rooikappie geskryf vanuit ‘n ander oogpunt…daarin se ek wat die een dogtertjie gedoen het…deur vir Ouma ‘n selfoon te gee! hehe..en hier het ‘n kind die storie se titel/karakter verander na “Little Red Cat”…

  14. Die onverwagse ontdekking

    (My eerste probeerslag)

    “Allan, Wendy, Sam, Frik. In ‘n ry, nóu!” “Maar maaaa!” “Ons wag nou net vir die laaste kanidaat,” sug die ma eend en skud haar vere reg. “Die termometers is darm besonders hoog gestel vandag, asof massa produksie nie al klaar genoeg is nie. Nou wat is dit met die parmantige eier?” Sy frons en kyk die laaste eier effens vreemd aan. “Al klaar oorgroot en tog só tydsaam.” Ewe skielik is daar ‘n snaakse geluid en die laaste ‘eendjie’ broei uiteindelik uit. Die ma staar die ‘eendjie’ verleë aan. “Wel ‘n halwe eier is beter as ‘n leë dop, maar watter sprokie gaan ek uit my duim moet suig om dié situasie te verduidelik?” wonder die ma eend terwyl al die kleinjies suutjies nader sluip om die ‘nuweling’ te aanskou. “Ma, is ons voëls van eenderse vere?” fluister Wendy in haar ma se oor. Verder mompel Frik (die tweede ‘oudste’) die volgende “wel hulle spekuleer dikwels of die vere wel die voël maak en in dié geval is dit moeilik om die diskoers te ondersteun wat teenstrydig is met laasgenoemde.” “Shut up Frik, sy’s net wel uhm, anders?” “As almal nou klaar hul eiertjies gelê het kan ons asseblief die pad na die dam aanpak? Ek het ‘n besige skedule en swem is nou nie nommer een op my prioriteits lys nie, so asseblief people get a move on.” Eendjies, eendjies stap in ‘n ry en so waggel hul stuk-stuk na die dam. Die aanmerkings gepaardgaande met die afêre is nie uiters onsensitief en die lelike ‘eendjie’ hoor hul almal. Anti Kalkoen ‘fluister’ vir ouma tarentaal, “aartjie na sy vaartjie, maar daardie appel val blerrie ver van die boom af” sê sy terwyl Rufus die bees die volgende kwyt raak: “Skrik ek my nou ‘n papie of lag ek my ‘n aap, maar watter ou skape is uit die sloot gehaal wat daardie eienaardiege gediertetjie opgelwewer het?” Later loop die water nie meer van die ‘eendjie’ se rug af nie en besluit sy om die pad te vat. “Ek voel ‘n veer”, sug sy en besluit dat sy net mooi genoeg gehad het van die lot wat nie haar unieke eienskappe kon erken en herken nie. Op haar soektog na aanvaarding kom sy uiteindelik op ‘n spul wildeganse af. “Nou wat sit jy hier soos ‘n uil op ‘n kluit skapie?” vra die ma-gans en koekeloer na die ‘eendjie’ wat hard moet probeer om die trane weg te steek. “Ek het ‘n voëltjie hoor fluit, gogga maak vir baba bang en al lyk ons nie eenders nie, is ek bereid om jou as deel van die familie te aanvaar soos hul sê, elke huis het sy, wel uitsondering. Daar gelaat ons was nounet besig om…” Toe bars daar ewe skielik chaos uit en jy sien net ganse spat links en regs. “Ganse aarde”, skree die ma-gans, “die jagters is op ons! Almal slaan dekking, vlieg, vlug” en skielik is daar nie ‘n gans in sig nie. Die arme ‘eendjie’ is toe weereens alleen. Sy stap padlangs en kom uiteindelik by ‘n klein houthuisie aan waar ‘n ou vrou, kat en hen woon. Die ou vrou kry die ‘eendjie’ dadelik jammer maar die gesindheid van die kat en hen is nie gelykstaande daaraan nie. “Jy krap in ons slaai” mompel die kat en gluur die eendjie stip aan.” “Dagsê,” probeer die eendjie, maar die kat val haar dadelik in die rede: “hier is ék katjie van die baan en sy (wys na die hen) koningin van die mishoop so trap in jou spoor ‘eendjie’ voor ek die aapstuipe kry.” “Ek sal volgende keer my handskoene aantrek mnr. Kat”, sê die eendjie, en besluit om verder te stap. Oppad sien sy sulke pragtige voëls verby vlieg en wens sy kan net soos hulle ontsnap. Die winter bekruip die ‘eendjie’ suutjies en op ‘n dag hoor sy ‘n vreemde geluid… “daar’s ‘n slang in die gras dink sy ewe”, en 10 sekondes later hoor sy die volgende, “nou het ek jou, ha!” skree ‘n jagter wat ewe skielik agter die bos uit spring. Na ‘n groot gespartel ontsnap sy die hande en maag van die jagter. Soos die winter uiteindelik aanbreek klop daar eendag onverwags iemand aan haar deur. “Ekskuus juffrou ek is op reis na die plato en het ‘n herberg nodig vir die aand, is dit moontlik dat ek hier by u kan vertroef? Die naam is Prof. Padda.” “Wel sekerlik meneer, maak uself tuis as ek mag vra besit u dalk enige vere? “Nee skapie, jy kan nie vere van ‘n padda pluk nie… as jy weet hoe baie ek daardie vraag gevra word! Ek is juis oppad na ‘n konferensie by die plato om juis die regte van padda’s aan te spreek, het jy enige idée hoeveel voor- en ongevalle daar jaarliks plaasvind juis weens daardie onderwerp? Maar laat ek tot rus kom, môre lê daar weer ‘n lang dag voor.”
    So breek die volgende dag aan en net voor Prof. die pad aanslaan sê hy vir die eendjie die volgende: “’n Aap kan ‘n goue ring dra en ander is soms deur ringe getrek, maar wanneer jy die slapende honde tot rus laat sal die jakkalsies nie meer jou koringlande verniel nie. Totsiens kind.” “Dankie Prof.” sê sy en hou hom dop tot hy uiteindelik op die horison verdwyn. Die dae wat volg is weereens lank en alleen en uiteindelik breek die lente aan. Toe sy buite kom sien sy twee van daardie pragtige voëls wat voor die winter by haar verby gevlieg het. Sy besluit om hul te nader toe die een skielik op haar afstorm. “Wel wat het ons hier? Lyk my die winter het maar net die vermoë om altyd die mooiste van die mooistes op te lewer”, sê Ferdinant vir sy suster. “Ferdinant kry jouself bymekaar vandat jy die skoonheidskompetisie moet reël laat jy niemand tot rus nie”, sy draai na die ‘lelike eendjie’ “verskoon hom hy dink op die oomblik in ‘n monotoon, my naam is Melodie en jy is?” “Effens uit die veld geslaan” antwoord die lelike ‘eendjie’. “Wel dis ‘n besonderse naam en uiters uniek, sy pas definitief die profile, veral vir die jaar…” “Waarvan praat julle mense en net tussen die drie van ons my naam is Mercei.” “Hoe bedoel jy dan nou, weet jy nog steeds nie van die jaarlikse kompetisie wat gehou word na die winter nie? Dit staan bekend as die ‘Swaan van die seisoen’ kompetisie.” “En van die os op die jas, dink ek jy het wenpotensiaal.” Swaan van die seisoen?” sêvra Marcei en stap na die water sy kan byna haar oë nie glo nie. Ek dog jul wou my nou vang met ‘n slap riem, maar die koeël is sopas deur die kerk… Fluit fluit….

  15. Hansie en Groot Griet

    Eendag lank gelede, maar nie so lank gelede nie, was daar ‘n pa wat baie hard gewerk het om sy vir sy vrou en kinders alles te gee wat hulle harte begeer. Ongelukkig het die pa sy werk verloor en nou sit hy elke dag by die huis en kyk Dr. Phil en Oprah. Sy vrou sit heeldag en Facebook, Hansie speel heeldag Playstation en Groot Griet eet heeldag gemorskos. Die pa besef dat iets aan die huislike omstandighede gedoen moet word. Dr. Phil sê as hulle só aanhou gaan die gesin nie oorleef nie!

    “Kosskool is die kinders se voorland!” besluit die pa. Daar kan Hansie nie Playstation speel nie (Eskom sal baie krag spaar), Groot Griet sal gewig verloor (koshuise gee mos peuselhappies as maaltye) en die kinders sal leer om ten minste hulle tande in die oggende te borsel… Hansie en Groot Griet voel so kwaad soos Madel partykeer op 7de Laan is. Hulle sien glad nie uit daarna om kosskool toe te gaan nie!

    Hansie is slim en beplan om van die kosskool te ontsnap. Skelm soos ‘n jakkals pak Hansie sy GPS en skaatsplank in om hom en Groot Griet weer veilig by die huis te kry (Groot Griet kan doen met die oefening wanneer sy hardloop om by die skaatsplank te hou).

    Die kosskool staan Hansie en Groot Griet glad nie aan nie. Daarom ontsnap hulle sommer die eerste aand uit die kosskool wat so kan kerm en kla en nie kinders kan uitlos om te doen wat hulle wil nie.

    Nou staan hulle buite die groot en intimiderende hekke van die kosskool. Net toe Hansie sy skaatsplank en GPS uit sy sak haal, skree iemand “hijack!” en gryp die skaatsplank en GPS uit Hansie se hande. Verstom wandel Hansie en Groot Griet in die stad rond. Hulle het nie ‘n idee waar hulle is of hoe hulle weer by die huis gaan kom nie. Sonder die GPS en skaatsplank sal hulle reddingsplan beslis nie werk nie.

    Skielik sien Groot Griet ‘n groot, geel “M” wat in die lug in toring. “Wat op aarde kan dit wees?” wonder sy. Hulle stap in die rigting van die groot, geel “M” en stop om die naam van die plek te lees. “Mc Donald’s”, lees Hansie hardop. “Ek ruik kos! Kom ons gaan kyk!”.

    Hansie en Groot Griet sien hamburgers, skyfies, koeldranke, melkskommels, roomys en speelgoed om van te kies en te keur. Rasend van die honger neem hulle groot happe van die kos (gelukkig is die kaashamburgers lekker plat en Hansie sit sommer drie gelyk in sy mond). Terwyl Hansie en Groot Griet weglê aan die lekkernye, hoor hulle iemand wat keel skoonmaak. Hulle kyk stadig op en sien ‘n fris sekuriteitsman wat hulle met gevaarlike oë dophou. Die sekuriteitsman het ‘n lang, krom neus. Die neus kon net sowel aan ‘n heks behoort het.

    Hansie en Groot Griet laat spaander en kruip weg in Mc Donald’s se speelkamer. Hulle snak na hulle asem wanneer hulle die interessante klimrame en tonnels sien. Enige kind se droom! Na ‘n rukkie kan hulle nie meer stil sit waar hulle wegkruip nie en hulle klouter, gly en rol op die “mini pretpark”.

    “O aarde!” roep Groot Griet. “Ek sit vas in die tonnel”, sê sy met ‘n angstige stemmetjie.

    “Ag nee, Groot Griet, nou gaan ons uitgevang word deur daardie heks van ‘n sekuriteitsman! Jy sal daar moet bly tot jou maag kleiner is. Moet jy altyd so baie eet as jy die kans kry?!” skel Hansie.

    Hansie is hopeloos te ongeduldig. Hy gryp Groot Griet aan haar voete en probeer om haar koddige lyf uit die tonnel te trek. Intussen kry die sekuriteitsman snuf in die neus en hy stel ondersoek in.

    “O, nee! Dit is die SEKURITEITSHEKS!” roep Hansie verwilderd en met dié is Groot Griet weer vry. Die sekuriteitsman klim tot bo op die klimraam. Hansie dink vinnig op sy voete en stoot die sekuriteitsman by die tonnel in. Die sekuriteitsman hang voete in die lug by die tonnel uit en hy kan glad nie beweeg nie.

    Hansie en Groot Griet laat spaander by die deur van Mc Donald’s uit. Hier is groot moeilikheid en hulle moet so gou as moontlik wegkom. Groot Griet beduie verwoed na ‘n taxi om te stop en hulle spring haastig daarin. Met skreeuende bande trek die taxi weg. “Dit was ‘n noue ontkoming!” sug Hansie.

    Hansie en Groot Griet kyk na die taxibestuurder. “PA!” roep hulle terselfdetyd uit. Hansie en Groot Griet se pa het ‘n nuwe werk as taxibestuurder gekry.

    “Kom ons gaan huis toe kinders”, sê die pa en die taxi ry tevrede na Hansie en Groot Griet se huis. Hulle bly lank en gelukkig saam (tot die pa besluit om sy kinders weer kosskool toe te stuur).

    DIE EINDE

  16. APOESTERTJIE & ’n PRINS

    Daar was eendag lank, lank gelede ‘n baie gelukkige gesin. Daar was ‘n pappa, ‘n mamma en Aspoestertjie. Alles was perfek, totdat Aspoesterjie se ma oorlede is en haar pa weer trou. Met hierdie huwelik, kry Aspoesterjie toe sommer nog twee stiefsusters by – en ‘n heks vir ‘n stiefma….

    Dié drie laat haar skrop en was en vee en koskook en opwas en klere was en arme Aspoesterjie werk haarself oor ‘n mik! Sy mag niks lekker in en om die huis doen nie, en as sy ‘n tydjie vir haarself het, gesels sy met die muise in die kombuis, en voëltjies buite op die vensterbank, en facebook haar handjievol ‘friends’ (aangeisen sy nie mág sosiaal verkeer nie), en sy haar hou haar doof vir haar suster en stiefma se knaendheid. Sy kry net verslete toiing-klere om te dra terwyl haar stiefsusters in weeldende Versace leef.

    Eendag daag daar ‘n koevert aan by die huis, en soos gewoonlik moet Aspoesterjie die brief gaan afhaal by die deur. Sy neem dit vir haar stiefma en dié lees die brief:
    “DIE PRINS IS OPSOEK NA ‘n VROU.
    ALLE JONG DAMES IS GENOOI NA DIE KONINGLIKE BAL.
    DIE PRINS SAL SY TOEKOMSTIGE VROU HIER KIES.”

    Die susters ontbied Donatella onmiddelik, en daar word rok geteken dat die potloodsplinters spat! Hulle krap in die laai tussen al die erfgoed om die beste en mooiste juweliersware aan te sit, en hulle laat spaander Canal Walk toe vir die gemalkikste skoene – hulle gaan tog immers om die beurt met die Prins die aand om dans….
    Die groot aand breek aan en die huis is in rep-en-roer: Daar is net aandsakkies wat waai en skoene wat vlieg deur die lig; dit is Bobbie Brown maskara wat rondsweef en kologeen-geformuleerde lipstif wat van bolip na onderlip, na bolip na onderlip, na onderlip na bolip strepe trek – almal behalwe Aspoesterjie s’n. Maar nadat die limo die nare 3 kom haal, sit Aspoestertjie alleen in die kombuis en huil (of dit nou is oor sy nie dans toe mag gaan nie en of dit is oor DC afgesny is vir die armsalige se genot, is wel nog onseker). Aspoesterjie klim op Facebook met die hoop om op iemand se lawwe foto’s kritiek op te lewer, en tot haar verbasing is daar ’n FRIEND REQUEST van Oprah Die Goeie Winfee. So met die knoppie druk wat van haar en Oprah Winfee amptelike vriende gaan maak, hoor sy ’n knal…en die vrou wat oor die wêreldheen harte wen staan voor haar!

