Verklaring vir die vetkryte

Standard

Noudat ek al klaar ‘n klompie vetkrytsketse gepost het, voel ek effens verplig om darem te verklaar vanwaar, vanwou en hoe en so:

Miskien moet ek begin deur myself te vrywaar, want ek beskou en bedoel nie my gekrabbel as kuns (of die meegaande woorde as filosofie) nie, maar eerder as vinnige pret wat ek graag met julle deel.

* * *

Dit het begin in die Strand by ‘n leë restaurant waar ek gehoop het op ontbyt.  Die krag was af, en daarom die restaurant gesluit.  Buite het dit gereën, maar by die kindertafel was daar papier en kryt en vandaar my eerste skets, sonder jolyt.

‘n Week of wat tevore het ek en my kleinnefie/broerskind (18 maande oud) met vetkryte gekrap, en toe daarso weer (maar dié slag alleen).  Voor dít was dit sekerlik jare terug dat ek myself daarmee verwyl het.  Hoekom weet ek nie, want om net vinnig te teken en in te kleur, is vet pret.  Dit bring net goeie glimlaggedagtes terug.

* * *

Toe ek weer by my ouerhuis was, het ek in ‘n ou laai ‘n boksie kryte herontdek en saamgebring Stellenbosch toe.  En nou, terwyl ek TV kyk, skets ek elke dan en wan ‘n bespotlike prent.

Moet dit dus asseblief nie té ernstig opneem nie, maar laat weet my as jy van een hou: ons kan altyd dit laat blok, en dan kan jy dit ophang bó ‘n toilet, of in ‘n kinderkamer, of waar ook al dié tipe werk by jou kleurskema pas😛

One response »

  1. Ek like hulle almal. Dis vars en dis anders. Moenie die trefkrag van eenvoud onderskat nie. (Ek moet sê die Sophie skets het my bietjie laat bekommer😆 )

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s