Oornag het my Facebook in ’n boer verander, en vandag praat my WordPress ook Afrikaans

Standard

Dis amazing.  Ek reken taalimperialisme het uiteindelik ‘n stille dood gesterf.

Want ons besef: elke tongval verskaf ekstra betekenis aan dít wie ons is – waaroor ons kan redeneer en dink en wonder; dit help skep aan ons realiteitsbesef.  Die klanke klink op na die hemel.

Soos die Xhosa-eufemisme vir doodgaan: -swekile [om te versuiker, oftewel soos suiker op te los en te verdwyn].  Pragtig, nie waar nie?  Vanaf ‘n taal wat kwalik tuishoort in die moderne eeu; nog nie ‘n noemenswaardige geskrewe literatuur opgebou het nie.

Daar is diegene wat nog wil laer trek met ‘n vergane leuse van “eendrag maak mag” en wil korrel na al wat ‘n kakie is.  Ons vir jou, Suid-Afrika.  Ons vir jou, Afrikaans.

Dít sonder enige strydbyl in sig.

Ek dink die wêreld het die “eenheid in diversiteit” aangegryp: ons glo en hoop en weet eintlik tog tereg dat dít wat anders is, nie ons hoef te bedreig nie, maar kan verryk.

Netmooi die anderdag het my Facebook in ‘n boer verander, die woorde daarso is oorvertaal (soms minder goed, maar nietemin) in Afrikaans.  Vandag merk ek op my WordPress dashboard noem haarself nou ‘n “instrumentpaneel”.

Ja-nee, die strydbyl is verroes en lankal begrawe.

Die vredesvlag is opgehys.

Dit wapper oor die hele wêreld heen.

Afrikaans: no lesser place.

7 responses »

  1. mnr muller, Alles baie goeie nuus vir Afrikaans!!, maar weet jy wat, dan kry jy Afrikaanssprekendes “hierdie kant” wat wil “wegsteek” dat hulle eintlik Afrikaanssprekend is. Aksente gee hul weg. Die mense maak so gekke van hulself, wil half ontken dat hul Afrikaans is alhoewel mens so duidelik soos daglig weet dat hul Afrikaans is.

    Dis waar wat jy sê, dit verryk ander. Ek het al menige gesprek met kollegas hier gehad oor Afrikaanse woorde, woorde wat presies soos in Engels geskryf word, natuurlik verskillend uitgespreek, maar dieselfde beteken soos in “water”…een voorbeeld. Hulle vind dit baie interessant. Baie ander voorbeelde natuurlik ook. Hoërskole hier hou ook daarvan as daar kinders is wat ‘n GCSE/A-level in Afrikaans kan doen, want dit wys dat hulle ‘n beleid van diversiteit volg en hulle spog graag met al daardie uitslae van leerders in verskillende tale. (GCSE is soos die ou st.8 in SA – baie kinders verlaat die skool na hulle GCSE-jaar en gaan verder met ander kursusse ens.)

  2. Jammer, ek moes myself duideliker gemaak het as dit kom by die “baie tale”…menende tale anders as die “modern foreign languages” wat hulle self aanbied, dis nie daarby ingesluit nie.

  3. @Johan: Ja-nee, dis alles goed en wel om die massas lukraak als te laat vertaal, maar dit verg eintlik noukeuriger oordeel om sommige Engelse woorde te behou en ander te vertolk eerder as om als direk (en veral lomp) oor te vertaal. Maar nou ja, teething problems, hopelik.

  4. Ek het nogal gewonder wie die vertaalwerk gedoen het so ver en gewens ons kon almal saamhelp en selfs stem oor sekere woorde.

    In die ou dae het my pa so ‘n groen International bakkie/lorrietjie met ‘n plat bak gery, en ons het ‘n dashboard ‘n dêsbord genoem. In hierdie geval sal ek dit dalk liewer ‘n skakelbord wou noem. Of klink dit te nommer-asseblieferig?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s