mnr.muller was te besig om kommentaar te lewer op ander ouens se blogs as om self iets te post, so verskoon hom asseblief en lees gerus wat hy daarso op die ander ouens se blogs kwytgeraak het m.b.t. filosofie

Standaard

Ek is ‘n swak blogger.

Ek skryf te min en te ongereeld, en wanneer ek die dag kommentaar lewer op iemand anders se blog, dan gaat ek heeltemal oorboord.

Nietemin, as jy wil weet by watter gesprekslyn ek onlangs betrokke geraak het, volg gerus my diskoers op flippiefanus se bloginskrywing oor Wiskunde en filosofie.  Kortom sê hy: “Filosofie is snert”.  Kortom sê ek: “Is nie”.  Bleh.

88 comments later en ons het min vordering gemaak, hehe. Ek is amper op die punt waarby ek met hom wil saamstem, seinde ons soveel gebabbel het en niks bereik het nie!

* * *

Dis vreemd waarby ‘n mens alles per ongeluk betrokke raak in die blogosfeer.  Ander dag sien ek ek is ‘n kampvegter vir gay regte.  Dis nogal cool.  Jy hoef nie gay te wees om ‘n goeie saak te ondersteun nie.  Jean du Plessis se lesingreeks oor gay wees is ‘n absolute plesier om te lees. Regtig ‘n worthwhile read.

* * *

Gister gesels ek en my tweedejaar kamermaat oor ons soortgelyke wanhopige, kommerlose lewens.  (Ek plaas juis die twee teenstrydighede naas mekaar.) Ons is albei haarlynopskuiwende-boepenskwekende jongmense, tersiêr opgevoed en twyfelend in ons aparte, maar gedeelde sinlose, maar sinfnuikende, bestaansomgewings.

Ons het lekker gesels.

En ons het ‘n paar weke gelede lekker treingery Kaap toe.

* * *

Dus, as ek min blog, vra ek om verskoning – ek voel veral skuldig teenoor dié met wie ek amper uitsluitlik in dié medium kommunikeer.

Maar die feit is, ek hou nie eintlik hiervan nie; ek hou daarvan om iemand in die oë te kyk wanneer ek met hom/haar praat.  Ek hou van die opflakkering van emosies – nie van moeilik-interpreteerbare tussen-die-reëls emoticons nie.  Ek hou veel meer van klasgee as blog oor klasgee, maar nou ja.

Ek is ‘n swak blogger.

Maar ek sal probeer om aan nuwe inskrywings te dink.

* * *

Ugh. ‘n Kenmerk van ‘n swak blog is, volgens my, wanneer die skrywer in ‘n selffolterende geweeklaag van meta-blogging verval.  Hehe, ten minste doen ek dit met ‘n tikkie ironie (‘n meta-meta-geweeklaag dus!).

Advertisements

14 responses »

  1. Daar is nie so iets sos ‘n swak woeraar nie. Daar is woeraars wat meer skryf as ander, dan is daar die wat minder skryf. Daar is woeraars wat woervakansies vat en dan is daar diegene wat om watter rede ookal beskuit om hul woernale te sluit. Maar daar is geen reels wat se^ hoeveel ‘n mens moet woer nie. Daar is ook geen reels om te se^ hoe mens dit moet skryf nie.

  2. Verskoon my taalgebruik, maar

    WAT DE F*K is ‘n woer!?

    Jammer, ek bedoel dit nie as ‘n persoonlike belediging nie, maar dit klink soos iets wat tieners doen as hulle horny raak.

    flippiefanus: sal jy my asseblief belowe om NOOIT OOIT in jou HELE lewe weer die woorde “woer”, “woeraar”, “woernaal”, “woervakansie” of enige vorm daarvan te gebruik asof dit deel is van die Afrikaanse taal nie. Dis absoluut afskuwelik!

    Jy het nou my vinger aan die geweer se sneller vasgegom met die arme katjie opgelyn in die visier vir ‘n kopskoot.

