Die nut van lesplanne deel op die internet

Standard

>> Hierdie is ‘n besprekingspost vir onderwysstudente; hulle moet kommentaar lewer as deel van hulle deurlopende assessering vir ‘n module in Konstruktivisme, kreatiwiteit en humor in die onderrig van Afrikaans

Om jou mikrobeplanning – dis nou lesbeplanning – op te skryf, voel dikwels soos ‘n mors van tyd.  As onderwyser weet jy mos waar jy tans in die sillabus is; jy weet watter hoofstukke die leerders alles in die kwartaal moet ken. 

As jou makrobeplanning – dis nou als wat jy in die jaar moet doen – en mesobplanning – wat jy elke siklus moet afhandel – in orde is, dan is jy mos uitgesort.  Waar kry ‘n onderwyser tog nou tyd om elke les (of reeks samehangende lesse) afsonderlik te omskryf?

Wel, ek vermoed ons moet anders hieroor dink en begin wegbeweeg van net fisiese lêers vol vergeelde afrolblaaie (wat jy wegsteek vir jou kollegas omdat jy ‘n handboek wil uitgee).  En begin saamwerk (collaborate) met mede-onderwysers om ‘n netwerk te skep waar goeie lesse onderling met mekaar gedeel kan word: ‘n website van goeie lesplanne.

* * *

Ons gee dikwels onwetenskaplik klas, sonder ‘n paradigma (soos konstruktivisme) waarvolgens ons kan besin oor die klasse wat ons gee.  Ons meet onsself aan die toetspunte van die leerders – of hulle suksesvol die kennis wat ons aan hulle oorgedra het, kan reproduseer.

Kyk ‘n bietjie na die volgende webtuistes.  Hoe kan jy , as beginner-onderwyser, met ander onderwysers saamwerk?  Watter webtuistes het jy al opgespoor wat nuttig is?  Tot watter blog of webwerf gaan jy bydraes lewer?

24 responses »

  1. More more

    Wou net se dat Meneer ‘n lekker naweek moet he.

    Ekke bestuur more wakkerstroom toe so hoop maar die kar kom in een stuk daar uit.

    Lyk my ek sal volgende jaar baie meer sinvolle kommentaar kan lewer😉

  2. Dit is baie waar dat Onderwysers nie altyd hulle les planne of idees wil deel nie. Baie voel dat hulle lank en hard gesoek het na kreatiewe maniere om lesse aan te bied en dat hulle nie wil he ander onderwysers moet hulle idees na-aap en dan onoorspronklik maak nie.

    Baie onderwysers wat vooruitstrewend is, wil ook soos hierbo gese is dalk ‘n module of boek op die been bring en wil dan nie he ander opvoeders moet hulle idees steel nie.

    Ons as derde jaars en vierde jaars het nou elkeen onlangs ‘n e-pos ontvang om te vra of ons sou belangstel om lesplanne gedurende die vakansie uit te werk, waarvoor ons natuurlik betaal sou word. Die studente het egter baie vrae hieroor.
    Ek wil tog net dringend vra… of ‘n mens kopiereg op jou lesse kan kry?

    Ek is egter glad nie teen die uitruil van metodes tot leer nie, mens moet egter net versigtig te werk gaan hiermee en uitkyk vir mense wat jou goedhartigheid wil uitbuit.

  3. Partykeer voel ek dat van die onnies nie eers hulle lesse beplan nie…(aka poedel)

    Is dit volgens jou ‘n goeie les om massas notas (van die internet afgetrek) te skryf op die bord sodat die leerlinge dit kan afskryf?

    Volgens my is dit die swakste manier wat mens kan skoolgee…dit help absoluut niks…of praat ek nonsens?

  4. Maar kan sy nogtans nie die moeite doen net om dit als vir haarself op te som nie? Dan sal sy ook verstaan wat aangaan. Sy weerspreek haarself konstant, en haar spelling is aaklig…uiters aaklig.

