Eksamenstres sonder grense

Standaard

Elke nou en dan praat ek oor die radio oor onderwyssake, of so sê hulle my.  Ek word gewoonlik in die week op my selfoon gebel en dan saai hulle uit wat ek kwytgeraak het die daaropvolgende Sondag.

Hierdie week moet ek gesels oor eksamenstres.  Die aanbieder het hierdie versoek aan my geforward:

Kan u asb vir my ‘n program doen oor studiemetodes. Net sodat ek my kind kan leer hoe om onafhanklik sy skoolwerk te kan leer en verstaan.

Dalk iets vir ONS EN ONDERWYS, veral nou met die naderende eksamens. Dit is ‘n feit dat ouers dikwels nie weet wat hulle by die huis kan doen om die kinders te help as dit kom by studietyd nie. Hulle is meer gestress as die kinders en dit het ‘n uitwerking op die kind self: my ma/pa panic terwyl ek alles onder beheer het!

Kan julle my dalk help?  Ek moet teen môreaand 19:30 aan iets gedink het om vir ‘n halfuur lank te sê.  Wat sou jou raad wees t.o.v. matriekeksamens en ouers en stres?  Hm?

Advertisements

32 responses »

  1. Die reuk van laventel is ‘n baie goeie stresweerder. So ook mindfulness gebaseerde meditasie, en ‘n daaglikse 30 minute van harde kardio-oefening.

  2. Dit kan help as die kind (en ouer) sy/haar eie leerstyle (en meervoudige intelligensies) ken en weet op watter manier hy/sy inligting op die beste manier verwerk.
    Voorbeelde hiervan is onder andere:
    * Vloeidiagramme (“mindmaps”) wat help om inhoude te verwerk en tegelykertyd te onthou i.p.v. rigiede en vervelige memorisering (“rote learning”).
    * As prentjies, beweging, klank en kleur geïntegreer word, word die regterbrein ingespan.
    * Nog ‘n idee is om ou lego-blokkies uit te haal en iets te bou wat verband hou met die leermateriaal.
    * Of om dit te teken, verf of in eie blokkiesraaisels in te vul, of te omskep in ‘n “rap” of mini-drama en dit aan die ouers te verduidelik.
    * Ook klei kan handig gebruik word om die inhoud uit te beeld.

  3. aha, dankie:
    1. Bertus! stel meditasietegnieke voor (behandeling van die probleem), en
    2. estelleke stel beter leertegnieke voor (voorkoming van die probleem)

    Ek vermoed ek vra eintlik drie vrae:
    1. Hoe verlig jy stres?
    2. Hoe leer jy effektief?
    3. Hoe bly jy gemotiveerd/motiveer jy jou kind?

    Matriekeindeksamen is ‘n rowwe tyd in die meeste huishoudings. Ouers probeer hul bes om te help, maar vererger dikwels net die frustrasie en angs. En die kinders raak moeg vir eksamenskryf en leer.

  4. Net jammer dis te laat.

    1. Om vroegtydig te begin leer is ‘n groot verligting. So kan jy jou werk stuk vir stuk deeglik leer, dit werk rerig
    2. Grafiese studie is nogals effektief…bv prentjies wat inmekaar skakel. Teken ‘n skets en nommer stappe van die gebeurtenisse.
    3. Som die opskrifte op. As jy baie inhoud het om te swot kan dit baie handig wees. Hoof opskrifte bevat die subopskrifte en die subopskrifte. Maak seker jy weet wat onder elke opskrif aangaan…op die manier organiseer jy jou brein.

    Jammer dis laat, maar dis hoe ekke leer

  5. Ek weet nie of mens iemand kan leer om te leer nie. Dit gaan oor ‘n leefwyse van selfdissipline.

    Maar dit help definitief om ‘n vorm van sport te beoefen gedurende skooleksamens – dit is goeie afleiding, maak jou kop skoon en skei die nodige endrfien af.

