Leer dink #1: I think therefore I create

Standard

Jou brein is ‘n komplekse netwerk van neurone wat elektronies, chemies en biologies met mekaar verbind (is).  Of altans, dis hoe ek dit verstaan.

Ander mense sal dalk eerder na die verskille tussen linker- en regterbreinlobbe verwys, of die chemiese balans en dopomienvlakke in jou brein.  Ek wil vir eers volstaan by ‘n netwerk van neurone.

synaptic-connectionsWanneer jy jonk is, werk jou brein volstoom om nuwe neurone met mekaar te verbind.  Teen die tyd dat jy die woordjie “mamma” aanleer, het jy alreeds ‘n verweefde netwerk van neurone waarby jy dié brokkie inligting kan voeg.  Borsmelk, warmte, liefde, kos, troos, hulp en gemak word als by die één woordjie ingebed.  Tesame met die ma se gesig, stemtoon en -klank, en roetine.

Aanvanklik flans jy vanuit al die dele van jou brein hierdie konsepte saam tot woorde.

Chomsky het gespostuleer dat kinders ‘n natuurlike taalverwerwingsmeganisme het, juis omdat hulle hele brein ophelder as ‘n kind ‘n nuwe woord aanleer.

Daarteenoor gebruik volwassenes meestal net geïssoleerde dele van hulle brein as hulle ‘n tweede- of derdetaal lateraan aanleer.  As jy byvoorbeeld “umama” memoriseer, skep jy slegs ‘n flouerige nuwe neuronverbindinkie tussen dié nuwe woord en jou moedertaal-eweknie (wat vollediger ingebed is).

Dit bring ons by leer en onderrig.

As ons besef dat kennis, vaardighede en waardes wat ons onderrig, eintlik nuwe neuronverbindings is wat deur elke leerder geskep moet word (en nie net ‘n copy-en-paste kennisoordrag-oefening is nie), dan hou dit daadwerklike implikasies in t.o.v. hóé ons onderrig en hoe ons verseker dat dit wat geleer word, by die regte, reeds-bestaande neuronverbindings inskakel.

(Onthou: leerders is konstant besig om hulle breine te gebruik, hetsy dit is om ou paadjies voos te stap of nuwe paadjies uit te lê.  Selfs in jou slaap bewandel jy in jou drome die stegies van jou brein.  ‘n Leerder is dalk nie aldag besig om jou kurrikuluminhoud se neuronverbindings te skep nie, maar hy/sy is wel aan die skep.)

Hoe nou gemaak met beter leer?

Uiteraard wil ons almal graag slimmer wees: dinge beter verstaan; makliker onthou en gouer snap.  Eienaardig hoe lief skole en universiteite daarvoor is om kennis en feite op jou te dump, maar hoe min moeite daarmee gedoen word om denkvaardighede te onderrig.

Ek vermoed jy kan dinge beter verstaan, makliker onthou en gouer snap as jy moeite doen om met jou hele brein nuwe neuronverbindings aan te las.

As jy byvoorbeeld die woordjie “idolo” (Xhosa vir “knie”) moet onthou: buig jou knie, vat aan die ronde knieskyf (patella), sê “idolo”, rol die o’s met jou mond, koppel dit aan verwante konsepte soos draf, skop, hardloop, skarnier…  Eers dán gaan jy direk in Xhosa begin dink.

Of, gestel jy moet iets oor “solar power” aan graad 4 leerders onderrig; moenie  oor sonpanele en elektrisiteit praat voordat hulle nie verstáán waarvandaan die woordjie “solar” kom nie.

Ons gooi te dikwels feite soos bakstene na leerders; maar verduidelik nooit vir hulle hoe om die goed op mekaar vas te sement nie.  Just another brick in the wall.

Dalk is dit tyd dat ons ‘n bietjie sementmeng- en troffeltegnieke moet onderrig.

15 responses »

  1. Hoerah! Ek sekondeer.

    Ek het eens gelees hoe Tibetaanse kinders geleer word hoe om hul geheue optimaal te gebruik deur bv. brokkies kennis in denkbeeldige hokkies te pak. So kon hulle dan baie spesifieke detail tot ver in hul grootmenslewe weer herroep. Of dis hoe ek die storie vaagweg onthou. Ons is nooit sulke tipe tegnieke geleer nie.😦

  2. Wel, ek het dit lank gelede op laerskool in ‘n outobiografiese storieboek gelees (en, ek moes die boek teruggee voor ek met hom klaar was). Daar was nie enige detail gegee oor hoe om daardie tegnieke aan te leer of toe te pas nie. Ek het wel die boek op Amazon opgespoor (die voorblad het anders gelyk toe ek hom gelees het):

    http://www.amazon.com/Third-Eye-T-Lobsang-Rampa/dp/0345340388

    Ek dink jy sal dit dalk interessant vind om die eerste paar bladsye te lees. Hou jou muiswyser oor die voorbladprentjie links boaan die webblad. Terwyl jy die “samples” lees kan jy ook ‘n soek doen vir die woord “memory”. As jy ‘n Amazon rekening het, mag jy dalk meer oor die tegnieke kan lees op bladsy 71 en 72.