  5. Ek dink dis ‘n baie interessante onderwerp. Ek haat dit net om sulke opinies en dinge te tik, want dit vloei makliker uit ‘n mens se mond. Nou tik jy iets, en dan lyk dit nie reg nie en jy verander dit. Op die ou einde sê jy nie wat jy wou sê nie. Maar dis sommer net (weereens) my opinie. Ek is in ‘n mate ‘n perfeksionis en baie hard op myself – veral wat my akademie betref. In my eerstejaar was ek nog “alles vir myself” en het nie sommer vir ander gehelp met idees ens. nie. Maar vanaf jou eerste werklike proef, besef jy hoe kinderagtig jy is. Dink net, as die onderwyser nie vir jou raad gee terwyl jy proef nie, wat gaan jy leer? Wie gaan jou reghelp?

    Ek dink dit is van kardinale belang dat onderwysers mekaar moet ondersteun en idees uitruil. Daar is soveel diverse leerders in vandag se klasse en almal se leerbehoeftes verskil. Jou mede-kollegas is in dieselfde omgewing en skoolkonteks as jy en het dalk ‘n soortelyke probleem gehad, hoekom kan jy nie vra nie?

    Wat die lesse betref: Tot op hede, dink ek my eie lesse uit en gebruik ek die Internet slegs vir prente of om my inhoud aan te vul. Ek gebruik meestal handboeke vir inhoud. Ek het nog nooit ‘n les afgelaai van die Internet af nie. Ek is egter nie daarteen gekant nie, maar ek sal so iets met baie omsigtigheid benader. Die konteks waarin “Les X” gewerk het, is dalk nie dieselfde as jou konteks nie. Ek glo dat jy egter baie idees sal kan opdoen by sulke webtuistes, alhoewel ek dit nog nie besoek het nie.

    Oor die lesbeplanningsvorm: Ek skryf altyd my lesse volledig uit, dit wil sê, ek sê woord-vir-woord wat ek gaan doen. Dit is slegs daar om my te help. Ek gebruik dan my lesbeplanningsvorm as opsomming. Maar die situasie is onwerklik. Onderwysers wat tans in die skole is, skryf nie hulle lesse uit nie. Hulle is meer bekommerd oor die LU en AS en dat dit op alles aangedui word. Ek dink dat elke onderwyser se benadering tot les- en kwartaalplanne sal verskil, maar dat dit belangrik is, is ongetwyfeld. Wat as ‘n bus jou omry of jy kom in ‘n ongeluk – wie gaan weet waarmee jy besig is of waar om aan te gaan met jou klas?

    Ek dink ek dwaal nou van die punt af. Om op te som: Ek sal enige tyd my idees en lesse met ander deel, veral as ek voel dit kan bydrae tot die ontwikkeling van ander leerders. Ek sal ook ander bronne nader vir meer inligting en veral visuele materiaal.

  6. Dit is wonderlik as onderwysers hulle idees met mekaar deel! Twee koppe is mos beter as een. Ek het al briljante idees of metodes tydens proef of glaskas waargeneem. Idees waaraan ek nooit sou dink nie! Onderwysers moet op ‘n konstante basis met mekaar kommunikeer oor hulle ervaringe in die klaskamer asook wenke wat goed werk.

    As beginner-onderwyser sal ek my lesplanne en -refleksies met die ander onderwysers deel en dit met hulle lesplanne en metodes kombineer. Samewerking kom egter van twee kante af. Ek sal dus hoor watter metodes die ervare onderwysers in hulle klaskamers gebruik. Ek sal ook dit wat in my klaskamer doeltreffend werk aan hulle kommunikeer.

    Webtuistes wat ek besoek het (kreatiewe metodes om “tyd” te onderrig raakgelees, baie nuttig!):

    http://www.educationworld.com
    http://www.interactiveeducation.com

    Internet is ‘n waardevolle bron vir media in jou klaskamer veral visuele media soos foto’s, video’s, musiek ens. ROTO motiveer my definitief om meer van die internet gebruik te maak vir lesbeplanning en -voobereiding.

