Heel gelate terwyl dit buite giet

Standaard

Gister reën dit heeldag:

Heel gelate hou ek sabbat onder my dubbeldoordonskombers tot laatoggend, staan gekamerjas op vir brunch, snoes terug tot vroegskemer, pantoffelstap kombuis toe vir ‘n aandetetjie of tee, span ‘n ruk uit voor die TV en kruip luiwarm terug onder my komberse in voor tien, ná ‘n stomende skuimbad.

Salig sou ‘n mens dink.

Maar die reën dreun aanhoudend.  In Xhosa is daar ‘n beter woord, kanabom, soos in: Imvula iyana kanabom.  [Die reën reën onophoudelik.]  Kanabom.  Hoor jy die hael teen ‘n sinkplaatdak?

Onrustig rol ek om in my helwarm bed.  Die reën hou nie op nie, skep nie asem nie, fel bloot voort.  Kanabom.  Elders klou rageltjies styf teen mekaar vir ‘n bietjie liggaamshitte.  Die water lê enkelhoog in shacks.  As die imvula (afgelei van -vula [oopmaak], soos die sluise van die hemel) maar net kan bedaar; rustig kan stuif en dan met net ‘n laaste plomp druppel plotselings kan stop!

Maar nee, gisteraand reën dit.

Heelnag.

Kanabom.

Advertisements

7 responses »

  1. Jy wil mos heeldag lank lê en slaap. G’n wonner die reën het jou deur die nag gepla nie. ;>

    Ek geniet die suis van die onophoudelike reën, solank ek kan droogbly. Ek het gisteraand baie lekker geslaap. 😛

  2. Ek’s mal oor die reën/hael op ‘n sinkplaat-dak! “Vula” het ons op die plaas ook gebruik vir “maak gou”- of so iets. Maar ek moet byvoeg dat my Sotho dosent altyd vir my “mengsel” van woorde gesê het dis Sjangaan (spelling?) of soms Fanagalo. As ek nie gou genoeg die Noord-Sotho kon onthou het nie, het ek dan gebruik wat ek geken het. 🙂

  3. hou self nie van aanhoudende reen of winter nie.
    maar die vakansies wat so saam met skoolgee gepaard gaan klink wonderlik!

  4. Pragtig! En ja, ek sê dit met ‘n tikkie apatie t.o.v. die rageltjies. Hulle is abstraksies vir my. Maar die teks is vir my eg, en ‘n pragtige kontras van bekende sensasies en emosies.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s