    ‘n Interessante opmerking: Wikipedia noem dat die skrywer van die boek nie die verteller is nie. Dit kan mens laat wonder oor sekere aspekte van die boek, soos bv. die feitelikheid daarvan.

    http://en.wikipedia.org/wiki/The_Third_Eye_(book)

    Kyk ook wat Wikipedia vertel oor die “skrywer” (heel fasinerend):
    http://en.wikipedia.org/wiki/Lobsang_Rampa

    Ek het egter ‘n ander boek ook gevind wat in die voorwoord verwysing maak na die ongelooflike krag van die geheue van Tibetaanse monnike:

    http://books.google.co.za/books?id=LW9QAC-aPFYC&pg=PA10&lpg=PA10&dq=tibetan+memory+skill&source=bl&ots=OkD5PKC9b-&sig=r2t-qr5dg4m4OL-8vpka-MfEccs&hl=en&ei=B4AmStnsG4rWMI6-jLQF&sa=X&oi=book_result&ct=result&resnum=8#PPA9,M1

    Ek kon nog niks verder opspoor m.b.t. die tegnieke self nie.

  3. Ek het bietjie meer inligting gevind m.b.t. hoe Tibetaanse monnike memoriseer. Dit noem egter niks van daardie gehueuetegnieke waarvan ek gepraat het nie:

    http://www.thdl.org/essays/dreyfus/memorization.html

    Kyk ook na die ander skakels aan die linkerkant van daardie webblad, maar veral ook hierdie een:
    http://www.thdl.org/essays/dreyfus/curriculum.html

    Alternatiewelik kan jy dit in boekvorm hierso lees:
    http://books.google.co.za/books?id=QUf4Uh_V08EC&pg=PA79&lpg=PA79&dq=tibetan+monk+memorization+technique&source=bl&ots=JDwmIlBbWd&sig=SP6VF_mgnd588VOaso1ZW6xD-dw&hl=en&ei=dKUmSuGAFo2UMeGykY0F&sa=X&oi=book_result&ct=result&resnum=3#PPA85,M1

    Lyk ook na goeie leesstof vir enigiemand wat al ooit daaraan gedink het om in ‘n Buddisteklooster te gaan woon. Mag jou dalk net afskrik van die idee. ;->

  4. Ons het altyd gespot en gese ons maak nuwe “kanale” – na die brein – oop met ons twee kinders. Daardie sinapse maak nuwe “verbindinge” met elke nuwe woord/gedagte. -verstopte kanale moet oopgehou word!🙂 – Ek glo nog altyd aan assosiasies maak om nuwe konsepte oor te dra en sodra die kind die assosiasie snap, (wat gewoonlik maklik is), dan verstaan (onthou) hy die begrip. Ek het agtergekom dat ek nogal goed is (blaas ek my eie beuel (of trompet) hier!) met assosiasies. Veral kinders met probleme moet ‘n “konneksie” gegee word om daardie “konneksie” te maak. Kinders leer ook baie maklik as hulle ‘n patroon kan raaksien. Logiese denke speel ook ‘n rol. As jy kinders kan leer om afleidings te maak – soos jy die voorbeeld van “solar” gebruik. Daarom: kry kinders om skaak te speel, dit ontwikkel sommer baie dinge wat vir leer belangrik is…en nou maak ek nie grappies nie, al smile ek hier🙂
    Ek het net vandag met ‘n hoof gepraat wat ‘n voorstander vir skaak is – hy was in sy laerskooldae ‘n “county”skaakkampioen en stem 100% saam met my oor al die voordele van skaak! Toe toe, meneer, kry jou studente om skaak te speel van nou af! LOL!

  5. @Francois: baie dankie vir al die skakels! …ek kan sien jy’s met vakansie😉 Ek waardeer jou moeite!

    @Nikita: Thx vir die skaak/denke-artikel. Toe ek destyds skaakklassies aan laerskoolkinders gegee het, was my selling line aan die ouers altyd dat “dit laterale denke ontwikkel”, maar ek het nog nooit presies probeer uitpluis watse denkvaardighede deur skaak bevorder word of hoekom nie.

    Ek is deesdae heel bedrywig op die denke-front en het De Bono se CoRT-program en die Odyssey-dinkkurrikulum onder hande; dalk blog ek later oor van die goed wat my puzzle.

