Monthly Archives: September 2009

Eergistraand het DF Malan en oudpresident BJ Vorster luid feesgevier in Higgovale, Kaapstad

Standaard

Eergister vroegaand het ek partytjie gehou in Kaapstad – en dit was heel plesierig, dit kan jy maar glo.

Die onthaalplek was ‘n gastehuis in Higgovale Villa Margaretha – wat regdeur wit-wit-wit geverf is en plek-plek versier met nagemaakte Grieks/Romeinse beelde, en koper- en silwerware strategies uitgestal.  ‘n Tikkie blanko Europa.

Dit was die partytjie van ‘n vriend van my, toevallig ‘n DF Malan – ‘n vervroegde viering van sy dertigste verjaarsdag, en ‘n kans vir ons om sy Nederlandse vriendin te ontmoet.  (Lees van sy naamgenoot en voorvader, oudpresident DF Malan.)

Ons het lekker buitekant op die stoep gesels, maar toe die son in die skadu van die dennebome sak, is ons inwaarts gedryf na die beloofte kaggel.

Maar in die voorportaal van die villa het ek hom die eerste gewaar, in die loom namiddag:

Ek moes versigtig sluk aan my vonkelsap, want regs by die gangetjie van die voordeur, op ‘n tafeltjie, sekuur geplaas vir die doel, was ‘n borsbeeld van ene oudpresident BJ Vorster wat met ‘n bronsblik elke gas se buik reguit bekyk.  (Die gasvrou blyk toe ‘n Vorster te wees.)  ‘n Varswit ruiker is by die beeld neergelê.

Overgesetseinde was die partytjie ‘n heerlike sukses; ‘n luidgevierde fees.  Ek kon soos in die goeie ou dae, lekker kuier met my Stellenbosse oudkoshuispelle, met wie jy mos maar ‘n bond opbou.  Die kos is geskep en die wyn het gevloei.

Die twee sjokolade nageregkoeke is toegewit met versiersuiker en bedien met joghurtvla en ligte dessert-appeltjies.  Op een was ‘n enkele flakkerende fakkeltjie geplant, wat François flink doodgeblaas het, begroet deur verjaarsdaggesange.

Ek moes vroeg ry en het ‘n paar van die witleë etensborde opgestapel en kombuis toe geneem na ‘n Siena en Liena vir die opwas, almal gehandgroet, gekasta-buig vir oom BJ, en in die straat waar die rye motors gestaan het, die donker nag met ‘n sy soel asem gegroet, die karwag in Xhosa bedank en in rand vergoed, in my donker karretjie geklim en in my truspieël vir vriende in hul wit Audi totsiens gewuif.

Vort na ons aparte tuislande.

Closing the student learning loop (after an IR conference in PE)

Standaard

I have just returned from the annual Southern African Association for Institutional Research (SAAIR) conference.  It was held in The Friendly – as well as The Windy – City of Port Elizabeth, at the Nelson Mandela Metropolitan University (NMMU) campus.

As conferences go, it followed the typical pattern: a keynote speaker opening the day, followed by speakers from different institutions (universities) delivering papers on their recent research findings, followed by tea, more speakers, lunch, some more speakers, tea, and an evening excursion, (Monday evening a boat ride in the harbour; yesterday a game drive in the Kragga Kamma Game park), followed by dinners.

The theme of the conference was Closing the Loop.

Even as a novice in the field I really enjoyed the variety of topics ranging from closing the quality assurance loops (departmental evaluations and programme reviews) to measuring graduate employability as an indicator of institutional effectiveness.

Yeah, I know – it might sound a bit boring, but you really do get insight into the Southern African Higher Education sector if a representative from Umalusi presents A comparative evaluation of the Senior Certificate curricula.  I especially enjoyed my colleague, dr Gert Steyn’s presentation on Measuring student participation in higher education with special repeference to South Africa.  (I will put the links in when the powerpoints are uploaded to the SAAIR website.)

What was most interesting to me was that, at the end of the conference when the keynote speakers and chair led a panel discussion, they came to the conclusion that institutional research (IR) actually cuts across the borders of institutions and could indeed in a sense be referred to as connectivity research.

This made me think.  Since recently becoming aware of a learning theory called connectivism, I now like the idea of connectivity and creating connections/promoting lateral thinking.  It provides a construct for the way in which we learn: through neuron connections we create/construct within our brains.  It also provides us with a construct for the way in which we should teach/act as knowledge partners.

