Handskrif en shorthand

Standaard

Ons leer vir skoolkinders hoe om te skryf.  Ons leer hulle hoe om te teken.  Maar selde leer ons hulle hoe om met prentjies en skrif saam-saam nota’s te maak en/of probleme uit te werk.

handskrif_1  handskrif_2

Hierbo is voorbeelde van shorthand wat ek tydens vergaderings gebruik.  En nee, dis nie uit verveling dat ek hoenders of vlagskepe teken nie – dit het telkens te make met die spesifieke uitdrukkings of sêgoed wat mense tydens die vergadering gebruik.

Deur prentjies met woorde en getalle op te mix, vind ek, kan ek makliker die spesifieke gesprekvoering en lines of argumentation herroep as ek lateraan weer deur my nota’s blaai.

* * *

Miskien moet hulle, behalwe vir skrif, leerders ook onderrig om scrapbooking te doen.  Die mix en match van kleure en teksture en foto’s, herinneringe, gedigte, tale, opsommings, resepte, ens. is ‘n heerlike meersintuiglike ervaring.  En leer jou om te reflekteer en dít wat jy als beleef, te waardeer.

Advertisements

13 responses »

  1. Sjoe, mnr muller, baie,baie oulik! Jy kry A* vir jou huiswerk EN jou interessante aanbieding daarvan! Toe ek verder gestudeer het (in SA), het ek prentjies gebruik om sommige opsommings te maak en ander- teks/prentjies gemeng, als afgehang van die tipe lang vraag-inhoud en hoe ek dit die beste kon leer. Soms was dit net teks. Jou handskrif is baie netjies!

  2. Lyk bietjie soos my “maps” wat ek gebruik het tydens my weermagkursusse…. ek het A3 velle gebruik en dit was vol teks en prentjies … gewerk soos ‘n bom! Jammer dit is lankal weggegooi…

  3. Nou dit klink/lyk vir my nou na n blink idee – ek raak gedurig verlore tussen die klomp as ek minutes vat want soms babbel almal mos gelyk….hehhehehehehehehe

  4. Baie interessant, kinders leer makliker deur prentjies en skrif te kombineer. Die eksamen getoets vir met dogter van 11. Haar punte het baie verbeter! Ok en natuurlik kleur ook.

  5. @boervrou: Dit is meestal so, ja. Hoe meer sintuie en tipe “intelligensies” (visueel, musikaal, logies-wiskunding, ens) jy kan inspan, hoe makliker kan jy nuwe kennis onthou en herroep.

  6. Beste blogger

    Hier is ons nuutste Endtime Warning aangaande die begin van Judgment Day op 21 Mei 2011

    http://www.familyradio.com/graphical/literature/judgment/judgment.html

    (2Kor 2:15-16) Want ons is ‘n aangename geur van Christus tot eer van God onder die wat gered word en onder die wat verlore gaan; vir die laaste ‘n reuk van die dood tot die dood, maar vir die eerste ‘n reuk van die lewe tot die lewe. En wie is tot hierdie dinge bekwaam?

    Mag God elkeen van ons genadig wees.

    johannes

  7. Terug pieng: Om sekretaris te wees | Being the secretariat « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s