  6. Mnr Muller, het jy al oor Filosofiese Onderrig van leerders iets gelees? Ek het so 2 jaar terug hier in London ‘n sessie bygewoon oor hoe om dit in die laerskool te benader. Was baie lekker en eintlik het ek besef ek het al in SA so skoolgehou! Jy leer die kinders om te dink. Hulle dink oor die onderwerp en vra elke moontlike vraag wat hul daaroor kan vra. Jy kan dit in enige vak doen, maar daar was sprake dat hulle in die laerskole met iets begin – word nie ‘n vak genoem nie – meer wanneer hulle “Circle Time” doen, dan doen jy wat waaroor ek een keer geblog het. Laat weet my as jy die bloginskrywing-link wil he. Ek het ‘n storieboek gebruik tydens so ‘n “Circle Time”-sessie. Dis baie heerlik om dit te doen en die kinders word gese dat daar nie ‘n verkeerde antwoord is nie…filosofie!🙂
    Kyk na hierdie link
    http://www.teachingexpertise.com/publications/creative-and-philosophical-thinking-primary-schools-4908

  7. Hallo Nikita

    Dankie vir die skakel na daai boek – dit klink beslis na die manier waarop ‘n mens moet klasgee!

    Die vrae wat hulle wil aanmoedig by leerders, pas mooi in by die sosiale konstruktivistiese leerteorieë:

    – What do I know about this? (Konstruktivisme: sluit aan by voorkennis)
    – What is the task? (Bloom: kennis/begrip)
    – How many ideas can I think of? (De Bono: laterale en kreatiewe denke)
    – What is the best idea? (Bloom: analisering/evaluering)
    – Let’s do it! (Bloom: toepassing; probleemoplossing/taakgerig)
    – How well did I do it? (Konstruktivisme: refleksie oor eie proses)
    – Let’s tell someone! (Konstruktivisme: vergelyk verskillende konstrukte)
    – What have I learned? (Bloom se sintese/evaluering, refleksie oor groepsleer)

  8. Dit was ‘n plesier. Ek is nou nie op hoogte met Onderwys in SA nie, was byna 6 jaar terug as Onnie in SA. Hier le hulle ontsettend klem op “self-evaluering” (“Self Assessment” en “Peer Assessment”). (Sodra die leerder een van die twee gedoen het, hoef jy as Onderwyser nie daardie opdrag te assesseer nie.) en hulle is baie erg daaroor dat hulle in hul assessering dan se hoe hulle dit gaan verbeter en dan ook geleentheid gegee word om te verbeter. Hulle het ‘n “nuwe” term wat hulle APP nie, “assessing pupil’s progress”- as jy dit wil oplees. Ons gebruik ook Formatiewe Assessering (dink ons het dit in SA ook?) waar jy as Onderwyser vir die leerder aandui waar hy moet gaan verbeter, maar eintlik hou ons in SA “onbewustelik” so skool, al dan nie? (ek verwys hier na Formatiewe Assessering).

  9. In teorie moet onderwysers juis fokus op formatiewe assessering en leerders begelei in hul selfverbeteringsproses.

    In praktyk word die groep- en self-assesserings dikwels net as bykomende administrasie gesien, en nie ernstig opgeneem of geïntegreer in die lesaanbiedings nie.😦

  10. hi mnr muller, dis jammer dat dit nie ernstig opgeneem word nie. Leerders word juis daardeur geleer om selfstandig te dink en te dink oor hul werk – terwyl hul daarmee besig is. Hier sal ek bv vir hulle se wat ek van hul verwag vir ‘n spesifieke werkstuk. Jy se vir hul bv as hul “level 3” wil bereik, wat hul moet doen en so ook vir die ander levels. Dan besluit die leerder wat hy/sy wil bereik en outomaties mik hul vir die hoogste (hulle is bewus van hul levels en sal nou nie twee vlakke (levels) spring nie, maar hulle is gemotiveerd!) en dan weet hulle waarheen hul werk, want jy assesseer hulle dan volgens hul werk. Dit werk baie goed, want hulle weet presies wat hul moet doen (vooraf), waarheen hul werk, waarom hulle die werk doen en wat hul moontlik kan kry wanneer die opdrag voltooi is. Hierdie self-assessering/maat assessering (ons doen nie groep assessering as sodanig nie, jy sal bv soms aan die einde van die les een voorbeeld neem en laat die klas dan se wat was goed en waar kan die persoon verbeter. Ek doen dit as ‘n reel slegs 1x per maand, want nie almal wil graag he dat hul werk voor die hele klas gehou word nie, maar hulle weet ook goed waarom en dat konstruktiewe “kritiek” gelewer word (en nie afbrekende kritiek nie))

  11. http://www.qca.org.uk/qca_4334.aspx
    mnr muller…sien hierdie link..en in spesifiek die 2de laaste punt. AFL (Assessment For Learning) is ontsettend belangrik hierdie kant van die “pool”. Hulle is baie gesteld daarop dat Onderwysers dit moet doen en neem dit baie ernstig op, net soos die “self-assessment” en “peer-assessment”. As jy bv vir ‘n onderhoud gaan en jy laat die leerders dit doen aan die einde van ‘n les, word jy op die plek ‘n pos aangebied!

  12. Pingback: Om sekretaris te wees | Being the secretariat « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s