    Wat begin in ’n diep en emosie-belaaide gesprek en nat twinsavers wat ophoop (natuurlik op video vasgelê vir die volgende reeks van die realiteits’show’) , eindig in die optower van ’n dansrok soos nie eers ons eie elegansie-geörienteerde Gert Jacobus van de Merwe dit kon doen nie! Binne etlike sekondes staan daar ‘n swart Lambargene gereed vir aksie, en toe Aspoesterjie se blik op die blink motor val, sien sy in silwer vetgedrukte woorde op die deur: CINDERELLA*.
    Voordat sy haar kan kry, is alle trane asook raad deur die Goeie Winfee vergete (“geld en weelde is nie alles nie” en “ ‘n Prins kan ook in ‘n padda verander”), en sy sien eers met die indraai by die Windsor Castle se hek, die blink fyne skoentjies wat sy aanhet. Cinderella – soos wat sy haar aan almal om haar voorstel – is so beïndruk met hierdie verfynde, opgevoede jong dame en die Prins William snak behoorlik na sy asem toe hy die pragtige jong meisie sien! Prins Charles, vader van Prins William, kry rigting in die rigting van Cinderella en hy dans heelaand met haar terwyl William soos ‘n muurblom in die hoekie sit. “Dit is seker tradisie dat die vader met die uitgekose een sal dans”, dink Cinderella. Maar net om 12 slaan die klok, en Prins Charles gaan op sy knieë: “Cinderella, trou met my!”. Cinderella lees graag die Huisgenoot en sy is wel bewus van Charlie se liefde vir vroue, maar o wee – Prins Charles is die prins opsoek na ‘n vrou! Sy slaan die vuilis met haar hakskoen op die kop, gooi die skoentjie teen sy bors, en storm by die deur uit, die strate in en kom uitgeput by die huis aan.

    Die volgende dag is die dorp aan die gons – almal wil weet wie Cinderella is! Die prins stuur al wat ‘n amptenaar is om die meisie te soek, want volgens hom maak die liefde seer; en sy kop pyn uitermate na die hak-hou. Maar Aspoestertjie (soos wat sy haarself noem na haar nare ontnugtering die vorige aand), kryp weg en Prins Charles kry haar nooit. Sy bly toe maar by haar stieffamilie waar sy skrop en was en vee en koskook en opwas en klere was en sy haarself oor ‘n mik werk, maar sy is dankbaar dat sy die ou brilpadda nie hoef te soen nie! Sy besef dat as weelde en geld en luuksheid nie die opperhand gekry het daardie aand nie; en as sy na die Goeie Operah Winfee geluister het, kon sy dalk die Prins van haar hart daardie aand verower het!

  17. Jannie en die Beer se Kasteel
    (Fokus op Gouelokkies en die drie bere)

    Eendag het Jannie Poggenpoel (so dom soos ‘n klip) in die bos gaan stap. Hy het nie eens verdwaal, omdat hy geïnteresserd was in die pragtige blommetjies nie, maar sommer net van dom wees. Hy kon nie die regte pad uitken al wou hy hoe graag nie, sy geheue wou dit net nie toelaat nie. Soos hy aanstap, met hoop dat hy sy pad sal vind, kom hy by ‘n groot wit kasteel uit. Voor die kasteel het ‘n wag gestaan en wou nie vir Jannie inlaat nie. Jannie besluit toe sommer om verder af in die straat oor ‘n lae muur te klim, want sy nuuskurigheid het soos ‘n vuur in sy maag gebrand. Sonder dat iemand hom sien glip hy by ‘n groot hout agterdeur in. Jannie kan nie glo hoe mooi hierdie kasteel is. Sy oë peul byna uit sy kop soos hy die portrette en beelde in die kasteel bekyk. So ingedagte stap Jannie perongeluk een van die beelde om en dit breek in stukkies. Jannie hardloop vinnig weg om te gaan wegkruip, maar kom toe in ‘n groot kamer of saal, hy weet nie regtig nie. In die middel van hierdie saal staan ‘n groot lange tafel wat amper 500 meter lank is. Sy mond hang op die grond, hy het nog nooit so iets in sy hele lewe gesien nie. Daar kan seker 20 mense aan hierdie tafel sit en by elke sitplek is daar ‘n bord kos. Toe Jannie hierdie kos sien besef hy eintlik hoe honger hy is en besluit om maar ‘n bietjie te pesel. Toe hy die eerste happie van die wildsboud neem, skree hy: “Oeh, sies, dit is darem hopeloos te sout vir my!” Jannie beweeg toe na die volgende bord kos en skree: “O, nee, hierdie boud is weer hopeloos te taai!” So beweeg Jannie van die een bord na die ander, maar nie een is reg nie. Toe hy by die laaste bord kom is hy so versadig hy hoef nie eers daaraan te proe nie. Hy gee ‘n lang gaap en besef hoe moeg hy is en besluit sommer hy lê op die bank daar doer aan die anderkant van die kamer, niemand sal tog nou gou kom nie, hy sal net 5 minute slaap.

    Soos hy insluimer kom die koning en sy gaste almal ingewals in die eetkamer. Soos Koning Beer gaan sit sien hy iemand het aan sy kos geproe. Net so sien die ander gaste dit ook. Koning beer gil kliphard: “Wie is die een wat aan my kos geproe het? Kom nou na vore!” Jannie skrik so groot van die koning se harde stem dat hy kiets regop spring en ‘n helse lawaai maak. Toe die koning omdraai en die snaakse maer mannetjie in die verte sien staan skrik hy so groot dat hy omkap. Jannie het nog groter geskrik en hardloop toe so vinnig nie eers Oscar Pistorius sal hom kan vang nie. Soos Jannie hardloop kyk hy elke nou en dan agter hom om seker te maak niemand haal hom in en vang hom nie. Terwyl hy nog so agtertoe kyk hardloop hy reg in ‘n glasdeur vas.

    “Sjoe, daardie was ‘n aaklige droom!”, sê Jannie nadat hy kiets regop in sy bed sit. “Gelukkig het Koning Beer my nie gevang nie, wonder nogal wat hulle met my sou aanvang?”

  18. Ek het nie regtig ‘n baie goeie rede dat dit laat is nie. Kan nou nie sê my hond het my werk opgevreet nie. Ek het eintlik net vergeet.

  19. (PARODIE: DIE DRIE VARKIES)

    DIE DRIE MANLIKE PROSTITUTE

    Guy, Lance en Freddie, drie broers by een ma maar verskillende pa’s (basterds?)
    was gisteraand geboei, na ‘n hewige gestoei, en na Pallsmoor gesleep.
    Die petalje se aanloop het lank gelede al begin waar die drie
    by hul ou lady in die tweeslaapkamer krot langs die spoorlyn gebly het.
    Die kopdokters sè mos juis, “Blame it on their childhood!”
    Die ou lady het haar mos al die jare verbeel sy is Red “Riding” Hood,
    met haar rooi kappie saans op die kop en die rooi lig wat deurnag in
    die kamervenster brand.
    Die ou lady en haar aan en af boyfriend, Scab, het nooit ooghare
    gehad vir haar drie snotkoppe nie.
    Sy kon oorslape vir haarself reël, maar as hulle net in daai
    rigting praat, het hulle ‘n skop onder die gat gekry en
    moes vir ‘n week lank by die voordeur slaap en “wiekets”
    skree as Scab aankom.
    Die vrou van die welfare het gereeld daar besoek afgelè,
    dan het die ou two-face bitch vreeslik moederlik vir hulle
    gedruk en soen, maar sodra sy loop, kon die see nie haar
    bek skoonwas nie. Laat een van die drie snotkoppe net daardie
    woorde herhaal, dan is hul bekke met seep uitgewas.

    Die drie het klaargemaak met skool toe Guy 13 was, Lance 14
    en Freddie 16 jaar. Werk was skaars en hulle het op die ou lady
    se nek gelè. So het dinge voortgeploeter totdat die ou lady ‘n finale
    gly in die drie gekry het, en hulle uitgeskop het om ‘n sjebeen in
    hulle kamer te begin.

    Guy, die jongste en die groot luigat, het slaapplek in die wendyhuis
    gekry, want al job wat hy kon kry, was as toyboy vir die ou toppie
    wat op woensdae die gras kom sny het.
    Met so ‘n tip moes hy tevrede wees met die wendyhuis waarvan
    die deur en vensters nie kon sluit en die dak soos ‘n gieter gelek het.
    Lance, die middelkind, het gedink die son skyn uit sy gat, maar
    dit het hom nie veel gehelp nie, want al job wat hy kon kry,
    was as “kelner” by die ouetehuis se ladiesklub op die hoek.
    Dit het hom darem help om slaapplek te kry in die buitekamer
    waarvan die vensters gate in gehad het so groot soos rugbyballe
    en die deur met ‘n stuk draad toegemaak kon word.
    Freddie is die oudste en weet van sceem en organise.
    Hy het ‘n deal gemaak met een van sy dragqueen pelle sodat
    hy ‘n tydjie by hom kon plak, met die promise om werk te kry.
    Hy het later homslef in die son begin adverteer as “Happy Hour”.
    Hy het moerse goed gedoen en kon gou-gou ‘n kamer in ‘n
    ‘upmarked’ huis bekostig.

    Die ou lady het ‘n roemer gehoor dat haar drie gomgatte
    bucks maak soos bossies en het besluit dis pay-back time
    vir al die jare se stront was sy moes opvreet.
    Sy het die priest, ‘n ou lover van haar en ‘n regte wolf in
    skaapklere, gebribe om die drie bietjie te gaan opficks vir
    ‘n paar bucks.
    Die priest het drie persoonlikhede gehad; Jackie die streetfighter,
    Johnny die dronkgat en Luther die priest.
    Jackie het eerste gaan kak soek by Guy se kamer.
    Hy het sommer die deur oopgetrap en die outjie daar rondgeklap.
    Die laaitie het nie ‘n sent op hom gehad nie en soos
    ‘n regte banggat na Lance se kamer gehardloop.
    Hy het net betyds die deurknop toegedraai met die stuk draad
    toe Johnny daar aangeslinger kom.
    Toe Lance sien hoe uitmekaar Guy gemoer was, het hy ook bang getrek.
    Johnny het teen die deur gehamer en vreeslik perform net soos
    ‘n dronkgat kan.
    Die twee laaitjies het by een van die stukkende vensters uitgespring
    en by ouboet Freddie gaan huil vir hulp.
    Luther het teen Freddie se deur bly klop en klop en kom gatkruip vir bucks.
    Na die stories wat die ander twee vir Freddie gespin het, het hy self nie
    die guts gehad om die deur oop te maak nie, want hy het gesceem
    die gatkruipery is net ‘n rookskerm om in te kom om hulle te rob.
    Daar het ‘n doodse stilte gevolg en Freddie sien toe dat ou Luther
    by die een oop kamervenster probeer inklim.
    Hy kry toe ‘n slim plan en gooi van sy special aromatherapy oil
    op die teëls voor die venster.
    Ou Luther dog nog hy land op sy voete, toe land hy plat op sy rug
    met ‘n gebreekte arm en voet.
    Hy kruip toe daar uit soos ‘n hond wat se tjank afgetrap is.
    Die drie laaities bly ewe braaf agter en sit en suip tot
    die cops heelwat later daar aangekom het en hulle tjank aftrap het.

  20. Goue Vlokkies© en die drie geurtjies:
    ‘n post-modernistiese, feministiese feeverhaal
    (met apologie aan Phillip die Vos)

    Daar is wel drie (stoeiende) bruin bere wat vir ewig en altyd gelukkig ronddwaal in hierdie betrokke feeverhaal, maar hulle eet nie meer mieliepap vir ontbyt nie. Hulle het oorgeskakel na ontbytgraan – bloot omdat mamma-beer nie meer lus had om vroeg op staan om pap te prut nie. Ons is immers in die kits-era. Die handelsnaam wat sy die graagste koop, is Goue Vlokkies© (wat mens in die derde ry van links koop by die plaaslike, plaasagtige plaasdorpie se plaaskafee wat besig is om ‘n sekuriteitskamera by die ingang te installeer sodat die kassiers kan sien wie oppad is na die winkel en ophou praat van watookal die aankomende wese nie moet of wil hoor of weet nie. “Baie slim”, dink die skryfster terwyl sy ywerig in haar neus grawe – haar webcam is afgeskakel en haar gordyne toegetrek).
    Die drie geurtjies waarin die Goue Vlokkies© verkrygbaar is (nou ook by jóú kleinhandelaar), is Souterige see-anemoon, Outentieke bedompige yskas en Krakerige kerskaartjie. Beertjies is versot op hierdie geurtjies, maar klein blonde dogtertjies nie soseer nie.
    Daar het een van hierdie klein blonde dogtertjies (een wat later in haar lewe bekend sal staan as ‘Die Blonde Ambisie’) by die drie beertjies se huis ingetrippel. Sy is wel goed opgevoed en is geleer om ander se privaatheid te respekteer, maar het besluit dat sy in die konteks van die verhaal nie anders kan as om ‘n oortreder te wees nie. In die huisie staan die drie bakkies pap (die Souterige see-anemoon geur) en glinster op die etenstafel – in groot afwagting vir die verhaal om af te speel. Dis nie nodig dat dit moet afkoel nie, want ontbytgraan is nie eintlik van daardie aard nie, maar die beergesin het in elkgeval besluit, weereens ter wille van die verhaal, om ‘n entjie te gaan wandel.
    Die blonde klein dogtertjie proe met haar lang tande aan een van die bakkies pap (wat nog nie aan enige van die gesinslede toegewys is nie). Sy besluit dat dit aaklig smaak en is toe slim genoeg om te besef die ander bakkies pap ook vir haar te sleg sal wees. In die middel van die tafel staan die boks waarin Goue Vlokkies© te koop aangebied word. Die meisie van ons verhaal tel dit toe op en begin dit te lees. Hierdie handeling van haar staaf J Lodewyk M se aangeborenheidshipotese van kompulsiewe lees wat stel dat mense nie anders kan as om ontbytgraanbokse te belees nie. Daar is ‘n paar pretfeite op die boks aangebring. Die meisie is verbaas om te leer dat meeste mense met hulle oë toe slaap. (“Hmm” ,wonder die skryfster terwyl sy tob oor die rigting waarin sy haar karakters volgende gaan hiet en gebied, “is ‘n feeverhaal ‘n egte feeverhaal as dit sonder fee is?” en besluit om ‘n fee die storie in te vee.) Daar is ‘n de Vosserige verhaal in helder kleure op die ontbytgraan boks geskryf:

    “Daar was ‘n vaderfee met twee piepfyn feetjie-kindertjies wat vlertjies net soos vlinders had. Die een was mooi, slank, bleek en lelieblank, maar die ander had (onder andere) ongewensde sproete. Die vaderfee was erg begaan, en was die kind met lewertraan, katjiesdou, hondemelk en doop haar selfs in ‘n leliekelk. Dit was alles te vergeefs: sy was en bly ‘n sproetefee.
    Die vaderfee kon niks verder doen, en gee sy kind die afskeidssoen. “Jy het as fee”. sag uitgedruk, “volledig en totaal misluk. Gaan na die Koningin van Barrebeit en sê vir haar: ‘U Majesteit, my vader stuur sy groete. Ek is ‘n fee met sproete’. Dalk neem die koningin jou in diens. Dus sê ek maar liewerster tot siens. Miskien het die koningin ‘n idee vir jou; die min of meer mislukte fee”.
    Die feetjie het toe ver gereis op pad na daardie blink paleis. Sy prewel die hele tyd: “O, grote Dame, Majesteit! My vader stuur sy groete. Ek is ‘n fee met sproete”.

