Om die lande van Afrika weg te gooi

Standaard

africa-mapNou die dag gooi ek amper ‘n pamflet weg waarop ‘n uitgewersmaatskappy ‘n kaart van Afrika het.  (Op die kaart is hulle logo oral waar hulle ‘n verspreidingstak het; amper in elke Afrikaland).  Sommer ‘n simpel pamflet.

Met die dromflap oop bekyk ek vlugtig my kontinent en wáár elke Afrikaland lê:  Togo, Benin, Burkina Faso.

Vreemd, dink ek, dat Aardrykskunde op skool atlyd vir my so ‘n onbenullige vak was.  Ek moes met moeite memoriseer dat hulle in die Vrystaat met mielies boer – ‘n feit wat vir ‘n stadskind in die Kaap nie veel beteken nie.

En daar waar ek toe staan, vooroorgebuk – gereed om Afrika weg te gooi – vang die nuuskierigheid my opeens: ek wil wéét waar elke land van Afrika is.

Ek hou die pamflet; gooi ander goed weg en besluit om die kaart te probeer memoriseer.

Die kaart laat dink my aan ‘n Aardrykskunde-eksamenvraag: tipies sou jy genommerde lande moes identifiseer. En die laerskoolonderwyser sou jou waarsku dat jy die kaart op bladsy 57 moet leer vir die toets.

Hmf.  Om te memoriseer is nie meer maklik nie.

Ek lees die rondom-die-Sahara lande se name, bekyk die grense en probeer dan die name herroep sonder om te kroek.  Ek herhaal die proses, tel later die dag weer die pamflet op en besef dat ek eintlik net my korttermyngeheue gebruik…

En toe tref dit my: ek is ‘n totale idiot.

Ek is só gekondisioneer om Aardrykskunde te memoriseer soos vir ‘n eksamenvraag, dat ek nie besig was om enigiets te leer nie.  Want om al die lande tydelik te kan uitken, leer my niks méér van enige van die Afrikalande nie.  Ek verwyl my tyd met ‘n sinlose memory game en nie met ‘n heelbrein leerervaring nie.

Ek onderrig myself verkeerd.

Hoe leer ‘n mens?  Ek wéét mos.  Ek wéét hoe leer werk:  Jy moet neuronverbindings skep; jy moet ‘n netwerk van kennis voortbou op bestaande kennis; jy moet jou meervoudige intelligensies inspan.

In plaas daarvan om die hele kaart deur te lees sodat ek dit ná ‘n ruk foutloos kan herroep, moet ek eerder land-vir-land ‘n bietjie gaan oplees op Wikipedia.  Síén hoe lyk die land se mense, wat hulle issues is, wat elke land uniek maak; eie assosiasies vorm met die nuwe kennis, sodat Togo nie net ‘n naam op ‘n kaart vir my is wat ek soms aan verkeerde grense koppel nie, maar dat ek die landsgrense kan inkleur met ‘n volle prentjie van ‘n volwaardige nasie.

So dikwels onderrig ons leerders bloot om feite te herroep in toetssituasies.  Ons moedig dit derhalwe aan.  Maar om dooie landsgrense te memoriseer, is nie lekker nie – dis vervelig; ons maak kinders se natuurlike fassinasie met die wêreld om hulle dood.

* * *

Eers nadat ek saam met ‘n vriend deur die nege provinsies van Suid-Afrika getoer het – en ek die veranderende landskap eerstehands kon ervaar – verstáán ek mynbou en mielies – én gee ek actually om.

Stadig maar seker, is ek besig om my passie vir aardrykskunde te herwin.  Net soos my pamflet van Afrika.

Advertisements

5 responses »

  1. Hoor Hoor! Ek glo nog altyd om enige vak wat jy aanbied, “lewendig” te maak, stimulerend. Ek was gek oor Arries op skool, want..my onderwyseres het dit “lewendig” gemaak. Tot nou toe onthou ek daardie Afrika/wereld-kaart van my standerd 4 Aard-boek waar jy die land se naam/hoofstad/een ander groot stad moes ken, plus die kaart met die bergreekse,(grootste van elke kontinent) plus die kaart met die riviere van die wereld (belangrikste/langste van elke kontinent)..so kan ek aangaan! Ek stem saam dit maak nie sin nie, nie as jy dit “ervaar”/”beleef” nie.

  2. Ek het vandag baie aan jou inskrywing gedink toe ek ‘n vreeslike pad ry…3 verskillende hoofwee wat maar erg besig is en op verskillende punte vreeslik ineenvleg met ander baie besige paaie, ek moes regtig kophou en baie staatmaak op my geheue – die pad verlede week 1keer gery. Dit het my laat dink aan waaroor jy geskryf het… beleef en ervaar.. die pad het voorheen nie “sin” gemaak nie, maar na verlede week en veral na vandag..sal ek maklik kan ry van die 2de Julie af – my daaglikse roete dan! 🙂

  3. Wel, ek is bly jy’t nie verdwaal nie, Nikita!

    Natuurlik is daar steeds ruimte in die opvoedkunde vir memoriseer-leerwerk – ‘n mens kan nie noodwendig deur die hele wêreld met ‘n kind reis voordat hy/sy die verskillende kontinente moet kan opnoem nie – maar hopelik beperk onderwysers dit tot ‘n minimum, en kontekstualiseer nuwe info só dat leerders dit effektiewer kan onthou.

  4. hi mnr muller, ek hoop nie jy’t my misverstaan nie, ek het eintlik gemeen dat daardie “ervaar/beleef” (van die werklikheid) my gehelp het om die pad die tweede keer te ry – sonder om te verdwaal…maar natuurlik daarmee saam die geheue wat ook ‘n rol speel, maar groter was die self-ervaring 🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s