Moenie stem nie!

Standaard

Moenie stem tensy jy ingelig is oor verskillende politieke partye se manifesto’s nie.

Om ‘n oningeligte stem uit te bring, is ‘n groter onreg as om nie te stem nie.

Wie weet, net-nou stem jy per ongeluk vir/teen die doodstraf…

Gaan toets ‘n bietjie jou oplossings vir die probleme van ons land by Mail & Guardian se poll predictor: http://elections.mg.co.za/pollpredictor.  Dalk word jy net-mooi verras.

Advertisements

5 responses »

  1. Hmmm… Ek kyk nou eers “post-election” na jou blog, maar het die vraaglysie tog maar gaan invul. Gelukkig geen verrassings nie: “DA, ID, ACDP, COPE, UDM, FFP, AZAPO” in daai volgorde. Maar jou en die M&G se raad mis ‘n belangrike punt… Dit gaan nie net oor beleid nie, maar ook oor die vermoë en wil om die beleid te implementeer. Mense soos die FFP is te klein en partydig om ‘n groot verskil in beleid te maak. En die ANC bevat (myns insiens) te baie korrupte mense en is te lief vir mag om hul ideale uit te leef. Dis op die ou end net net beleid nie, maar ook die mense en die zeitgeist. Of hoe?

  2. Ja-nee, jy moet die party vir wie jy stem, kan vertrou. Maar, eish, wie kan nou werklik op politici staatmaak? Almal verkwansel hul integriteit vir stemgetalle op een wyse of die ander.

  3. Amper al die “manifesto’s” kom maar op dieselfde ding neer, net op ‘n ander manier gestel. Op die einde van die dag kom dit grootendeels neer op watter bewoording vir jou die beste klink. Vir die berofende nuttelose inligting, kry ek ID, COPE, ACDP, met IFP, FFP, UDM en DA met ‘n ‘amper niks.’ Klink maar reg, alhoewel ek wonder wat ek verkeerd gedoen het om op iets ooreentekom met die VF+. Weereens kon dit maar anders gewees het, meestal is daar ‘n paar stellings waarmee jy saamstem, so dan kies jy maar net een sonder veel rede.

  4. Awu, ndiyasokola ukunifundela ngoku, kuba ndimele ukusebenza kakhulu!

    Oftewel: Eish, ek sukkel om julle te onderrig tans, want ek moet (om te) werk hard baie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s