Want die ronding van haar skouers was verswelg deur ’n hoekige HK-baadjie

Standard

Ek het eergister Academia se primaria liederlik ontstel.

* * *

Só het Academia ook deesdae ‘n huiskomitee, neem aan JOOL deel, en nóém hulle hulleself ‘n koshuis.  (Inderwaarheid  is dit ‘n woonstelblok-ontwikkeling langs die ingenieursgebou wat privaatverblyf vir sowat 600 studente bied.)

As ek daar gebly het, sou ek my eerder roem op wat die plek werklik is: nie ‘n koshuis nie, maar gerieflik-op-kampus privaatverblyf waar jy met ‘n pel in ‘n woonstel kan bly en die volgende fase van volwassenheid saam deurleef.  Waar jy kan kies hoe en wanneer jy kan kom en gaan, en waaraan jy als wil deelneem.  Dis definitief ‘n alternatief tot normale koshuis- of private huisvesting wat sy eie voordele bied.

Maar dis nie hoe hulle huiskomitee dit sien nie; hulle ís ‘n koshuis en basta!

* * *

Nietemin, dit was als my kollega se skuld.  Hy’t gevra dat ek saamgaan, volwetend dat takt nie een van my sterkpunte is nie.

Daar gekom, sit al die nuweling-eerstejaars in ‘n groot markiestent en luister hoe die huiskomitee met hulle praat.  Toe ek binne hoorafstand is, kom hulle primaria sopas aan die woord:  haar ligte somersrok belas met ‘n swaar HK-baadjie.

Sy praat.  Afkeurend.

Dan venynig.  Bitsend.  Sarkasties.

Vir ‘n oomblik verwonder ek my aan hoe onvriendelik sy is. Helder oordag. Ek verwag dat sy binnekort dubbeld gaan vou en histeries lag; haar show ontbloot vir die grap wat dit is.  Maar sy doen nie.

Die toehoorders sit met skouers omlaag en oë dwalend.  Moeg.

Dan kry die eerstejaars ‘n finale aanmaning en ‘n opdrag wat hulle luidkeels herhaal.  Toe hulle opstaan, word daar gegil dat niemand gesê het hulle mag maar opstaan nie.  Almal wag. Tot sy. Uiteindelik. Hulle verdaag.

* * *

Ek kyk nog die prim ongelowig agterna toe twee breë glimlagte kordaat voor my kom staan: twee surfer kiddies vir wie ek, toe hulle graadnege was, vier jaar terug, skoolgehou het.  Hulle is bruingebrand en in my Facebook feeds het ek gesien watse jolly matriekvakansie gettogethers hulle gehad het.  Inderdaad jong volwassenes.

Ek merk op aan hulle glimlagte dat dit die enigste tande is wat ek in die hele omtrek sien.  Almal anders se mondhoeke is stram; mense mompel sag, huiskomiteelede frons vanaf hulle podium.  Oë gluur agter weerkaatsende lense.

Met ‘n paar sekuur-geplaasde vrae aan die twee oudleerders, bepaal ek gou dat dít wat ek sopas gesien het, aan die orde van die dag is.  Kortom, in hulle eie woorde: “Die verwelkoming is crap.” (Aldus twee kommerlose stadsjapies wat gedink het hulle huur ‘n woonstel waar hulle jong volwassenes kan wees.)

Toe my vrolike vriende opmerk dat my saamnooiende kollega die primaria nader wuif, groet hulle my versigtig en vlug met bukkende skouers by die tentflap uit.

* * *

Enters the prim.

* * *

Formeel groet sy my kollega, maar ek kry die eerste woorde in: “Jy was mooi vriendelik en gasvry sopas met die eerstejaars?”

Sy skuif haar brilraam haaks, kyk na my, onseker hoe om te reageer, en kyk vraend na my kollega.  Hy stel ons voor.

“Ek het gehou van hoe opbouend jy is met die eerstejaars; regtig inspirerend,” groet ek verder.  “Jy kan sommer die positiewe energie in die tent aanvoel, hoor!”

Sy snap die sarkasme en verweer met ‘n verduideliking wat sy verskonend aanbied.

My kollega bly tjoepstil en luister gul.  (Dit is immers hoekom hy my saamgenooi het.)

* * *

Die gesprek stuur ewe sinies, klinies en sarkasties voort.

Sy regverdig haar aksies, maar elke keer as sy na die “children” of haar “first years” verwys, swaai ek haar woorde om en vervang dit met “jong volwassenes” – dan klink haar verduidelikings bra belaglik.

