Monthly Archives: Maart 2010

Op die vooraand van ’n grap-dag wonder ek wat om te doen

Standaard

Laasjaar op 1 April het ek twee kollegas geflous deur e-posse vanaf hulle rekenaars uit te stuur – nie die “wettigste” grap wat ‘n mens mag pleeg nie, maar in ons administratiewe omgewing, ‘n heel geslaagde (en goedbedoelde) truuk.

Die een se verspreidingslys het spotgoedkoop turksvye belowe, die ander een s’n kreatiewe fudge-pakkies (lemon grass fudge, marmite fudge, ens.).

Hulle telefone het onophoudelik beginne lui met al die bestellings, sonder dat hulle kon uitpluis hoekom mense sodanig op soek is na doringlose turksvye of die eienaardigste fudge-resepte (ons het die e-posse uit hulle sent-items delete).

* * *

(Albei kollegas is môre met verlof.)

* * *

Wat was die grappigste April’s Fool joke wat jy al teëgekom het?

Read the rest of this entry

Advertisements

Vioolspeel toe nie soos fietsry nie

Standaard

Nou die dag het ek ‘n kultuuraand-kroonverjaarsdagparty bygewoon.  Dit was pret: elke gas moes ‘n item van welke aard ook al lewer.

As afwisseling tot die volop gedig-voorlesings het ek dit goed gedink om my vioolkis af te stof, die strykstok vol harpuis te smeer en ‘n eenvoudige stukkie musiek uit my skooldae te speel.

Wat ‘n katastrofe!

(Duidelik is vioolspeel toe geensins soos fietsry nie.)

Die note kon ek lees, die strykstok kon ek stryk, maar musiek het ek kwalik gepleeg.

* * *

Dis nogals tragies – die vaardighede wat ‘n mens só verloor.

Skielik is jou hele lyf styf as jy net vir ‘n rukkie krieket speel op die gras, of die sweet tap jou af ná ‘n paar oomblikke se tafeltennis.

* * *

Terselfdertyd is daar sekerlik vaardighede wat jy ál hoe meer inoefen: e-posse beantwoord, vergaderings notuleer… 

Ek wonder net of dit werklik die vaardighede is waarin ek sou wou goed wees.

Ek was laasweek vir drie dae in Roodepoort

Standaard

Ek het onlangs twee voorleggings by die Southern African Association for Institutional Research (SAAIR) se Quality Institute gedoen.

Vir my eie rekordhouding post ek die PDF-weergawes hierso.

Die twee voorleggings was in Engels en het gegaan oor Facilitating critical discussions on quality within a QA framework en Optimizing accreditation forms and QA templates_more insight and less hassle.