  6. Ai, jammer dis laat, maar hier’s my bydrae nietemin. Daar is ‘n paar dinge wat ‘n mens moet regkry nog lank voor ‘n eksamen begin:
    1. Begin vroeg. Ek dink die een enkele grootste bydrae tot eksamenspanning is wanneer mense te laat begin studeer.
    2. Dus, hoe meer jy in die klas oplet, hoe minder hoef jy later te leer.
    3. Besef die sneeubaleffek van nie bybly met werk nie. As jy een kerngedeelte van ‘n sillabus mis, gaan die volgende dele moeilik(er) of onverstaanbaar wees.
    3. Herhaling, herhaling, herhaling — is van toepassing op meeste skoolvakke, maar oppas om nie net soos ‘n papegaai te resiteer nie.
    4. Dus, probeer om wat jy leer te verstaan.
    5. Kombineer gehoor, lees en skryf/teken (*in jou eie handskrif en woorde*) — deur al hierdie elemente te kombineer optimeer jy die inname van kennis. Maak assosiasies, gebruik afkortings en kamma-woorde om langvrae te onthou, etc. — wees kreatief en soek iets wat vir jou werk.
    6. Moenie “spot” nie — daar’s geen kuns daarin nie.
    7. Bespreek moeilike begrippe met jou onderwyser/vriend of wie jou ookal kan help, maar doen dit lank genoeg voor die tyd, sodat jy die begrippe nog onder die knie kan kry — nie direk voor jy gaan skryf nie! Probeer egter altyd eers self om werk te verstaan. Te veel mense gooi net hande in die lug en verwag om dan met ‘n lepel gevoer te word.
    8. Werk gestruktureerd. Moenie “thrash” nie (enige iemand, wat’s die goeie Afrikaans hiervoor?), want dan gaan jy net mooi niks gedoen kry nie.
    9. Toets jouself deur bv. vraestelle uit te werk, maar moet dit nie as ‘n vervanging vir studie gebruik nie en moenie die loer-en-o-ja-dis-die-antwoord-benadering gebruik nie.
    10. Moenie te lank aaneen probeer studeer nie. Tipies kan ‘n mens nie werklik goed langer as 45 minute konsentreer nie (en daarom is periodes ook gewoonlik so lank). En moenie jou breuk langer as jou studiesessies maak nie!

    O en laastens: slaap genoeg. Jou brein kan nie effektief werk as jy (jou brein) nie gerus het nie.

  7. Ek glo elke persoon ontwikkel sy eie tegniek met die tyd. Ek het vir Laerskoolkinders die PQRST-metode geleer en die OVLOKH-metode is baie dieselfde. Ek het ook vir hulle mindmaps geleer. Toe ek gestudeer het, het ek met rympies/prentjies/mindmaps gestudeer. Maar die rympies moet natuurlik sin maak in die konteks van die vraag, sodat jy weet waaroor dit gaan. Die nadeel met rympies is dat jy te veel rympies kan he en deurmekaar kan raak. Ek het net vir baie lang vrae rympies gemaak met prentjies tussen-in. Ek glo as mens kinders kan inlig oor die metodes en hulle besluit wat werk vir hulle. Kinders moet al op laerskool geleer word om sleutelwoorde uit te ken en te weet wat’s die kern, sodra daardie kind in Gr11/12 kom en dan wil leer om te studeer, is dit al byna te laat, dan moes hy/sy alreeds geweet het hoe om te studeer/leer, maar liewer laat as nooit! Sterkte…ek is ook seker te laat met my “eiertjie”. 🙂

  8. Hallo Nikita – welkom by my blog. Vertel gerus meer van die PQRST- en OVLOKH-metodes.

    Ek sal graag wil hê dat iemand iets skryf oor die gebruik van meervoudige intelligensie in die onderrig van leer/memorisering… maar indien dit nie gebeur nie, sal ek ietsie post daaroor.

