free writing as slinkse strategie op weg na kreatiewe wasdom

Standard

Leerders raak gou gewoond aan klasloop, een periode ná die ander:

  1. Tel tas op.
  2. Stap klas binne.
  3. Sit op bank.
  4. Haal boeke uit.
  5. Luister na les.
  6. Neem nota’s.
  7. Wag vir klok.

Met ‘n kreatiewe skryf-les moet ons dié patroon ten alle koste breek – dit help nie jou leerders sit passief en (ver)wag om nota’s neem nie.  You must involve them.  Engage me or enrage me.

Breek die patroon. Sê vir hulle:

  1. Los tas.
  2. Staan buite.
  3. Sit elders.
  4. Vat skryfgoed.
  5. Skryf.
  6. Vir sewe minute.

Jy kan byvoorbeeld hulle buite die klaskamer kry, vra dat hulle hul tasse buite los, vir elkeen ‘n klein skryfboekie met ‘n deurslagpapiertjie en ‘n stomp potlood gee, die klasbanke rondskuif en hulle op ander plekke laat sit, musiek in die agtergrond speel, vir hulle ‘n kort, irrelevante scenario skets (dagboek op vliegtuig), en hulle dan ‘n opdrag gee om vir sowat sewe minute onophoudelik te skryf.  (Jy kan hulle rekenaarlokaal toe neem en die fontkleur wit stel.)  As hulle niks het om oor te skryf nie, moet hulle skryf dat hulle niks het om oor te skryf nie.  Daar sal wel nog ‘n sin daarop volg.

Die idee van free writing is om hulle te laat skryf skryf skryf sonder om spelling of sinsorde te check.  Aaneenlopend.  Vir sewe minute.  Hulle moenie gepla wees deur sintaks of lyntjies of netheid nie.  Hulle kan netsowel skryf met invisible ink.

Wat free writing doen, is dit verander jou breingolflengte, amper soos die opsê van ‘n trans-induserende mantra.  En dit skep vir leerders ‘n breather om rou emosies en opgekropte skoolgedagtes uit hulle sisteem uit weg te skryf.  Dit laat idees loskom.

En dan het jy ‘n tabula rasa.  ‘n Clean slate.

Dán kan jy begin met ‘n kreatiewe skryf-les.

6 responses »

  1. Wat ‘n heerlike blog om te ontdek! Wat ook wonderlik werk om die creative juices te laat vloei, laat hulle met die non-dominante hand ‘n storie teken.

  2. Aha, dit is inderdaad so! Ek kan dink dat ‘n mens dit baie lekker by ‘n lesplan kan inwerk.

    Maar MaanKind, kan jy vir ons verduidelik hóékom dit so goed werk?😉

  3. Persoonlik werk dit vir my as my pedantiese Linkerbrein oorvat, en so my arme kreatiewe Regterbein onderdruk. So ek vermoed dit het te doen met die losskud en aktivering van die Regterbrein.

  4. Juistement! Omdat jou linkerarm met jou regter breinlob (en andersom) verbind is, maak jy onmiddellik daardie kreatiewe konneksie.

    Ook fokus jy dadelik meer intens as jy ‘n aksie (soos om ‘n prentjie te teken) met jou “swak”-hand uitvoer. Jy konsentreer op één ding en druis ander gedagtes uit, wat, sodra jy die fokus verslap, jou laterale denke kan laat los kom.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s