Life skills #12 – om kwl te wees

Standard

Om cool te lyk, raak skielik belangrik as jy ‘n tiener of jongmens is.

Waar jy as laerskoolkind enige hemp oor jou kop sou trek, kyk jy as jongmens éérs na die label voor jy ‘n kat in die sak koop.

Dit is veral opvallend hier op my studentedorp – die bruisende jongklomp pronk opmerklik in hulle kort rompies in die middel van die winter, en die bronstige opslaankraag-manne woed met knap moue agterna.

Grade 1 tot 6 was makliker

Voordat jou hormone ingeskop het, was die lewe waarskynlik makliker.  Jy’t stuff gedoen bloot omdat jy daarvan gehou het.  Jy het met vriende gespeel, omdat speel lekker is.  Jy’t jou huiswerk netjies gedoen, omdat dit lekker was om ‘n goue sterretjie te kry.  Netheid, stiptelikheid en dissipline is ingedril as waardes; pret en vriendskap het vanself ontwikkel.  Jou ouers, onderwysers en maatjies was almal cool.

Dan kom die wedywering en opweeg van waardes

Maar van graad 7 af begin die druk opbou.  Jy begin warm voel as daar ‘n mooi mens verby jou skuur.  Die media adverteer wie en wat en hoe mooiwees is.  Die rat race begin.  En pryse word uitgedeel vir sportsterre en slimkoppe en beauty queens.

Hoe ouer jy word, hoe moeiliker raak dit om waardes te manage, want skielik is daar nie meer genoeg tyd om al jou huiswerk netjies én betyds te doen nie.  Stiptelikheid en netheid wat destyds so maklik, afsonderlik, nagestreef kon word, speel nou teenoor mekaar af.  Jy moet begin kies.

En dié balancing act is ‘n moeilike game om te speel.  Is dit belangriker om handsome te lyk, of om fun te hê; om laid back te wees of hardwerkend?

Cool-wees hang van jou kliek se definisie af

Skop jy ‘n rugbybal sonder effort oor die pale, dan kuier jy met jou pelle, en vloek die nerds uit.  Want as die teenoorgestelde ouens uncool is, dan maak dit jou mos – per definisie – cool.

As jy slimmerig in die klas is, maar nie te hot op die sportveld nie, dan groepeer jy jouself saam met die skaakspelers – en koggel die jocks uit.

As jou bolyf geriffeld is en jy hou van surf, dan hang jy saam met die chicks op die strand uit en lag vir die losers wat te bang is om skool te bunk.

Maar wie is eintlik cool?

Eers later, as jy uitgeswel is van lyf en grinnik vir die wannabe’s, besef jy dat hulle almal ewe fake is.  ‘n Emo t-shirt maak jou nie cool nie, ook nie die Niké t-shirt nie, ook nie ‘n Diesel-ene nie.

Verskil tussen cool lyk, en cool wees

Om cool te lyk, is ‘n oppervlakkige game.  Om cool te wees, is ‘n leefstyl.

Wie dink jy is die cool ou – die een wat sy sakgeld spaar vir sy studies, of die een wat elke sent uitgee op ‘n duur sonbril, nuwe jeans…?

Een van die ontwikkelingstake van ‘n adolessent is om gemaklik te raak met jou jouselfwees. Om nie meer cool hoef te lyk vir ander nie, maar goed te kan voel oor jouself.

Soms moet ‘n mens juis vir ‘n ruk lank verstrengel raak in die probeer-inpas-by-wat-ander-dink-cool-is idee, sodat jy kan besef wie en wat werklik vir jou belangrik is.

Dan val die sonbrille een-vir-een af, en kan jy uiteindelik begin om jou medemens direk in die oë te kyk, sonder ‘n ego in die pad.

7 responses »

  1. Aha, dis lucky. Ek het êrens ‘n breuk in my opvoeding gehad, want ek sukkel nog steeds om cool te lyk/wees, gmpf.

    Clinton, wil jy nie ‘n paar tips gee vir die lesers oor hoe om cool te wees nie?

  2. Goeie opsomming van die ontwikkelende selfbeeld. Selfs ou toppies op bikes kan cool wees.😀

    Ek dink daar is ‘n neiging deesdae om die ego af te skiet as boos, terwyl dit innerdaad ‘n belangrikke deel van ons menswees is. Daarsonner kan ons nie. Die idee is eerder om ‘n volwasse (mature) ego te ontwikkel wat nie net selfsugtig na mens-self omsien nie, maar ook die welsyn van anner mense en wesens op die hart dra.

  3. Hm, Joh, jy het gelyk. ‘n Mens verwerf tog ‘n persoonlike styl en manier van lyk en optree teenoor ander mense. Dit maak dus nie sin om ‘n ego of persona of image weg te wens nie.

    Wat sou jy sê is die kenmerke van ‘n volwasse ego?

  4. Dis nou ‘n groot vraag daai, mnr.muller!

    My beskeie siening is dat ‘n volwasse ego een is wat (onner andere):
    – anner se reg tot geluk en welsyn respekteer en onnersteun.
    – nie sy eie geluk en voorspoed najaag ten koste van ander nie.
    – verdraagsaam is teenoor verskillende sienings.
    – standvastig is in sy eie bestaan en nie deur giere meegesleur word nie.
    – selfbeheersing kan toepas, veral wanner brandende begeertes opvlam.
    – goedhartigheid as ‘n lewenswyse beoefen.
    – genoeg selfversekering het om nie deur kritiek ontstig te word nie.
    – weet dat om te faal baiekeer ‘n goeie stap in die proses van groei is.

    Genade, ek kan aangaan met die lys tot vervelens toe, maar ek dink die algemene idee wat deurkom is dat ‘n volwasse ego een is wat selfbehebtheid ontgroei het.

  5. Interessante gesprek. Ek is in daai groep wat die ego wantrou, selfs ‘n sogenaamde “gesonde ego”. Die probleem met ‘n ego, is dat dit jou geluk aan selfbeeld koppel – solank jy goed voel omdat jou ego opgebou word, is jy altyd ‘n potensiële slagoffer van die blues wanneer daai ego weer ‘n skop kry. Dis die kultus van selfbeeld wat ons leer jy verdien liefde (ook van jouself) wanneer jou goed is – op die oog af mooi, maar dit impliseer ook dat jy nie liefde verdien wanneer jy nie goed is nie. So ‘n “gesonde ego” dra reeds in homself die onvermydelike ellende wat gaan volg.
    Slag die ego!

  6. Hm. Die woord “ego” is sekerlik verwarrend hier, omdat elkeen ‘n effense anderste verstaan daarvan het.

    Nietemin, dink ek ons (Joh en Piesangboer) stem min/meer saam: soos jy ouer word, raak jy minder afhanklik van wat ander van jou dink; dit raak belangriker wat jy vir jou medemens kan doen.

    In ‘n verbruikersamelewing sukkel jy egter om jouself los te maak van dit wat die media voorskryf. Jy kyk na jou eie belange. En dis makliker om ‘n cool look te koop as om ‘n cool leefstyl te leef: Ons koop eerder surfer-klere as of te surf.

    Ga! Surfklere. Die enigste surf-klere wat jy nodig het, is ‘n wetsuit😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s