    Snaaks hoe die radiowese werk: my antwoord oor hoe ‘n mens laerskoolkinders sover kry om te leer, is ingesplice as ‘n antwoord oor matriekeksamens, haha. ai, ai, ai.

    Die “kundige” het min beheer oor sy advies, tensy die program regstreeks uitgesaai word.

    Dankie vir die ander se kommentaar ook!

  9. Ek weet daar bestaan metodes waar musiek en oefening gebruik word, maar dis (gewoonlik) beperk tot individuele “onderrig”.

  10. Hi mnrmuller
    Ek gaan die PQRST-metode in kort hier vir jou gee…die OVLOKH-metode is baie dieselfde, ek het dit nooit met die kinders gedoen nie, gekyk na die twee en besluit vir hulle gaan slegs een van die twee die beste wees – op daardie stadium (Gr6) en met agtergrond van hoe om te leer (‘n metode) kan elke kind daarop bou vorentoe en dan skaaf aan sy eie metode. Oor mindmaps gaan ek nie nou iets se nie, ek dink almal weet hoe dit werk. Dit was ‘n ander manier waarna ons gekyk het.
    Elke letter van die PQRST-metode staan vir iets en dit was die maklikste vir hulle (so het ek besluit) om te onthou waarvoor dit staan en ook die volgorde van die alfabetletters…onthou ook dat dit ja-re terug is dat ek dit aangebied het in LO. Daarna was ek vir 5 jaar met Gr3’s en nou 5 jaar hier in London! 🙂 dus…
    1. P=”Probeer”
    In hierdie fase lees die kind die inligting/teks slegs deur om agter te kom waaroor die werk gaan, m.a.w. hy vorm ‘n idee in sy kop of kry ‘n globale idee. In hierdie fase onderstreep hy dan – terwyl hy lees – belangrike kern woorde, dit wat hy belangrik ag.
    2. Q=”Questioneer”
    In hierdie fase maak hy vir hom ‘n lysie van vrae wat hy dink/weet die onderwyser sal/kan vra. Hy gaan dus weer deur die teks, kyk na sy kernwoorde en stel vir homself vragies op wat moontlike vrae is. Dus, teks moet weer deurgegaan word om dit te kan doen….(herhaling!)
    3.R=”Reflekteer”…Dink na oor jou vragies, is hulle korrek beantwoord, het jy dele uitgelaat wat belangrik is, maak seker dat jy die vraag beantwoord het.
    4.S=”Siteer”..se dit vir jouself op. Hier maak jy jou notas toe/teksboek ens. en jy het slegs jou vrae voor jou. Se dit in jou gedagtes op en kyk of jy kan onthou.
    5.T=”Toets”.. stel vir jouself ‘n toets op, beantwoord jou vrae en kyk of jy kan onthou wat jy geleer het..maar hierdie fase gebeur so ‘n dag of twee later, want jy wil jou langtermyngeheue ook inspan en kyk wat jy kan onthou na ‘n tydperk verloop het!
    Sterkte!
    Ek hoop dit help so bietjie!
    Groete

  11. Ek is op die oomblik vir die derde en laaste keer ‘n matriekouer, en my kind se eksamens is die minste van my bekommernis. Ek dink die eerste ding om vir mens self te sê is, druip is nie die einde van die wêreld nie, mens kan weer probeer – daar is baie erger dinge wat met jou kan gebeur. (Veral in hierdie land.) Ek weet dis nie maklik om stres net af te skryf nie.

    Ek het self vir ‘n paar jaar deur Unisa studeer en my beste raad is, studeur vir 45 minute op ‘n slag, dan ‘n breek van 15 minute, waarin ek gewoonlik buitentoe geloop het, musiek geluister het of arkade-tipe rekenaarspeletjies gespeel het. Vir ‘n klomp punte wat mens agtermekaar moet onthou moet jy maar rympies gebruik.

