Konnektivisme: ’n nuwe leerteorie

Standard

Ek is besig om op te lees oor konnektivisme – ‘n leerteorie wat kortweg sê dat die skep van kennis as nodusse en netwerke voorgestel kan word.

Dit is dus ‘n verfyning van konstruktivisme, wat sê dat leerders self kenniskonstrukte skep.  Die nuwe -isme beskryf in verdere detail hoe die konstrukte (op neuronvlak) lyk – en beperk “leer” nie net tot lewende organismes nie.  Ook verreken hulle die uitwerking wat tegnologie op (informele) leerprosesse het.

(Die konstruktivistiese leerteorieë het op hulle beurt weer behaviorisme uitgebrei, wat leer d.m.v. kondisionering aangeprys het.)

Vanuit ‘n artikel deur George Siemens http://www.itdl.org/Journal/Jan_05/article01.htm is die volgende leertendense en -beskouïnge vandag relevant:

  • Many learners will move into a variety of different, possibly unrelated fields over the course of their lifetime.
  • Informal learning is a significant aspect of our learning experience. Formal education no longer comprises the majority of our learning. Learning now occurs in a variety of ways – through communities of practice, personal networks, and through completion of work-related tasks.
  • Learning is a continual process, lasting for a lifetime. Learning and work related activities are no longer separate. In many situations, they are the same.
  • Technology is altering (rewiring) our brains. The tools we use define and shape our thinking.
  • The organization and the individual are both learning organisms. Increased attention to knowledge management highlights the need for a theory that attempts to explain the link between individual and organizational learning.
  • Many of the processes previously handled by learning theories (especially in cognitive information processing) can now be off-loaded to, or supported by, technology.
  • Know-how and know-what is being supplemented with know-where (the understanding of where to find knowledge needed).

Die uitgangspunte van konnektivisme is:

  • Learning and knowledge rests in diversity of opinions.
  • Learning is a process of connecting specialized nodes or information sources.
  • Learning may reside in non-human appliances.
  • Capacity to know more is more critical than what is currently known
  • Nurturing and maintaining connections is needed to facilitate continual learning.
  • Ability to see connections between fields, ideas, and concepts is a core skill.
  • Currency (accurate, up-to-date knowledge) is the intent of all connectivist learning activities.
  • Decision-making is itself a learning process. Choosing what to learn and the meaning of incoming information is seen through the lens of a shifting reality. While there is a right answer now, it may be wrong tomorrow due to alterations in the information climate affecting the decision.

Ek hoor graag wat julle hieroor dink.  Veral my ingenieursvriende en ouens wat spesifiek met netwerke (en wiskundige modulasies daarvan) werk.  Intussen lees en wonder ek verder.

Miskien is ‘n beter vertaling: verbintenisme?

4 responses »

  1. Daar is ‘n paar woorde wat sekerlik beter vertalings verdien.

    Verbintenisme klink heel oulik, maar die probleem lê daarin dat die konneksie tussen twee onverwante nodusse ‘n meesterstuk op sy eie is. Hierdie konneksie se ontstaan en vorm is na my mening bloot te kompleks om lukraak in rekenaars te simuleer. Tog is AI seker ietwat soos ‘n rekursie prosedure: as jy hom effens verkeerd het werk dit glad nie. So, hopelik vind Malan of iemand die kode sodat ons uiteindelik rekenaars kan kry om vir ons te dink.

    Groetnis

  2. Ek ignoreer nou eers die vraag oor wat wiskunde oor netwerke sê. Ek het so bietjie daaraan geswot, en kannie nou aan enigiets relevants dink nie. O wag, tog, nou dink ek aan iets:
    Die kompleksiteit van netwerk-tipe-probleme styg dikwels ontsagtlik vinnig. So vinnig dat ons as mense maar net met ‘n paar nodusse op ‘n slag kan werk. En selfs rekenaars sukkel soms met sekere tipe netwerke wat maar slegs, sênoumaar, 14 nodusse het.

    En op ‘n ander noot (nodus), as kommentaar op Fritz se antwoord:
    Ray Kurzweil sê dat die laaste ding wat ons as mense hoef te doen is om ‘n rekenaar/robot te ontwerp wat slimmer is as ‘n mens, en dieselfde kan doen. Op daai tydstip kan alle mense maar almal op vakansie gaan, want die rekenaar gaan ‘n beter job daarvan kan maak om nóg ‘n beter rekenaar te ontwerp. Ad in finitum. Amen.

  3. Pingback: Closing the student learning loop (after an IR conference in PE) « mnr.muller

  4. Pingback: Closing the student learning loop (after an IR conference in PE) « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s