Vioolspeel toe nie soos fietsry nie

Standard

Nou die dag het ek ‘n kultuuraand-kroonverjaarsdagparty bygewoon.  Dit was pret: elke gas moes ‘n item van welke aard ook al lewer.

As afwisseling tot die volop gedig-voorlesings het ek dit goed gedink om my vioolkis af te stof, die strykstok vol harpuis te smeer en ‘n eenvoudige stukkie musiek uit my skooldae te speel.

Wat ‘n katastrofe!

(Duidelik is vioolspeel toe geensins soos fietsry nie.)

Die note kon ek lees, die strykstok kon ek stryk, maar musiek het ek kwalik gepleeg.

* * *

Dis nogals tragies – die vaardighede wat ‘n mens só verloor.

Skielik is jou hele lyf styf as jy net vir ‘n rukkie krieket speel op die gras, of die sweet tap jou af ná ‘n paar oomblikke se tafeltennis.

* * *

Terselfdertyd is daar sekerlik vaardighede wat jy ál hoe meer inoefen: e-posse beantwoord, vergaderings notuleer… 

Ek wonder net of dit werklik die vaardighede is waarin ek sou wou goed wees.

3 responses »

  1. hmmm…ek het daardie ondervinding met die klavier al gehad, maar blokfluitspeel is soos fietsry! haha…my kind speel viool en tog so mooi, ek het altyd op skool gewens ek kon ‘n fluit instrument bespeel…[nie blokfluit nie, want dit kon ek toe al doen], viool is ‘n baie spesiale instrument om te kan speel. Sy was gelukkig om by ‘n wonderlike viool Onderwyseres uit te kom. Jy moet plan maak en jou viool-vaardighede afstof! Speel ‘n stukkie en laai dit op jou blog/youtube!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s