  12. Daardie PQRST en OVLOKH metodes klink na baie moeite, nes baie ander fantastiese, uitgebreide, en mooi-uitgedinkte leertegnieke, en ek wonder van hoeveel nut dit is op hoërskoolvlak, of selfs universiteitvlak.

    As ek daardie tegnieke moes probeer het, sou ek op die ou einde lui geraak het en net weer die handboek van voor tot agter gelees het (met onderstreep van belangrike feite), soos in elk geval nog altyd vir my heel goed gewerk het. 😉

    Die punt is dat, wanneer dit by druktyd kom, is daar nie meer tyd vir allerande “fancy” leermetodes nie – jy moet dan net so veel as moontlik kennis in jou kop inprop / verfris as wat jy kan. Aan die anderkant, vermoed ek dat leer vir skooleksamens nie meer deesdae so “tense” is nie?

    Vir leervakke benodig ‘n mens ‘n goeie geheue, en jy moet jou geheue fiks hou, nes ‘n atleet sy/haar spiere fiks hou. Moet dus nie in jou daaglikse lewe lui raak en dinge neerskryf wat jy eerder kan onthou nie. [Dis natuurlik ‘n heel ander onderwerp of leervakke hoegenaamd nuttig is, soos elders bespreek op Mnr. Muller se blog.] Op skool, het dit vir my ook altyd heel goed gewerk om lysies op my vingers af te tel. Dis ‘n baie basiese vorm van visualisering. Ek het al effens meer gevorderde visualisering tegnieke in werklikheid ervaar en is nogal verstom gewees oor watter kragtige metode dit kan wees. Dis egter nie altyd so maklik om ‘n visuele rympie uit te dink wat goed pas by die onderwerp nie. Blykbaar raak dit makliker hoe meer ‘n mens dit doen.

    Vir Wiskunde is die beste metode vir leer tog wel net oefening, oefening, oefening. Hoe meer jy oefen, hoe meer begin jy bewustelik en onbewustelik patrone herken, en dus word dit al makliker om vinniger die probleme op te los. Jy wen al die pad. En, hoe makliker jy probleme kan oplos wat jy reeds verstaan, hoe meer tyd het jy om aandag te gee an probleme wat jy nog nie so lekker onder die knie het nie. Wiskunde is ‘n verstaan vak, so maak seker dat jy vra hoe iets werk as jy nie onmiddelik verstaan nie. Vra selfs ‘n slim klasmaat as jy skaam is om voor die hele klas te vra. Gaan vir ekstra klasse as dit nodig is.

    Bogenoemde is nou nie gesaghebbende raad nie, maar eerder net nog opsies (uit werklike ervaring), so jy moet maar self dink of dit vir jou sal werk. Ek dink tog die raad oor Wiskunde is redelik universeel toepaslik.

    Bogenoemde spreek dan ook nie werklik die stres aspek direk aan nie, maar enige goeie/gemaklike leertegniek kan wel help daarmee deur selfvertroue te bou.

  13. hi Francois,
    Ek wil met jou verskil, as jy die metode slegs deurgelees het, weet jy hoe om te leer, dan’s dit slegs ‘n kwessie van doen! vir ons volwassenes is dit maklik, maar ek meen, wat’s moeilik daaraan om te weet jy lees/scan jou werk vir ‘n globale idee..dis vir ons volwassenes 2de natuur! Dan het jy al klaar ook jou kernwoorde onderstreep en in dieselfde asem het jy al klaar begin raaksien watter vrae moontlik gevra kan word. Vir kinders is dit ‘n “proses” wat hulle moet deurgaan en “oefening”…ek het dit met Gr6’e gedoen en een keer deur die ding gewerk en daarna het hulle die metode gesnap en kon hulle dit toepas met ‘n volgende onderwerp sonder enige moeite! Dit hang van persoon tot persoon af, vir party sal dit werk, ander is dit ‘n riglyn en ontwikkel hulle daaruit hul eie styl. Die hele idee is dat daar ‘n grondslag/leiding iewers gegee moet word, slegs ‘n idee. Toe ek dit met hulle gedoen het, het ek ouers gehad wat vir my gese het dat hulle gewens het dat hulle in hul tyd iemand gehad het om vir hulle ‘n metode te gee. Niks is afdwingbaar nie, jy kry die idee en jy speel daarmee soos dit jou pas. Dis hoe ek met verdere studie ook gedoen het, sommige dele het ek rympies gemaak, ander het ek vir myself vrae gekies wat ek weet nie weggelaat kan word nie. Ek voel net, iewers met kinders ‘n grashalm gegee word om aan te klou! Wat die metode ookal is!