    Toe sy egter die paleis bespied, begin sy rittel soos ‘n riet. Toe sy voor die troon staan, vra die koningin: “Waar kom hierdie kind vandaan?!”. Skoon wit van senuagtigheid antwoord die klein fee toe sommer self: “ O grote Majesteit, my vader stuur sy groete. Ek is ‘n spree met foete”. Die koningin sê: “Ek het opgemerk dat jy wél voete het, maar, liewe kindjie, glo my goed: ek het nog nóóit ‘n spree ontmoet”.
    Toe gee sy dadelik die bevel en die hele hof kom aangesnel. Die koningin sê: “Dít is ‘n spree. Iets héél besonders. Gee haar tee. Gee haar koek. (En gee haar sommer ‘n bier sodat sy heerlike winde kan opbreek.) Gee haar pienk roomys. Sy sal bly woon in my paleis.
    Toe bly die fee’n lang-lang tyd in die paleis van Barrebeit. Nie as kamermeisie nie, nee; sy is benoem as opperspree. Sy het ‘n pragtige spinet en blink pantoffels voor haar bed. Al die here van die hof kniel voor die spreetjie in die stof.”

    Die dogtertjie wonder verveeld of dit op daardie oomblik in Antartika reën en of studente ooit afgemat raak. Sy is moeg gewag vir die beertjies en stap honger-honger na die supermark.

  21. Die Wolf en die Sewe Bokkies (Broers Grimm)
    ‘n Parodie

    Die Bok in (wol)f klere en die Ongelooflike Sewe Bliksems
    (Geïnspireer deur Mnr. Muller se Fokkerige parodie)

    “Kan jy my horings vir my vasdraai?? Kan jy my alabasters vir my vind…?” sing Bruno terwyl hy op die bed spring. Hy weet nie hoekom nie, maar Ma-bok se bed se springs is baie sagter as sy bed s’n. Ma-bok gaan haarself toeskeit as sy hom nou moet sien, maar Bruno was nog altyd ‘n bok vir sports. “Bliksem!!!” skree Ma-bok vanuit die kombuis. “Ek ken die klank van daai springs! Wie spring op die bed?” Bruno spring van die bed af, bo op Ma-bok se spieëlkas en dan by die deur uit om êrens te gaan wegkruip. As Ma-bok eers in haar Maria Callas stem begin gil, dan moet jy weet…

    Bruno is die jongste van die Ongelooflike Sewe Bliksems (soos hulle bekend staan) en het nog ses ander broers: Manlicher, Leupold, Winchester, Sako, Nikko, en Stirling. Van kleins af was die sewe bok-broers onafskeidbare klein fokkertjies van kaliber. Die bestaan van die sewe bliksempies het daartoe bygedra dat Pa-bok op ‘n hoë ouderdom tot kapater getransformeer is en dit was ook nie lank daarna nie, of Ma-bok het begin rondkyk. ‘n Ou bok hou mos maar van groen blare. Pa-bok was deur die insident tot drank gedryf en het toe ‘n groep oujonkêrels gejoin in ‘n soeke na identiteit.

    Leupold, Winchester en Sako kom van êrens agter die huis aangestap na waar Bruno onder ‘n spekboom lê en balbak. Leupold los ‘n harde poep. “Jis manne, daar kom nou ‘n faks deur of hoe?” “Fok Leupold, jy’t weer fokken suur uintjies geeët as ek die ding so ruik!” sê Sako verontwaardig. Hy was maar nog altyd die fyner lam van die spul. “trrrrrrrrrrrrrrrrr…..” kak Winchester terug. “Nou daardie is vir jou ‘n telegram, ” sê hy, “hy’s gestuur in morse kode.” Bruno vryf die krulle uit sy oë. Hy’t Angora in hom. Daar was maar nog altyd bespiegel oor of die ou Angora ram, Bok van Blerk, ‘n vinger in die pie het. Die res van sy broers is almal suiwer boerbok. Die ander drie staar nou na Bruno om te sien wat sy reaksie gaan wees, maar Bruno kyk net voor hom die bos in en dan stuur hy ook ‘n faks, maar dis ‘n natte. “Ag nee sis man. Dis mos nou Angora style daardie.”

    “BLIKSEMS!” Roep Ma-bok vanuit die kakhuisie se rigting. “Sy klink verlig,” merk Sako op. “Ja,” sê Leupold, “daardie bokbaaivygiesop van haar is soos ‘n video head-cleaner: as hy eers deur is, is alles skoon.” Die Sewe Bliksems kom bykans gelyk by die huis ingestap. Manlicher, Nikko en Stirling het ook nou by die res van die spulletjie aangesluit. “Bliksems,” sê Ma-bok, “Ek is oppad uit. Ek moet gaan vir my jaarlikse KI. Ek sal vir twee dae weg wees. Sit asseblief julle beste pootjie voor en pasop vir vreemdelinge. Ek wil nie terugkom en dan is julle almal bokveld toe nie. Alhoewel, ons sal seker na dese ‘n plan moet maak. Nou-ja, totsiens my lammers.” Sê Ma-bok terwyl sy vir elkeen ‘n lek op die kop gee. Sy maak soos beesmis en val in die pad. Die sewe kyk haar agterna terwyl Manlicher sing: “Daar’s ‘n huppel in haar stap en ‘n juk wat sy wil krap vanaand…”

    Toe Ma-bok om die eerste draai is, begin die partytjie. Bruno smeer Vaseline aan sy krulle en kam dit in alle rigtings. Nikko en Stirling (die tweeling), dra al Ma-bok se potte en panne sitkamer toe om reg te maak vir die kombuis-band. Manlicher, Sako en Leupold tree onderskeidelik as die gehoor en die lead guitarists op en staan al gereed met vars kak om vir Bruno mee te gooi. Elke keer wanneer Ma-bok weggaan vir KI dan speel die Bliksems Idols en hierdie keer is dit Bruno se beurt om te sing. Die bliksems staan gereed, Nikko en Stirling begin die “dromme” slaan en met ‘n moerse kakofonie spring Bruno van buite af deur die sitkamerruit tot in die middel van die sitkamer en hy begin sing: “ Maia hi, maia hoooe, maia ha, maia ha-ha…” Die Vaseline nog dik in sy krulle spring hy rammetjie uitnek van bank na bank en tot op die koffietafeltjie. “Ek wil hier sê jy’s net die een vir my, net die een vir my…” sing hy terwyl hy sy bene so ver uitmekaar rek as wat hy kan, in ‘n staande split posisie. Hy lyk kompleet soos ‘n bokjoller. “Fok!” gil Bruno toe die koffietafeltjie meegee. Manlicher en Leupold sien dit as die gulde geleentheid om vir Bruno met vars kak en snot te bestook. ‘n Drol tref vir Bruno, alias Idol, tussen sy horings en gee ‘n ekstra grease look aan sy krulle. Bruno herkou nie twee keer nie, maar duik op Manlicher en Leupold af. Die drie was net besig om mekaar lekker op te donner, toe daar ‘n klop aan die deur is…

    Die kakofonie word vereers gestaak. Die Bliksems staan nader aan die deur. “Wie is dit?” vra Sako. “Dis ek, Fok, Ma-bok.” Kom ‘n growwe stem van die buitekant. “Maak vir my oop, ek het ver geloop!” “Jy praat kak,” antwoord Striling, “Ons ma het nie so stem wat getuig van hardlywigheid nie, sy’t dan net vanoggend bokbaaivygiesop gedrink.” “Ja, fokkof! Ons is besig met ‘n private party en jy’s nie genooi nie!” skree Manlicher. “Gooi hom Leupold!” skree Bruno en die partytjie gaan voort. Nou is dit Stirling en Nikko wat ‘n duet sing: “ Jaloers bokkie, jaloers bokkie…swaar sal jy kry…” Die twee haak hul horings bymekaar in en spring al in die rondte die sitkamer vol.

    Daar het skaars ‘n halfuur verbygegaan, of daar is weer ‘n klop aan die deur. “Moer, wat wil die ou sening nou weer hê?” vra Manlicher. Die Bliksems vergader weer by die deur. “Wie is dit?” vra hulle in ‘n bokkekoor. “Dis ek, fok, Ma-bok.”antwoord ‘n RSG-radiostem van buite af. “Klink nogals soos Ma-bok na ‘n KI?” “Ja-nee, maar mens kan nie daarop staatmaak nie.” sê Bruno. “Ja-nee, netnou is dit ‘n wolf in bokklere.” antwoord Sako. “Steek jou pote by die kant venster in dat ons kan sien of jy ons ma is!” gil Nikko, die koffietafeltjie se poot nog in sy hand om as mikrofoon te dien. Twee pote verskyn by die venster reg langs die voordeur. “Shit! Skuur jy nooit jou hakke nie?” gil Stirling. “Ja moer,” sê Manlicher, “Dit ruik erger as slapkak wat drie dae in die son gestaan het.” “Jy’s nie ons ma nie so fokkof!!!” “ Jy sal eers ‘n gat deur ‘n klip moet kan pis voordat jy kan inkom!” roep Nikko van agteraf. Sako begin ‘n nuwe ritme op die dromme speel en ander ses bliksems vorm ‘n ry terwyl hulle sing: “Knyp twee balle vas tussen jou bene, met jou hande en jou voete op die stene….solank jy net bokloop!”

    So remoer die Ongelooflike Sewe Bliksems die hele nag deur. Hulle swaai aan die lig in die sitkamer, dans met Ma-bok se klere aan en drink bokdrolbier totdat hulle in die vroeë oggendure een vir een uit pass, terwyl die huis lyk asof ‘n orkaan dit getref het. Die son het al hoog gesit toe lê die sewe nog en ruik hul eie poep. Skielik is daar ‘n geklop aan die deur. Bedwelmd kom Sako orrent. Daar is weer ‘n geklop. “Hey, bokbroers, word wakker, iemand klop aan die deur.” Die res van die sewe word stadigaan wakker. Die geklop hou aan. “Dis dan nog nag man!” sê Manlicher beneuk. Stirling lig Ma-bok se speenbra van Manlicher se oë af op. “O, nou kan ek beter sien!” Die sewe stap een vir een tot by die deur. “Wie is daar?” vra Leopold. “Dis ek, fok, Ma-bok.” Kom ‘n antwoord. “Klink soos sy.” sê Bruno. “Wys ons jou hoewe!” skree Sako. Twee pote verskyn by die venstertjie langs die deur. “Lyk soos hare!” sê Bruno nou benoud, want hy weet nie hoe hy die toestand van die huis aan Ma-bok gaan verduidelik nie. Skielik vlieg die deur oop. Die Bliksems se oë rek groot…

    “HOWZIT JULLE FOKKERS!” in die deur staan ‘n tamaai groot Angorabok. “Wie de fok is jy?” vra Manlicher. “Vra eerder wie is ONS loser: Ons staan bekend as Brutus en die Boggeralls en ons is hier om wraak te neem.” Daar verskyn ‘n stuk of tien ander Angora’s agter die sogenaamde Brutus. “Wel, wel”, sê Sako, “julle gaan boggerall wraak neem in hierdie huis.” “Ja”, sê Bruno, “wraak gaan julle neem.” “Hahahahaha…” lag Stirling uit sy maag, “jy trek seker my horing meneer met die afro…”, maar die volgende oomblik storm die Angora’s die huis in en ‘n geveg breek uit…

    “WAT DE MOER GAAN HIER AAN?” blêr Ma-bok. Haar hele huis is verwoes. “Bliksems, waar is julle?” stadig kom hulle vanuit die kombuis, snyplekke orals op hulle lywe. “My lammers, wat het gebeur? Is julle oraait?” “Hulle het vir Bruno gevat ma!” antwoord Leupold. “Wie?” vra Ma-bok. “’n Klomp Angora’s ma, hulle noem hulself ‘Bruno en die Boggerols’. Ons kon hulle nie keer nie, hulle was te veel vir ons.” Atwoord Nikko. “Gesê hulle kom neem wraak.” Ma-bok sak op ‘n stoel neer, maar die gee in toe sy gaan sit. Manlicher het nog gisteraand op die stoel gedans en so bietjie te hard op dit gespring. “Hy’t altyd gesê hy sal kom wraak neem.” Sê Ma-bok verlee. “Wie is hy ma?” vra die ses bliksempies. “’n Ou lover. Dit was nog die tyd toe ek met Angora’s deurmekaar was. Brutus dink Bruno is sy lam. Brutus was suur omdat ek hom gedrop het nadat hy geweier het om gedip te word. Nou’t hy vir Bruno kom haal.” Leupold kom orent. “Dit sal die dag wees ma, hy’t gedink ons Boerbokke is dom, maar nou is dit ons beurt om wraak te neem.” Die klomp staar na mekaar en hul oë begin blink. Dan skree Leupold: “Een vir almal…” dan die klomp tergelyk: “en almal vir een!”

    “Daar’s ongeveer 15 van hulle.” fluister Sako vanwaar hulle die Angora’s agter ‘n bult lê en beskou. “Dit gee ons so twee per bok.” merk Manlicher op. “En drie vir my!” sê Ma-bok. Stirling en Nikko kyk na mekaar, en hulle kry dieselfde gedagte. Hulle spreek hul gedagtes af met ‘n grynslaggie… vandag dink hulle, gaan die Angora Kapater spyt wees hy’t ooit sy krulle getease.

    Die trop Boggeralls dink nog hulle lê onder die doringboom en droom, toe daar skielik ‘n stofwolk oorgewaai kom. “Wat gaan aan!” skree Brutus, maar dis te laat: ‘n Groot pap nat iets tref hom tussen die oë, en gly stadig af teen sy gesig. Brutus vat daaraan en bring dit na sy neus. “Ruik soos…” “Boerbok!” voltooi Manlicher die sin. Brutus staar na noun a Manlicher en Leopold tussen die stof deur. “JULLE!” bulder Brutus. “Ja ons, kan jy ons dan nie meer onthou nie? Julle is so vinnig weg nou die ander aand, julle het nie eers gebly vir ‘n koppie bokbaaivygiesop nie!” sê Leopold sarkasties. “Val aan!” skree Brutus, maar niks gebeur nie. “Val aan!” skree hy weer, maar dit bly stil. “Wat lyk jy so bang huh?” vra Leopold vermakerig, “hoe lyk dit of jou krulle bewe?” Bruno laat spaander maar Leopold en Manlicher is te vinnig vir hom. Hulle gryp vir Brutus aan sy agterpote. “Nou sal jy ‘n ding sien jou ou drol! Jy wou wraak neem, nou neem die wraak jou!!!”

