Gister se rommelstrate was oranje van al die nartjieskille

Standaard

Gister het munisipale werkers regdeur Suid-Afrika gestaak.

Duskant Merrimanstraat is die rommeltrommels omgekeer en was die strate besaai met plastieksakke, leë bottels, en veral lemoen- en nartjieskille.

Terwyl ek probeer het om in niks té morsigs te trap nie, het ek gewonder of enigiemand nog komposhouers in hul agterjaart het. 

* * *

Ook het ek gewonder hoeveel elke werk werklik werd is: Klink my die vullisverwyderaars verdien R5 000 per maand en soek nog R800.  (As beginner-onderwyser in 2006 het ek ook maar R6 000 per maand verdien.)  Hm.

* * *

En toe ek vanoggend ‘n nartjie afskil, en die oranje skille argeloos in die drom laat val, verlang ek skielik na ‘n huis, of meer spesifiek, ‘n komposhoop – êrens waar ek my kwistigheid kan laat verrot tot lewegewende kompos vir ‘n tuin.

* * *

Ook het ek gedink: die internet, onse inligtingsnelweg, blogruimtes – dalk lê daar óók te veel oranje rond.  ‘n Mens moet kyk waar jy wandel.

Advertisements

5 responses »

  1. Mooi subtiele verwysing na ons “carbon footprint”. 🙂 Ek stem saam ons het te veel junk wat rondlê op ons inligtingspaaie.

    Ek self sug ook elke keer as ek dink hoe waardevol die verwerkte atome en molekules is wat ek in die drom moet gooi, net omdat ek nie enige alternatief het nie. Gelukkig kan ons deesdae meeste dinge in die herwinningsak gooi, en ons het ‘n huis met ‘n komposhoop.

    Oor die waarde van werk kan ek nog nie ‘n duidelike antwoord vind nie. Vir munisipale en ander publieke werke (soos onderwysposte ook) is dit nog moeiliker, want jy kan dit nie direk koppel aan ‘n inkomste (of “return on investment”) vir die werkgewer nie.

    Tipies (of teoreties) in die privaatsektor het ‘n mens ‘n terugvoerlus van waarde, waar as jy beter werk doen, sal jou werkgewer vergoed word deur groter inkomste en dan hopelik sal dit ook ‘n groter inkomste vir jouself gee omdat jy meer waarde vir jou werkgewer het. In die publieke sektor werk die lus verkeerde kant om, want die “verbruiker” betaal belasting (of skoolgelde) voordat die werk gedoen word en dus is daar nie enige terugvoer in terme van hoe waarde bepaal word nie.

  2. Eendag gaan aliens afkom en ‘n harddrive optel met iemand se blog op en dan sal hulle dink “wat ‘n spul fucktup wesens”. (ek rip nie jou blog nie)
    Ek wonder of hulle meer van ons sal dink as hulle ‘n nartjie skil optel of a Tweet lees: “Ek eet nou ‘n naartjie”.

  3. Dit was chaos hier, ons ou dorpie het al ‘n paar keer ‘skoonste dorp in Limpopo’ gewen, as daai judges gister hier was,sou hulle ons bekertjie 4 keer wou terug vat!

  4. Tragies, maar meer tragies…op hierdie link. Kyk asb na die kommentaar wat in die tweede boksie is, nuwe kommentaar ongelukkig tussen die ou kommentaar. Wat doen ons Onnies. Ek raak die hoenders in wanneer ek goed soos hierdie lees. Ek is lus vir ‘n galbraak-possie oor dit. Wat moet ‘n arme ouer doen met Onnies soos hierdie. Dis nie die eerste keer dat ek kommentaar soos hierdie sien nie.
    http://tinyurl.com/rxsyen

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s