Verbeelde lente (en gedagtes oor denke)

Standaard

‘n Verre vriendin wat my telkens aan die dink sit, vra my vroeër vandag oor “verbeelding” uit.

Hm.  Dis tog interessant dat ‘n mens as kind so ‘n ryke verbeelding het, maar dat groterwordende mense dit vaagweg verloor.

Miskien word ons realiteit-neuronstrate te veel geteer, en ons fiksie-wandelpaadjies te selde bewandel; dan groei dit toe en kwyn dit weg?

Ek het nooit ‘n imaginery friend gehad nie, maar hoe fassinerend is die gedagte nie! Om jouself ‘n hele wese te kan inverbeel.

Of miskien verloor volwassenes nie hulle verbeeldingskrag nie; ons kanaliseer dit bloot in “nuttiger” rigtings:

As kind verbeel ons onsself in speletjies in: cowboy & crooks of ontdekkingsreisigers of space rangers; as volwassenes verbeel ons onsself in ‘n mercedes of ‘n board meeting of doen ons ‘n statistiese vooruitskatting van voorspelbare scenarios.

Dalk dryf seks en werk ons gedagtes weg van onskuldige kinderrykdom-drome.

(Tog is dit belangrik in verskillende velde van die wetenskap om jou te kan verbeel wat sal gebeur as jy teen die spoed van lig sou kon beweeg… Ek wonder of die “tipe” verbeelding egter verskil van speel-verbeelding en/of blote white-picket-fence-drome?)

Dalk is mense maar oor die algemeen baie vatbaar vir meme/gemeenskaplike gedagtestrominge.

Ons verruil ons eie skeppendheidsgedagtes vir algemeen-aanvaarbare verbeelde “suksesse”, vandaar die sprokiestroues met ridders op wit perde en mans se threesomes met modelle op strande.  In welke geval ons denke die geneigdheid het om te verval in cliché’s.

Hoe het die skaduwees nie monstergesigte getrek teen die slaapkamermure nie; die wolke hasies geword wat spring nie; hoe lewendig was jou gunsteling speelgoed nie!

Dalk het verbeelding met breingolflengtes te doen: as jy speel is jou denke “losser”, die fyn lyn tussen skyn en werklikheid verstippel, amper soos wanneer jy slaap en jou denke soomloos spring van een beeld na ‘n ander.

Dalk dans ons onsself nie genoegsaam om vure in ‘n trans nie.

Of moontlik is verbeelding bloot chemiese afskeidings in die brein. As jy hallusinasies kan oproep met ‘n bietjie tik/dagga/morfien, hoekom enigsins ‘n mistieke element daaraan koppel? Dalk kry jy rasionele rekenkundiges op die een end van die chemiese spektrum en skisofreniese geestesieners aan die ander entjie.

T.o.v. skilder, skryf en storievertel het ons soms ‘n daggakoekie nodig om verby die alledaagse meme te dink; om klank te voel en kleure te proe. Om jou te verbeel; om te ontsnap – om te vlug na ‘n alternatiewe realiteit.

Dié daggakoekie kan self ‘n verbeelde entiteit wees: middele wat jou help om weer so wyd soos ‘n kind se genade te dink.

Andersins sou ‘n mens ook verbeelding kon opdeel in verskillende tipe opmaakdenke: ‘n geneurie in jou kop, of ‘n somuitwerkery; dalk duik jy op die sportveld terwyl jy stilsit in ‘n klaskamerbank; dalk beweeg jy na jou stil grasveldjie met ‘n rivierstroompie in jou kop, of verbeel jy jou sal-jy-met-my-gaan-fliek vraagvraery aan die rooikop twee banke links voor in die klas.

Hoe selde woerts ek deesdae weg op ‘n wilde verbeeldingsvlug?  Hoe selde verlustig ek my in ‘n absurde fantasie?

Where have all the flowers gone?

Gone to graveyards every one.

Advertisements

5 responses »

  1. Laat ons lamenteer…


    I still remember the world
    From the eyes of a child
    Slowly those feelings
    Were clouded by what I know now

    Where has my heart gone
    An uneven trade for the real world
    Oh I… I want to go back to
    Believing in everything and knowing nothing at all

    I still remember the sun
    Always warm on my back
    Somehow it seems colder now

    Where has my heart gone
    Trapped in the eyes of a stranger
    Oh I… I want to go back to
    Believing in everything

    -Evanescence, Field of innocence

    Maar nee, ek’s gelukkiger noudat ek meer verstaan. Ek verkies die volgende:


    I woke up to an empty room

    No more angels watching over me.
    No more demons to be held at bay
    by the invocation of
    an Anglicized version
    of a Hellenized version
    of a Hebrew name

    I woke up to an empty room:

    Just a room. Four walls, ceiling, floor.
    Just a room. Nothing more.

    I woke up to an empty room
    and embraced the solid air.

    I woke up to an empty room and knew myself

    awake.

  2. Ek besef dat dit nie soveel gaan oor verstaan nie, maar oor droom. En ja, ek is nog lief vir droom. Maar ek kan nie meer soveel droom oor wat ek gaan word wanneer ek groot is nie, want ek is al groot, en ek kan duideliker sien wat moontlik en nie so moontlik is nie. Maar droom… Ja, ek droom nog.

  3. Verbeelding is alles maar net simulasies. En hoe minder kennis jy het van die wêreld, hoe belagliker sal jou simulasies wees, want jy gebruik dit om nog te leer hoe die wêreld werklik werk. Jy wonder hoe sal dit wees as hase pers was en dan simuleer jy in jou gedagtes die belaglike prentjie van pers hase wat rondhop tussen die geel-groen gras. Dan eendag kom jy agter hoe belaglik dit is, want die wilde kat wat hase eet gaan hulle myle ver kan raaksien. Die simulasie het dan sy doel gedien.

    Ek weet egter nie hoe halusinasies by verbeelding inpas nie (soos wanneer jy monsters in die skaduwees sien, of denkbeeldige persone optoor). Dit mag dalk iets te doen hê met breinchemikalië en die jong brein wat nog moeilik emosies soos vrees, ens. kan hanteer. Soos jy sê, dit grens nogal aan skitsofrenie.

    Ek hou nog baie daarvan om te (dag-)droom – om simulasies uit te voer oor wat ek in die verre toekoms sal doen (of selfs hoe ek dinge in die verlede anders sou kon doen). Selfs al weet ek die kanse is so te sê nul dat daardie drome sal realiseer, is dit nogsteeds vir my waardevol. As ek nie vir iets (‘n sekere toekoms) *lewe* nie, dan *bestaan* ek mos maar net – soos ‘n klip in die veld. En wat is nou die punt daarin?

  4. Ek dink verbeelding word uitgeskuif deur die realiteit.

    En realiteit word uitgeskuif wanneer middels soos giggelgras en ander geneem word.

    Ek het vandag le en dink aan hoe ek as kind kon dagdroom en speel asof daar geen more was nie.

    Snaaks om dan skielik op die skrywe af te kom!

  5. Dit klink my ons almal verlang so effens terug na ons kindertye 😛

    Die goeie nuus is darem dat ons wel maklik genoeg ons verbeeldingsvermoë kan heraktiveer d.m.v. redelik eenvoudige kreatiwiteitsoefeninge.

    En sonder laggras.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s