In ’n wêreld waar ons van ons vriende ontheem is

Standard

In ‘n wêreld waar ons van ons familie en vriende ontheem is, met naastes oraloor die aardbol versprei, voel ons dikwels alleen en onbeholpe.

Ons hunker na ‘n plek waar jy goedgesind gekoester word vir wie jy is, ongeag – of juis op grond van – jou mede-feilbaarheid.  Umntu ngumntu ngabantu – die mens is ‘n mens deur ander mense.

Ons wil bemin wees.  Geliefd.  Of ten minste vredig onbegaan oor ons ongeliefdheid al dan nie.

Ons soek ‘n tuiste met kindergeskal.  Hetsy in ‘n taal of in ‘n tradisie, maar méér as dit.

Ons soek tasbare liefde.

Omgee wat jou omwarm.

* * *

Maar my god, my god, waarom het u ons verlaat?

8 responses »

  1. Dit mag wel wees dat almal hierdie dinge op een of ander vlak koester, maar die probleem is dat nie almal dit aan ander gun nie. Tog, soos daardie gesegde wat jy aanhaal aandui: ons is almal afhanklik van mekaar.

  2. Welgedaan! – ek sien jy het jou lesers se gedagtes (myne in elk geval) netjies d.m.v. aktualisering van voorkennis en persoonlike ervaring begelei deur vrae om te kom by wat jy uiteindelik wou sê. Doeltreffende konstruktivisme (oftewel konnektivisme soos jy dit noem).
    Ek voel ge”connect”🙂

  3. Ek stem saam met GvdS. Ons is te geneig om ander te blameer vir ons foute en tekortkominge. Dis ook maar net deel van mens wees – om te blameer en om foute/tekortkominge te he. God sal jou/ons nooit verlaat nie, dis meer ‘n geval van Hom toelaat om weer vir jou/ons te se/te laat weet…”hallo, Ek’s nog hier by jou” Met ‘n besige lewe vir sommige en vir ander ‘n lewe vol van “ek”, gebeur dit slegs af en toe.

  4. Weet jy Nikita… Ek het nou mooi besin oor wat jy gese het… Ons laat onself nie toe om te hoor nie want ons hou ons besig met onbenullighede… daar word nie met ons gepraat in ‘n geraas nie en ons weier net volstrek om vir ‘n rukkie stil te staan… Sad eintlik!

    • Baie Sad..is daar nie ‘n liedjie wat gaan..(my geheue!) “wees stil en weet…die Heer is met jou”…(iets in daardie lyn..maar dit kom daarop neer om weer “stil” te raak en te besef Hy is nog daar – in hierdie besige lewe wat ‘n mens het.

  5. @Girl van die Suburbs en Nikita: Dankie vir julle bydraes. Met my interteks wou ek egter nie die gesprek as sodanig in ‘n godsienstige rigting stuur nie; ek wou eerder die gevoel van ongeborgenheid beklemtoon.

    Die sterwenswoorde versinnebeeld vir my derhalwe die totale verslaentheid van die mens – woorde uitgeroep op ‘n oomblik van absolute, opsetlike ongoedertierendheid/straf: die ter helle neerdaling van die mens.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s