Sinlose skooltake grens aan kindermishandeling

Standard

Skooltake is vir amper alle ouers, leerders én onderwysers ‘n aaklige gedoente.  Lees Dorings en soms Rose se inskrywing Ouers moet klas gee of huiswerk doen, vanuit ‘n ouer se perspektief.

Die uitkomsgebaseerde onderwys (UGO)-filosofie agter die magdom take is wel op grondige leerteorieë geskoei: ‘n kind léér meer as hy/sy self inligting navors en take doen.

MAAR:

In plaas van klastyd afstaan aan begeleide navorsing, deel onderwysers die opdragte as huiswerk uit; in plaas van één omvattende taak waarin verskeie leeareas geïntegreer word, dink elke onderwyser sy/haar eie takies uit, sonder om dit te koördineer op die kwartaalrooster.

En so leer ons kinders cut en paste – nie om selfstandig te dink of kreatief kennis te skep nie – maar om onderwysers suksesvol te fnuik.

* * *

Wat ons werklik in klaskamers kort, is onderwysers wat konstruktivisties, taakgerig klasgee om leerders se belangstelling te wek; onderwysers wat nie iets as ‘n losstaande, summatiewe (net-vir-‘n-persentasiepunt) opdrag uitdeel nie, maar as ‘n geïntegreerde, formatiewe (vormende) oefening, waarop daar voortgebou en verbeter kan word.

Wat ons werklik in skole kort, is ‘n beleid rondom take, plagiaat en portefeuljesamestellings.

Wat ons by die huise kort, is ouers wat nie naslaanwerk namens kinders doen nie, maar vir hulle die beginsels van navorsing onderrig. 

Wat ons verder kort, is biblioteke en behulpsame bibliotekarisse.

* * *

Dalk help my handleiding.

Of dalk kort ons politieke ingryping.

Maar die take-tsunami’s tans grens aan kindermishandeling, of hoe dink jy?

9 responses »

  1. Hi, my eerste keer hier. ek is ma vir ‘n sewejarige in Grd 1 en ‘n 15jarige in Grd 9.
    Om van ‘n grd een kind te verwag om ‘n “oral” oor sy toekomstige beroep te doen en daarmee saam prente en bronne te kan gee is BELAGLIK. Dus is die ouer se inset aan die klas voorgedra na ure se oefen. Juffrou tevrede. 15-jarige doen taak oor hoe en wanneer die holocaust plaasgevind het. Google jy bietjie holocaust. Sien waarmee jy opkom. Kind vra hulp. Ek vra sy geskiedenis boek. G’n niks oor die holocaust nie. Dit het ure geneem om eers die geskiedenis aan hom te verduidelik en te help geloofwaardige bronne soek sodat hy ten minste ‘n taak plagiaat vry kon saamstel.
    UGO werk seker op papier, maar ek sien eerstehands hoe dit nie in die werklikheid werk nie.
    Ek sal weer hier lees – baie interessant.

  2. @flippiefanus: het jy vir my ‘n website met meer info asb? …ek dra ongelukkig geen kennis van die navorsingsfokusareas-debatte op nasionale vlak nie :O

    @Carina: welkom by my blog; jy sal beslis waardevolle insette as ‘n ouer kan lewer!

  3. Interessante pos. Dit sal baie help as Onderwysers vir kinders bronne gee! Dit was eintlik die doel al die jare met “integrering”. Ek was lank ook bib-onnie voordat ek Snr Prim onderrig het (verskillende vakke) en toe later Gr3’s vir ‘n paar jaar. Onderwysers is eintlik verplig om met die taak bronne te verskaf..maar jy weet hoe is hulle…lui. Ouers is geregtig om daarop aan te dring dat die Onderwyser vir die kinders moet bronne verskaf in die skool se biblioteek!! Vra my, ek weet! In my eerste 5 jaar van skoolhou was ek voltyds Bib-juffrou ook… en agv van my posisie, het ek net die Onnies verplig om bronnelyste saam te stel (met my hulp natuurlik) en dit is in die Mediasentrum aangehou en ook vir kinders gegee met die opdrag. Hulle kon nie vir kinders take gee as daar nie bronne in die Mediasentrum beskikbaar was nie. ‘n Oulike Adjunkhoof het tot sover gegaan (van my skool) om in sy vak ekstra fotostate te maak van slegs een boek wat beskikbaar was sodat meer kinders toegang kon he tot die “bron”. Ek dink net ouers (ek self is een) moet aandring op kinders se “regte”…(dis mos die “in-ding”)🙂
    net jammer dat die ouers nie ingelig is nie! Omdat daar meer en meer kinders toegang tot die Internet het, kan selfs websites gegee word wat gebruik kan word. Huidiglik is dit ook wat hier in die Engelse skole gebeur…alle bronne word verskaf! dis soveel makliker vir jou as onnie…jy kry gehalte werk gelewer…makliker vir die kind…hy kan presteer en sy punte opstoot! en makliker vir die ouer/onnie…beide is gelukkig want die werk kom gedoen deur die kind!
    Carina, ek stem saam, dis BELAGLIK dat ‘n Gr1’tjie so ‘n opdrag kry! Geen Onderwyser het daardie taak goed deurdink om so iets te kon gee nie! Wat is die sin? Die kind leer net mooi zits!

  4. hey, Nikita – ons het baie in gemeen: ek was ook bibliotekaris én skaakafrigter op my dag🙂

    …maar dit is tragies hoe die meeste SA-skole se biblioteke tans in onbruik verval.

    Vir ‘n skool om homself te bemark, moet hy baie vakkombinasies bied, sowel as ‘n verskeidenheid sporte – daarom word ‘n biblioteekpos moeilik hernu; die werk word na ‘n taalonnie gedelegeer, sonder tyd of ‘n begroting om enige aankope te kan doen.

    Biblioteke behoort ‘n sentrale rol te speel.

  5. Hi mnrMuller…nou toe! Wat’s jou “storie”, speel jy nie aanlyn skaak nie! ek het 3 sites waar ek geregistreer is, maar is besig om my games drasties te verminder agv studies en het nog net so 4 oor, jy wil nie speel sodra ek meer tyd het nie?🙂
    So ‘n paar jaar gelede (toe ek begin het) was dit nog ‘n fees om voltyds net tussen die boeke te wees en om aankope te gaan doen…’n hele dag-uit se uitstappie na die uitgewers! Hoe sal ek daardie goeie ou dae kan vergeet.. lol! Dis bitter jammer dat dit met die biblioteke gebeur, hier in Eng het dit ook gebeur, maar hulle is stadig besig om dit soort van terug te bring..maar by laerskole is dit nog ‘n probleem, ek was ook deeltyds hier al betrokke by een, alhoewel ek laas in SA gese het ek is “klaar”, maar as mens vir boeke lief is, dan kan jy nie regtig “klaar” wees nie, soos die skaak ook! Ek is nou weer aan die gang met ‘n skaak-ding en hier in Engeland het hulle nou ‘n skaakprojek wat hulle groot wil loods…jy kan op die link gaan lees, maar om eerlik te wees, die Engelse is NIE goed om te organiseer nie! ek het eintlik ‘n hele blog-inskrywing van hierdie “projek” gehad en een ou van die ECF (English Chess Fed) het ook sy inset kom lewer…nadat een ou van die skaaksite (met wie ek soort van saam mee gewerk het om sy klub op die been te bring) ook sy inset gelewer het..wag ek gaan die link vir jou kry…
    http://www.bcf.org.uk/

  6. Pingback: Kom ons pleeg plagiaat! « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s