Seks met ouer vroue

Standard

My beste valentynsdag was drie jaar terug dié tyd in Kaapstad.

Ek en my beste vriend en sy flatmate (twee van ons single en een it’s complicated) het manlik alleen elkeen ‘n burger-en-bier special by Arnolds, in Kloofstraat, bestel.

My bier het ek verruil vir ‘n whiskey of vier, en so het ons nog gesit en mor en kuier en rook, toe die tafel langsaan ons eensklaps opsyskuif vir drie swart nommertjies, elegant gedrapeer om drie beautiful lywe van drie aantreklike, vroeë-veertigs vroue.  Single en opgedress vir ‘n divorcée’s aand uit.

Die versinnebeelding van vrouwees.

Veral die een: selfversekerd; dog met ‘n tikkie twyfel in haar oë, was the absolute embodiment van sjarme en vroulikheid.  Die ander twee se kontoere het ek al vergeet, maar haar gesig en lyf en persoonlikheid bly my by.

Die skalkser een het begin met die flirtasies.  En ek en my buddy moes toehoor hoe vanselfsprekend-flink onze flatmate-vriend nonstop-nonchalant reageer. Onbehoeds speel ons toe saam en begin hap na Engelse woorde en frases en grappies. 

Seuntjies teen vroue; vroue teen seuns – all is fair in love and war.

Ons drie in ons middel-twintigs: jonk, viriel en geriffeld; hulle al drie in hulle prime: lewenswys, -lus en listig.  En soos die aand vorder, almal effens onnugterder.

* * *

Teen middernag het ons, gevlei, die uitnodiging Langstraat toe, met dank, van die hand gewys.  En rustig in ons onderskeie flats alleen en selibaat aan die slaap geraak.

Maar daai drie dames, uitgevat en sexy, en veral die ene met die skaam glimlag, het langs my gelê en rol in my gedagtes.

* * *

Want ondanks ons kuisheid, en ondanks ons stoutgeit, het hierdie kort liefdesspeletjie vir my méér hoop gegee vir die lief en leed wat my nog voorlê.

Van toe af sien ek uit na my haarlyn wat styg en stadig-statig versilwer, en kan ek nie wag vir die bonsende mini-meisietjies van Stellenbosch om groot te word nie.

Want wat ek soek, besef ek, is ‘n volwaardige vrou.

En dis okay, besef ek, ek kan wag.

(Daar is selfs ‘n tweede kans ná veertig.)

Advertisements

13 responses »

  1. Daar’s iets in jou woorde, vriend, wat waar weergalm. Natuurlik wens die li/ustige vrouens ook dat die wipperige klein mannetjies wil grootraak… Ek het my eie teorieë, maar baie sterk beïnvloed deur vriende se opinies… So te sê elke straight ou het fantasieë van threesomes met skaars-uit-die-skool russiese modelle. Maar ek glo nie dat ‘n ménage à trois regtig so lekker is soos wat ‘n mens self wil glo nie. (Of oortuig ek myself maar net omdat ek waarskynlik nooit sal weet nie?) Maar ek bedoel dit… En daar’s baie waarde in passende volwassenheid in ‘n verhouding. En in daai opsig pas baie van die sugardaddys inderderdaad by hul jong blaartjies. Maar as die blaartjie grootword is sy hom een voor in die volwassenheids-gebied, en dan moet hy haar maar inruil. Selfs al is jy die chirurg wat die wêreld se eerste hart oorgeplant het? Dokter van harte, inderdaad.

    So, wat gaan gebeur die volgende keer wat jy ‘n stu-bare middeljarige dame teëkom?

  2. dizuman moet praat
    hofmakery sonder die hof
    geen kom”miesies” van ondersoeke
    of enige stortvloed van vrae
    om die risiko van hiv af te was
    geen female
    ook geen blackmale
    dan liewer selibaat
    en sonder ‘n maat
    as seks met ‘n ouer vrou van die straat
    dizuman moet praat

    eksekondeer
    seksbefore president
    is uit
    dizuman moet praat

    mnr muller for president

  3. My oe het behoorlik gerek oor jou onderwerp – gedag jy’s hierdie bleek, onskuldige mnr Muller – toe kom ek agter jy is eintlik onskuldig…lol! Dit was nou lekker om hier te lees en geniet jou “fantasiee” 🙂 Hulle se ‘n vrou se beste tyd is na 40 as dit kom by seks!
    Ek het eintlik gekom om vir jou ‘n link te gee oor ‘n MI-quiz…baie oulik, gaan net gou kyk waar kan ek hom vir jou neerplak!

  4. Ek was nooit ‘n bonsende mini-meisietjie nie en is ook nie ‘n stubare middeljarige dame nie, maar ek wonder steeds of daar so iets soos ‘n platoniese vriendskap kan wees – is ‘n mens nie maar altyd op ‘n manier bewus van die ander se seksualiteit nie?
    En waar is die lyn (balans)tussen wellus, listigheid en sensualiteit?
    Hoekom noem hulle dit platonies – het dit iets met Plato te doen?

  5. Sjoe. Van threesomes tot presidentskandidate; lyk my dis moeilik om seks van die politiek te skei? 😛

    @estelleke: Moeilike vrae. Dit is handig en maklik om “liefde” te klassifiseer in platoniese vriendskap en agapé en eros, e.d.m., maar ek vermoed daar is ‘n verweefdheid wat die grense van genoemde definisies oorskry.

    Dis eintlik Die Piesangboer se bespreking oor selibaatheid wat my aan die dink gesit het. Hoe losmaakbaar is seksualiteit en geestelikheid as ‘n mens van “liefde” praat?

  6. Johannes – ek vermoed dat die politikus die een is sonder gewete 😉

    MneMuller – ek is beindruk met hierdie inskrywing van jou, synde self reeds aan die anderkant van 40 😆

  7. Terugklingel: “Het blogs ‘n rol te speel in die bevordering van goeie waardes?” « mnr.muller

  8. Het jy ENIGE idee wat dit vir die 40-plussers gedoen het? Glo my, toe ek nog ‘n jeugdige 40+ was (many moons ago) het ek presies geweet. Dis wen-wen daardie.

  9. So begeerlik soos die volwasse vroue vir julle gelyk het, so begeerlik was julle as jong viriele en aantreklike ouens vir hulle. En miskien speel die ouderdom ‘n rol daarin. Maar julle het veilig gekies en pyn vermy! Ek sal moet gaan lees oor die skoolmeisies. Jy gaan mos ‘n onnie word!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s