Kriteria vir studenteleierskapsontwikkelingsprogramme

Standard

As deel van lastige werkgroep waarin ek is, moet ons kriteria ontwikkel vir die evaluering van bestaande studenteleierskapsontwikkelingsprogramme.  Help my asseblief om hieroor te dink.

Dis moeilik om kriteria daar te stel, omdat daar:

  1. verskillende opvattinge oor (die vorme van) leierskap (-style) en leierskapsontwikkeling bestaan;
  2. unieke behoeftes ten opsigte van studenteleierskap by ’n universiteit van Afrika-, Suid-Afrika en Stellenbosch is;
  3. verskillende verwagtinge is t.o.v. onderrigmetodiek en –beginsels;
  4. dikwels ‘n tekort aan kontinuïteit is wat veroorsaak dat programme eenmalig en ongekoördineerd aangebied word;
  5. ‘n diskripansie is tussen studenteleierskapsaktiwiteite en die akademiese omgewing waarin studente hulleself bevind.

Hierso is die vertrekpunte waaraan ek sover gedink het:

T.o.v. leierskap (en -vorme/-style) , voorsien die werkgroep dat onwikkelingsprogramme daarop gemik moet wees om:

  1. Waardegedrewe (teenoor reëlgedrewe) stelsels uit te bou,
  2. Intellektuele, refleksiewe (teenoor operasionele) leierskapsdenke uit te bou,
  3. Transformasionele, vernuwingsingestelde (teenoor behoudende, tradisievaste) denke te bevorder,
  4. Deelnemende, verteenwoordigende demokratiese (teenoor outokratiese) leierskap daar te stel, m.d.v. dat daar gefokus moet word op kiesersopleiding, en die op- en afwenteling van idees en gesprek;
  5. Diversiteit (insluitend gender) as ’n bate te ag en te integreer in leierskapstrukture (Eenheid deur diversiteit teenoor Eendrag maak mag),
  6. Ondanks big picture denke (soos visie/missie) ook praktiese, operasionele vaardighede te ontwikkel,
  7. Strategiese probleemoplossingsvaardighede, kreatiwiteit en laterale denke, tydsbestuur, vergaderingsprosedures, en takt deurlopend te ontwikkel, nie net in posisionele leierskapskontekste nie,
  8. Volhoubaarheid en “groen”-praktyke te bevorder,
  9. Etiese norme en standaarde daar te stel,
  10. Gesonde studentepret te bevorder;

T.o.v. die Stellenbosch en die groter Afrika-konteks, voorsien die werkgroep dat ontwikkelingsprogramme daarop gemik moet wees om:

  1. Aansluiting te vind by die huidige universiteitsdoelwitte (Oorhoofse Strategiese Plan), asook diversiteitsmikpunte en uitdagings rondom taal en fasiliteite, en cluster-inisiatiewe en mikpunte rondom akademiese sukseskoerse,
  2. Studente te bemagtig om verteenwoordigend deel te neem aan gesprekke op verskillende vlakke (universiteits-, munisipale- (bv polisiegemeenskapsforum), nasionale- en internasionale komitees),
  3. Leiers toe te rus met die kennis, vaardighede en waardes om uit te bou op die huidige (unieke) sterkpunte van Universiteit Stellenbosch (soos Sêr en Vensters) en dit as voertuig te gebruik om die Universiteit mee te bemark,
  4. Studente bloot te stel aan ander leierskapstelsels buite Stellenbosch, nasionaal en internasionaal;

T.o.v. onderrigmetodiek en –beginsels, ondersteun die werkgroep die huidige wetenskaplik-aanvaarde pedagogie van:

  1. Sosiaal-konstruktivistiese en konnektivistiese leerteorieë  (Learning is seen as the process by which individuals are introduced to a culture by more skilled members”(Driver et al., 1994).  The teacher acts as a facilitator who encourages students to discover principles for themselves and to construct knowledge by working to solve realistic problems. Aspects of constructivism can be found in self-directed learning, transformational learning,experiential learning, situated cognition, and reflective practice.),
  2. Die formulering van kritieke en spesifieke uitkomste,
  3. Ervaring- en taakgerigte leer, refleksie en fasilitering van gesprekke tussen eweknieë (teenoor die magskennis wat by een lektor gesetel is wat in lesingformaat inligting oordra aan die minderwetende studente),
  4. ’n  Fokus op die volle spektrum van “leer”, by name – volgens Bloom se taksonomie: Kennis, Begrip, Toepassing, Analise, Sintese en Evaluering, en volgens die uitkomste-formulerings van kennis, vaardighede en waardes (teenoor slegs die oordrag van kennis),
  5. Heelbrein onderrig (wat meervoudige intelligensies, persoonlikheidstipes, unieke behoeftes (bv. gesig- of gehoorgestremdheid) e.d.m.) in ag neem met die opstel van (’n verskeidenheid van) leermateriaal,
  6. Modulêre aanbieding van leierskapsinhoud, hoofsaaklik in kleingroep-besprekings, met verdure inligting beskikbaar op ’n web 2.0 platform;

T.o.v. gehalteversekering, is dit nodig dat:

  1. Stelsels vir selfevaluering en benchmarking in plek gestel is/word om te verseker dat ontwikkelingsprogramme volhoubaar, gekoördineerd en aanvullend aangebied word;
  2. Voortdurende vernuwing en navorsing oor die onderwerp gedoen word, t.o.v. die leerprogram as losstaande entiteit, maar ook in samehang met ander bestaande programme om vas te stel of die spesifieke en generiese uitkomstes bereik word,
  3. Studente- en Fasiliteerder-terugvoer ingewin en verwerk word vir elke formele opleidingsgeleentheid,
  4. Wetenskaplike verslagdoening oor allerlei leierskapsaktiwiteite gedoen word, sowel as ’n evaluering/nabetragting van die effek van die leierskapsprogramme, maar ook die leiding wat geneem is, posisioneel en nie-posisioneel,
  5. Deelnemers aan die leierskapsontwikkelingsprogramme getrack word ná hulle universiteitstudies, enersyds om latere terugvoer in te win, en/of andersyds om hulle in te span as fasiliteerders in die toekoms,
  6. Volhoubaarheid, kontinuïteit en wetenskaplike verslagdoening aktief ingebou word in elke leierskapsontwikkelingprogram op só ’n manier dat dit oop en deursigtig is vir befondsers,  fasiliteerders en deelnemers,
  7. Finansiële volhoubaarheid en begrotingsmodelle duidelik uiteengesit word, sowel as die personeel om dit te monitor en te bestuur,
  8. Leierskapsontwikkelingsprogramme sover as moontlik gesertifiseerd moet wees.

* * *

Help my asseblief deur verder hieroor na te dink.  Watter kriteria sou jy daarstel om die sukses/tekort aan sukses van bestaande studenteleierskapsprogramme mee te evalueer?

5 responses »

  1. Wow, ek is totaal beïndruk:) Dit lyk na weldeurdagte leierskap!

    Dit moet moeilik wees om sulke indrukwekkende beginsels volhoubaar (prakties) te maak in ‘n konteks van studenteleiers wat gedurig en/of dikwels wissel.

    En ek kan nie help om te wonder nie:

    * Hoe bewerkstellig julle kontinuïteit?
    * Hoe kommunikeer julle die eenvoud hiervan?
    * Hoe werk die praktyk hier – praat mense oor verskillende (huidig hiërargiese)grense werklik met mekaar en doen dan iets daaraan? Of is (bly) dit net by praat en ‘n lot papierwerk (deesdae dalk in ‘n virtuele ruimte)?
    * Wat is die werklikheid op grondvlak?

