Nou die dag geselstik ek met ‘n matriekleerder via gmail se chatfunksie. Hulle eksamens begin nou.
Toe gee ek hom sewe tips:
- Leer jou inhoudsopgawes. Dit sal jou ‘n goeie struktuur in jou kop gee waarby jy feite kan aanhaak. Blaai ook vinnig-vinnig deur ‘n ou vraestel om ‘n goeie idee te kry van wát tipies getoets word.
- Werk vinnig: Moenie jou handboek soos ‘n storieboek lees nie – vluglees dit soos ‘n ensiklopedie: soek die feite wat nodig is op die vrae wat jy vermoed hulle gaan vra.
- Figure vooraf uit wat jy alreeds weet en wat jy nog nie weet nie. Dit kan baie verleidelik wees om herhaaldelik weer-en-weer te lees wat jy alreeds ken en die “moeilike” goed uit te stel tot later. Moenie. Werk vinnig, sorg dat jy weet wáár in jou inhoudsopgawe die werk wat jy ken, inpas, en weet waar die gaps in jou verstaan nog is.
- Maak leer fun. As jy feite moet memoriseer, omdat jy weet hulle gaan vra om die 10 watookals te lys, dan kry shortcuts om die lys te kan onthou. Gebruik al jou sintuie; teken prentjies in jou kop, ens. Maar maak dit pret.
- Wanneer jou tyd uithardloop, kyk weer vir oulaas na jou inhoudsopgawe en maak weer ‘n mental opgawe van wat jy weet en watter dele fuzzy is. Tydens die eksamen sal jy dan ook weet watter vrae om eers te skip en later na terug te kom.
- Geniet die vraestel! Onthou, ‘n vraestel is ook maar net ‘n vraestel. Hulle gaan jou nie probeer vasvra nie; hulle toets maar net stelselmatig die inhoud van jou vak. Geniet die challenge en werk so vinnig as wat jy kan – nie omdat jy hoef haastig te wees nie, maar omdat hulle meestal nie die complicated antwoord soek nie, maar die obvious ene.
- Leer in kort spurts en gee vir jouself elke nou en dan ‘n lekker, kort break. Sien uit na die lang vakansie wat voorlê en ontspan vir ‘n uur ná ‘n vraestel voor jy nog ‘n leersessie aanpak.
Hm, het my blogvriende enige ander raad vir die eksamenskrywendes?
Hehe, I pity the poor fools.
Praat hardop oor wat jy leer, wys jou vinger vir wie jy daai vertel (ok, denkbeeldig) maak dit lewendig. Ja, ek hou van jou raad – ek onthou hoe ek deur volumes moes worstel en wanneer ek dit ook FUN gemaak het, was dit soveel makliker
En onthou: nuwe SA se slaagsyfer maak die aansienlik makliker 😉