* * *

Ná ‘n ruk, stop ek en verduidelik die oorkoepelende ironie waarmee ek besig is: Die sarkasme wat ek aspris meerderwaardig aan haar opdis – is soortgelyk aan die styl en toon waarin sy as primaria sopas met die nuwelinge gekommunikeer het. Ek vra haar hoe dit voel.

Die woede, veragting en moedeloosheid wat by haar opwel, is soortgelyk aan die emosionele respons wat dit by die eerstejaars veroorsaak.  Is dít haar doel?  Om die eerstejaars netso verkeerd en magteloos te laat voel?  Sou sy nie ‘n vriendeliker, gemoedeliker gesprek wou hê nie?

* * *

Vir ‘n rukkie bly sy stil, maar bied vir oulaas ‘n laaste argument: “Sy dóén haar werk,” sê sy, en begin alles te lys wat sy en haar huiskomitee in die paar dae alreeds vermag het.

Sy verwyt my.

Ek stop haar.

Met veel gesag en geen genade berispe ek: “I never said you are not doing your job…”

Sy sug, effens verlig, skielik kwesbaarder as vroeër.

“…I am saying that you are doing your job …badly.”

Toe gaap haar saamgeperste lippe vir die eerste keer effens oop.

En sonder verdere woordewisseling stap sy weg.

* * *

My oë volg haar soos sy spoedstap na die HK-kantoor toe (die naaste ontsnappingsweg): die ronding van haar skouers welliswaar deur haar baadjie verswelg, maar ek kon tog sien, toe sy die deur oopsluit, hoe haar skouers beginne ruk.

Vir ‘n oomblik was Academia se primaria weer ‘n eerstejaar.

* * *

En dit was maar crap.

17 responses »

  1. Terloops – is “jong volwassene” nie ietwat van ‘n drogterm nie? Sekerlik is jy of volwasse, of nie? ‘n Verdere kwalifikasie van hierdie status maak weinig sin (buiten miskien vir iets soos die “onlangs volwassene”)

    • Hm, dis waar wat jy sê, kobuse – maar ek vermoed ek gebruik die term soos wat ek destyds dit geleer het t.o.v. die ontwikkelingstadia van die mens soos dit in die Sielkunde gedefiniëer word. Daar tref hulle nogals onderskeid tussen tieners, adolessente, jong volwassenes en volwassenes, ens.

      Ek bedoel dit nie neerhalend nie. Inteendeel, die HK-lede val uiteraard ook in die “jong volwassene” kategorie. So, ek dink dit sou goed wees om die “jong” net te laat vaar😛

  2. Nêrens sien ek gesprekke hieroor waardeur ek oortuig word dat dit oor ‘n saak gaan eerder as individue nie.
    Een party word gedurig as perspektief-loos/idioties uitgebeeld, en die ander as alwys. Wie nou eintlik wie is, hang natuurlik af van wie die gesprek voer.
    Dit pla my.

    • Ek probeer nie met dié storie sê dat ek alwys is nie. Ook probeer ek nie die primaria as perspektiefloos uitkryt nie.

      Dis net vir my tragies wat ‘n HK-baadjie veroorsaak.
      Die las is dalk te swaar vir enigeen se skouers.

  3. Ek moet se ek het nogal die storie geniet. Was die hele week al oorval deur mense wat moan oor die “verwelkoming” en die “nuwe kultuur van samehorigheid en aanvaarding”. Eintlik flippen ridiculous. Ek was self deur talle ontgroenings deur al my jare op koshuis, en ek het ‘n paar knoue gevat van wreedaardige, mag-honger seniors… ek se nie raak ontslae van die tradisies nie, maar moenie ‘n tradisie van bitsigheid kweek nie. veral nie in ‘n “nuwe koshuis” soos die nie…