    Daardie dag ry Ma-bok en die Ongelooflike Sewe Bliksems weg van wat later bekend geword het as die Slag van Bokrivier, elkeen met genoeg bokhaar vir ‘n bokhaarkombers. Brutus en sy trawante het agtergebly, kaal geskeer en vasgebind aan ‘n boom nadat elkeen nog ‘n beker vygiesop ook ingegee is. Ma-bok het nooit geweet dat dit die sewe Bliksems is wat die huis so verniel het nie. Nikko en Stirling het later ‘n band gestig en die land vol getoer. Manlicher en Leopold het bokdrolbier gebottel en verkoop. Winchester en Bruno het besluit om vir Ma-bok op te pas en so nou en dan, as Ma-bok gaan vir ‘n KI, het die Ongelooflike Sewe Bliksems bymekaar gekom om Idols te hou.

  22. Aswoesterkie

    Nie so lank gelede nie, was daar ‘n tienermeisie met die naam Aswoesterkie. Haar naam kom daarvandaan dat sy woes deurmekaar en sommer net plein plat slorig was. Woester verwys natuurlik na haar geboortedorp Wosecter, maar omdat haar ma baie dom was en nie kon spel nie, het dit maar woester gebly.

    Nou, Aswoesterkie het by haar biologiese pa gebly omdat haar ma onstabiel was om na haar te kyk en haar pa ‘n beter inkomste gehad het en so aan. Die hof het toe maar die besluit geneem dat die Pa die kind moet grootmaak en so is dit toe gedoen. Die pa het weer getrou en Aswoesterkie het ‘n nuwe stiefma en 3 afskruwelike stiefsusters gekry. Omdat die pa baie land uit was vir besigheid, het die stiefma maar na Aswoesterkie omgesien, maar omdat die kind so woes deurmekaar was, soos vandag se tieners maar is, het sy altyd ure spandeer om haar kamer op te ruim. Al het die stiefma na ‘n ou feeks geklink, was dit nie maklik om vir Aswoesterkie af te leer om haar kamer op te ruim nie.

    Eendag laat weet die Burgermeester dat Wocester se partytjiekomitee besluit het om ‘n sokkie te hou vir alle tieners, omdat sy seun ‘n date soek na die matriekafskeid. Dit het gegons by die skool oor hierdie sosiale bymekaarkoms.

    Toe die stiefma hoor van hierdie opwindende storie, het sy alklaar die troue van haar dogters beplan. Syt immers geweet dat hulle nie ‘n kans staan teen Aswoesterkie nie, want al is sy so woes deurmekaar, is dit kind tog een van die mooiste meisies in die skool. Syt vinnig aan ‘n plan gedink om Aswoesterkie weg te hou van die sokkie af. Aswoesterkie mag net gaan wanneer haar kamer aan die kant is – syt geweet dat dit haar ten minste ‘n week sal besig hou.

    Die stiefsusters is uit na die mall om vir hulle nuwe outfits by YDE te gaan koop en Aswoesterkie het solank met haar kamer begin, maar omdat sy so woes deurmekaar is, het sy nie betyds klaar gekry nie en die drie is weg sonder haar. Aswoesterkie het gedink dat dit die einde van die wêreld is en het haar kamerdeur toegemoer, haar musiek kliphard gesit sodat haar stiefma mal raak van die gedoef-doef en het op haar bed gelê en in haar dagboek begin skryf.

    Haar beste vriendin, Goodfee, het agtergekom dat sy nie by die sokkie is nie en het haar gaan soek by die huis. Sy klim toe in by Aswoesterkie se kamervenster en sien die arme siel tussen alle gemors lê. Aswoesterkie vertel haar toe die hele storie, maar Goodfee is niks bekommerd. Sy ruk een van haar ma se valium-pille uit, leopard crawl daar na die ou stiefma en gooi dit skelm in haar tee. Dit enigste probleem is dat hulle voor 12 moet terugwees want dan sal die pille uitgewerk wees.

    En daar is hulle twee oppad na die sokkie en was dit nou ‘n lekker tyd. Die Burgermeester se seun en Aswoesterkie het geskoffel soos in die ou dae, maar toe Aswoesterkie sien dis al oor 12 moes sy laat waai. In die haas om by die huis te kom en omdat sy so woes deurmekaar is, verloor sy haar nuwe slip-on skoen. Sy besef daar is nie tyd om dit op te tel nie en dat sy by die huis moet kom.

    Die volgende dag is die hele skool in rep en roer want almal het gehoor van die chick met wie die Burgermeester se seun so lekker geskoffel het. Daar word toe ‘n afkondiging ingesit dat almal in die saal bymekaar moet kom want die storie moet nou opgelos word.

    Alle meisies staan toe in die ry om die slip-on aan te pas, maar niemand was suksesvol nie. Aswoesterkie was laat – omdat sy so woes deurmekaar is- en net toe die Burgermeester se seun wil gaan, daag sy op. Sy pas toe die slip-on aan en dit pas toe. Tot almal se verbasing is die Burgermeester se seun en die ou woes deurmekaar kind toe saam matriekafskeid toe en het weer geskoffel soos in die ou dae!

  23. Parodie van Stommerik en die goue gans
    Stompie en die golden goose

    Stompie is ’n kêrel daar van die Kaapse Vlaktes. Hy is ’n aangename knaap, maar soos hul sal sê – hys nou nie die skerpste potlood in die sakkie nie.
    Stompie se ouers hou daarvan om hul high class te hou. Aangesien Stompie geen bydra lewer tot hierdie high class image nie, is hy maar die ou droë broodjie in die huis. Sy twee ouer broers bestuur ’n kafeetjie, Paradise On Earth. Stompie het nog nooit verstaan hoekom sy broers hierdie naam gekies het nie. Vir hom was dit maar net ’n ou kafee, waar daar vis verkoep word, as dit in voorraad was en sap – daar was altyd ’n juicy.

    Op ’n dag kom daar ’n odd looking mannetjie by die winkel aan. Stompie se broers was besig om voorraad te tel en die winkel was nog nie oep viri publiek nie. Hul het hom een kyk gegee, en hom uitgejaag – as hul ma net nie die book gejudge het by the cover nie. Wat hul nie geweet het nie, is dat hierdie mannetjie dinge laat gebeur – tower dinge. Die volgende dag het die mannetjie teruggekom, maar weereens het die broers om weggejaag. Daardie middag is albei broers deur die taxi, Sweati Lover, omgery.

    Stompie moes nou intree as die nuwe owner van Paradise on Earth aangesien sy broers gehospitaliseer is vir 6 maande. Die eerste oggend, terwyl Stompie voorraad tel, kom die odd looking mannetjie wee da aan. Die outjie was kort, het ’n lang baard gehad, kaalvoet geloep en gedurig ’n pyp geroek. Soos Stompie sal sê – Die man lyk behoeftig. Stompie het hom ingelaat en vir hom die bekende Paradice juice aangebied. Die twee het leke begin gesels alhoewel hul nie ’n woord kon verstaan wat die ander sê nie – hy was seka van overseas. Stompie het vir die needy mannetjie ’n job aangebied en ja, met die gebruik van handsigns het hy dit aanvaar.

    Die volgende dag het die odd mannetjie nie opgedaag vir sy werk nie, maar daar was wel ’n pakkie voor die kafee. Stompie like geskenke, want dit is so skaars soos hoendertande. Hy het dit oepgemaak en binne in was daar ’n ………………..goue tand en ’n briefie. Met hierdie tand in jou mond sal jy ware geluk vind. Vir Stompie was dit die beste geskenk ooit aangesien hy ’n tydjie terug een van sy tanne getrek het, want ’n passion gap wou Stompie hê. Die tand sou perfek in hierdie passion gap pas. Hy hardloop dentist toe en op sy ouers se omkostes word die tand ini gap geplaas.
    Stompie lyk vir homself aantreklik. Selfs die girls kyk na hom met aner oë. Hy was alte dankbaar vir die odd mannetjie se geskenkie. Stompie was famous. Die girls, dominie en koster het Stompie agtervolg, want net ryk mense loop met sulke tande in die bek.

    Vir Stompie was die aandag net te veel. Op ’n dag gaan wandel hy in die Waterfront rond. Daar is mos baie mense van overseas, miskien loop my die odd looking mannetjie raak. En wragies, da sit hy met ’n pyp ini bek. Stompie hardloop hom tegemoet. Die odd looking mannetjie is ook bly om hom te sien. Tot Stompie se verbasing praat die mannetjie vlot Kapie. Hy lig Stompie in dat hy van hierdie taal like en dat hy hul mense like en dat hy nou hier wil kom huis opsit.

    Terwyl hul gesels kom daar ’n pragtige jong dame aan. Sy is blykbaar ook van overseas en vra hul uit oor die Kaap se history. Waar om te begin – apartheid, nuwe Suid-Afrika – Stompie weet nie. Hy gee haar net ’n groot smile en sy like dit. Haar pa het dit nie baie gelike nie, maar sy het. Die odd looking mannetjie het die chemistry tussen die tweetjies opgetel. In ’n formele engelse aksent nooi die mannetjie die pa en die beeldskone dame om vanaand op die boot, The Golden Goose, te kom aansit vir ’n feesmaal. Die jong dame het dadelik ingestem. Die pa was skepties, maar tog nuuskierig om hierdie boot te sien.

    Stompie kon nie glo wat hy hoor nie. “War gan jy ’n boet kry hierdie tyd vani dag,’’ het hy gevra. Die mannetjie het net geantwoord: “Ek ken van, watch my.’’ Met skemer staan die tweetjies steeds op die kaai. Op die horison kom daar die mooiste seiljag aan. Stompie kan sy oë nie glo en daardie boot is die tweede geskenk aan hom van die odd looking towernaartjie.

    Daardie aand is Stompie mooi getooi en geniet hy ’n feesmaal saam met die goue goose van sy drome. Selfs haar pa is beïndruk met Stompie se welvarendheid. Alles te danke aan Stompie se innelike goudheid en die odd looking towernaartjie se vrygewigheid dat hul ’n happy ever after gehad het. Net jammer dat die passion gap nie mee daar was.

    Fluit-Fluit die storie is uit

  24. Sjoe, ek moet net noem dat die parodiee wat ek nou so vinnig deurgelees het ongelooflik goed is. Dit is verskriklik interessant om te sien hoe verskillend, soms ook eenders, mense kan dink en redeneer. Hier is ‘n paar van dieselfde sprokies wat die studente gebruik het, maar interessant genoeg, is nie een van hul parodiee dieselfde nie. Ek verstaan nou mnr. muller dat parodiee aan leerders ook die geleentheid gee om ‘wyd’ te dink, daar is definitief nie ‘n ‘regte antwoord’ vir parodiee nie, leerders kan hulle uitdruk in hul eie styl, taal ensovoorts en dit is iets wat aan die einde geniet kan word.

    Moet se dat ek baie beindruk is met die voltooide parodiee.

  25. Janneman en die kolossale kewergat

    “Ag flippit, wat kan ek nou nog verkeerd doen?!” sug Janneman toe hy op sy bed val. Sy tweede stiefpa het hom vanoggend gestuur om die ou grassnyer te gaan verkoop. Sy ma is wie weet waarheen met die kar en hy twyfel of sy gaan terugkom. Dis nou al twee weke en vandat sy soos ’n maer vark gegil het en by die voordeur uitgestorm het, het hulle nog niks weer van haar gehoor of sien nie.

    “Mal stiefpa…dink hy regtig hy gaan ’n fiets kan koop met die grassnyer se geld?” Shame..hy moet seker op een of ander manier by die werk kom, maar fietse is deesdae duurder as die nuutsste kompers. “Ja wat, my lewe is een reuse gemors.”

    Oppad dorp toe het hy vanoggend toe in ’n Shangoma vasgeloop. Díe was nogal intimiderend met al die bokvelle, verf en leeutande. Oe en nie om van die vreemde reuke te praat nie! “Hel, as die ou toordokter my net ’n kans gegee het…” dink Janneman, “…maar nee, met ’n asgaai in jou sy en die vasberadenheid en geloof van díe toordokter in sy ou wonderkewers kon ek nie juis anders nie…” Hy moes net die grassnyer ruil. Sê nou maar net die kewers kan regtig die lewe beter maak? Nou het sy mal stiefpa die kewers by die venster uitgemoer en hom ’n taai klap gegee.

    Dis sy pa se woorde wat hom nou jaag: “Jy’s nes jou ma, julle De Lange’s het geen rigting nie!” Waarheen is hy nou eintlik oppad en wat wil hy doen. Sy juffrou het ook nie juis gehelp vandag nie, sy het hom na skool voorgekeer en gevra: “Wie is Janneman?” dit pla hom nou regtig al heeldag.“Whatever Trevor, ek wens ek kon vir ewig slaap.” Met hierdie woorde dompel Janneman weg in droomland.

    Die oomblik toe hy sy oë oopmaak weet hy net iets is fout, GROOT fout. Hy vlieg uit die bed uit op en hardloop na buite. “Oh my hat, wat te hel, huh?” Voor hom sien hy ’n reuse gat. Nog nooit in sy ganse aardse bestaan het hy nog ooit so groot gat gesien nie. Die gat is omtrent so groot soos sy oupa Koos se plaasdam langs die boontjieplantasie. “Ongelooflik, ek glo dit nie!”

    Hy moet iemand gaan roep, en Janneman vlieg om met ’n helse spoed, met die gly sy voet op die los grond en hy VAAAAAAAALLLL!!!!

    Stadig pomp die lewe terug in sy are en ’n vreemde prikkelende sensasie oorval sy hele liggaam. Iets kriewel êrens..hy maak sy een oog stadig oop en probeer rondkyk, het hy hom nou verbeel of het hy ’n kewer gesien? Die volgende oomblik bars daar kewers om elke hoek en draai uit en kom op hom afgestorm. Hy kannie beweeg nie en besef dat hy vasgemaak is teen die grond. “Help my, o flip, iemand help my…aah!” dink Janneman.

    Die kewers kom staan oral om hom, bo op hom, langs hom en oral waar hy kyk is dit net kewers en hulle skree: “Wie is jy? Wie is jy? Wie is jy?” “Ek weet nie!!” wil hy vir hulle skree, maar om met kewers te praat, dit boonop binne a kolossale (kewer?)gat klink net mal…HEEL mal. Hulle hou net aan en aan: Wie is jy? Wie is jy?” “Uhm..Janneman?” antwoord hy huiwerig en al drie miljoen, as hulle ooit so min is, skree: “Janneman!, Janneman!, Janneman!”

