Doop op ‘n surf-kamp

Standaard

Seniors dwing nog steeds gesag op juniors af; ongeag die Handves van Menseregte. Dopery van graadaggies (standerd sesse) is dalk afgeskaf, maar die praktyke steek oral kop uit.  Kyk af!

   

Hulle word verneder, hulle hare word geskeer en hul kaal lywe word met afval besmeer.  Geluk!  Jy het WP-kleure in surfing!  Ouboet is trots op jou!

Advertisements

One response »

  1. Die mens is uiteraard bitter egosentries — ek dink meer as wat ons wil toegee. Ek het onlangs ‘n interessante program oor babas gesien waarin hulle gepraat het oor die “terrible twos” en hoe dit spesifiek die tyd is waar ‘n mens se identiteit ontwikkel word (die ek). Dink net aan hoe selfsugtig klein kindertjies rondom daardie ouderdom is. Alles is joune en net wat jý sê tel.

    Die gevolg van ‘n groot ego is dat mense maklik hulle vermoëns oorskat. Die volgende stap is dat een mens dan dink hy/sy is beter is ‘n ander een en dít is suboptimaal vir ‘n groep se bestaan of werking (onthou, ons is sosiale wesens).

    Ek keur geensins die manier wat dinge gedoen word goed nie, maar dalk moet ons na die idees daaragter kyk en na ‘n menslike oplossing soek. Ek dink wel ons het ‘n evolusionêre oerdrang (neiging) om gelykheid te wil bewerkstellig. Ook dink ek dis ‘n stereotipe wat oral toegepas word wat nie noodwendig op alle mense van toepassing is nie. Dan is daar ook die kwessie waar sulke bedrywighede hoort. In ‘n sekere opsig maak dit vir my sin vir ‘n sportspan, maar maak dit sin vir ‘n koshuis?

    In kort: ‘n Inlywing kan sinvol wees binne sekere kontekste waar dit poog om die speelveld gelyk te maak, sonder om nuttige individuele vermoëns of ‘n mens se eie identiteit in die proses te verloor.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s