  4. Baie goed gestel. Ek is bly jy het opgetree soos jy het, dis hoogtyd dat HK’s eerstejaars met meer respek behandel en regtig welkom laat voel by ‘n plek soos daardie. Ek kan eerlik se, ek het daardie manier van behandeling (alhoewel jy in ‘n groep is en as ‘n groep MOES jy maar aanvaar wat gebeur en met die stroom gaan – anders maak jy dit nie (soos ‘n paar maats wat opgeskop het juis oor die stupidgeid en optrede van die HK-lede)) uiters neerhalend beleef het, uiters kinderagtig en uiters ongeskik (want meeste was so gewees). Jy as eerstejaar “ja” en “amen” maar net om uit die moeilikheid te bly, maar die studiejaar word opgemors, studente word tot laatnagte onnodig “besig” gehou met absolute snert (net omdat dit “ontgroening” is) en jy beleef als as negatief. Jy geniet nie veel van jou studente-tyd (my tyd was dit die eerste 6 maande) nie, jy word heeltyd “besig” gehou met ….ek wil eintlik nie se snert nie, want dit was veel meer as net dit. Vandag lag ek oor sekere dinge, maar ek sou baie meer van my studies wou maak (wat natuurlik deel van jou toekoms is) en baie oulike studente-maats het opgeskop, wat natuurlik nie sou nie en daar is die Onderwys verlore – met ouens wat fantastiese onnies sou wees. Daar is vir my geen sin in ontgroening nie. ok, as dit vir ‘n maand is en klaar en dan is dit soos in klaar en nie nog aangaan vir hoe lank nie. Waarom moet daar ouens wees wat kamma moet “bewys” hulle is “in beheer” – hulle kan dit op baie ander en beter maniere bewys. Ek sien veel eerder neer op so ‘n persoon wat so ongeskik op ander skree en dink hy/sy “doen sy werk”. Jy verlaag jouself eintlik om op jong mense so te skree. – dankie, my 2c vir vandag. – vir wat dit werd is.
    Kry eerder ons jong mense van die begin af gefokus en lei hulle ordentlik op in ‘n rigting as wat jy kosbare studie-tyd/studente-tyd so opmors.

  5. Pingback: Tweets that mention Want die ronding van haar skouers was verswelg deur ‘n hoekige HK-baadjie « mnr.muller -- Topsy.com

  6. Pingback: Ope brief aan die primarius van my oud-James Bond koshuis « mnr.muller

  7. while I was busy reading this blog, a picture formed in my head of a young naive first year. This specific first year was not greeted with a friendly smile or a warm happy hug from his HK or prim. This first year was physically and mentally torn apart by his HK leaders, was cursed at, and told how his parents wished he was never born. And today that same first year has seeked revenge over his oppressors. He has discovered that feeding off of one very unlucky prim’s misery has been very soul enriching for him, and what brightens his ego even more is that he is still being praised for it. Now ladies and gentlemen, isnt that the perfect vengance one can wish for. So Muller vandag was jy self weer ‘n eerste jaar, and by the way, your blog is uiters kak!

    • @unknown: I really enjoyed my first year orientation period in the previous millennium. I can assure you that I have no revenge issues🙂

      On the contrary, I enjoyed residence life so much that I ended up staying there for seven years and served in the house committee for three consecutive terms. If I did have revenge issues (which I did not), I could have acted it out there and then.

      Why I acted so decisively against this primaria, however, is because:

      (a) Eight years ago we already adapted the orientation programme to be aligned with the university outcomes. We found that a non-threatening approach worked best. First years and House Committee members were more relaxed, and the first years adapted to residence life much more quickly.

      (b) Subsequently the university provided much more training to prims and vice-prims in terms of the welcoming programme – during which they are clearly mandated with the responsibility to be friendly and hospitable and to treat the first years with dignity. The aforementioned primaria blatantly ignored this responsibility and was disregarding the university ethos.

      (c) To me it is tragic that a living environment such as Academia, which provides both the freedom and privacy of private accommodation, and the comforts of a residence, ignores its uniqueness by restricting its first years’ freedoms and rights.

      @unknown: What would you have done? If you saw someone humiliate and intimidate disempowered people – would you merely have done nothing?

      What if you were in a position of authority? Would you merely let it slide? Would you not be obliged to do something? Would you rather have reported her behaviour with the risk/aim of getting her expelled? Or would you also have questioned her behaviour? How would you have grabbed her attention and made her listen and think?

      I am by no means proud of the way in which I acted – I am not ashamed either – but I am not proud. In my blog-entry the I-character may seem exceedingly arrogant – that is what happens if/when you position yourself (as the primaria did with the first years) as a bossy know-it-all. I was indeed, as Die Regter pointed out in comment 4, “‘n ou DOOS” – or as you describe it: “uiters kak”. I do not deny this. But please also see the irony in the method(s) I chose to use.

      Also please realise that by posting this entry on my blog, I am not justifying her actions (or mine); I am not seeking praises (or condemnations); I am simply broadening the discussion base – and allowing constructive critisism on this topic.

      The entry could, in future, e.g. be used as a case study in the training of House Committee members, to stimulate small group discussions on these very things we are now talking about. THAT is the best way I can think of to address these issues: through posting evocative material that necessitates discussion and debate.

      Please realise that I am indeed (as all bloggers to an extent) biased in my writing and that I describe the events only as I experienced them, with foci on issues which I would like to further discuss. I am not reporting factual information as such, I am rather telling a parable, which is why I have not mentioned any names (other than that of Academia, whose students, I feel, would benefit by reflecting on this).

