Skoolgee beyond belief

Standard

Diegene wat onverpoos my blog links dophou, sou agterkom dat ek onlangs ‘n paar nuwe skakels toegevoeg het.

Browse ‘n bietjie op The meming of Life – on secular parenting and other wonders en vertel my wat jy dink van sekulêre onderrig (en ouerskap!).  “Sekulêr” is om nie ‘n spesifieke godsdienstige paradigma voor te hou nie, maar leerders binne ‘n vrydenkende, kritiese raamwerk op te voed.

Ek hoor graag wat julle dink.

Ons is in ‘n Christelike land, maar Bybelonderrig, e.d.m. het weggeval.  Is dit goed/reg?  Moet ons saalbyeenkomste open met skriflesing en gebed?  Hoekom roem so baie skole daarop dat “christelike waardes” kwansuis bevorder word?

11 responses »

  1. Mmm, nogal ‘n vraag wat kielie aan ‘n mens se eie agtergrond en ontwikkeling…

    1. Ek dink (universele) waardes moet oorgedra word, maar toenemend krities bevraagteken word – dus nie indoktrinerend (is daar so ‘n woord?) nie.
    2. Kritiese en kreatiewe denke is twee kante van dieselfde munt, die een kan nie sonder die ander nie, die een is leeg (rigied, steriel, destruktief) sonder die ander.
    3. Kinders se kreatiwiteit en spiritualiteit moet nie onderskat (en/of gedepriveer) word nie, nie as hulle klein en voorskools, op laer- of hoërskool is nie.
    4. Vir my is spiritualiteit nie dieselfde as godsdiens nie – spiritualiteit het te doen met onsekerheid en vrae, terwyl godsdiens sekerheid en antwoorde wil verskaf.
    5. Ouers kan godsdienstige waardes oordra, of dan sekulêr wees as dit hulle keuse is.
    6. Wat die skole moet/kan doen is vir my ‘n ope vraag… terug na nommer 3.

  2. Christelike waardes? Jy bedoel daai moord, verkragting, intoleransie en genocide?

    Godsdiens as ‘n verpligte deel van onderwys is net simpel. Om vir kinders vanaf hulle kleuters is te sê hulle gaan fokken brand as hulle nie glo nie, maak nie saak hoe goed van ‘n mens hulle eintlik is nie (terwyl Christene alle sondes behalwe OMG BLASPHEMY mag pleeg, net jammer hoef te sê, en alles sal vergewe word), is indoktrinasie. En ‘Christelike waardes’ is eintlik net right-wing politieke ideologieë.

    My grootste probleem met godsdiens in skole is dat daar geen alternatiewe gegee word aan ‘lees jou bybel, bid elke dag, gaan Sondae kerk toe’ nie. Goeie mense glo in God, slegte mense conspire teen hom. Atheïsme is die werk van die duiwel.

    Dalk voel ek net so sterk daaroor omdat ek na ‘n regte bible-thumping skool toe gaan. Maar dis erg.

  3. Ons Religie-dosent gaan nie baie gelukkig wees oor jou uitlating dat Suid-Afrika ‘n Christelike land is nie. Volgens die Grondwet mag daar nie IN godsdiens onderrig word nie, maar slegs VAN of OOR ‘n sekere religie. Jy mag ook nie een religie bo ‘n ander bevorder of belangriker ag nie. As jy waardes en houdings in jou klas wil “onderrig”, moet jy kyk na die tien beginsels van Menseregte – soos vervat in die Grondwet. Dit handel oor demokrasie, sosiale geregtigheid, versoening, verantwoordelikheid ens. Volgens ons Religie-dosent is dit teen die wet om enigsens Bybel te onderrig, wat nog te sê om die saal te open met Christelike skriflesing en gebed. Dis die leerder se reg om sy religie uit te leef en geen staatskool mag een spesifieke religie onderrig as die “regte” een nie.

    Dis hoekom ek as ‘n Christen dikwels ge-intimideerd voel as ek gekonfronteer word met inligting oor ander religieë. Dit vat mens uit jou “comfort-zone” en mens moet altyd versigtig wees dat jy nie JOU geloofsoortuiging wil oordra aan die leerders nie. Jy moet ‘n neutrale front voorhou. En fokus daarop om inhoud oor te dra, en nie indoktrinasie van die dogma nie.

    Weet dis nogal ‘n mondvol, ek het maar getik soos die gedagtes opkom. Ek gaan nie so in diepte in die Religie-debat betrokke raak nie, want dis baie kompleks. Al wat ek weet, is dat dit volgens die Grondwet teen die wet is om EEN religie te bevorder. Ek glo dat as jy waardes wil onderrig, jy dit net op die regte manier moet doen – sonder om te spreek – en die invloed op die leerders sal hopelik daar wees.

  4. Dis nie ‘n Christelike land nie. ‘n Christelike land sou per definisie die waardes van Christus nagestreef het en mekaar nie uitgemoor het nie.

    Which means daar bestaan nie iets soos ‘n Christelike land nie.

    Ek dink die eenvoudige antwoord op jou vraag oor hoekom baie skole hulleself daarop roem dat Christelike waardes bevorder, bloot dit is: dit lyk goed. Dis polities korrek, dit hou die ouers (wat almal grootgeword het soos Hendrik dit hierbo beskryf) gelukkig. As die ouers gelukkig is, is daar geld vir die skool.

  5. …ah, ouergesentreerde skole. kwl punt, Johan.

    SA wat “‘n Christelike land” is, baseer ek op die 2001 sensus: 79.7% (verskeie denominasies) …maar ja, lyk my nie godsdiens keer misdaad nie.

    @marelize en estelleke: dis mooi wat julle sê, maar dit klink na ‘n onmoontlike balancing act.

    …intussen preek skoolhoofde godgeinspireerde woorde van die saalverhoog af.

    …wat dink julle van die blog link-ou se sekulêre oplossing?

  6. Moet die Jehovasgetuies nog steeds buite gaan staan tydens biduur? Toe ek op skool was, moes hulle in die gange op hul tasse gaan sit tydens Bybelperiode. Ek was altyd eindeloos jaloers.

  7. Suid-Afrika is glad nie net ‘n Christelike land nie. Wat van al die ander religieë en kulture? Daar moet juis in skole gefokus word om leerders van diversiteit te leer. As mense meer van mekaar se kulture en agtergronde weet, sal hulle mekaar beter verstaan en op die ou einde beter saamwerk. As ons kinders leer om diversiteit te respekteer, sal die toekoms van ons land blink lyk.

    Iemand in ons religieklas het die stelling gemaak dat “onderwysers net in die oggende bid om die kinders rustig te kry en te beheer vir die res dag”. Wat dink julle daarvan?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s