    “Dis net weird” dink hy en sonder te veel moeite trek hy sy lang lyf los en staan op. Die kewers snak na hul asems en skarrel na veiligheid.Hy kyk rond en sonder om te lank daaroor te dink besef hy dat hy homself in ’n kewerkoningkryk bevind. Hoe bisar is dit? Wie gaan hom nou ooit glo? Almal dink in elkgeval hy is nowhere.

    Die kewers kom stadig nader gekruip, hulle staar hom met bewondering aan. ’n Klein kewertjie vra aan een langs hom: “Sjoe ma, is dit a reus, dink ma hy eet boontjies?”
    “Janneman vir koning! Janneman vir koning!” begin die kewers een-een, en binne sekondes skree die hele kolonie kewers saam. “OK..ek is uit-ge-FREAK!” Janneman skree so hard dat daar skielik doodse stilte heers en in die verte kan hy hom verbeel hy het ’n kar gehoor.

    “Wat wil jy eet Janneman, kan ons vir jou iets bring om te drink?” Hy moet erken na gistraand se taaiklap vir aandete is hy nogal honger en hierdie goggas… verafgod hom? Ten minste hou iemand…of wag, iets van hom? Dis seker nie so sleg nie, maar dis kewers? Dalk kan hy hul koning wees, of baas, dan kan hy hulle beheer en alles kry wat sy hart begeer? Janneman se gedagtes is op hol, hy word teruggeruk werklikheid toe, toe ’n klein ou kewertjie liggies aan sy toon tik: “Koning?” Oraait…dink hy, kom ons gee dit ’n kans. “ ’n Coke sal lekker wees.” Soos een man storm al die kewers op ’n streep weg op soek na Coke.

    In die stilte hoor Janneman ’n fyn stemmetjie: “Janneman, is dit jy? Hier, by die grondmuur..” Janneman volg die stem en loer by ’n sanderige gaatjie in die muur in. Dis Magriet, die buurtannie se dogter, sy is seker die mooisste meisie in sy skool. “Asseblief Janneman, jy moet my hier uit kry, dis asof jy gestuur is, my held!” Hy dink nie sy het al ooit met hom gepraat nie. “Hier is ’n massiewe kewerkoning met die aakligste knypers en groot kake, hy wil my opeet sodra sy kewerknegte my genoeg bederf en vetgevoer het met alles wat my hart begeer!”

    “Oh no!” dink Janneman, dis dan presies wat besig is om met hom te gebeur, hulle moet hier uit.

    Die volgende oomblik bewe die grond en bulder iets of iemand: “kewer lewer koek en tee, waar is Janneman, O wee!

    Janneman sien hy moet hier uit so vinnig as moontlik, hierdie kewerkoning is massief en hy lyk regtig scary, hy belowe vir Magriet dat hy sal terugkom en vat die pad, hy hol so al wat hy kan, met die kewerkoning kort op sy hakke, hy verloor die koning in een van die baie tonnels en hardloop hom vas in ’n hysbak. “Ongelooflik!” Janneman krap rond in sy sakke en gelukkig het hy nog van sy sakgeld oor. Hy gooi die R5 stuk in die slootjie en die hysbak neem hom tot by sy huis.

    “Niemand gaan my ooit glo nie, dis net verkeerd.” Hy wonder wat hy moet doen, dit was nogal lekker om te sien hoe die kewers hom aanbid, hy’t nogal waardig gevoel, maar wat nou van Magriet? Shame…dis cool dat hy met haar gepraat het, wow! Oe- en sy het gesê sy is sy held. Dalk..mmm…net dalk hou sy van hom?! Hy sal moet teruggaan vir haar, sy is dalk die doel van sy lewe, waarvoor hy bestaan.
    Die volgende môre vroeg bekyk hy die gat mooi en besluit dat hy weer met die hysbak sal afgaan en dan so vinnig as moontlik vir Magriet kry en weer dieselfde pad uitgaan.Tot sy verbasing is die hysbak skoonveld en hy het geen ander keuse as om by die gat af te spring nie.

    “Janneman! Janneman, jy’t jou Coke vergeet!” skree die kewers toe hulle hom weer sien, dit krioel van kewers, lyk byna asof hul hasies op hulself getrek het oornag. Hy probeer hulle ignoreer, maar hulle is net oorweldigend en volg hom oral, hy hardloop so vinnig as wat hy kan tot by Magriet agter die grondmuur. “My held, ek het gedog jy kom nooit weer nie, hoe bly is ek om jou te sien!” en sy vat deur die gaatjie aan sy hand. Janneman se hart bokspring , “Ons is vir mekaar bedoel” dink hy. “Pasop!” skree Magriet. Net toe hoor hy die kewerkoning met sy groot knypers: “kewer lewer koek en tee, waar is Janneman, O wee!”

    Hy kruip vinnig agter ’n grondpilaar weg en die kewerkoning skarrel verby hom. Al die kewers buig voor hom neer en hy gee hulle die volgende opdrag: “Kewerknegte, gee vir Magriet tjoklits en tjippies soveel as wat sy kan eet, sy begin nou goed lyk. As Janneman kom, jaag hom totdat hy morsdood neerval, ek is lus vir so ou versnapperinkie.

    “Magriet ek is lief vir jou, ek belowe ek gaan jou kom red!” skree Janneman vanaf die pilaar en hy hol laat hy bars. Miljoene kewers en hul kewerkoning jaag hom. Sy asem jaag in sy keel en sy longe brand soos hy hy hardloop. “Help!” gil hy desperaat en vleg tussen al die pillare en tonnels deur. Is dit nou hoe my lewe gaan eindig? Hier lê Janneman, deel van die kewerkoning se nare plan. Flip, ek sien al my ou sad begrafnis, dis net my ma, as sy dalk sou terugkom, my mal stiefpa, dalk my juffrou en ou Vaatjie van die skaakspan.

    Eweskielik is hy alleen…geen kewer is sig. ’n Hennetjie kom rustig aangeskrop in die grond. “hie-kiep-kiep…peKêK!” “Uhm..mm..hallo hoender, kan jy my dalk help?” vra Janneman effens pateties vir die hen. “Ek moet hier uit…en Magriet..en Coke…en en die kewers…”

    Die hen kyk hom vies aan en met ’n verontwaardige uitdrukking sê sy: “Eerstens, ek is ’n hen en ek lê goue eiers, so hoender nog een keer vir my dan kyk ons wat gebeur. Waarmee soek jy hulp?”

    “Ek moet hier uit, die kewers wil my vang en hulle gaan vir Magriet eet, ek wil ’n graaf of pik kry om haar te red.” Die hen neem hom toe na haar tante volstruis wat hom uit die kolossale kewergat uitvlieg.

    Buite gryp Janneman sy mal stiefpa se graaf, hy hou waaragtig baie van Magriet, want hy duik nes Ryk Neethling, kop eerste, in die gat af. Dis nie baie slim nie…of hoe?

    “Aah, my kop. Waar is ek ? ” Hy het hom heel disnis geval en wie weet vir hoe lank daar gelê. “Janneman, kom hier, wat vat jy so lank, kry my nou net hier uit ek kan nie meer nie en hulle raak al hoe meer en al hoe erger! Jinne, maar jy is stadig!” skree Magriet uit die grondgat.

    Jislaaik, kalmeer vroumens, dink hy, sy is seker net bang, shame. Sy het seker gedink ek het iets oorgekom. “Toemaar Magriet ek is hier, ek gaan jou nou uitgrawe.”

    Janneman begin grawe, hy is nie so handig met die graaf nie, maar na ’n ruk het hy haar uit. Sy omhels hom en vir ’n oomblik dink hy die wêreld kan maar vergaan. Hy weet nou wie hy is en waarom die Shangoma die kewers aan hom wou ruil. Magriet is die meisie van sy drome.

    “Ek is Janneman de Lange, held en boyfriend van Magriet, die mooiste meisie in die skool!” sê hy vir homself in sy gedagtes

    Magriet raak opgewerk en wil net uit die gat klim, die kewers kan ook dalk nou enige oomblik van êrens af opdaag. Janneman is nou regtig deurmekaar, die plek lyk anders as die vorige kere soos die kewers bou en breek, hulle begin aanstap in ’n rigting.

    Magriet gewaar ’n klein kewertjie: “Hardloop julle, die grotes is opad en die koning is vreeslik kwaad, julle moet wegkom!” Hulle begin hardloop, Janneman voor met Magriet aan sy hand net agter hom. Ongelukkig hardloop hul egter in doolhowe in en kom by doodloopstrate uit. Magriet begin kla dat sy moeg is.

    Die mooiste geluide reis vanuit ’n rigting en deur ondersoek in te stel ontdek hulle die mooiste harp. Die harp speel die mooiste musiek en sing ’n liedjie soos ’n storie wat verduidelik hoe om uit die gat uit te kom. Daar is ’n klimtou aan die einde van die volgende tonnel en hulle hardloop soontoe.

    Met Magriet op sy rug begin Janneman teen die grondmuur uitklim. “Eina, ek kry seer” kla Magriet. “Maak gou!” Sjoe as Janneman se ma hom nie so goed groot gemaak het nie, sou hy nou iets leliks vir haar gesê het, want van al die kewerkos is sy wragtag ook nie meer so lig nie.

    Halfpad teen die gat uit, begin sy weer kla en Janneman moet op sy tande byt om stil te bly. Hy is mos lief vir haar, sy ly seker nog aan skok.

    Half dood en sopnat gesweet kom Janneman, met Magriet op sy rug bo die grond aan.

    “Dankie Janneman, jy is ’n goeie ou, sjoe ek het vir Bert so gemis! Ek gaan sommer nou dadelik vir hom kuier. Sien jou by die skool” en dit is die laasste woorde wat hy van haar gehoor het.

    Na al Magriet se geklaery, ondankbaarheid en nou haar houding het hy besef sy is ’n reuse koei. Sy identiteit is in homself en wie hy strewe om te wees. Hy het ook besef dat geld, hoender en musiek mens altyd kan help en die wêreld ’n beter plek maak.

  26. Die Matie
    21 April 2008

    Dwelms eis Rosa de Koning

    – Janelle du Toit, Stellenbosch

    Rosa de Koning, die dogter van Fabel de Koning, vooraanstaande sakeman en entrepreneur, is Saterdagaand oorlede. Die oorsaak blyk ‘n dwelm-oordosis te wees. Me de Koning was ‘n inwoner van Paleisia Dameskoshuis en was in die tweedejaar van haar BEd-studies.

    Hierdie hartseer gebeurtenis is die gevolg van ‘n verweefde verhaal wat begin het tydens die sogenaamde “dooptyd” aan die begin van 2007. Me de Koning het uit ‘n baie beskermde omgewing gekom en die vereistes van die “doop” het sy tol op haar geëis. Volgens Me Phia de Goede, ‘n goeie vriendin van Me de Koning, het Rosa se kamermaat, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie, haar tydens die “dooptyd” van Ecstacy-tablette voorsien. Me de Goede beweer dat Me de Koning nie bewus was dat die “energie-pille” inderwaarheid dwelms was nie. “Ek dink regtig sy [Rosa se kamermaat] was net jaloers op Rosa se besondere skoonheid, verstandelike vernuf en musikale talente,” het Me de Goede bespiegel.

    Rosa de Koning se oorspronklike kennismaking met dwelms is egter nou reeds 15 maande gelede, en haar onwetende gebruik van stimulante het in ‘n volslae verslawing ontaard. ‘n Betraande Mev Diana de Koning het gister tydens ‘n perskonferensie bevestig dat sy en haar man onlangs bewus geword het van hul dogter se dwelm-probleem. Volgens Mev de Koning is daar reeds samesprekinge met die Utopia-rehabilitasiesentrum getref en sou Rosa komende Maandag in hul fasiliteit opgeneem word om haar te beskerm en te rehabiliteer. “Dit is egter nou te laat, vir ewig te laat,” het Mev de Koning gesnik. “Ons sal Rosa altyd as onse Rosie, ons pragtige onskuldige prinsessie onthou,” het ‘n dapper Mnr de Koning deur die trane verklaar.

    Volgens ooggetuies het Me de Koning Saterdagaand in bekende kuierplek op die dorp saam met ‘n meisie wat die beskrywing van haar eertydse kamermaat pas, gekuier. Die eienaar van die kuierplek, wat graag anoniem wil bly, het bevestig dat hy hulle daar gesien het. Verder het hy bekendgemaak dat daar ‘n jong man was wat deur die sekuriteitswag verwyder moes word omdat hy vir Rosa en die dame by haar, lastig geval het. Na bewering het Rosa die kuierplek om ongeveer 23:15 alleen verlaat.

    Die Saterdagoggend om 00:55, presies 100 minute nadat sy die kuierplek verlaat het, is Me de Koning se lyk in ‘n stegie oorgroei deur doringbosse, gevind. Daar het ‘n verskeidenheid spuitnaalde op die toneel gelê, waarvan een nog in haar arm gesteek was. ‘n Jong man, wat besig was om Me de Koning se lyk onsedelik aan te rand, is ook op die toneel betrap. Hierdie man, Arno Prins, is later deur die eienaar van die kuierplek geïdentifiseer as die man wat vroeër deur die sekuriteitswag van die perseel verwyder is. Mnr. Prins staan nou tereg op aanklagte van nekrofilie.

    Daar sal Vrydag, 25 April, om 15:00 ‘n roudiens vir Me de Koning in die Kruiskerk te Stellenbosch gehou word. Die ter aarde bestelling is gesluit vir die publiek. Die Matie wens almal wat Me de Koning geken het sterkte toe en wil veral innige simpatie teenoor Mnr en Mev de Koning uitspreek.

  27. Jammer vir die siniese perspektief, was net nie lus vir soetsappige krulletjies en draaitjies nie.

    Ek het maar die donker-parodie opsie gekies

  28. Gouelokkies en die drie bure

    Dis ‘n warm middag in Desember en Gouelokkies sit en vee die sweet druppels van haar voorkop af. “Dan is my kamer nog verdomp die warmste ook”, dink sy by haarself. “En as dit nie vir hierdie verdomde kamer in die solder was nie, was ek dalk nie so nuuskierig en nou in die moeilikheid nie!”

    Gouelokkies, dogter van bekende skrywer Franco Frances, het saam met haar pa en ma vir die Desember vakansie gevlug uit die woeligheid van die stad na hul rustige kleinhoewe buite Plettenbergbaai in die Tsitstikamma woud. Dit is hier waar ‘n mens volgens haar pa, rus vir die siel kry en inspirasie vir die pen!

    Die Frances gesin deel die kleinhoewe met twee ander gesinne. Die Prinsloos van Uniondale wat maar selde oor Desembers by hulle naweek-huisie uitkom en dan die nuwe gesin van Johannesburg wat die Meyers se huis gekoop het.

    Gouelokkies was baie opgewonde oor die nuwe bure en sy was al te bly dat daar nog mense, binne ‘n radius van 10km, die vakansie saam met hulle sou deurbring. Hierdie blydskap was egter net tydelik van aard. Volgens haar ouers was die Von Strauss familie onlangs getref deur ‘n traumatiese gewapende roof insident en blykbaar skaars ‘n week later was een van hulle kinders “gehijack” oppad werk toe. Volgens haar pa is dit beter om vir hulle ruimte en vryheid te bied en nie onnodig te steur nie!