  14. http://www.litnet.co.za/cgi-bin/giga.cgi?cmd=cause_dir_news_item&cause_id=1270&news_id=53500&cat_id=160
    Mnr Muller…en ek hoop al die ander wat jou blog lees sal dit ook gaan doen! – gaan stem bietjie “Ja” vir Afrikaans op hierdie link, asseblief! Ek’s besig met ‘n “campaign”-en stuur dit bietjie rond in ‘n email ook asb…ons kort daardie ondersteuning! Ek het selfs ‘n paar Engelse skaakspelers wat gaan stem het! 🙂 Baie dankie!!

  15. Toe val dit my skielik by dat nog slegs die “gewone” skoolvakke hier bespreek is (en ook meegaande tegnieke). Wat van die kunste? As iemand wat self al van kleintyd af musiek maak, weet ek dat om musiek as vak te neem ‘n ander “ball game” is. Ek dink musiek het my die beste geleer hoe om te fokus.

  16. Hi ExamPete
    Ek stem saam dat musiek kinders help fokus- en ek glo jy meen klassieke musiek hier. Ouers word soms aangeraai dat hul kinders skaak speel, want skaak help met konsentrasie, maar daar is verskeie faktore wat ‘n rol speel in kinders wat nie kan konsentreer nie, daarom is skaak nie altyd die oplossing nie, daarvan kan ek getuig. As ouers regtig wil he kinders moet skaak speel om hulle te help, (as hul konsentrasie-probleme het), dan kan hulle nie op ‘n baie laat ouderdom begin en verwag skaak moet wondere verrig nie, maar ek dink tegnieke om te konsentreer/fokus is weer ‘n hele ander besprekings-onderwerp as studiemetodes.

  17. http://www.cbc.ca/health/story/2006/09/20/music-brain.html
    ExamPete
    Ek het eintlik iets anders gesoek, toe ek op hierdie link afgekom het, wat ook bevestig wat jy se oor musiek,skaak doen dieselfde, maar, (daar’s altyd ‘n maar), die kind kan nie bv 3 weke voor ‘n eksamen of selfs 2 maande ens… wil leer skaak speel en dan weet hy iets van skaak en dan moet “wondere” gebeur, ek glo dit is dieselfde met musiek. Dis ‘n langtermyn-program wat sukses meebring en beslis nie ‘n kitsoplossing nie. Ek het heelwat oor skaaknavorsing wat gedoen is op my blog ook, ‘n Van Zyl vrou van Pretoria (word selfs op die Amerikaanse Amptelike skaak site na haar verwys)… het in ‘n studie (vroee 90’s) bewys hoe kinders se punte in Wiskunde opgegaan het na ‘n tydperk wat sy hulle geleer het skaak speel, dieselfde sal vir musiek geld, maar weereens, die tydperk is belangrik.

  18. Nikita:
    Inderdaad — die aanleer van musiek is ‘n uitgerekte proses van herhaling, wat dit anders as meeste “gewone” skoolvakke maak. Uit eie ondervinding: As ek die wiskunde verstaan, dan kan ek (in teorie) enige probleem binne die konteks van die sillabus oplos. Bv., as ek die snypunt tussen twee lyne moet bereken is die metode dieselfde ongeag die parameters van die probleem. Oefening in wiskunde maak oor die algemeen dat ek die probleem vinniger kan oplos, nie noodwendig “beter” nie. Met leervakke (op skool) is dit moontlik om feite binne ‘n dag of wat te leer. Met musiek is hierdie tipe benadering feitlik onmoontlik.

