Die stress van idols met ’n lollypop ontlont

Standard

Dit is ‘n stresvolle gedoente om vir ‘n sang-oudisie te gaan!  Des te meer as jy niks van gehoortoetse af weet nie.

Ek onthou hoe ek gehaper het in my vyfde- en sesdejaar (al het ek ‘n geoefende oor van vioolspeel op skool): ek moes sing en dans en agterná-la-la-la.  Met víér pare oë wat my nástaar – en twee sêrleiers wat agteloos vir mekaar grinnik.  Gmpf!

Dit was intimiderend.

* * *

Maar laasweek was ‘n ander storie.  Ek is genooi om in te loer by ons wyk se serenadegroep-oudisies:

Die mense wat kom audition het, kon in groepies kom sing, mekaar ondersteun, ‘n slukkie sjerrie vooraf kry, en is ‘n rukkie later laggend daar weg met ‘n stokkielekker in die hand.

Hulle hét gestress, maar die scenario was heel anders.  Daar was net twee sêrleiers: een met papier en die ander voor die klavier – en albei van hulle het geglimlag en chit-chat sodat diegene wat kom oudisie het, met ‘n diepe inaseming rustig kon begin sing.

* * *

Ná ‘n saam-saam liedjie, is ‘n C-majeur toonleer op- en af gespeel wat elkeen een-een agterná moes sing om hulle range te bepaal (die hoogste en laagste note wat hulle kan bykom).  Dis ‘n maklike oefening, wat jou dadelik laat goed voel en jou gerusstel.

Eers daarná is die moeiliker intonasie/gehoor-toets gedoen met akkoorde en drie-noot deuntjies wat nágesing moes word.  As iemand gesukkel het, is daar eers vinnig-vinnig ‘n makliker akkoord gegee om te probeer ná-neurie.

Dit was briljant.  En ek was sommer trots.

* * *

Die hele senuweeagtige/senutergende oefening is ontlont en omskep tot iets nét positiefs en prettigs, selfs vir diegene wat dit nie sou maak nie; almal kon wegstap met ‘n glimlag én ‘n stokkielekker.

En die teleurstelling wat noodwendig in die lug hang as jy nie ná ‘n oudisie maak nie, is vroegtydig versag deur elke slag vriendelik te verduidelik dat daar slegs vier persone per sangstem verkies kon word.

* * *

Dit is só maklik om, as jy in ‘n magsposisie is, ander persone per ongeluk te verneder/intimideer, selfs al is dit nie jou bedoeling nie – dat dit werklik opvallend en mooi is as mense moeite doen om inherent-intimiderende aktiwiteite vriendeliker te  maak.

Kudos vir dié kultuur!

3 responses »

  1. Geluk! Dis hoe dit moet wees. Elke deelnemer moet ook voel dat hy/sy waardig is – dis tog deel van menswees om deur ander waardig geag word of gerespekteer word vir wat hy/sy is. Wedersydse respek is baie belangrik – om dit te toon ook en ook waardering te toon, hetsy hoe klein dit is. – soos die stokkielekker!🙂 Ek het vandag weer met 16 jariges (ja! – seuns boonop) gesien hoe hulle net ‘n “note home” waardeer het – ‘n klein gebaar. “Small Actions Big Change” is my Multi-Media unit se naam en in hierdie geval was dit ‘n “Small ABC”!

  2. Pingback: As sêr die gevaar van JOOL loop « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s