Seks, skeermeslemmetjies of soeke na sin?

Standard

Dis binnekort tyd vir my volgende Life Skills post.

Ek het nou al onderwerpe aangeroer oor geloof, cool wees, seks met skoolmeisies, gay-wees, beroepe, vryheid, vryery, integriteit, sosiale rokery, fokken gevloekery, en hoe om jou drank te handle.

Watse onderwerp wil jy hê moet ek volgende aanroer?

Hm?

11 responses »

  1. As jy nou hier in die ukay was, het ek gese “binge drinking”, ek weet nie hoe dit die huidige jeug van SA raak nie, ek dink nie ons tieners drink so erg soos hierdie spul die kant nie! Seks-opvoeding [in my opinie] word hier totaal afgeskeep – in baie skole – teenoor ons skole. Ek het dit met Gr6 gedoen by my laaste skool in SA en dit wat ek hier gesien het met 14 jariges – is iets om oor te huil, ek kan net se: arme kinders, niks word gedoen nie. [wel, dis seker nou nie by al die skole nie, maar ek weet van ten minste 4 waar dit so gaan – dus…] Beroepe kan nogal ‘n goeie een wees. Klompie jare terug het ek Lewensorientering gegee en kinders het nogal daardie leiding ernstig nodig. Eintlik sal jy te veel he om te se! Ek weet net ek het ‘n fantastiese Onderwyseres gehad toe ek op hoerskool was, sy het letterlik uit haar pad gegaan om selfs vorms vir jou te kry en te help voltooi ook. Integriteit – wel, ek wonder watter persentasie van ons samelewing kan mens se het dit? Dit sal moeilik wees, maar interessante onderwerp. Laat waai!🙂

  2. Dalk val die vorige inskrywing eerder onder jou “aspris”-kategorie.
    Ek sien litnet (www.litnet.co.za) wil ook ‘n ondersteuningsgroep begin vir a-seksuele mense. Sou dit ‘n probleem wees waarmee tieners worstel – dalk nie die skool nie, want sodanige leerders is waarskynlik deel van die toppresteerders…
    Wat doen ‘n mens egter as jy agterkom jy het nie eintlik (seksuele) libido nie?

  3. Aha, drie goeie idees sover!

    @Nikita: Ek het al oor social drinking geblog, maar nog nie oor vergrype aan drank of ander middels nie. Lekker onderwerp.

    Self is daar ‘n les aan’t broei oor netiket en matige MXit- en Facebooking, ens.

    @estelleke: Beide jou onderwerpe is briljant! Ek dink verhoudings oor enige grense heen (kultuur, ras, taal, belangstellings, landsgrense) is uitdagend. En a-seksualiteit (en transseksualiteit) is onderwerpe wat selde aangeraak word. Ek sal ‘n bietjie nadink daaroor.

    @Skoor: die onderwerpe wat ek in my post gelys het, het ek alreeds onder die Life Skills-afdeling gedek. Jy kan maar net gaan kyk onder my twitter feed en click op Life Skills, onder afdelings. Hehe, so jy hoef nie eens te wag nie!

    Thx almal; nog idees?

  4. mnr Muller – die netiket en Facebook Social networking kan nogal ‘n goeie een wees, meer oor E-Safety ook. Ek is tans besig met ‘n onderwerp met my Y7’s en Y8’s daaroor. Ons doen die onderwerp oor 7 weke en dit sluit in Cyber Bullying – in alle vorme (ek doen bv die week Chat Rooms – ek het ‘n wonderlike chat room video wat ek vir jou kan aanstuur (2 eintlik – een is so oor ‘n minuut wat gaan oor persoonlike- en private inligting uitgee op die net en die ander een is so 4-5 min oor Chat room safety – baie, baie oulik). Ons doen ook Email en virusse ens. – en dit sluit als ook netiket in.🙂 Skree as ek moet aanstuur..die formaat is wmv (windows movie maker wat met real player speel) en afhangende van jou blog, kan jy dit selfs oplaai ook.

    • mnr muller, Ek het die movies probeer stuur, sonder sukses. Ek dink die aanhegsels is te groot. Ek het dit selfs afsonderlik ook probeer, sonder sukses. Ek het wel vir jou 3 links gestuur, een met ‘n video-clip wat ons ook gebruik wat gaan oor bullying. Geniet dit, dis jammer dat ek nie die video’s kon deurkry nie, dis nogal baie oulik.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s