  3. Skuus, jy mag wel die woord “woer” gebruik as klanknabootsing vir die geluid/beweging van ‘n tol, of soos in die woer-woer waarmee kinders in die verlede gespeel het, maar asseblief nie as ‘n vertaling vir “blog” nie.

  4. Bly om te sien ek is nie die enigste een wat nie elke dag kans kry vir blog nie. Maar die laaste ruk voel dit meer of ek nie lus is om te blog nie, my lewe is iewers in ‘n lugleegte vasgevang …

    Gelukkig vir e-pos maatjies, baie van my e-posse land uiteindelik op my blog (seker heel vervelend, maar dan lyk dit darem of daar iewers nog lewe is!).

  5. En nou kry Flippie raas? Oi!? En hoekom kan Flippie nie daardie woorde gebruik nie, wonder ek. Spraak is immers vry – moet ons streektale dan nou ook aangepas word? My w^reld!

    Ag Mnr Muller, ek geniet jou skrywes! En ek HOU daarvan om te loop woer! En in Namakwaland praat ons sommer van moer-die-woer JIP :mr green:

  6. Stomgeslaan, ek behou myself die reg voor om te woer so veel as wat ek kan, om ‘n uitnemendheid woeraar te wees en ‘n woernaal tot in lengte van dae te onderhou. 😛 Ek het hierdie term(e) al lankal begin gebruik en ook al komplimente gekry daarvoor.

  7. Ek woer met my “key board” en “horny” tieners woer met ander dinge. Soos woer ons oor berge en dale tot ons moer toe gewoer het! Voel nou skoon drink in my kop!

  8. Ek sit en dink oor die gesprek waarna jy verwys op jou twitter feed en voel genoop (lekker óú woord) om ook ‘n (skuins) stuiwer in die armbeurs te gooi (dalk ‘n klip in julle “bos”) – hiermee deel ek my (vanuit die femina-spesie) waarneming …

    Nadat ek ‘n uur lank sit en lees het hieraan, kon ek nogal verstaan wat Shakespeare bedoel het met “much ado about nothing”. Dit het my ook laat dink aan die absurde teater van die 60-er en 70-erjare, waar al die karakters met mekaar praat, maar in sulke verby-mekaar monoloë. Vanuit my eie konstruktivisties-geneigde opvoedkundige oog het ek wel waardering gehad vir die proses en ek dink elkeen het lekker kans gehad om sy/haar hobby horse te ry. Maar sjoe, die eindproduk was maar onbevredigend (soos jy op jou twitter feed skryf) – dit het my nie gelyk iemand het ‘n ander een oortuig nie. Trouens, die getjommel het eintlik bietjie afgewater geraak. Argumente is herhaal, aangehaal en elkeen stoom voort.

    In my verbeelding het ek ‘n paar manne rondom ‘n braaivleisvuur gesien, elkeen met ‘n bier (dalk soms meer gesofistikeerd met ‘n glas wyn) in die hand. Nou-en-dan ‘n (anima-)stem wat hulle herinner dat hulle eintlik besig is om vleis te braai (!).

    En ek het geweet hoekom ek dit nooit reggekry het om logies te dink nie, hoewel ek nogal goed was in wiskunde en daarvan hou om (saam met party mense) te tjommel. Ek het darem ook agtergekom wat woer beteken.

  9. @estelleke: Jy verwoord uitstekend hoe ek voel oor my relaas ad infinitum op flippiefanus se blog. Almal praat verby mekaar in hul eie sirkelredenasies.

    Dit is ontsettend frustrerend, hehe, en ek verlang na die dae toe ek real-life gesprekke kon fasiliteer as onderwyser, of vóór dit – toe ek self deelgeneem het aan die Engelse rotary debating: https://mnrmuller.wordpress.com/2009/02/12/debatte-redenasies-en-stomende-blogs/

    Die gesprek op flippiefanus se blog woer nog voort, so dalk kom dit tog tot ‘n bevredigende slotsom? Haha, maar ek’s bevrees my argumente dáár is op!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s