Die radio vra: Kan blogs goeie waardes bevorder?

Standaard

“Het blogs ‘n rol te speel in die bevordering van goeie waardes?” is die vraag wat ek môreoggend moet beantwoord.

Enige idees?  Ná my vorige posts oor Seks met skoolmeisies en Seks met ouer vroue weet ek nie of ek die beste persoon is om die vraag te beantwoord nie, hehe.

‘n RSG-omroeper wil blykbaar ‘n program saamslaan oor “waardes” en “jongmense” en die idee is dat ek die buzzword “blog” moet ingooi.

Hoe dink julle? Kan ‘n mens blogs suksesvol inspan om “waardes” te onderrig?

Ek probeer met my lesse wat ek onder LIFE SKILLS skryf (soos my posts oor rook, drink, vloek en vry) kontensieuse kwessies aanraak, maar hoe dink julle?  Hoe onderrig ‘n mens waardes aan jongmense?

Sou julle tieners aanmoedig om facebooking met blogging aan te vul?

Advertisements

5 responses »

  1. Ek vermoed dat ek dalk nie glo in hierdie idee van waardes onderrig nie, alhoewel my wantroue daarin sekerlik kortsigtig is – ek kan onmoontlik dink dat alles wat ek as reg of verkeerd beskou met my eie kop uitgedink is. Nogtans is dit ‘n lekker idee dat mens eers werklik oortuig kan word as jy self die rede daaragter verstaan. Dit is dikwels my ondergang – sommer is nie ‘n rede nie (en hase het nie vere nie, of so se hulle…).

    Miskien is dit dan die crux van so iets onderrig: sou mens dit so kon doen dat dit vir elke leser (of tenminste ‘n aanvaarbare gedeelte) die boodskap sou verduidelik en oortuig op ‘n manier dat die leser sou kon identifiseer en selfs saamstem? Dis dan seker waar die verskeidenheid en hoeveelheid blogs kan help – as daar ‘n blog kan wees waarmee elke tipe soekende kon identifiseer, dan kan daardie massas sekerlik meer effektief bereik word as deur ‘n 40 minute toespraak in ‘n koue skoolsaal.

    En dan die groter vraag: watter stel waardes word gepreek? Jy praat van “goeie waardes”. Goeies? Watter is die goeies? En wie besluit dit? Eeue oue vrae, stel ek myself voor.

    Ek dink dat blogs suksesvol ingespan kan word om /iets/ te kommunikeer, maar saam met daardie effektiewe kommunikasie gaan kontrole noodwendig verlore. Of dit van die sukses steel moet seker maar van die metaforiese kansel af besluit word.

  2. ‘n Goeie vriend van my sê altyd vir my, as ek sy raad oor iets vra, dat ek waarskynlik in elk geval gaan doen wat ek wil, en dus maak dit nie saak wat hy vir my sê nie. Ek verskil daarvan. Sure, miskien gaan ek tog nie doen wat hy sê nie, maar ek dink mense luister na ander mense. Die ding is – die effektiefste invloed word uitgeoefen deur die mense na wie jy wíl luister. En dis normaalweg jou vriende, en nie die skoolhoof nie. Sure, mens luister ook (soms) na jou ouers – verál as jy respek vir hulle het.

    Nou, met die hele waardes leer ding, probeer die aanbieder seker praat oor hoe ‘n mens die waardes wat vir jou belangrik is aan ‘n teikengroep leer – met of sonder die nodige “cred” by hulle.

    * Soos ek hierbo gesê het is die maklikste om mense te onderrig met waardes omdat hulle jou respekteer en graag van jou wíl leer. Maar daarvoor het jy die “cred” nodig.
    * Andersins kan jy mense met logika probeer oortuig, selfs al hou hulle nie van jou nie. As jou argument waterdig is dan sal mense wat dink jou glo. Maar waardes is selde suiwer logies, en as mense negatief ingesteld is of nie _wil_ dink nie, dan gaan dit anyway nie werk nie.
    * Of jy kan mense intimideer, maar dis selde blywend en in elk geval negatief. Ek sou ook sê dat mens dan nie waardes onderrig nie maar gehoorsaamheid.

    Ek sou maar net sê dat mense altyd en outomaties waardes by mekaar leer, maar dat blogs die kommunikasie vergemaklik, en dus ook díe aspek van kommunikasie bevorder. En die mense wat die meeste blog (of watter medium ookal gebruik) het dalk meer invloed as die wat stilbly. Dis egter orgnies en nie regtig iets wat deur ‘n skoolhoof beheer gaan word nie.

    My 2c. Opinies?

  3. Thx, kamerade!

    estelleke, ek hou van jou beroep op bloggers om te deel “wat waar is”.

    ‘n Blog-platform skep dan ook die geleentheid vir mense om hulle waarhede met mekaar te kan deel, wat ek dink die hoofpunt is wat Bernard en Francois M maak.

    Hoe “waar” is blogs oor die algemeen egter?

    Ek aanvaar dat kinders self hul waardes skep, en nie net copy en paste wat hulle ouers of onderwysers hulle probeer onderrig nie; so die vertel – en belewenis – van stories, en om ‘n eie opinie tussen ‘n klomp standpunte te kan vorm, dink ek is belangrik.

    Dankie vir julle flinke reaksies!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s