Om “pa te staan” en die wanpersepsies van studenteleierskap

Standaard

Ek vermoed leerders en studente het meestal ‘n wanpersepsie van volwasse leierskap.

Dis nie hulle skuld nie; inteendeel, dis noodwendig die geval, omdat hulle slegs omring word deur spesifieke tipe gesagsfigure (ouers en onderwyers) waarop hulle grootmens-gedrag modelleer.

Maar ouers en onderwysers vervul spesifieke gesagsrolle in die samelewing: hulle lê die reëls en struktuur neer en vervul ‘n koesterende rol teenoor kinders wat óf soetjies inval by die reëls óf op kreatiewe wyses dit buig/breek.

In ‘n volwasse en demokratiese leierskapsopset, voel ek, moet ‘n mens probeer wegbeweeg van ongelyke magsverhoudinge waar een party die ouer-rol probeer vervul, en die ander gereduseer word tot kinderlinge.

Volwassenes onderhandel met mekaar; luister mekaar uit en dwing nie soseer reëls op mekaar af nie.

Volgens die transaksionele analise teorieë beweeg ‘n mens konstant tussen verskillende ego-state: soms tree jy soos ‘n ouer op; soms speel jy soos ‘n kind, en ander kere onderhandel jy soos ‘n grootmens.  Daar is nie soseer “slegte” state nie, maar jy loop wel die gevaar om (tesame met diegene rondom jou) in sekere gedragsgroewe te verval, soos verklaar kan word deur dié verskillende rolle, wat dan almal se gedrag bepaal.

>>

‘n Tipiese voorbeeld van bogenoemde is huiskomiteelede wat hulleself dikwels in ‘n “ouer”-rol inplaas – en gevolglik eerstejaars (ook dikwels hulleself) in die “kinder”-rolle.

Sodanige verhoudings werk goed en is besonder volhoubaar: die een teer van die ander af, HK-lede beweeg tussen die rol van omgee- en tugtende ouer, en die eerstejaars vind hulle weg tussen een van twee rolle, dié van luisterende, wetsgehoorsame (hulpelose) kinders, of dié van morrende rebellie/verset teen die heerskappy.

Solank as wat die HK die reëls neerlê, sal daar huislede wees wat dit volg én huislede wat dit breek.  Saam-saam voed hulle mekaar se rolverwagtinge.

>>

Bogenoemde spel kan tereg heel plesierig wees as ál die partye besef dat hierdie rolle slegs speel-speel ingeneem word; as eerstejaars hulleself as volwassenes beskou en die kinderrol inneem as tydelike en ironiese spel met mede-volwassenes wat vir die pret as “ouer/onderwysers” optree: ‘n parodie op die magshiërargieë van die samelewing.

Probleme kom egter in as:

  • ‘n HK-lid nie hierdie spel verstaan nie, en hom/haarself ernstig in die gesagsrol inleef,
  • ‘n Eerstejaar nie hierdie spel verstaan nie, en eerlikwaar hom/haarself laat hiet en gebied,
  • ‘n HK-lid of eerstejaar eerlikwaar probeer om ‘n onderhandelende volwassene-rol te vervul in ‘n opset waar die verwagtinge en rolspel-verdeling anders uitgelê is.

>>

Alhoewel heelwat nuweling-eerstejaars universiteitskampusse betree met ‘n besef van dié ironie – omdat hulle alreeds vooraf gemaklik is in hulle volwassenheid (en hulleself as gelykes sien t.o.v. hulle ouer vriende, broers en susters) én hierdie ouer-kind spelreëls van ‘n oriënteringstydperk verstaan – is daar ook vele wat totaal oorbluf word deur dié teenstrydighede en geensins verstaan watse magspel aan die gang is nie.

En, omdat ons selde eksplisiet dink oor dié rolle wat ons vertolk – en in sommige gevalle dié spel te lank aanhou speel, sonder die verwagte denouement wat alles netjies oplos – verval ons in ‘n gekkeklug wat onvolhoubare verwagtinge vir alle partye skep.

Advertisements

8 responses »

  1. Jy het dit nou so mooi korrek gestel dat net ‘n idioot sal kan kla. Ek is tog steeds spyt dat mense jou in die verlede verkeerd verstaan het en nie kon sien waar hulle die fout maak nie. :-/

  2. @kaneelsuiker: Dankie vir jou medelye 😛

    Ek het darem al vrede gemaak daarmee dat, as jy leiding neem, jy altyd luide teenkanting (én stille ondersteuning) gaan kry. Maar om oop te wees vir kritiek, is een van die voorvereistes vir ‘n ware volwasse-egostaat, voel ek, so ek kan nie regtig kla nie.

    Dis net moeilik om op dieselfde terme te praat/debatteer as die ander party vanuit ‘n ouer- of kindstaat redeneer (ek bedoel dit nie neerhalend nie). Iemand in ‘n ouer-egostaat se gesag mag jy nie bevraagteken nie, en iemand in ‘n kind-egostaat vat kritiek persoonlik op (en bars in trane uit: https://mnrmuller.wordpress.com/2010/01/20/die-las-van-n-hk-baadjie/).

    Hierdie heftige teenkanting is nie iets wat ‘n volwasse-staat persoon probeer ontlok nie, maar dis meestal wat jy kry, gevolg deur vele ad hominem aanvalle, ongelukkig.

  3. Oulike YouTube-insetsels – natuurlik ook jou kontekstualisering daarvan. Dit maak my sensitief vir al my verhoudings… Dankie!

  4. Dankie vir hierdie post, André! Ek het nog nooit van TA gehoor nie, maar sien die geleentheid om baie hieruit te kan leer, en hopelik ook toe te pas!

  5. Terug pieng: So, jy is klaar met skool en op pad universiteit toe – wat om te verwag « mnr.muller

  6. Terug pieng: Jou eerste dag op universiteit, en wat om te verwag « mnr.muller

  7. Terug pieng: Om groot groepe in rye te laat stap – ‘n pragmatiese probleem of ‘n filosofiese vraagstuk? « mnr.muller

  8. Terug pieng: Wat is die nut van ’n inwonende hoof by universiteitskoshuise? « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s