Hey, boetie, kom gou hier!

Standaard

“Hey, boetie, kom gou hier!” roep hy die huiskomiteelid nader – dis nou die vriend van my wat ook vyf jaar terug in die koshuis was.

Ek cringe en wil lag terselfdertyd.

Die eerstejaar wat afgevaardig was om ons weg te wys, het sopas vertel dat dié betrokke HK-“Meneer” hom aangesê het om dit te doen.

“Hey, boetie!” skree my vriend weer.

En lanklaas het ek iemand só verontwaardig gesien omdraai en aangestap kom.

* * *

Dis nogals ‘n long drop vanaf ‘n geëerde “Meneer” na ‘n geminagtende “Boetie”.  Ai, dis tragies as jy as buitestaander ‘n oogklap-hiërargie op sy kop keer.

Advertisements

3 responses »

  1. Ek weet nie regtig wat om te sê oor die saak nie, behalwe dat dit vir my interessant(soos ‘n dooie eekhoring vir ‘n 5-jarige interessant is) hoe mens eers die stelsel moet verlaat voor jy waarlik perspektief kry. En intussen word jy vervang deur iemand nog enger en arroganter as jyself. Hierdie dinge waaroor jy skryf maak my warm en koud gelyktydig.

    • Hm, dalk kan ‘n mens begrip by ‘n student wen deur hom/haar terug skool toe te stuur en daardie stelsel vanuit ‘n buitestaandersperspektief te bekyk? Ek dink dis die enigste anologie wat tot hulle sal spreek.

  2. Om ‘n quote van Jack Handy te vervorm: Die enigste manier om begrip op die konsep van “perskeptief” te kry, is deur dit op te breek in sy stamwoorde: “persp” en “ektief”. En dit gee nie regtig vir ons enige nuwe insig nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s