    Alhoewel Gouelokkies indirek deur haar pa verbied was om kennis te maak met haar nuwe bure, het die nuuskierigheid haar steeds oorval en wou sy bitter graag menigte kere gaan klop het aan hulle deur en haarself voorstel. Sy kon vanuit haar kamervenster taamlik goed die gebeure by die Von Strauss familie dophou. Hulle huis het die interessantste outentieke meubels en die mooiste skilderye en sy kon nie help om te wonder watter tipe mense die Von Strauss familie is nie. Sy het gewonder waar kom die hangmat op die stoep vandaan en of Mev. Von Strauss dalk ‘n skildenaar van beroep is.

    Die bure het die vryheid van die woud optimaal benut (meer as haar ouers wat heeldag en –nag met hul neuse in boeke sit!) en omtrent meeste dae, dou voor dag hulle huisie verlaat met rugsakke op die rug en stewige stap stewels aan die voete. Gouelokkies kon nie help om te wonder op watter avontuur hulle gaan nie en watter deel van die bos hulle gaan verken nie.

    Een oggend toe die Von Strauss familie weer hulle huisie verlaat op een of ander ekspidisie, oorval die nuuskierigheid haar en besluit Gouelokkies om bietjie nader te gaan ondersoek instel en te kyk hoe hulle huisie lyk. Dit was nie haar aanvanklike bedoeling om die Von Strausse se huis binne te tree nie, maar toe sy uit die goedheid van haar hart die skuifdeur vir hulle kat oopgetrek het om buite toe te gaan, toe kon sy nie anders as om vinnig in te loer om te kyk hoe die huisie aan die binnekant lyk nie.

    Die plekkie was werklik ougat verby! Gouelokkies kon nie glo die hoeveelheid moeite wat in die dekor ingegaan het nie en sy was verstom deur al die interessante meubels wat orals ‘n plekkie gehad het om te staan. In die een hoek van die sitkamer het een van daardie outydse stoele met die piepiepot aan die onderkant gestaan. Uit nuuskierigheid besluit sy om die stoel se plankie op te lig in met die, toe hak die porselein pot uit en val in skerwe op die grond. Gouelokkies het so groot geskrik dat sy in die proses amper die tafel agter haar met al die Delft borde omgestamp het.

    Sy het vinnig al die stukkies porselein opgetel en ‘n drom in die kombuis gaan soek om dit weg te gooi. Die kombuis was pragtig en prakties. Net wat ‘n mens nodig het. Die reuk van varsgebakte brood en ingelegde konfyt het in die lug gehang en was genoeg om enige mens honger te laat voel het. In die middel van die tafel het ‘n bord met toebroodjies gestaan en ‘n houer met sap. Die versoeking was te groot en Gouelokkies het ‘n happie van die brood gevat. Dit was so lekker dat sy omtrent die helfte daarvan opgeëet het. Na dit het haar keel effens droog gevoel en het sy ‘n slukkie van die sap geneem. Dit was vars uitgedrukte lemoensap en voor sy haar kon kry het sy ‘n hele glas opgedrink.

    Sy het nog gestaan en by die venster van die kombuis uitgekyk toe spring die kat eweskielik op die kombuis tafel. Sy het haar boeglam geskrik. Dit was met die groot skrik dat sy besef het dat sy eerder na haar eie huis moet gaan.

    Gouelokkies het vir ‘n oomblik egter vergeet dat sy geen deure oopgelos het vir die kat om in te kom nie en toe sy by die kombuis deur uitstap toe loop sy kop eerste in Mnr. Von Strauss vas. Dit was moeilik om te bepaal wie die grootste tussen die twee geskrik het en albei moes koes vir mekaar se instinktiewe verdedigingsmeganismes. Hulle het so groot geraas gemaak dat die hele Von Strauss – en Frances-gesin binne sekondes almal in die sitkamer gestaan het.

    Gouelokkies was bloedrooi van skaamte. Nie net het sy die Von Strausse se eiendom oortree nie, maar sy het ook die helfte van hulle padkos opgeëet! Sy het so sleg gevoel dat haar enigste reaksie was om vinnig jammer te sê en na haar huis te hardloop.

    Nadat Gouelokkies se ouers streng met haar gepraat het oor die oggend se gebeure het hulle vir haar as straf na haar kamer gestuur en gesê sy moet ‘n brief aan die Von Strausse gaan skryf om jammer te sê oor haar optrede en sy mag nie uit haar kamer kom voordat sy nie deeglik nagedink het oor haar impulsiewe aksies nie.

    “Was dit nou regtig so erg gewees?”, dink sy by haarself terwyl sy by haar venster uitloer en ‘n glimlag op haar gesig kry toe sy ‘n terugflits kry van Mnr. Von Strauss se gesig en gegil toe hulle in mekaar vasloop. “Ja okei, dit is seker bietjie verkeerd om in mense se huis rond te dwaal…veral as hulle nog aan na-skok ly van ‘n vorige aanval!”

    “En met ouers soos myne is lê die antwoord in woorde, so here goes!”

    Beste Mnr. Von Strauss en gesin…

  29. Parodie: Aspoestertjie

    Eendag lank…lank gelede, net na die 2010 wêreldbeker, was daar ’n PRAGTIGE meisie met die naam, Oprah.
    Sy het bankrot gespeel en al haar biljoene verloor…sy moes dus by haar nare stiefma en twee nare stiefsusters gaan woon.
    Die aaklige stiefma het haar al die huiswerk laat doen (dit was terrible vir haar naels).
    Eendag het sy op die internet gesien dat Donald Trump ’n bal gaan hou om ’n hubare vrou te soek.
    Sy wou so graag gaan om van haar aaklige familie ontslae te raak, maar die stiefma en stiefsusters het reeds van die bal te hore gekom en het planne beraam om Oprah daar weg te hou.
    Die stiefma het haar so baie werk gegee om te doen dat dit onmoontlik was vir haar om die bal by te woon.
    Oprah se goeiefee, Gail, het egter daar opgedaag en haar in trane gevind. Sy het haar oorreed om tog die bal by te woon.
    Sy het Oprah se verflenterde klere in ’n PRAGTIGE Gucci rok verander en ’n paar bypassende Gucci skoene…Oprah het verruklik gelyk…(dit het gelyk asof sy by die Oscars tuishoort!!).
    Gail het ’n pampoen in ’n wit limo verander (weet nie waar sy haar towerkragte kry nie) en 2 muise in twee Chaffeurs.
    Oprah het by die bal opgedaag en Donald Trump se voete onder hom uitgeslaan..hy het die hele aand met haar gedans.
    Net voordat hy die groot vraag wou vra het Oprah begin twyfel…wou sy rêrig Donald Trump se vrou wees?
    Sy het besluit om sy aanbod van die hand te wys en eerder weer met ’n ‘talkshow’ te begin.

    Dit was baie suksesvol en sy het weer sakke vol geld gemaak.
    Sy en haar honde het verewig gelukkig saamgewoon en sy kon vir die res van haar lewe in weelde leef!!

  30. Jan en die goue stortkop

    Dis ‘n koue nat winteroggend en Jan het sopas onder verlede week se koerant uitgekruip. Vanoggend is daar egter net ‘n enemmelbeker met kookwater in plaas van Kloofkoffie vir ontbyt. Daar is nie eers meer ‘n droë bruinbroodkorsie in die broodblik oor nie en Jan is genope om met ‘n leë magie die lang pad skool toe aan te durf.

    Hy’s skaars die deur uit of sy ma skreeu: “Jan Donderdag van Gorrelberg van Staden!” Jan besef dadelik dat daar moeilikheid is. Al wanneer hy op sy volle doopname genoem word, is as daar probleme is. Hy verpes die name, maar sy vader, ‘n klein skraal mannetjie, Bart Kasper de Kompaan, het hom eendag in ‘n vlei verplig gevoel om sy enigste seun na sy vader te vernoem terwyl hy sy klein koffiekannetjie vermakerig geloop en swaai het.

    Sy vader is reeds ‘n paar jaar gelede oorlede nadat hy platgetrap is by ‘n sokkerstadium se ingang in Oos-Londen. Na dese moes Jan en sy ma, met haar karige kinder-pay, die seeppot aan die kook hou. Jan se ma het egter die maand al haar geld by die sjebeen uitgedrink en daar is nog 3 weke oor van die maand. Al hul meubels is alreeds by die tweedehandse winkel in Hoopstraat verkwansel en al wat hul nou oor het is ‘n brandsiekhond. Jan se ma het ook alreeds ‘n jaar gelede haar lewer op die swartmark verkoop. Hiervoor het hulle ‘n klomp geld gekry en na wat verneem word het Dr. Manto Tshabalala-Msimang die lewer gekry. ‘n Paar weke later is daar ook ‘n bakkievrag beet, knoffel, aspersies, 8 boerpampoene en 7 sakke groenbone voor hul huis afgelaai. Die geld het egter ook net so lank gehou en hulle het gister die laasste bietjie boontjiesop geëet.

    “Jan,” sê sy ma, “ek wil hê jy moet daai stinkhond van jou op die taxi rank gaan verkoop.” “Maar Ma…”, “Ek wil niks verder hoor nie,” val sy hom in die rede. “Vat daai nikswerd brak en kyk of jy genoeg vir hom kan kry vir ‘n paar blikkies baked beans, polony en ‘n pakkie cigarettes.”

    Sonder om verder tee te praat, is Jan en Boesman, die brak, daar weg. Jan, wat effe lam in die broek voel, besluit om ‘n kortpad te vat en toe hul verby ‘n stegie loop, keer ‘n man met donkerbrille, ‘n help-my-sterk-lyk-hempie met ‘n blaar op en ‘n keps wat skeef op sy kop sit, hom voor.
    “Haai haai
    Hoe lyk djy dan soe kwaai
    Ko vat ‘n trekkie van my papegaaislaai
    Net ‘n proeseltjie and you’re problems will fly to the sky!”

    Jan, heel onkant betrap, betrag die zol in die man se hand met verlangende oë. Hoe aanloklik klink die man se woorde skielik. “Wat bedoel jy met my problems will fly to the sky?” vra Jan. “Nai my broe, vat net ‘n trekkie and all your troubles will disappear. No more worries! Jan is nou heel in sy skik met die smeulende affêre tussen die man se vingers en sonder om twee keer te dink, vat hy ‘n behaaglike teug aan die daggazol. Aanvanklik voel hy niks gebeur nie en is op die punt om die man na sy peetjie te stuur, maar die volgende oomblik oorval ‘n saligheid hom wat hy laas ervaar het toe hy oor die paraffienblik aan die slaap geraak het.

    “Hoe lykit my broe,
    noulat djy het kla gaproe
    koop die sakkie towerpitte by my oer!”

    Jan het nou ‘n hartsbegeerte om so ‘n sakkie te besit, maar hy het geen geld om die daggapitte te koop nie.
    “Ai, ja jai ja jai! Ek is brandhand,
    het nie eens ‘n halwe rand,
    ek slaap onder ‘n koerant
    en het ‘n chip in my tand.
    Waar dink jy moet ek geld kry vir die towerpitte?”

    “Ek sien jy’t darem nog ‘n halfdooie brak wat hier eenkant uitgepass lê!
    Ek salit nogals smaak om ‘n hondjie te hê.” Sê die man verleidelik aan Jan.

    “Boesman vir die towerpitte? No problemo maestro! Vat die ding, ek’s al so moeg vir die stink ding!” sê Jan opgewonde. En daar ruil Jan sy enigste hond vir ‘n paar daggapitte. “Dit was nou ‘n hengse bargain,” dink Jan terwyl hy terug slinger huistoe en meermale oor ‘n struik, klip of Shoprite plastieksak struikel.

    By die huis gekom, soek sy ma dadelik haar pakkie sigarette, maar toe sy hoor wat Jan aangevang het, gee sy hom ‘n taai klap met ‘n non-stick pan wat sy die oggend by die Pick n Pay geshoplift het. Met die oorveeg het Jan se ma die daggapitte die hele wêreld vol laat spat. Jan se ore suis nou net nog meer en hy is nog meer tevrede as voorheen. Daarna is Jan se ma daar weg met woorde wat nie durf herhaal word nie en Jan pass sommer net daar in die voor jaart uit.

    Toe hy die volgende dag teen 11:55 wakker skrik, staan die hele jaart vol daggaplante, met een reuse plant net kort voor die doringdraad wat al reeds 3 jaar plat lê. Jan, wat ‘n meneer van ‘n kopseer het, slinger slinger na die reuse plant toe. “Wat op deeske aarde het ek gerook dat ek nou sulke monsteragtige plante sien? Dis Tamatiestraat die, nie Little shop of horrors nie!” dink Jan, skoon nugter geskrik, bang dat die plant hom dalk mag opvreet.

    Om te kalmeer, rol hy eers vir hom ‘n zol van een van die daggaplantjies. Toe hy weer rustig gerook is, begin hy nuuskierig raak oor die reuse daggaplant en wonder wat aan die bo punt van die plant kan wees. Net daar besluit hy om teen die plant op te klim. Dit is immers ‘n lekker dag vir boomklim.

    Jan begin haastig teen die plant uitklouter en hy’s skaars ‘n ent weg of ‘n medisynekoffertjie tref hom vol teen die mond. Hy steier effe terug, maar gelukkig haak sy voet aan ‘n blaar en hy trek homself weer regop. Toe hy opkyk, kom mev. Nozizwe Madlala-Routledge aktief teen die rank afgewip. Jan wil nog haar tassie vir haar teruggee, maar ewe skielik is sy net skoonveld. “Seker oppad Amerika toe”, dink Jan. Hy sit toe maar die tas op sy rug en is skaars ‘n tree verder of ‘n toga val oor sy oë en skielik is dit nag vir Jan. Verskrik dink hy vir ‘n oomblik dat hy met blindheid gestraf word vir sy wandade totdat Advokaat Vusi Pikoli sy toga by hom vat en dikbek verder afklim teen die rank.

    “Waarheen is almal oppad?” dink Jan ingedagte, toe nog ‘n dame met 9 glase en 12 bottels mineraalwater teen die plant afhardloop. Jan is nou al baie dors en kyk met leepoë na die water. “Kan ek asb ‘n slukkie water by u kry liewe dame?” vra Jan in sy mooiste stemmetjie. “Dè!”skreeu die dame en druk ‘n bottel in Jan se hand. “Jammer ek kan nie staan en chit chat nie. Die presidensie soek my vir gesteelde goedere en ek moet wegkom voor hul my vind.” En met die woorde is sy daar weg.

    Jan vat sommer ‘n groot sluk uit die bottel. “Ugh!Wat de duiwel is in die water?” wonder Jan terwyl hy die vloeistof uitspoeg. “Hier’s beslis iets sterkers in die bottel”, dink Jan terwyl hy die bottel ondersoekend aankyk en daar gewaar hy ‘n naamplakker met ‘n ene Dr. Manto, se naam op.