    Dit lyk na ‘n proses om met belangstelling dop te hou. Ten spyte van my groot waardering bly ek bietjie skepties…

  2. Eish, estelleke, jy slaan die spyker op die kop t.o.v. die hoofprobleme van studenteleierskap!

    Ons probeer darem in ons taakspan om beduidend anders en beduidend beter opleidingsprogramme in 2010 (vir 2011 se studenteleiers) te ontwikkel. En hopelik sal die gehalteversekeringskomponent (die laaste ses punte) sorg dat die wiele aanhou draai, selfs al verander diegene agter die stuur van sake.

    Die eerste stap is nou maar om aanvanklike kriteria daar te stel. Daarna gaan ons die bestaande programme (wat ons alreeds gelys het) daaraan meet/evaluereer, en dán lê die uitdaging by ons om aanpassings tot die bestaande programme aan te bring sodat ons die algehele aanbod kan verbeter. (Maar daarvoor moet ‘n mens eers uitkomste, ens. uitdink!)

    Ek vermoed deel van die oplossing gaan juis wees om huidige leiers se portefeulje-verslagdoening op ‘n tipe blog/wiki-platform oop te stel, sodat mense onafhanklik by mekaar kan leer.

  3. Ek weet baie mense – dikwels mans😦 en diegene met meer lineêre denkstyle – wil eers uitkomste formuleer, maar ek wonder wat het julle SWOT-analise opgelewer?

    Dalk is dit wel ingesluit (en reeds georden) in al jou kolparagrawe hierbo en is my denke hieroor en verstaan hiervan maar net bietjie agter julle proses.

    My twyfel spruit veral uit my ervaring van die ratte en wiele van die proses en sisteme wat so stadig draai… Maar dit klink of jy (julle) goed ge-olie is en hope jeugdige optimisme het.

  4. Ek kan sien hoe hierdie ‘n moeilike taak is, so hopelik kan ek ‘n bietjie help met alternatiewe gedagtes. Ek het geen ervaring met hierdie onderwerop om op te staan nie, bloot my (onperfekte) logiese redenering.

    Ek dink die program moet dalk doelgerig fokus op die redes waarom ons studenteleiers in die eerste plek benodig. Dit behoort te help om die leierskapsaktiwiteite met die akademiese omgewing te vereenselwig. Hiervandaan kan daar dan ook meer spesifieke vaardighede geïdentifiseer word waarmee studenteleiers toegerus behoort te word.

    Ek vermoed punte 4 en 5 (m.b.t. demokrasie en diversiteit) van voorgestelde vertrekspunte is dalk te spesifiek? Jy wil verkieslik meer algemene vaardighede en denkwyses hier aanspreek om te keer dat jy “cookie-cutter” leiers probeer vervaardig. Dit kan te maklik gebeur dat mense sulke idees bloot ignoreer of selfs daarteen rebelleer as hulle nie daarmee saamstem nie, en sulke waardes kan enige dag verander (vir beter of slegter), soos vantevore al gebeur het.

    Ek stem saam dat ‘n waarde-gedrewe uitkoms belangrik is. En, leiers moet self leer/ontdek hoekom sekere waardes bo ander geag behoort te word en hoekom dit belangrik is. Idees m.b.t. diversiteit en deelnemende demokrasie behoort dalk outomaties uit te vloei uit ‘n gepaste program en hoef sekerlik nie geforseer te word as ‘n spesifieke uitkoms nie. Dis meer belangrik om die tipe denke te kweek wat krities na sulke sosiale waardes kan kyk en evalueer wat belangrik is en hoekom. Dit mag dalk meer produktief wees om te probeer om leiers toe te rus deur hulle bloostelling te gee aan die faktore waarmee hulle te doen sal kry in hierdie verband, en daarvolgens probeer om hulle te begelei m.b.t. hoe om binne sulke sosiale konstrukte/kontekste te werk (soos bv. om almal se menings te respekteer, sonder om noodwendig daarmee saam te stem).

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s