Ek het op dag een van die Verwelkoming my HK laat huil.

Standard

Ek het op dag een van die Verwelkoming my HK laat huil. (Ek is einde laasjaar as ‘n inwonende hoof van ‘n nuwe vrouekoshuis aangestel).

Nouja, ten minste dra die HK-lid vir eerstejaars nie meer ‘n swarthaarpruik nie. (Maar die eerstejaars mag nog steeds nie die hooftrappe gebruik nie.)

Hoe diep gesetel is die magshiërargieë op Suid-Afrikaanse kampusse nie? (Dat tweedejaars hulleself as eerstejaars se meerdere ag?)

Of is dit bloot die manier waarop ons op skool gekondisioneer word? (Kyk af, graadaggie – hardegat word sagtegat!)

Liberté, égalité ma non fraternité.

Vir senior studente om werklik eerstejaars vriendelik, gasvry en menswaardig te ontvang, moet hulle hul wynrooi baadjies in die kas ophang, van hulle high heels afklim en kruisbeen op die gras met hulle medemense (toevallig nuweling-eerstejaars) gesels.

Ons maak darem vordering.

Maar die hiërargie bly behoue.

5 responses »

  1. Nou waarom het die HK gehuil?
    Daar is niks wat ek so verpes as ontgroening nie. Wanneer gaan dit geheel en al van alle skool, universiteit of enige ander plek verban word? Dit is `n barbaarse, onmenslike, onvolwasse ding om te doen, en dit lyk of ons Afrikaners voorbokke is met die ding.

    • Die HK het gevoel ek “neem dinge van hulle af weg”. Ironies, natuurlik, omdat dit slegs die tweede jaar is dat hierdie privaatwyk bestaan (en die eerste keer dat ‘n groot deel van die wyk in ‘n koshuis gehuisves word).

      Hulle wou – wel met goeie bedoelings, glo ek – die HK-lid vir eerstejaars anders laat (v)oorkom as enige van die ander (vriendelike) HK-lede: as ‘n temperamentele diva.

      Die nuweling-eerstejaars moes hulle sandale elke keer wat hulle die koshuis wou betree (kwansuis om die geraas van 90 gelyktydige trappeklimmers hok te slaan), uittrek.

      En die HK wou aangespreek word as “Ladies”.

      Nie een van bogenoemde is ‘n gruwelike skending van menseregte nie, maar die HK het vooraf ingestem en voorgeneem om die nuwelinge “vriendelik, gasvry en menswaardig” te ontvang.

      Bogenoemde maatreëls wat hulle wou instel, sou egter die teenoorgestelde doen. Dit sou die eerstejaars vervreem ten einde ‘n duidelike hiërargie te vestig. Dit sou hulle nie tuis laat voel nie, maar juis (letterlik en figuurlik) konstant op hulle tone hou.

      Toe ek hulle push om die pruik te laat gaan en die sandale te laat staan, was my HK se fut uit.

  2. Ek dink dit is maar net lekker om die senior te wees, veral aangesien jy al die junior was. Ek stem egter saam met Louwie dat daar ‘n groot verskil is tussen senior en poephol wees is.

    • In koshuise is daar elke jaar nuweling-eerstejaars. Dit is deel van die ritme van die oorkoepelende sisteem.

      ‘n Magshiërargie maak dit maklik vir ‘n senior om vriende te raak met eerstejaars, want jy kan onmiddellik die jongeling opkommandeer om vir jou koffie te maak.

      Daarteenoor, as jy wil wegbeweeg van intimidasie, verg dit meer moed en gasvryheid van die senior om self die ketel te kook en die nuwelinge op te nooi vir ‘n koppie tee.

      Laasgenoemde, glo ek, skep eerliker vriendskapsbande.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s