  8. Dear “unknown”, I have personally witnessed and experienced and shared the [nearly] exact same first-year orientation events that Mr. Muller did, since we were both first years in the same residence at the same time. We were never cursed at, and our HK treated us with a fair amount of respect most of the time. We mostly only suffered minor unnecessary annoyances, with a few somewhat grevious, but unintentional incidents. Sometimes they made us feel bad about stupid things we did not even do. As a close friend, I know that Mr. Muller does not feel the need for revenge of any kind, since there is no grounds for it.

    Further, I know Mr. Muller as a good-hearted person that only acts on good intentions. He never tried to feed off anyone’s misery, since he doesn’t have such a need. In fact, I know that he is saddened by the mere fact that it was necessary for him to make any of those remarks to that prim (which I assume to be you) at all.

    However, the fact that you feel the need to make ungrounded accusations toward Mr. Muller exhibits a clear childish reaction of shifting blame away from yourself without taking any responsibility for your own part. And additionally, the fact that you also do not even have enough self-respect to place a comment using at least your first name, would suggest that you still have a bit of growing-up ahead of you.

    So, I will excuse and forgive your ignorant remarks, since you don’t know any better. Hopefully, one day you will have learned that there is value in respecting other people, even if they are squirmy little first years, and that you can actually use criticism towards yourself positively as a means to reflect on your actions and maybe even improve your way of thinking about the world and the other people that share it with you.

    • Dankie vir jou bevestiging, Francois C. Miskien glo unknown nou makliker dat ek nie ‘n wrok koester nie😛

      Ek vermoed egter hy/sy is nie die prim nie; unknown verwoord bloot heelwat studente se opinie: dit is immers nie nice om ‘n prim te beledig nie.

  9. ek is een van die studente wat daardie dag in daardie tent was, ek was ook een van jou graad nege xhosa leerders. en ek jkan onthou hoe jy op graad agts tot matrieks geskree het as hulle binne jou kosbare biblioteek gekom het. so sit dit jou nie op dieselfde vlak as my prim nie???

    ten minste het sy nie rondgeloop en haarself bevoel nie, soos wat jy gereeld in die klas rondgeloop het. Glo my jy was die oorsaak van baie grappe agter in die skoolbus.om die waarheid te se ek het meer respek vir academia se prim as wat ek ooit vir jou sal he.

    en n.s jou xhosa klasse het my net mooi niks gehelp nie…

    • @proudacademian: altyd goed om van oudleerders te hoor🙂

      Jammer dat jy nie veel Xhosa geleer het destyds nie; dalk kan jy my blog-lesse volg. Dit was slegs ‘n kommunikasievaardigheidsvak met beperkte aantal lesure, maar volgens ons kurrikulum en toetse het ons meer werk gedek as die Duits en Frans kommunikasievaardigheidsvakke.

      Welkom by die gesprek; ek verwelkom regtig kritiek. En ek gebruik hierdie blog-ruimte om na te dink oor hoe ek dinge doen, ook om sodoende uit my foute te leer en hopelik ‘n wyser onderwyser te word.

      Wat my “geskree” betref, dink ek jy sal onthou dat ek dit feitlik altyd ver-ironiseer het; as ek luid sou praat, sou ek direk daarná ‘n ligte grap maak; as ek mense sou berispe, het ek hulle gedrag aangevat, nie hulle menswees nie. Dit is moeilik in ‘n streng magshiërargie soos ‘n skool, maar ek het tog probeer om die sisteem op sy kop te keer, deur juis daarmee te spot.

      (Ek het later, toe ek opvoedkundige artikels bestudeer het wat oor die verskille in manlike en vroulike humor handel – bv. mans lag veel meer vir spitsvondige woordspelings as vroue) – besef dat, as ek in die vervolg weer ‘n gemengde klas voor my het, ek ander humorvorme ook sal inspan. Terloops, humor is ‘n handige onderrigmiddel as jy kreatiwiteit wil aanwakker.)

      Ek kan nie dink dat ek myself ooit “bevoel” het nie; so ‘n stelling grens amper aan laster. Ek sou wel soms, omdat ek gesprekke gefasiliteer het, tussendeur die leerders wandel en met my hand op iemand se skouer druk om sy aandag te kry, maar daar is ook ‘n pedagogiese rede daaragter.

      Ek hoor graag hoe ek ‘n beter onderwyser vir jou kon gewees het; dalk wil jy jou kommentaar onder een van die Xhosa-blogposts plaas, eerder as by hierdie onderwerp? Geen onderwyser val in alle leerders se guns nie, maar dit is vir my heel goed as mense grappe gemaak het en ná die tyd van my lesse gepraat het. Ten minste wys dit hulle het opgelet in klas.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s