Om volkome gehaat te wees

Standard

My oudkoshuis – as instansie – haat my tans.

Ná ‘n ope-brief wat ek aan die primarius gerig het, jou inwoners my vanuit badkamervensters uit die koshuis se binnehof uit.

Laasjaar kon ek enige tyd inwandel en tuis voel.  Nou, as ek met ‘n vriend gesels oor die mosaïek-plaveisel wat ons gelê het, sal ‘n eerstejaar op opdrag van ‘n HK-lid, my die deur wys.

* * *

Dit is nogals vreemd om so volkome gehaat te wees deur mense wat my nouliks ken.

Maar, nou-ja, ek moes dit sekerlik verwag het.  Jy kan nie sonder meer as buitestaander kritiek lewer oor ‘n trotse omgewing waar een groep jongelinge die ouer groep op titels en vanne aanspreek nie.

* * *

Naïef het ek werklik gehoop my ope-brief en die doop-inskrywing word platforms vir ‘n oop gesprek oor die veranderingsbestuur wat nog nodig is.

Maar toe nie. 

* * *

Tereg is dit sekerlik vreemd dat iemand vyf jaar ná hy weg is, steeds by sy oudkoshuis inloer – dit gee ek toe.  Dit maak ‘n ad hominem argument teen my té maklik.

* * *

Ek moet seker die hoop wat ek gekoester het vir dié oudtuiste van my, saam met die onnodige onvergenoegdheid, begrawe (dalk neffens Pluto se graf?) …en aanvaar dat ‘n mens weens die tydelike aard van ‘n koshuis net soveel kan vermag.

Dat ‘n koshuis noodwendig terug sal pendulum, ongeag.

5 responses »

  1. Dis sad dat mense nie positiewe kritiek kan aanvaar en daarop gaan verbeter nie. Paul Kruger het gese…”Seek in the past everything that is good and clean and build thereon your future”, maar nou ja, hulle ken seker nie vir Oom Paul nie [word in ‘n tyd groot waar “ons” geskiedenis nie meer oorgedra is/word nie, dus verskoon ek hulle]. Ons noem dit “constructive critism”..(opbouende kritiek) wanneer die kinders hul eie of hul maats se werk evalueer… [self-assessment/peer-assessment – in opvoedkundige terme…ek is al skoon “uit” met die korrekte SA-terme, jammer vir die Engels..]

  2. Ek was onlangs daar by die pub se birthday bash. Minder as die helfde daar het ek geken. Dit is vreemd om soos ‘n indringer te voel waar mense jou voorheen gegroet en respekteer het. Wat nog vreemder is, is dat mens so ‘n affiliasie kan hê met ‘n groep waarvan jy die lede nie ken nie.

    Om watter logiese rede sal ek daardie groep meer ondersteun as ‘n ander? Die gevoel van behoort is mos eensydig. Hulle ken jou nie. Hulle heg geen sentimentele waarde aan jou nie. Hulle sien jou waarskynlik as die ou wat “hier kom en ons tradisies wil verander, omdat jy hier eensaam en ongelukkig was. Jy is vroeër geboelie, nou kom haal jy dit op ons uit.” Of jy is die ou met failure to launch.
    Die twee sienings weerspreek mekaar natuurlik, “maar hoe dan anders? Om watter ander rede sal hy nou hier kom aandag soek.”

    As jy vir my sê dat jy nie hierdie houdings voorspel het nie, dan is ek regtig jammer oor hoe jy voel. Ek kry jou egter nie jammer nie, inteendeel ek prys jou moeite en trots-sluk wat dit geverg het om vir ‘n goeie doel te veg.

    Ons affiliasie lê eindelik in die goeie herinneringe daar. Die prestasies wat ons saam behaal het. Die tradisies wat ons agterlaat. Die ou vriende wat saam met ons geloop het en deel was van ons vorming. Dit is óns daardie, ‘n bestaande groep wat mekaar ken en stories deel; die spoke van Eendrag. Ons sal vir ewig op hierdie manier ‘verbonde’ wees aan jou ‘instansie’. Jy moet dus nie vir een oomblik glo jy word VOLKOME gehaat nie.

    Steur jy jou regtig aan die japsnoete wat nie jou beswil kan insien nie? As hulle ‘n bietjie vir hulself wou dink, sou hulle verstaan wat jy doen. Jy verwag te veel van die breinlose massa. ‘n Sisteem bied altyd weerstand teen verandering. Skei jou heimweë van jou werk.

    • Sjo, dankie vir jou kommentaar, kaneelsuiker, jy praat met besondere insig.

      Dit was inderdaad dwaas van my om te dink ek kan aanhou stuur in ‘n rigting, sonder om waves te maak. (Tog, die hoop beskaamd niet.)

      Toe ek weg is daar, was ek oortuig ek het nie net idees oorgegee nie, maar ook ‘n impetus en momentum wat die koers sou kon volhou. Ek het baie tyd belê in daai plek – drie jaar in die koshuisbestuur en nóg twee jaar daarná as senior student en raadgewer.

      Wat ek egter nou daar sien, is ‘n presies-teenoorgestelde plek as wat ek myself voorgestel het. ‘n Onkritiese magshiërargie wat ly aan eiewaan (…waaraan ek ook seker maar gely het tóé).

      * * *

      Dit was vir my wonderlik om twee jaar terug ‘n ouman om aand-teekan te sien opstaan, likeur gaan haal uit sy kamer en die eerste glasie te skink vir sy eerstejaar. Nou kommandeer die seniors weer die eerstejaars op om koffie te gaan maak of silly deurdiens te doen.

      Maar jy het reg, ek vermoed ek moet die “instansie” eerder beskou as die groep mense wat daar was toe ek ‘n invloed uitgeoefen het, en nie my sukses meet aan ‘n nuwe generasie wat in ‘n ander ontwikkelingsfase verkeer nie.

      Dankie vir jou kommentaar, kaneelsuiker.

      Dat jy my nie haat nie, beteken dat my trots-in-die-sak-steek geselsery met juniors miskien tog betekenisvol was🙂

  3. ek het nou nie die kommentaar reeds hier gelees nie – die ziedler spel op die ander skerm is jaloers op my aandag – maar om so iets te lees maak my vies. skoon lus om een van die snotkoppies met ‘n baadjie te laat…dink oor wat hy doen.

    of iets.

    afkyk was soveel makliker, ek moet bieg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s