    Net toe hy gedink het die vyfuur verkeer is seker nou verby, val ‘n pyp in sy mond en met ‘n vreesaanjaende spoed kom ‘n man in ‘n pak met die netjieste bokbaardjie wat Jan nog gesien het, van bo af op hom afgepeil. Die man moes hom te pletter geval het op die grond, maar tog het die val so diplomaties met ‘n doodse stilte gepaardgegaan.

    Toe die man eers verby is, kom daar mense in hul hordes teen die rank afgewip, -hop, -val en -hardloop. Almal met hul blink karre, pakke, en ‘n klomp LP-naamkaartjies waai die wêreld vol, maar alles gebeur so vinnig dat Jan dink hy hallusineer seker.

    Uiteindelik lyk dit asof ‘n deur insig is. Hier aangekom het hy al sy maniere vergeet en val sommer met die deur in die huis sonder om te klop. ‘n Regter genaamd Nicholson en Steve Hofmeyr sit om ‘n vuurtjie en drink bier terwyl hul ‘n vleisie braai. Eenkant in die hoek lê ‘n astrante baba, Julius Malema, met sy geweer in die een hand en ‘n handgranaat in die ander en speel. In die agtergrond hoor Jan ‘n man in die stort sing. In plaas van Agter elke man, sing die pampoen iets van ‘n masjiengeweer. Kort daarna kom die reuse Zoeloeman uitgeslinger by die badkamer met ‘n ronde goue metaal instrument in sy hande. Jan is dadelik gefassineer met die blink affêre is, maar kan nie agterkom nie wat dit is nie.

    Ekskuus tog meneer, maar wat is die instrument in u hande?” vra Jan aan die Zoeloeman. “Eh, Eh, dit is ‘n instrument wat die AIDS cure.” Sê die man in gebroke Afrikaans. “AIDS genees, wow, weet meneer dat die mense aan die wortelkant van die plant hulle dood soek na die instrument. Wat noem mens dit”, vra Jan, nou skielik vol belangstelling.
    “Die deng word geroep: die stortkop!” Sê die Zoeloe triomfantelik!

    En net daar gryp Jan die stortkop uit die man se hande, gooi dit in die medisynekoffertjie en in ‘n japtrap is hy af teen die rank. “Ek het dit! Ek het die cure vir AIDS!” skreeu Jan die hele pad af teen die plant.

    Terug op vaste grond het Jan die instrument op ‘n nasionale VIGS konferensie voorgelê en sy geneesmiddel is aanvaar bo Dr. Manto Tshabalala-Msimang se knoffelplan. Hiervoor het Jan miljoene rande ontvang van ‘n anonieme buitelandse organisasie en hy is aangestel as adjunkminister van gesondheid onder die nuwe minister, Barbara Hogan.

  31. Rooikoppie

    Al die mense trek stad toe, omdat dit net soveel makliker geword het om geld in die stad te verdien. Rooikoppie se ouers is ook van die mense wat stad toe getrek het om ‘n beter lewe te probeer maak. Rooikoppie word dus heeltemal in die stad groot. Sy gaan skool by ‘n baie goeie skool in die stad en sy het baie vriende. Dit is egter nou die in-ding om jou hare swart te kleur en baie grimering wat jou oë swart maak te dra. Rooikoppie se ma is hoogs ontsteld hieroor. Sy kan nie verstaan dat enige iemand wat sulke pragtige rooi hare het soos Rooikoppie dit sal wil kleur nie. Dit is egter nou die mode en Rooikoppie kleur haar hare vir die Desember vakansie teen haar ma se wil.

    Haar ma is baie teleurgesteld in Rooikoppie. Om alles te kroon word Rooikoppie se Ouma verskriklik siek. Rooikoppie se ma werk elke dag op kantoor en sy kan nie nou verlof neem om na Rooikoppie se Ouma te gaan omsien nie. Al uitweg is dat Rooikoppie moet gaan om haar Ouma op te pas. Rooikoppie is hewig gekant teen die feit dat sy haar vakansie by haar Ouma op die plaas moet gaan spandeer, maar dit is haar straf omdat sy haar hare gekleur het.

    So gebeur dit dan dat Rooikoppie geklee in haar swart leerbroek, met haar swart toerygstewels en haar swart toppie wat haar maag laat uitsteek op die bus klim. Haar swart hare en swart ingekleurde oë rond die prentjie af om ‘n groot swart geheel te vorm. Die bus vertrek en Rooikoppie se lip hang swaar vir hierdie vakansie op die plaas in De Aar. Min wetende wat nóg kom.

    Die pad is lank en eentonig. Hoe verder hulle ry hoe minder gebeur daar langs die pad. Die bus stop op Touwsrivier en Laingsburg. Verder ry die bus net teen een spoed voort op hierdie lang en eentonige pad. Die lug in die bus raak al hoe warmer en gou-gou begin Rooikoppie om te sweet. Die leerbroek met die toerygstewels werk nie heeltemal so goed op ‘n warm dag nie. Die swart ingekleurde oë maak swart trane oor haar wange soos sy sweet en die druppels uit haar oë vee.

    Dit is ‘n droewige prentjie wat homself op De Aar afspeel. Daar is omtrent geen mens in sig nie. Dit is net ‘n verdwaalde hoender wat homself besig hou om te soek na ‘n verlore mieliepit in die droë sand. Die klein mensie met ‘n helder geel geblomde rok wat in die middel van die straat staan ,staan regop in die middagson. Dit lyk nie of daar ‘n haar uit haar plek is nie. Sy is ook die enigste helder kleurige ding wat die oog kan sien en dit maak amper jou oë seer. ‘n Mens kan amper nie glo dat daar ‘n tyding van hierdie vroutjie gekom het dat sy op sterwe lê nie. Hier staan sy dan regop en gereed om die wêreld aan te vat.

    Die prentjie van die ander kant lyk net so triestig. Hier klim ‘n jong dametjie af (baie aanvallig toe sy laas keer hier was) in ‘n swart leerbroek, met swart toerygstewels en’n swart toppie wat veels te kort is. Dan lê daar boonop nog traanspore oor die arme kind se gesig. Nee, Heigentjie Hert!, dit lyk omtrent soos ‘n opgewarmde begrafnisganger wat hier voor haar staan. Hieraan sal iets moet gedoen word. Herklaas sal mos nie twee keer na so ‘n kind kyk nie. En ‘n Boer soek ‘n vrou het juis begin en hy kan nie nou na ander meisietjies begin kyk nie. Ouma sal vinnig moet speel as sy haar kaarte reg wil kry. Herklaas moet van Rooikoppie begin hou, sodat Ouma Herklaas se erfgrond ook kan gebruik om beet te saai vir die voorkoming van VIGS.

    Die pad na die plaas word in doodse stilte afgelê. Ouma wil vir Rooikoppie net saam met die wasgoed in die wasbalie druk en Rooikoppie is vies omdat Ouma dan niks makeer nie en nou sit sy op De Aar tot na Kersfees. Hier is nie eers selfoon ontvangs nie. Hoe gaan sy dit oorleef. Sy gaan nou ook nog uitmis op al haar vriendinne se lang kuiertjies in die winkels, die films wat hulle gaan kyk en daar is juis nou so ‘n mooi film oor Johnny Depp wat speel.

    Net die volgende dag bel Ouma vir Herklaas om te kom kuier, want sy het dan nou so ‘n lekker melktert gebak en sy weet tog hoe lief hy vir melktert is. Dit is nie te lank nie of Herklaas stop by die agterdeur in sy pa splinter nuwe wit Toyota bakkie. Herklaas draf die trappe, of draf is eintlik ‘n relatiewe begrip, want sy liggaam laat meer ‘n vinnige voetval toe. Herklaas is ‘n bietjie ouer as Rooikoppie, maar hy leef asof hy uit ‘n vorige lewe kom. Sy kleredrag getuig van ‘n lewe uit ‘n vorige era. Hy het vandag, soos altyd, sy gebruiklike kruisbande aan met die das wat hy aansit as hy opdaag vir kuiertjies. Niemand weet of die kruisbande wel daar is vir ondersteuning van die maag en of dit werklik die broek op sy plek hou nie.

    Die ontmoeting tussen Herklaas en Rooikoppie verloop seepglad. Rooikoppie is nêrens te sien nie. Herklaas kuier toe maar by Ouma en eet die hele melktert alleen op. Ouma kry vir Rooikoppie waar sy kliphard op haar MP3 speler musiek luister in die kamer. So ongeskik het Ouma lanklaas iemand gesien. Net daar besluit Ouma dat Rooikoppie ‘n bietjie gaan moet help in die huis en nie net so kan rondsit nie. Rooikoppie word nou vriendelik in die kombuis touwys gemaak. Sy word geleer hoe om hoenderpastei te maak. Eintlik nie net hoe om hoenderpastei te maak nie, maar om die hele proses deur te gaan. Van die hoender vang tot waar die hoender se vere gepluk word en in die pot gegooi word. Rooikoppie leer ook elke dag tweede dag hoe om melktert te bak totdat sy dit perfek kan bak. Hierdie uithelpery van Rooikoppie in die kombuis gaan met baie trane gepaard. Haar swart klere bly en daarby raak haar gemoed elke dag meer swart.

    Ouma besef eendag dat Rooikoppie werklik ‘n wenner van ‘n melktert gebak het en sy weet net dat Herklaas vir hierdie melktert gaan val. Sy nooi toe ook onmiddellik vir Herklaas oor en dis nie lank nie of Herklaas is op die plaas. Uitgevat in sy kruisbande en das. Net soos die vorige keer. Al verskil is die keer dat hy nie sy oë van Rooikoppie kan hou nie. Toe hy nog hoor dat Rooikoppie die melktert gebak het kan ‘n mens met Herklaas toor. Herklaas is verlief. Rooikoppie besef dat Herklaas verlief is en sy besef ook dat sy dit tot haar eie voordeel kan gebruik. Herklaas het ‘n bakkie…

    Die dae stap aan en Herklaas ry ‘n pad uit na Rooikoppie. Elke dag vertel hy vir haar hoe mooi sy is en sy vertel net vir hom hoe lekker dit in die stad is. Rooikoppie kom egter agter dat Ouma, Herklaas se grond wil hê. Sy hou dit soos ‘n kosbare juweel net vir haarself om te gebruik op die regte tyd.

    Op ‘n dag toe Ouma weer vir Rooikoppie gebruik om te help in die kombuis besluit Rooikoppie tot hier toe en nie verder nie. Sy bel vir Herklaas en sê hy moet vinnig na haar toe kom. Herklaas is in ‘n rekordtyd by die plaas waar Rooikoppie vir hom vertel van Ouma se plan met sy grond en hoe moeg Rooikoppie is vir al die werk wat sy vir Ouma moet doen. Herklaas raak baie kwaad vir Ouma, want sy grond is al wat hy het.

    Toe Rooikoppie vir hom vra om haar asseblief stad toe te neem en weg van Ouma af sê Herklaas onmiddellik ja. So neem Herklaas toe vir Rooikoppie terug huis toe. By die huis aangekom verneem Rooikoppie dat dit eintlik haar Ouma op Kenhardt was wat siek geword het en dat sy op die verkeerde bus geklim het.

  32. Die gekleurde eendjie

    Een dag, nie so lank gelede nie (eintlik was dit aan die begin van 2008), was daar ’n mamma-eendjie wat gatvol was vir sit op haar eiers. Toe hulle uiteindelik begin uitbroei, kon sy net nie meer nie. Maar een bliksempie wou net nie kraak nie.

    Mamma-eendjie sit maar toe nog, maar kla aanhoudend. Die buur-eend het begin kwaad raak vir die dag-in en dag-uit se ge’moan’ery. Sy het selfs die polisie gebel om te kla oor rusverstersteuring.

    Toe die dop uiteindelik kraak, was mamma-eend so ekstaties dat sy nie eers die geboorte van haar laatgeborene kon waarneem nie, aangesien sy flougeval het met die eerste geluid. Toe sy weer bykom, is al haar babatjies weg, behalwe een. Sy dog toe eers dis ’n verdwaalde hondjie of een-of-ander gruwelike dier, want hy was dan net te lelik – en bruin, val alle kleure! Maar toe die bliksempie sy eerste woorde uiter, besef mamma dat haar vrees ’n realiteit is: dis háár eendjie.

    Gatiep is elke dag deur sy boeties en sussies gespot. Dit het later so erg geword, dat hy nie meer kans gesien het vir hulle nie. Hy besluit toe eers om emo te word. Toe hierdie nuwe lewensfilosofie ook nie aanklank vind by sy familie nie, het hy maar weer teruggekeer na die ou, lelike Gatiep. Stil-stil het hy geworstel met sy depressie, terwyl niemand eers bewus was daarvan nie. As sy mamma dalk net daarvan geweet het, kon sy dalk vir hom medikasie of sielkundige hulp kry, maar sy het nie eers genoeg belangestel in hom dat sy ooit met hom gepraat het nie! Dis reg, arme ou Gatiep se eie ma het hom verwerp.

    Toe hy in sy tienerjare besluit genoeg is genoeg en skool verlaat, het hy dadelik sy goedjies opgepak (nie eers vir iemand totsiens gesê nie – nie dat hulle agtergekom het hy’s weg nie) en vir hom ’n CV opgestel. Stadswaards, besluit hy – hopelik sou iemand hom daar aanvaar.

    Gatiep het glad nie verwag wat volgende met hom gebeur het nie. Met sy eerste tree in die stad, het hy welkom gevoel. ‘Never mind’ die slaapplek, hy’s direk ‘recruitment agency’ toe.

    As gevolg van die land se geskiedenis van Apartheid, het die nuwe regering besluit om ’n stelsel van CEE in te rig (volgens die ‘recruitment agency’ sou dit net tot hierdie bruin-kleurige eendjie se voordeel wees). Gatiep het nie ’n idee gehad wat aangaan nie, seker omdat sy familie nooit juis oor politiek gepraat het nie.

    Dit was nie eers ’n halfuur se wag nie, toe kry hy ’n sms – hy’t werk gekry by ABSA. Al was dit ’n taamlike lae pos, was dit beter as niks, aangesien hy glad nie werkservaring gehad het nie. Hy het wel baie goed geweet hoe om konflik te hanteer.

    Na twee maande van glad nie na sy familie terugverlang nie en ure se harde werk (hy’t selfs by ABSA geslaap), is hy ingeroep na die CEO, Mnr. Ibrahim Mohammed, se kantoor. Mnr. Mohammed het hier aan Gatiep verduidelik dat hy nie meer langer as die CEO gaan optree nie, en graag sal wil hê dat Gatiep, wat mos so pligsgetrou is, die werk moet oorneem. Gatiep het nie eers twee keer daaroor gedink nie, en tjoef-tjaf is hy die CEO van ABSA.

    Na twee jaar op die job, stap hy eendag verby die shelter oppad na die parkeergarage waar sy Porche geparkeer is. Hy moes ’n ‘double take’ doen om seker te maak hy sien reg: sy mamma en al sy boeties en sussies het buite die shelter in die ry gestaan vir ’n koppie sop en broodjie. Hy, met sy Aramani-pak, stap toe eers verby, met sy kop onder sy vlerk ingesteek. ’n Paar meter verder stop hy en besluit toe om om te draai. Hy stap terug: doelgerig en kop omhoog. “Hallo moeder!” sê hy met ’n baasspelerige toon in sy stem.