Thinking of IR divisions at universities which convert knowledge (raw data e.g. student enrolment figures) into meaningful information (business intelligence) to inform action (insight for decision-making)… made me realise that IR personnel are in fact teachers who need to strategically facilitate learning to all managers and decision-makers at universities (academic and administrative colleagues).

Connectivism therefore, I think, may provide a useful paradigm for assessing the effectiveness of the business intelligence reports we produce.

* * *

According to constructivist and connectivist learning theories, lecture formats (such as the way in which the papers were presented) are not the most effective teaching methods for promoting student learning.  If you go to a conference, sit passively and dose off every second powerpoint slide, you will be none the wiser afterwards. Students (conference goers) need to talk too, share ideas, integrate diverse opinions and reflect on the learning that takes place. 

For me this happened in the evenings when we debriefed in our guest house and chatted informally over coffee, tea and a decanter filled with sherry.  I really only learned something – or realised what I had learnt – after a couple of sherries with our American guests, Rick and Alice Voorhees of the Voorhees Group.  (Read his blog at http://voorheesgroup.org/wordpress/)

And according to constructivist and connectivist learning theories one needs to reflect about one’s learning for learning to truly take place.

Thus, by writing this blog, I am closing my IR learning loop (…or maybe rather, swinging my learning lasso).

* * *

Connectivism also explains the mistakes we make: the connections we incorrectly create between unrelated matters.  Haha, that may just be the case with this post!  Do you think IR and learning theories are in any way connected?

In ’n wêreld waar ons van ons vriende ontheem is

Standaard

In ‘n wêreld waar ons van ons familie en vriende ontheem is, met naastes oraloor die aardbol versprei, voel ons dikwels alleen en onbeholpe.

Ons hunker na ‘n plek waar jy goedgesind gekoester word vir wie jy is, ongeag – of juis op grond van – jou mede-feilbaarheid.  Umntu ngumntu ngabantu – die mens is ‘n mens deur ander mense.

Ons wil bemin wees.  Geliefd.  Of ten minste vredig onbegaan oor ons ongeliefdheid al dan nie.

Ons soek ‘n tuiste met kindergeskal.  Hetsy in ‘n taal of in ‘n tradisie, maar méér as dit.

Ons soek tasbare liefde.

Omgee wat jou omwarm.

* * *

Maar my god, my god, waarom het u ons verlaat?

Om sekretaris te wees | Being the secretariat

Standaard

260_secretaryIn my hoedanigheid as administratiewe beampte by ‘n groot burokratiese instansie, word ek gereeld met die sekretariaatfunksie van komitees belas.  Ek moet agendas opstel en notule hou.

Notules van gehaltekomitees, eksterne evalueringsgesprekke, benchmarking konferensies, programadvieskomitee-, onderrigbestuurspan- en studentehuisvestingskomiteevergaderings.

Male sonder tal moet ek met die nodige takt en noulettendheid dinge notuleer wat nie altyd met die nodige takt of noulettendheid gesê is/word nie.  In een saaklike sin saamvat wat ‘n slordige debat verswyg.

Aanbevelingsrapporte, mededelingsrapporte, bosberaadnotules, beplanningsessie-opsommings, forumbesprekings, de lot.

En so val dit my ook nou die dag te beurt om dié vaardigheid aan nuutverkose studenteleiers te moet verduidelik.

Sug.

What a mission.

article_photo1Hoe maak jy nou seker dat ‘n skare studente nie op hulle arms aan die slaap raak van wurgende verveling nie?  Hoe maak jy ‘n onprikkelende onderwerp soos sekretaris-wees sexy?

Toe gebruik ek maar vir Hillary Clinton: Sekretarisopleiding_Training for Secretariat

* * *

Omdat ek min tyd gehad het om vir die aanbieding voor te berei, het dit maar sukkel-sukkel gegaan om groepbesprekings aan die gang te kry.

Volgende jaar sal ek minder moeite in ‘n powerpoint sit, van meer mede-fasiliteerders gebruik maak en spesifieke opdragte uitdink waarmee die studente kan engage.  Dis rêrig lastig om in ‘n lesingformaat leer te probeer bewerkstellig.

Nietemin, dit weet ons mos.  Maar “Herhaling kweek vaslegging” het ‘n onderwyser tweekeer vir my gesê.

“Herhaling kweek vaslegging.”