In ‘n oulike klipsteenkerkie (regs onder) het my oudkollega, Marlien, met haar melkman, Helgard, getrou. Hier is ‘n foto van hulle tussen die varkore:
Die oulike (maar warm!) klipsteenkerkie is gebou op versoek van die dogtertjie, Mary Myrtle Rigg (1903 – 1911) wat op sewejarige ouderdom aan breinvliesontsteking oorlede is. In Bonnievale.
As jy van troufoto’s hou, gaan besoek gerus my vriend Kommerkas se blog of gaan lees die troustories van Karl Steyn. Hulle het foto’s wat veel mooier as myne is!