In verbondenheid

Standard

Waaraan heg jy jouself?

Watse bande behou jy? Watteres verbreek jy?

Ek besef nou al ‘n geruime tyd dat ek beswaarlik afskeid neem van die instansies waarby ek betrokke raak.  Ná universiteit is ek terug na my alma mater om van anderkant die swartbord klas te gee.  Klaar daar, is ek toe terug na die universiteit waar ek as student sewe jaar verwyl het.

In sirkelende spirale kring my beroepslewe voort, sonder rigting.

Nog steeds behou ek kontak met die onderwysers van my skool – en ook met van die leerders.  Nog steeds gaan loer ek in by my oudkoshuis, of by vroeëre flatmates.  In ‘n paar vriendekringe is ek die last friend standing: die enigste koshuispel wat na die troue toe genooi word.  Of die enigste skoolvriend by ‘n 30ste.

Onlangs help ek weer my voormalige gesellin met haar poësie proeflees.

Maar ek kan aanvoel dat sekere bande aan’t verbrokkel is.

Dis wat disillusionment doen.

6 responses »

  1. Ek sou nie die twee teenoor mekaar stel nie. Vra eerder: watter bande behou jy doelbewus aktief vs watter verbrokkel met tyd.

    Die breekproses is ‘n noodsaaklike deel van die lewe. Dit is ‘n lekker bittersoet onderwerp waarvan almal mettertyd kan getuig. Die maklikste manier om dit te verwerk is om dit net natuurlik te laat gaan. Mens kan nie al die borde juggle nie, so koester jou herinneringe en deel van hulle met ons. Dit is al wat kan bly.

  2. Ek was nog altyd ‘n sentimentele persoon en glo daaraan om bande te behou…ek het nou nog bande met ou skoolmaats -al is dit net op FB/email. In ons gesin was dit ook tot dusver ek wat bande met niggies/nefies etc behou het. Mens kan seker nie tot in ewigheid daarmee aangaan nie, maar ek gaan aan totdat ek nie meer kan nie. Ek behou selfs “bande” met allerlei sentimentele dinge wat ek nie van kan ontslae raak nie, dagboeke van jare terug…my ou skoolboeke van laerskooldae! [het ek ‘n ‘probleem’…lol!] Ek kan onthou hoe ek as kind dit erg geniet het om deur my eie ma se skoolboeke te blaai en na die dinge te kyk wat sy geleer het…haar ou gedigte boek waarin gedigte baie netjies en sorgvuldig neergeskryf was (met pen en ink daardie tyd) en die netjiese sketse wat sy daarby aangebring het. Ek dink dit wat vir jou aangenaam was, behou jy en die onaangename gee jy nie om om te verbreek nie. Mens kan amper weer ou oom Paul hier aanhaal…van behou dit wat goed is uit die verlede…nou moet ek gaan slaap!

  3. 🙂 Ek was in ‘n plaasskooltjie, Gr1/Gr2/St1 [voordat die toegemaak is en ons dorpskooltoe moes gaan] en ons was 4 standerds in een klas. Daar het ek al “klas gegee” vir my 4 ander maatjies..want ek was altyd eerste klaar en dan moes ek die somme op die bord skryf sodat die ander hulle s’n kon merk..sommer so skryfbord (met blokkies) wat los eenkant op die grond gestaan het. Ek dink daar het ek al begin “oefen” lol!

  4. Ek kom agter dat mense in hul tienerjare rebelleer, dan maak hulle keuses (of nie) in hul twintigerjare en het verskeie maniere om hulself (en hul keuses) te regverdig. Dan, hier by dertig, word hulle meer relatief om verskeie redes (sommiges word meer aggressief om te bewys dat hulle reg gekies het).

    En dalk is dit deel van die genade van ouer word, om van jou illusies verloor, meer vry te word om agter te kom wie jy is en wat jy dink.

    Bon voyage!

  5. Ek dink net dat mens een of ander tyd net in verskillende rigtings begin groei. Dis nie verbrokkelende bande nie, dis meer die ontgroei van sekere assosiasies.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s