    Sy mamma kon dit nie glo nie – sy het hom eers nie herken nie. Hy het nie regtig geweet wat anders om te sê nie, maar hy het nie eers ge’bother’ om sy wit boeties en sussies te groet nie. (Hy kon dit nooit verstaan nie – hoekom was hy bruin en hulle wit?)

    Toe die stilte te ongemaklik word, besluit hy om ’n paar note op die grond neer te gooi vir hulle om na te skarrel. Hy draai toe om en gaan klim in sy Porche.

    Nóg ’n paar maande later word Gatiep een oggend wakker met ’n hoofpyn. Hy dog eers dis van die vorige aand se ‘cocktail party’, maar toe hy in die spieël kyk, het hy besef wat gebeur het: hy was WIT! Gatiep het dadelik sy toestand ge’Google’ om eers self ’n diagnose te maak, maar toe hy nêrens kom nie, besluit hy om sy toestand te ignoreer en dit toe te skryf aan ‘temporary insanity’. Hy het gedink dis iets sielkundigs wat hom laat sien wat hy sien – dalk die verwerping seur sy wit mamma en boeties en sussies tydens sy kinderjare?

    Hy is toe werk toe, soos elke oggend, met die hoop dat dit net hy is wat die kleur van sy vel raaksien.

    Dit was nie lank voor hy buite op die sypaadjie voor ABSA met ’n boksie van sy besittings staan nie – hy kon nie verstaan hoekom hy weer verwerp is nie.

    Hy het maar besluit om na die shelter toe te stap waar hy ’n paar maande gelede sy mamma gesien het. Hulle staan toe wraggies weer in die ry vir middagete. Sonder om ’n woord te sê, gaan staan Gatiep langs sy ma. Sy het hom eers nie herken nie. Hy sê toe maar weer (amper soos laaskeer): “Hallo mamma!” Sy skrik so groot, dat sy hom met haar handsak oor die kop begin slaan. Toe hy haar uiteindelik tot bedaring bring, besef sy wie dit is wie sy so geslaan het. Haar verwerpte seun het weer teruggekeer na sy moeder!

    Gatiep het toe sy Porche verkoop om vir sy gesinnetjie ’n huisie langs die dam te koop. Sy geld het darem ook net lank genoeg gehou om vir hulle ’n maand se ‘groceries’ te koop.

    Gatiep se sielkundige probleem oor sy familie se verwerping tydens sy kinderjare, het lank gevat om te herstel, maar hy het uiteindelik oor die weg gekom met sy boeties en sussies. Hy was nou sy ma se mooiste kind.

    Lewe langs die dam was nog nooit so lekker nie.

  33. Prokureur: Môre Mej.
    Aspoestertjie: En wie de hel is jy nogal?
    Prokureur: Ek’s Mnr. Van Heerden, jou prokureur.
    Aspoesterjie: Oh! Wel ek’s nie nou lus vir gesels nie.
    Prokureur: Nou goed dan as jy hardegat wil wees is dit jou saak, maar hier’s my kaart indien jy my wil kontak.
    Aspoestertjie: Ja, “whatever”
    (Aspoestertjie, neem die kaart, kyk daarna terwyl die prokureur uitstap en begin nostalgies dink oor hoe sy in Paulsmoor beland het.)

    Sy onthou nog al te goed hoe sy altyd kon geslaap het tot een uur toe, altyd die omnibus van Isidingo kon gekyk het, of selfs net Tollies toe gegaan het vir ’n drankie of twee. Ja, wat dit was haar lewe, haar lewe voordat haar stiefma in die prentjie gekom het. Sy het lankal geweet dat haar stiema ’n hoer is, en dus net met haar pa getrou het vir sy geld. (dus ’n ou klasieke een lag sy by haarself.) Haar stiefma en susters het net eendag by hulle huis opgedok, alles was piekfyn totdat haar pa die dag na ’n rehabilitasiesentrum toe is omdat hy aan post-truamatiese stres gely het. Hy het drie maande gelede uit Iraq gekom en hy was net nooit weer dieselfde nie. Die dag nadat haar pa weg is, het Aspoestertjie se hele lewe verander. Die huishulp is afgedank omdat sy en Aspoestertjie se een stiefsuster in ’n verhouding was en omdat haar stiefma konserwatief is, moes haar stiefsuster die verhouding beindig. As gevolg hiervan moes Aspoestertjie toe al die huiswerk doen. Sy was saans so uitgeput en moeg dat sy skaars tyd kon kry om behoorlik te eet of Isidingo kyk en Tollies toe gaan was ook toe daarmee heen. Sy kon later nie meer byhou met al die werk nie en dus toe wat sy begin tik gebruik het om wakker te bly asook om energie te hê vir al haar take. Nadat sy die telivisie, dvd en yskas verkoop het haar stiefma haar uit gesit en sy moes in die motorhuis gaan bly. Op ’n dag hoor al die inwoners toe dat koningin Elisabeth en prins Charles ’n bal gaan hou om vir prins Harry ’n vrou te kies. Aspoestertjie se stiefma en susters is toe ook genooi en hulle vat toe onmiddellik die pad Kaapstad toe om hul uitrustings by Edgars te gaan koop. ’n week later is hulle toe per vliegtuig Engeland toe vir die bal. Een van die huishoudsters, Patricia de Lille wat by die paleiswerk en al in haar laat veertigs is reël toe vir Aspoestertjie ’n Mango kaartjie Engeland toe in ruil daarvoor dat sy met die opkomende plaaslike verkiesing vir haar moet stem. Aspoestertjie stem toe in en Patricia reël toe ook vir haar ’n uitrusting en skoene. Aspoestertjie pak toe eers haar tik gereedskap en haar stiefma se kridiet kaart in voordat sy toe lughawe toe is. Nadat sy in Engeland aangekom het, is sy toe eers na ’n “strip club” om haar grimering te doen. Die bal het sewe uur begin en sy is toe net betyd om die koningin en prins Charles se vervelige toesprake mis te loop. Die dansvloor het toe gopen met Madonna se “like a virgin” en sy wou toe nie met die prins dans nie omdat sy self nog ’n maagd was. Dus nie omdat sy nie ’n kêrel kon kry nie maar omdat sy in ’n skandaal betrokke was. Haar onlangse kêrel Jacob Zuma het haar een aand genooi vir drankies, hulle het toe lekker gekuier en sy het toe gekla oor haar rug wat so seer is van al die werk . Hy het toe aangebied om haar rug met baba olie uit te smeer. Sy is toe vas aan die slap en het daardie nag soos ’n baba geslaap. Jacob het toe gaan stort en ook gaan slaap. Toe sy die volgende oggend sonder onderklere wakker word het sy onmiddellik gedink dat hy haar verkrag het. Hy het haar wel nie verkrag nie maar net haar onderklere aangetrek nadat hy gestort het omdat hy ’n “fettish” daarvoor het. Die musiek het toe verander en prins Harry het toe met haar kom dans. Hulle het baie lekker gedaans totdat sy angstig geraak het omdat sy ’n uur gelede getik het. Toe dit twaalfuur word kon sy nie meer uithou nie. Sy hardloop toe weg en sien hoe een van stiefsusters met ’n kondoom in haar een hand en ’n bottel rooi wyn in haar ander hand saam met een van die sukiritietswagte verdwyn. Met die gejaag het Aspoestetjie se een Jimmy Choo skoen wat sy op haar stiefma se rekening gekoop het uit geval. Die volgende dag kry die prins dit en hy onthou toe dat dit haar skoen is omdat sy die enigste meisie by die bal was met ’n nommer 19 skoen. Hy loots toe ’n soektog om vir Aspoestertjie te vind. Na ’n week se gesoek kry hy haar uiteindelik by ’n rehabilitasiesentrum waar sy vir Amy Winehouse gaan besoek het omdat sy na haar pa verlang het. Hy vra toe vir haar om die skoen aan te pas en sy word toe onmiddellik met haar aankoms by die paleis in die “Ginius world book of records” geplaas as die vrou met die grootste voete ooit. Sy en die prins het toe ’n week later getrou en haar stiefma en susters is toe na Zimbabwe verban om daar te bly totdat die Zim –doller herstel. Aspoestertjie is wel drie maande later in hegtenis geneem omdat sy die prins vermoor het nadat hy vir haar die drie woorde gesê het wat enige vrou nie wil hoor nie: ek is “gay” Sy is toe per boot Suid Afrika toe gebring waar sy versot geraak het op “prison break” en die enigste rede hoekom sy geweier he tom haar prokureur se aanbod te aanvaar is omdat sy ’n geditaleerde “tattoo” van Pualsmoor op haar rug het. Haar enigste problem is dus dat sy nog net die helfte van die eerste seison van “prison break” gesien het omdat Eskom die heeltyd besig was met “load shedding” en haar kontak op Stellenbosch het haar laat weet dat Dc ongelukkig ook nie meer beskikbaar is nie, en deel ook tans ’n sel met Nadjwa Petersen.

  34. “Queen B” – ‘n Parodie op die sprokiesverhaal, Aspoestertjie

    Eendag in 2009 is daar ‘n baie populêre meisie van een van dié “elite” skole, Bridge House in die stad. Haar naam is Blair, maar sy is beter bekend as “Queen B”. Sy is vreeslik status en – selfbewus en word geplaas in die sogenaamde “elite” kategorie van die skool. “Queen B is so “elite” dat sy nie met die ander leerders van die ander kategorieë of klasse meng nie en sy is baie keer naar met ander. Enige persoon wat met haar wil praat, moet ‘n afspraak maak, selfs haar ou, Nate wat bekend staan as die sogenaamde prins van die skool.

    “Queen B” se pa is een van die rykste ouers in die skool en is ook ‘n hoofborg en figuur in die skoolbeheerliggaam. Haar ma is dood toe “Queen B” 6 jaar oud was en van daardie tyd af is “Queen B” die middelpunt waarom alles draai…Op haar 16de verjaardag verras haar pa haar met die nuus dat hy weer wil trou…eers was Blair opgewonde, maar toe sy hoor dat haar nuwe stiefma, Alison, haar pa se middelklas sekretaresse is…was “Queen B” woedend, want nie net is haar nuwe stiefma middelklas nie, maar sy kry ook ‘n middelklas stiefsuster, Jenny by.

    “Queen B” se stiefma, Alison het ‘n goeie hart, is ‘n warm mens en is glad nie materialisties nie. Blair se stiefsuster, Jenny is die ewebeeld van haar ma en volg dié se voorbeeld. Sy dra glad nie spoggerige en uitspatterige klere soos “Queen B” nie. Blair behandel Jenny nie soos familie nie, sy groet haar nie eens nie.

    Nate kuier gereeld by “Queen B” se huis en tree altyd hoflik op teenoor Blair se stiefma, maar veral teenoor die stiefsuster, Jenny. Hy sorg altyd dat hy ‘n bietjie vroeër opdaag vir sy afsprake met Blair (hy weet sy sien hom eers op die presiese tyd), soda thy ‘n tydjie met die stiefma, maar veral Jenny kan praat. Nate voel dat hy gemaklik met Jenny kan kommunikeer, iets wat hy nie met “Queen B” kan doen nie.

    Twee weke voor die skooldans sien Blair vir Nate met Jenny praat en sy verbied hom om ooit weer in Jenny se rigting te kyk…sy kan nie verstaan hoekom hy met so ‘n vaal, middelklas meisie kan gesels nie.

    Op die aand van die dans word “Queen B” en Nate natuurlik gekroon as die skool se “koningin” en “koning” en soos dit tradisie betaam moet hulle die dansvloer open en elkeen ‘n toespraak lewer. Nate vat toe die mikrofoon en dra die liedjie van pink, “You make me sick” op aan “Queen B” en los haar voor die hele skool.

    Die sogenaamde prins, Nate stap toe na “Queen B” se stiefsuster, Jenny toe en dans heelaand met haar…van “Queen B” was daar geen teken nie 

  35. Die verhaal van Denise Richards en haar stieffamilie – Esrillita Hahn

    Eendag lank lank gelede, of nee dis eintlik nie so lank gelede nie, was daar ‘n jong dame wat beeldskoon was genaamd Leona Lewis. Sy het ‘n stem soos ‘n nagtegal. Wel haar ma het skielik die tydelike met die ewige verwissel en haar pa, Charlie, (sy oog dwaal altyd na die jonger garde) het 6 maande later met poppie,15 jaar sy junior getrou. Denise was nie baie gelukkig met haar nuwe skoon familie nie want Paris (stiefma) het twee jonger dogters, Britney en Lindsey wat ‘n nuwe betekenis aan die woord dom blond gee. Al wat vir dum en dummer belangrik is in die lewe is hoe hulle lyk en waar die volgende partytjie gaan wees. Leona aan die ander kant is gefokus op haar studies en haar musiek. Sy het vir ure geoefen maar eintlik wou sy net nie in die geselskap wees van haar “nuwe” familie.

    Charlie he teen middag vroeër huis toe gekom en sy vrou in die bed met een of ander sokker ster gevind. Charlie was so geskok dat hy net daar, aan ‘n hartaanval gesterf het. Paris het natuurlik vir Leona beskuldig want volgens haar het sy haar pa gesê hy moet vroeër huis toe kom. Britney en Lindsey het natuurlik gemaak asof hulle vreeslik hartseer is oor die dood van Charlie en het dit gebruik om uitnodigings te kry na partytjies en mode parades. Leona was verward en baie eensaam na haar pa se dood. Sy het haarself in haar musiek gekeer. Paris het Leona forseer om te sorg dat Britney en Lindsey op die straight en narrow bly. Sy het haar hande vol gehad met daardie twee en sy moes sorg dat hulle ten minste skool klaar maak. Leona moes hulle huiswerk doen en daaglikse skedules uitwerk.

    In die tussen tyd het die nuwe idols kompetisie begin en Leona het skelmpies ingeskryf. Die twee dom blonds het ook ingeskryf maar hulle het ‘n nuwe betekenis aan die woord sing gegee. Natuurlik is hulle gevra om asseblief nooit weer in die publiek te sing want dit kan katastrofiese gevolge hê. Leona het natuurlik deurgedring na die finaal en haar steiffamilie wou haar verbied om verder te sing want eintlik steek sy hulle in die skande. Indien Leona verder sou deelneem sou ‘n probleem van epidermiese proporsies ontstaan. Leona het Paris geignoreer en in die finaal gesing dat die biesies bewe. Sy het natuurlik met die louere weggestap en skielik was sy die beste stiefdogter maar sy het besluit om daardie drie soos stof van haar af te skud en het alle kontak met hulle verbreek. Leona se CD is tans ‘n top verkoper en sy geniet elke oomblik van haar nuwe lewe, sonder die tiranne.

  36. Pingback: Parodie in drie dele: redigeer (3) « mnr.muller

  37. Pingback: Om werk te merk « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s