Volgende roadtrip: bosveld toe

Standaard

Ek het nog nie behoorlik kans gekry om oor my Wakkerstroom-roadtrip klaar te blog nie; nou vertrek ek en ‘n vriend oormôre weer op ‘n volgende trippie Sabi toe.

Dis interessant hierdie land van ons.  En sy groepies mense.

Dis ook interessante tye in ons politiek.  Toe ek en Francois C uit die Boland vertrek het, was Mbeki sopas sy presidentskap kwyt.  Met die nuwe party voel dit amper asof ons onsself nou eindelik begin definiëer met minder struggle-retoriek (van die behoudendes én verligtes se kant af).

Dis ook die indruk wat ek tydens my vorige travels gekry het.  Suid-Afrikaners is actually heel plesierig; ons almal sukkel, maar ons baklei nie meer nie.  Ons probeer almal maar net onse potjie krap in ons dorpies sonder water onder ‘n felle son.

Ek sal sekerlik binnekort blog oor Clarens – ‘n pragtige heuweldorpie vir kunstenaars daarbo.  Ek hoop, al gaan dinge nog lank neem, dat ons al die stofdorpies langs die pad self sal ophef tot die paradysies wat dit kan wees.

Maar vir eers weer, vaarwel!  Hiervandaan tot Mosselbaai en dan aai-aai en ek en Hermannetjie tot in Sabi.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s