Eergistraand het DF Malan en oudpresident BJ Vorster luid feesgevier in Higgovale, Kaapstad

Standaard

Eergister vroegaand het ek partytjie gehou in Kaapstad – en dit was heel plesierig, dit kan jy maar glo.

Die onthaalplek was ‘n gastehuis in Higgovale Villa Margaretha – wat regdeur wit-wit-wit geverf is en plek-plek versier met nagemaakte Grieks/Romeinse beelde, en koper- en silwerware strategies uitgestal.  ‘n Tikkie blanko Europa.

Dit was die partytjie van ‘n vriend van my, toevallig ‘n DF Malan – ‘n vervroegde viering van sy dertigste verjaarsdag, en ‘n kans vir ons om sy Nederlandse vriendin te ontmoet.  (Lees van sy naamgenoot en voorvader, oudpresident DF Malan.)

Ons het lekker buitekant op die stoep gesels, maar toe die son in die skadu van die dennebome sak, is ons inwaarts gedryf na die beloofte kaggel.

Maar in die voorportaal van die villa het ek hom die eerste gewaar, in die loom namiddag:

Ek moes versigtig sluk aan my vonkelsap, want regs by die gangetjie van die voordeur, op ‘n tafeltjie, sekuur geplaas vir die doel, was ‘n borsbeeld van ene oudpresident BJ Vorster wat met ‘n bronsblik elke gas se buik reguit bekyk.  (Die gasvrou blyk toe ‘n Vorster te wees.)  ‘n Varswit ruiker is by die beeld neergelê.

Overgesetseinde was die partytjie ‘n heerlike sukses; ‘n luidgevierde fees.  Ek kon soos in die goeie ou dae, lekker kuier met my Stellenbosse oudkoshuispelle, met wie jy mos maar ‘n bond opbou.  Die kos is geskep en die wyn het gevloei.

Die twee sjokolade nageregkoeke is toegewit met versiersuiker en bedien met joghurtvla en ligte dessert-appeltjies.  Op een was ‘n enkele flakkerende fakkeltjie geplant, wat François flink doodgeblaas het, begroet deur verjaarsdaggesange.

Ek moes vroeg ry en het ‘n paar van die witleë etensborde opgestapel en kombuis toe geneem na ‘n Siena en Liena vir die opwas, almal gehandgroet, gekasta-buig vir oom BJ, en in die straat waar die rye motors gestaan het, die donker nag met ‘n sy soel asem gegroet, die karwag in Xhosa bedank en in rand vergoed, in my donker karretjie geklim en in my truspieël vir vriende in hul wit Audi totsiens gewuif.

Vort na ons aparte tuislande.

Advertisements

3 responses »

  1. Kleur speel duidelik hier ‘n rol. Wit en donker. 😆 ‘n Niggie van my (byna 30 jaar+ ouer as ek) het in haar jong dae vir Staatspres CR Swart gewerk as sekretaresse. Sy’t altyd interessanthede te vertelle gehad, so glo ek jou vriend seker ook oor sy Oupa? Ek het ‘n outjie in een van my Gr3-klasse gehad wat weer vir Paul Kruger as ‘n voorsaat gehad het. Sy naam+van Stephan Kruger- afgelei van Stephanus.

  2. Genugtig, daar lees ek hom nou eers raak! Dankie vir jou flink, skerp en raak woorde, André. En vir die verwoording van dié geleentheid!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s