Happy met Zuma

Standard

Ek is happy met Zuma as president van ons land.

‘n President moet:

  1. ‘n handelaar van hoop wees,
  2. ‘n  goeie kabinet aanstel, en
  3. lekker kan gesels met buitelandse mense.

Nou, ek besef dat vir heelwat opgevoede middelklas-burgers is Zuma miskien nie die ideale rolmodel nie, maar vir die meeste Suid-Afrikaners is die rural boy wat met vuiste sy pad tot heelbo oopgeveg het, tóg ‘n teken van hoop.

Jy kan heelwat sê oor die integriteit van die ANC-leierskorps, maar wat politici betref, is hulle nie ‘n té slegte spul nie.  En die opposisie sal die vrottes onder hulle laat klippe kou; dis gewis.

En, soos wat ons al telkemale gesien het, kan Zuma net so lekker kuier om ‘n tradisionele Zulu-braaivleisvuur as met Steve Hofmeyr of die manne van die VF+.  En vir enigiemand wat dít kan regkry, is geselsies aanknoop met wêreldleiers mos kinderspeletjies.

Bowenal Zuma laat my lag.  En hy kom met sy eie catchy theme song!

corruption

7 responses »

  1. Ek is so bly iemand sê dit ‘n slag. Daar is op die oomblik ‘n histerie wat nie goed is nie, so asof mense besluit het, “as zuma nie misluk nie, sal ons sorg dat hy misluk”. Daar was al erger presidente as Zuma hier in die land (die vorige een byvoorbeeld). Ons gaan heel moontlik okay wees.

  2. Ek weet nie jong. Hoekom moet ons tevrede wees met net okay wees, om net tweede of derde beste te kry? Mnr. Muller, daar is waarheid in wat jy sê, maar persoonlik onderwerp ek enigiemand wat vir my ‘n leier wil wees aan hoër standaarde en waardes as dit. As ek nie my leiers kan vertrou nie, dan het hulle vir my geen waarde nie, want ek moet dan effektiewelik al die take self doen wat eintlik aan hulle opgelê is (dankie tog ons het daai opposisie om hulle te laat klippe kou, né).

    Mooi praatjies en lekker kuier gaan ongelukkig nie sorg dat daar kos op die tafel vir miljoene van ons honger medeburgers gaan wees nie. Wat Suid-Afrika nodig het is iemand wat betroubaar is in die oë van beide ons as landsburgers en veral ook vir buitelanders met baie geld. ‘n Betroubare leier sal ‘n strategie hê om te sorg dat omstandighede in ons land verbeter word sodat laasgenoemde ryk buitelanders met graagte hul geld in ons land se industrië sal belê en dus vir almal hier meer geleenthede skep, sodat ons land se omstandighede nog verder kan verbeter, en dus nog geld van buite lok, ens…

    Ek vermoed daar is heelwat ander moontlike kandidate wat waarskynlik die posisie beter sal kan vul en baie meer waardevol kan wees.

  3. @Francois C: Zuma is betroubaar vir die oorgrote meerderheid van ons land, wat gevolglik heel gewilliglik vir hom stem. Regsake teen hom is laat vaar. Hy was al telkemale in die buiteland om beleggers te verseker dat geen beleide drasties gaan verander nie. Die ANC het ervaring in en strategieë oor die bekamping van armoede. Weinig ander partye het.

    Wat méér kan jy van ‘n leier vra as om ‘n simbool van hoop te wees?

    Miskien is daar ‘n leier of twee van ander partye wat vir jou, as opgevoede middelklasburger, meer hoop bied. Goed so. Daar is baie Amerikaners wat nie vir Obama gestem het nie, maar voluit glo in McCain. Tereg. Your vote is your right.

    Al wat ek sê, is: ek is happy met Zuma. Ek dink hy hét wat dit verg om president van ons land te wees. Altemit, ons kriteria vir die betrokke posisie is nie baie hoog nie én hy is nou eenmaal nie ‘n vredespryswennende Madiba nie, maar hy is darem ook nie ‘n Verwoerd nie. We will survive.

    As Zuma dans, dans die skares saam. Dis wat ons nodig het vir die World Cup en beyond. Ek is jammer, maar ek sien geen ander SA-leier wat soveel mense vul met hoop as onze Zuma nie.

    En dan laat sy manewales ons boonop lag ook nog. Wat ‘n bonus! Viva!

  4. Pingback: Msholozi (Zuma) « ekke dink

  5. Bietjie meer word van ‘n leier gevra as om mense te laat lag en te laat goed voel oor die toekoms; ‘n leier het darem ‘n plan nodig wat kan werk, geloofwaardigheid gegrond op sy loopbaan (daai track record, ne?) iets wat mens integriteit sou wil noem as mense sou kon verstaan waarvan ons praat; die vermoe om mense te inspireer en aan te spoor om na groter dinge te strewe; iewers diep binnekant ‘n plek waar hy sy eie wysheid gaan haal. Om net met ‘n masjiengeweer rond te loop of rond te dans… is miskien Afrika se verkose styl, maar nie iets waarvoor ek graag stem nie. Nou jaaaa….. enige vernuwing? is dit beter as geen vernuwing nie? vernuwing ter wille van vernuwing?
    Ek stem saam dat die Mbeki-geval nie beindruk het nie. Ek stem saam dat verandering nodig is. Daar is heelwat ouens wat sit en wag vir die generaal….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s