Gisteraand was dit weer sulke tyd: studente, ouers, kinders en locals kon happily deur Victoriastraat vleg om die spektakel van Vensters te beleef!
Destyds was Vensters bloot die versiering van koshuise se buitevensters as voorbrand vir die Vlotoptog, hier-en-daar aangevul deur klein toneel-impromptu’tjies.
Maar vandag is Vensters, met groot geverfde doeke teen stellasies opgehang, opgeboude verhoë, luidsprekers wat die dialoog en musiek uitbasuin, ingedrilde dansies, professionele klank- en ligte, en goeie skarebeheer op paviljoene, die main event.
Koshuispare skryf in die vakansie hulle 10-minute stories, neem dit op, werk dansies uit, en beplan die kostuums en backdrop sodat, wanneer die jaar begin, die eerstejaars net hulle passies kan inoefen en perform.
Wat ‘n belewenis!
Vanjaar was daar méér vertonings, met nuwe privaatwyke, en Boland Kollege, Isa Carstens en Elsenburg wat ook deelgeneem het. Die shows was grappig en goed gechoreografeer, en die gees in die skares en onder die eerstejaars opgewek, drankvry en vrolik.
Graag wil ek dus, namens die klomp random mense wat gisteraand ‘n gratis kunstefees kon beleef, baie dankie sê aan al die joolkomitees, eerstejaars en organiseerders wat ‘n vreugdevolle gemeenskapsfees op die been gebring het. Ek sien uit na volgende jaar dié tyd!
Gaan kyk gerus op Kommerkas se blog vir kleurryke joolfoto’s.
Was verseker ‘n belewenis! Loer sommer hier vir Nerina se opvoering : http://bravenboer.wordpress.com/2009/01/30/maties-rag-09-day-9-vensters-nerina-and-huis-visser/
Wanneer was dit so ‘n impromptu-affere? Toe antie Jeanette in die vroee jare negentig van die vorige eeu gevenster het was dit reeds so ‘n netjies uitgewerkte, goed gerepeteerde gedoente.
Nee, nog ‘n paar dekades voor dit; ekself was ook in die negentigs op die Vensters-verhoog. Oftewel voor die verhoog… (Ek was ‘n brander.)
Antie Serdyn leef!!!! Stuur haar daar in my rigting ook.
Mnr. Muller, hier is ‘n vertraagde reply en ‘n uitnodiging:
http://piesangverkoper.co.za/?p=137#comment-943
a nee a, die antie kan gerus kom inloer.
Ek het net ‘n paar weke terug op die skaak-site vir ‘n Amerikaner gese dat dit iets is wat die Britte nie het nie, ek weet nie of daar so iets vroeer was nie, maar by Brunel waar ek nou is, is dit beslis nie. Dankie vir die link, het gaan loer, het my weer laat terugdink aan my studente-dae in SA! hoe heerlik was dit nie!
http://www.boffinsquad.co.uk/teachers/quizMain.aspx
Nou’t ek vir jou die link hier neergeplak…oor MI- Multiple Intelligence..dis ‘n quiz en dis heel oulik… het gedink jy sal ook hierin belangstel.
thx, Nikita! dit lyk na ‘n heel oulike site, ja.
ek sal die link weer gebruik!
http://www.leadermagazine.co.uk/article.php?id=1272
Jammer dat ek jou blog so be”spam” met links..ek het hierdie nogal “interessant” gevind…dat die Senco (Dept Hoof van SEN) hier in die land van die Engelse nie eers ‘n gekwalifiseerde Onderwyser hoef te wees nie, alhoewel hulle dit glo nou wil verander. Nou toe nou! hierdie Britte…laat my sprakeloos.
Terug pieng: Ope brief aan die primarius van my oud-James Bond koshuis « mnr.muller
Terug pieng: JOOL is dood; lank lewe JOOL! « mnr.muller