  7. hmmm….ek het net gister/eergister ‘n possie gepos oor werkskaarte…ek neem aan julle ouens hier is hoerskool? Sien my pos oor “Storietyd”…daar’s pdf’s vir enige persoon en lees wat ek daar gese het…ek’s nou ‘n Londoner..Laerskool-onnie.

  8. Hi Marelize..dankie, nou weet ek ook ..:) wat daar ook al is, mens kan enige tyd enige iets wat jy kry aanpas..kinders funksioneer nie almal op dieselfde vlak nie… ek het hordes opvoedkundige links in my favourites, maar vir laerskool vind ek hierdie een altyd baie oulik, daar is baie vir enige vlak…
    http://www.primaryresources.co.uk
    enige vak, Power Point, Word, pdf’s en jy kan verander soos dit jou pas, storie-files ook, baie interaktiewe witbord-files, ek weet nie hoeveel skole (dalk privaat?) maak al gebruik van Smartboard/Promethean nie, dis ‘n duur uitgawe, maar heerlik om te gebruik. Op hierdie volgende link is Wiskunde vir die laerskool…klaar uitgewerk…Y6 = vir 11 jarige kinders, om vir julle ‘n idee te gee…ek se altyd Wiskunde is Wiskunde waar jy kom, daar’s geen verskil nie, die werk is presies dieselfde, jy pas net dit aan vir die kinders voor jou. Hierdie Wiskunde is ook in eenhede en elke eenheid het sy eie werkskaarte ook.
    http://www.standards.dfes.gov.uk/primary/features/mathematics/maths_unit_plans/y1index

  9. Andre,
    Wil net graag weet waar op die blog kry ons daardie clip oor die konstruktivisme? E moet sê dit was nogal interessant om die gesprek te volg en dankie vir die links Mareli!

  10. Ek kan nie verstaan waarom op dees aarde onnies nie wil deel met hulle lesse nie. Ek was bevoorreg genoeg om van my eerste jaar van onderwys af by `n vakspan in te skakel wat ALLES deel. Vraestelle, lesplanne, opdragte – alles word uitgeruil en hergebruik (ons ruil soms sommer met ander skole ook!). Dit werk fantasties, want ons het almal `n sekere gedeelte waarvoor ons verantwoordelik is en trek almal die voordeel uit almal se harde werk. En ja, soms trek onnies wat self nie bereid is om die ure in te sit nie, voordeel uit hierdie hardie werk. Maar, maak dit regtig saak? Vir my is dit veel belangriker om te weet dat die moeite wat ek gedoen het op die ou einde erens tot die voordeel van `n leerder gaan wees.

    Leerders moenie gestraf word omdat hulle lui onderwysers het nie…

    Op die lang termyn dink ek dis tot almal se voordeel as almal (nie net vakspanne binne skole nie,maar sommer alle onnies) hulle kennis uitruil. Daar is tans `n baie groot hoeveelheid onderwysers wat op GROOT skaal plaggiaat pleeg deur werk net so uit handboeke en studiegidse af te rol omdat hulle nie die vermoeens en of tyd het om hulle eie lesse uit te werk nie. Hierdie gebruik is onaanvaarbaar en maak van onderwysers diewe (kom ons noem dit maar op die naam) en ja, die meeste van ons het onsself al op een of ander manier skuldig gemaak aan die roof van intellektuele eiendom. Deur inligting gratis beskikbaar te stel, skep ons die geleentheid vir onderwysers om weg te stap van die nare gewoonte om goedsmoeds materiaal uit ongemagtigde bronne te roof.

    As almal saamwerk kan die gehalte van onderwys in Suid-Afrika mos net verbeter!

  11. Wel, vakspanne (binne die skool) en cluster-groepe (buite die skool) help geweldig baie, veral vir nuwe onderwysers wat nog hulle voete vind.