    Daar is baie maniere om te leer fokus en ek dink tóg dis ‘n belangrike faset van studiemetodes, want as jy nie kan fokus of konsentreer nie, hoe gaan jy iets leer? Daar is nie ‘n goue eier nie. As iemand bv. sportief is en nie skaak wil speel nie, laat die kind eerder iets soos karate doen.

  19. hi ExamPete
    Ek stem saam dat om te konsentreer is belangrik, maar dis nie direk deel van die metode nie, ek sien dit as heeltemal iets apart. As iemand reeds kan konsentreer, het hy tog net die metode nodig, nie ook die tegniek om te konsentreer nie, daarom sien ek konsentrasie-tegnieke as heeltemal apart van die studie-metode. Baie kinders kan wel konsentreer, dis ‘n klein persentasie wat grootliks met konsentrasie sukkel, maar baie weet nie hoe om te studeer nie. Voordat jy begin met die metode, moet konsentrasie daar wees en as dit nie daar is nie, moet daar eers aan konsentrasie gewerk word voordat daar suksesvol aan ‘n metode gewerk kan word.

    Ek kan ook bevestig dat musiek heelwat tyd/oefening verg. Ek het self klavier/blokfluit-lesse gehad vir byna 5 jaar, dus herhaling is belangrik vir musiek…maar ook vir studie…daarom kom dit in die metode voor…geen leer kan plaasvind sonder herhaling op een of ander manier…wat ook op die ou end ‘n vorm van leer is. Selfs die tas sintuie speel ‘n belangrike rol by leer, bv as jy met baie klein kinders werk – selfs tot ouderdom 9/10…dan is daar van hulle wat die basiese dinge alleenlik leer deur van die tassintuie gebruik te maak, daarom moet onnies ook so kan onderrig dat al die sintuie ingespan moet word..vir daardie kinders wat op daardie maniere leer..as my geheue my nie in die steek laat nie, is dit die VAKT-metode…
    Ek wonder waar is mnrmuller, ons neem sy blog hier oor..LOL!

  20. @Nikita – ek geniet julle bespreking: dis interessant hoe ons nou by ‘n praktiese leerarea (musiekspel) uitgekom het en dit nou in verband probeer bring met ons verstaan van wat “leer” is.

    (Ek het naas Skeinat, Rekenaarstudie en Wiskunde ook Kuns en Musiek as keusevakke geneem destyds, sowel as Xhosa. Inderdaad is daar verskillende tipes “leer” by elkeen betrokke.)

    Dalk wil julle Skemp se artikel bestudeer http://academic.sun.ac.za/mathed/174/Skemp.pdf t.o.v. die verskil tussen instrumentele en rasionele leer.

    Ook kan Gardner se meervoudige intelligensiemodel julle belangstelling dalk prikkel… Wil een van julle ‘n omvattende definisie vir “leer” waag?

  21. http://www.newfoundations.com/GALLERY/Vygotsky.html
    Mnr.Muller..ek hou van Piaget..maar ek glo nie al sy teorie (vergewe, my windows Vista se alt-keys vir deeltekens en kappies werk nie soos dit moet werk nie!)is grondig nie..toetse ens. Maar ek hou van Vygotsky en sy teorie..hy se kinders leer deur sosiaal-interaktief te wees..m.a.w. groepwerk..waaroor ek saamstem…kinders leer van mekaar ..maar ook van “other adults”…onderwyser/hulp/ouers ens… en hy praat ook van die “sone of proximal development”…die moontlikhede…’n ander link oor wat jy in sal belangstel ook…”multiple intelligence…”
    http://www.infed.org/thinkers/gardner.htm
    Ek sal kyk of ek vir jou ‘n definisie kan saamstel, maar ek is nie Piaget/Landman/Vygotsky nie 🙂
    vinnig terugkom na ons ander “bespreking”… om te leer en om te studeer sien ek heeltemal as twee aparte velde, jy leer…neem kennis in, maar om te studeer…is om fisies weer ‘n keer agter jou boeke in te skuif en ‘n studie te gaan maak van wat jy geleer het…as leer nie plaasgevind het nie, kan jy nie effektief studeer nie…is ek verkeerd?

