’n Haas onmoontlike taak

Standaard

Om ‘n goeie verwelkomingsprogram uit te werk, is moeilik.

Tans word huiskomitees gekonfronteer met verskillende wêrelde se verwagtinge:

  1. Die bestuur eis vriendelike, gasvrye en menswaardige programme, waar eerstejaars regtig welkom en tuis kan voel in hulle nuwe omgewings
  2. Die joolkomitee eis dat eerstejaars dansies en krete moet oefen, geld insamel en vlotte bou (aktiwiteite wat moeilik is om te bedryf sonder om eerstejaars rond te order)
  3. Die seniorhuis verwag dat die magshiërargie van die koshuis onder die nuwelinge gevestig word.

Dan kry jy verskillende boodskappe van ouers: die een groep wat verwag dat hulle eerstejaardogters ná 23:00 mag rondbeweeg soos hulle wil, en die ander groep wat hoop daarop dat hulle dogters weggehou word van die onderdorp se gefuif ná 23:00.

* * *

Om bogenoemde verwagtinge met mekaar te versoen, is haas onmoontlik.

Ons HK’s weet ook nie wát om te doen as eerstejaars op dag vier ná al die vriendelikheid, begin optree soos vriende nie!  Hulle voel nog húlle moet die wentrollie ontwerp – en dink nie daaraan dat die eerstejaars eintlik sélf inisiatief kan neem nie.

Die rol van ‘n studenteleier word misverstaan.

Advertisements

2 responses »

  1. As jy sterk eerstejaars het, waarom hulle nie toelaat om leiding te neem, as ‘n swak vierdejaar wat gekies is, slegs omdat daardie persoon ‘n senior is…ek slaan my oe op na die berge…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s