Die ou oom wat rokerig sit in die hoek van die kroeg

Standard

ardbeg whiskyBy die onlangse whiskyfees in Kaapstad het ek weer oudergewoonte whiskies van regoor die wêreld geproe.

Dit was heerlik.

My gunsteling tipe whisky is dié wat rokerig proe, soos iemand een keer beskryf het: Weighty and pungent. Big, dark peat notes and creosote. Almost like a burning tire, extinguished with powerful sea spray.

Ek hou daarvan om te sê dat jy die “ou oom in die hoek van die kroeg” moet kan proe.

Die mees rokerige, oftewel peaty whisky op die mark is Ardbeg.  Dis my gunsteling.

Ander whiskies kan heuningrige, blommerige, neuterige, medisynerige of kruierige smake hê, maar ek hou van my verbrande modder.

Drink jy whisky?  En indien wel, watter is jou gunsteling?

19 responses »

  1. Wat se whisky mens drink hang natuurlik af daarvan of jy net drink vir die die saak van drink, en of jy wil drink vir jou plesier.
    As dit dan nou vir plesier is geniet ek ‘n slukkie Glenfiddich.

  2. Cardhu bly die beste!! (As jy dit in die hande kan kry)
    Glenfiddich het ek ook geen probleem mee nie, en as ek bietjie goedkoper moet gaan is Speyburn op sy tyd ook nie te bad nie…. dus enigige single malt uit die Speyside area……

    • Smooth, lingering malt smaak… en lig tot medium rokerig (Soos om gerookte fluweel te drink). Cardhu distillerie word deur Johnnie Walker besit, en is een van die hoofbestandele van die Johnnie Walker blends. Hulle bemark die Cardhu single malt egter nog op sy eie, maar weens een of ander onderonsie is dit nie meer in SA beskikbaar nie. Kan nie mooi die hele storie onthou nie – So as jy oorsee reis, of iemand ken wat binnekort gaan – Bring vir jouself ‘n bottel terug as geskenk aan jouself…. en sommer een vir my omdat ek jou daarvan vertel het😆

  3. Geniet self my Whiskey met biekie ys, maar kan nie die dertig Pond per bottel soort bekostig nie!
    Maar waarom ek hier skryf, ek sien jy skryf by Flippiefanus se werf oor daardie koperplaat en menslike energie eksperiment. Kan jy vir my `n webwerf of “link” na die inligting gee?
    Ek sou graag meer daaroor wil lees. Klink vir my baie interessant.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s