Debatte, redenasies en stomende blogs

Standard

In standerd 6 het ek my hand opgesteek in die Engelse klas.

Die juffrou was naarstaltiglik op soek na leerders vir die Rotary Debating se junior debatspan.  En niemand was bereid nie.

Toe dink ek: ek kan nie is en are nie, en ek hou nie daarvan om voor mense te praat nie – die bottervliegies swerm in my maag rond – en dit lyk nie my na ‘n cool ding om te doen nie…

Klaarblyklik het die dink nog nie behoorlik in my losgekom nie, want vir enigiemand anders sou 1. Vrot concord 2. Vrees vir praat voor mense en 3. uncool ding om te doen, logieserwys gelei het tot 4. Moet ten alle koste nie jou hand opsteek nie.

Nietemin, my hand was in die lug en ek het heel verbaas daarna opgekyk.

* * *

Van toe af tot in matriek was ek in die skool se debatspan.  Ons het aan die interessantste onderwerpe deelgeneem: oor of die mensdom meer beskaafd geraak het, of SA nog ‘n kernkragsentrale moes bou, regstellende aksie, doodstraf, krisisse in Darfour en etiek rondom kloning en what not.

Flops het ek gereeld gemaak, dikwels onsin gepraat, altyd op my senuwees gewees, meestal soos ‘n idiot gevoel, maar heeltyd geleer hoe om beter te dink; om versigtig ‘n opinie te vorm; ‘n teenoorgestelde standpunt in te sien, en genuanseerd van myself te kan verskil.  Om akuut uit te luister vir foutiewe logika, wrang pathos, of diskriminerende etos.

Ons was ‘n dapper span wat in ons aangeflansde Engels die moedertaalsprekers moes aanvat. 

* * *

Maar deesdae is my hand selde in die lug; ek sit voor ‘n keyboard en tik.

Tog jammer dat die gentlemen’s game vervang is psuedo-debatte op die internet; blogs waar mense in twee sinne en ‘n emoticon verskil van iets kompleks-kontroversiëels wat aspris oorvereenvoudig is om reaksie uit te lok.

Redenasies skree van denkfoute, maar eiewys woed debatte onberedeneerd voort.  Of altans, so lyk dit my.  En dit is jammer.

6 responses »

  1. Die ergste is dat ek die apatie binne my voel. Ek weet nie meer of ek die wêreld w Waar eens onskuld en entoesiasme was groei nou luiheid en sinisisme. Wat maak dat ek nie regtig meer omgee nie. Maar… Ek’s gelukkig.

  2. Arrrgh! Sleutelbord-fout post artikel voor ek dit klaar getik het! Wou sê:
    “Ek weet nie meer of ek die wêreld wíl oortuig nie.” Maar André – jy het nog die gawe om daai vlammetjie in mense weer te laat opvlam. J

  3. En daar gebeur dit wéér. “J…úís met die vaardighede waarvan jy so vaardig daarbo van praat. Maar wat om daarmee te doen? Die hel weet.”

  4. hehe, jy post jou comment in triptiek😉

    miskien moet ek maar bloot van die internet afklim en weer voor ‘n klas gaan staan? die wêreld 35-stuks op ‘n slag probeer verander? hmf, of wag… daar skop die sinisme weer in.

  5. Klink my ek sou dalk ook beter af gewees het as ek debatvoering op skool gedoen het. Dis eintlik nogal lekker om te sit en redeneer en argumente heen-en-weer te slinger op soek na beter antwoorde vir probleme wat ons in die gesig staar. Dis jammer ek kry (of maak) nie genoeg geleenthede daarvoor nie.

    Maar debatvoering self het slegs waarde vir die mense wat daarby betrokke is. As jy die wêreld wil verander, moet jy die gevolgtrekkings uit jou debatte begin toepas. Jy moet ophou praat en net eenvoudig begin doen. Nie almal gaan hulself steur aan jou genuanseerde, self-weersprekende teenargumentasie nie, maar aksies het ‘n manier om selfs sulke ontoeganklike mense te beïnvloed.

    Enige foutiewe logika in so ‘n stelling?

    Francois M: dalk moet jy probeer wat ek soms doen en eers jou kommentaar in Notepad saamsnoer.🙂

  6. Pingback: Seks met skoolmeisies « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s