Op die vooraand van ’n grap-dag wonder ek wat om te doen

Standard

Laasjaar op 1 April het ek twee kollegas geflous deur e-posse vanaf hulle rekenaars uit te stuur – nie die “wettigste” grap wat ‘n mens mag pleeg nie, maar in ons administratiewe omgewing, ‘n heel geslaagde (en goedbedoelde) truuk.

Die een se verspreidingslys het spotgoedkoop turksvye belowe, die ander een s’n kreatiewe fudge-pakkies (lemon grass fudge, marmite fudge, ens.).

Hulle telefone het onophoudelik beginne lui met al die bestellings, sonder dat hulle kon uitpluis hoekom mense sodanig op soek is na doringlose turksvye of die eienaardigste fudge-resepte (ons het die e-posse uit hulle sent-items delete).

* * *

(Albei kollegas is môre met verlof.)

* * *

Wat was die grappigste April’s Fool joke wat jy al teëgekom het?

>>

Hier is die twee e-posse van laasjaar:

Fudge e-pos

Beste Kollega’s

Ek het weer fudge om te verkoop!  My vrou het onlangs op waaghalsige resepte afgekom waarmee ons tans eksperimenteer n.a.v. ons reuse sukses met die koffie-fudge poging.

Plaas asseblief ’n bestelling, sodat ons kan sien watter resepte ons volgende moet aanpak.  Die sakkies (150g elk) wat ons gisteraand gebak het, is:

Lemon grass fudge  Die fudge proe ’n bietjie soos skottelgoedopwasseep, maar dit het ’n vars nasmaak: R3 per sakkie.
Kakao fudge  Die fudge is heerlik.  Die cacao is effens oorweldigend en baie soet, so die blokkies het ons maar halveer sodat jy nie onmiddellik sooibrand kry nie: R3.50 per sakkie
Chilli-chocolate fudge  Die resep op ’n webwerf van ’n Kaapse bakkery gekry (www.eunisapril.co.za).  Dit brand ’n bietjie, maar die chilli komplementeer die gesmelte donkersjokolade uitstekend: R8.00 per sakkie

Vanaand gaan ons nog waaghalsiger wees, afhangende van die bestellings wat inkom:

Marmelade fudge  Ons het die beste marmelade by Mooiberge gekoop (hulle het tans ’n Aprilgek-afslag special tot Vrydag) wat ’n mens met die suiker-en-kondensmelk mengsel inmeng.  Soet met die suur: R8.00 per sakkie
Bloubessie- en aarbeiefudge  Berry farm konfyt verdun en ingemeng.  Stroopsoet.  R9.00 per sakkie.
Vanilla fudge  ’n Halwe geurselbotteltjie by die mengsel wat jou terugvoer na kindertyd se tuisgemaakte roomys.  R4.00 per sakkie
Grondboontjiebotter fudge  Nuwe resep.  Kan nie wag om dit uit te probeer nie.  R5.00 per sakkie.
Hard Candy Fudge  Ideaal vir kinders.  Versteekte helder lekkergoed wat binne-in die fudge smelt.

Laat weet asseblief – julle hoef my nie te bel nie; stuur maar net ’n e-pos.  Vir elke sakkie wat julle koop, sit ek ook twee gratis blokkies Marmite-fudge in wat ons gister gebak het.  Dit het ’n interessante smaak, maar ek voel te skuldig om dit te verkoop.

Turksvy e-pos

Beste Kollega’s

Ek het ’n besonder groot besending van turksvye wat vanaand by my afgelewer word. Die helfte van hulle is ontdoring (50 sakkies met 10 turksvye in elk), die ander helfte nie. My verskaffer sê die turksvye is “supergroot en vars gepluk, wittes en rooies gemeng”.

Daar is blykbaar ’n te groot oes en veels te veel turksvye vir die winkelrakke in April; daarom kry ek dit teen ’n appel en ’n ei.

My one time only prys is 20c per turksvy (R2 per sakkie) vir dié met dorings, en 40c per turksvy (R4 per sakkie) sonder dorings. Laat weet asseblief voor 16:00 vanmiddag hoeveel sakkies julle soek, want môreoggend gaan die goed vlieg.  Die pryse is gek!

Voor 16:00 asseblief.  Bel my sommer.

>>

One response »

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s