    Ongelukkig verval meer ervare onderwysers egter dikwels in die waan dat hulle volleerd is, en “vermors” dan nie hulle tyd met groepsessies nie. Ook is min onderwysers se nota’s in elektroniese formaat, so dis moeilik om uit te ruil/te deel.

    Taalonderwysers het gewoonlik mede-onderwysers, maar spesialisrigtings in kleiner skole het dikwels nie mede-vakspesialiste nie.

    Almal byt nog nie aan die idee van “lewenslange leer” nie, ongelukkig.

  12. Daardie link wat ek hier geplaas het met die Wiskunde-Eenhede van Year1-Year6 (Jaar1-6) (Jaar 6 is ouderdom 11) is nou opgedateer met die nuutste manier van “doen” hier in die UK, dus is daardie Eenhede wat op die link was, nie meer beskikbaar nie, maar dit was fantasties uitgewerk, met werkskaarte ook. Enige iemand wat hier lees en daarin belangstel, ek het dit op my rekenaar (natuurlik Elektroniese formaat) en kan dit met e-pos stuur vir enige iemand wat daarin belangstel. Die “nuwe” eenhede wat hulle daar het die link nou het, het nie al daardie lesplanne/materiaal nie. Ek het nog nie daardie link gaan “explore” om te kyk wat daar is nie, het ook nie nou tyd om te doen nie, maar dag ek noem dit net hier. Dan stem ek saam dat Onnies meer deelsaam moet wees. As dit nie in elektroniese formaat is nie, waarom dan nie fotostate maak nie? Daar’s altyd ‘n uitweg waar daar ‘n wil is, dis my motto. Ek sit steeds met my Gr4/5/6 Afrikaans op my rekenaar. Enige iemand wat belangstel, gee my ‘n “shout” en ek sal aanstuur wat ek het. Enige ou kan net gaan verander wat daar reeds is na sy smaak en vir die kinders wat voor hom sit, elke klas/kind verskil en jy moet jaarliks aanpas by die omstandighede/kinders wat jy het.

  13. Hey julle, ek word die 14de en die 17de vir die eerste keer gekrit. Ek het julle hulp nodig. My vak is afrikaans en ek is by die gr4’s. My probleem is my onderwyser het vir my gese ek kan enige tema gebruik. Ek het besluit op die tema water te gebruik. My eerste les gaan ‘n luister en skryf les wees maar ek weet nie wat om met my tweede les te doen nie. As enige iemand idees het laat weet asb. Enige iets oor water.

    • Hi, triksie: Sterkte met jou krit-klasse. Moenie senuweeagtig wees nie, en wees oop vir die kritiek wat jy vanaf jou dosent gaan ontvang.

      Ten opsigte van waaroor jy moet klas gee, sou ek aanraai dat jy jou laat lei deur die kennis en waardes wat jy wil oordra, en die generiese sowel as die spesifieke vaardighede wat in die graadvlak en leerarea gespesifiseer word.

      Met ‘n tema soos “Water” is daar baie raakvlakke met ander vakke; ontgin dit gerus.

      * * *
      Die eerste gedagte wat by my opkom, is om hulle bloot te begelei in hulle verbeelding: na reënwoude, mis, wit ryp op die gras, ‘n doudruppel op ‘n blaar, swaar donderstormwolke wat blits, H2O-verbindings, sagte watte-wolle, ‘n gladde spieël-dam, ‘n kabbelende rivier, ‘n druisende waterval, ‘n kokende ketel, ‘n glas halfvol drinkwater, branders, sneeu, ysberge, ‘n druppende kraan… en leerders dan help om byvoeglike naamwoorde en bywoorde te vind om dié verskillende vorme van “water” te beskryf.

      Dan doen jy mos in wese taal wat hulle: byvoeglike naamwoorde en bywoorde.

      En ná julle met die beskrywende woorde vorendag gekom het, kan julle dit netjies in ‘n haiku of tanka verpak: dan kry jy vergelykings soos: “jou bene is so glad soos ‘n dam water” (graad 6 seun, ‘n paar jaar terug).

      Geniet dit!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s