  22. …..while David Porter claims that it (music) can teach “discipline, care, concentration, and perseverance.”

    http://www.brainconnection.com/topics/?main=fa/music-education
    Jammer dat ek jou blog so “spam” met al die links, ek het op hierdie link afgekom en dit nogal interessant gevind. Hier in die Britse laerskole (nie almal nie!) probeer party hoofde (wel, dit hang af van fondse ens) musiek inbring, ek was vir ‘n tydperk by ‘n skool waar my klas weekliks (vir ‘n termyn) gegaan het vir viool-lesse by 2 dames wat na die skool gekom het. Hulle het van skool-skool gegaan. (Ek het nou ‘n klein-neef wat dit hier in London doen..nie viool nie…maar musiek) Die rede waarom hulle (die hoofde/skole) dit, is die rede wat ek hierbo aangehaal het van die artikel…ek glo dat dit wel ‘n invloed het op kinders se gedrag, want dit gee bietjie “kultuur” vir die wat dit nie het nie…(en daardie “kultuur” omvat alle soorte “kultuur” – en natuurlik wat verder genoem word.Terloops, mens kan boeke vol skryf oor die goed hier! en ek dink daar is al redelike dik boeke reeds geskryf daaroor.. 🙂

  23. André, ek’s mal oor daai artikel! Dit is helder geskryf en ek stem grootendeels saam. ‘n Paar dinge waaraan ek gedink het:

    1. Is dit nie dalk dat ons metode van eksaminering instrumentele verstaan forseer nie?

    2. Ek dink nie ‘n mens kan instrumentele verstaan van verwantskapsverstaan (relational understanding) ontkoppel nie en ek dink die een is so belangrik soos die ander. Wanneer ek bv. die oppervlak van ‘n vierkant moet uitwerk, maak ek staat op my instrumentele kennis, maar wanneer ek met ‘n nuwe vorm, nl. die reghoek, gekonfronteer word, dan maak ek staat op my verstaan van die verwantskap en kan ek ‘n nuwe formule uitwerk (‘n nuwe instrument dus). Om bv. te leer skryf is soortgelyk, want jy na-aap vorms en tekens (die instrumentele verstaan), maar jy word ook geleer om te klank en om die klank met hierdie vorms en tekens te assosieer. Dis dán wat die vorms en tekens “betekenis” kry en jy dit gevolglik van letters en syfers (etc.) begin praat. (Ek praat vanselfsprekend vanuit ‘n Westerse oogpunt.) Die punt is: mense maak assosiasies (verwantskappe), sien ‘n patroon raak, maak ‘n reël (instrument), gebruik dan dié reëls om weer groter probleme te analiseer etc.

    3. Die voorbeeld waar die onderwyser(es) instrumenteel optree waar die leerling/leerder die verwantskappe wil verstaan is ‘n geval waaronder ek self deurgeloop het. Die spesifieke gevalle is waar ons vektore in fisika en reduksieformules in chemie geleer is. Ek wou dit uitredeneer en nie net ‘n metode volg nie, maar die betrokke onderwyseres het ‘n onvermoë gehad om dit te verduidelik.

    4. Die bespreking rondom die skryf van musiek is ook vir my interessant. Ek onthou (spesifiek op skool) hoeveel mense nie diktee of harmonie op papier kon doen nie, juis omdat hulle nie dit wat hulle sien kan “hoor” nie. Die gevolg was dat hulle net eenvoudig nie diktee goed kon doen nie en hulle harmonie volgens reëls gedoen het.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s