Ek weet sy is gisteraand as HK-lid aangewys, want sy het ’n plakkaat om haar nek, kersversierings op haar kop en HK + haar koshuisnaam in swart geskryf op haar wange

Standaard

Sopas op die Rooiplein stap ek verby ‘n student wat verby my stap.

Ons ken mekaar nie.

Maar ek weet sy is gisteraand as HK-lid aangewys, want sy het ‘n plakkaat om haar nek, kersversierings op haar kop en HK + haar koshuisnaam in swart geskryf op haar wange.

* * *

So, toe keer ek haar voor (miskien moes ek net aangestap het) en wens haar geluk.  En twee sinne dieper in die gesprek vra ek haar tog hoe sy voel om só opgedress te wees.

Sy glimlag net trots en sê sy gee nie om nie, mense wens haar die heeltyd geluk.

* * *

Nietemin probeer ek maar weer, tipies ek, om haar vinnig die praktyk meer krities te beskou – en vertel vir haar van manlike HK-lede wie se hare destyds vir dieselfde doel geskeer is – en vra of sy nie aan ‘n meer waardige manier kan dink om dieselfde doel (jou vriende te laat weet jy is tot ‘n leiersposisie verkies) te bereik nie – dalk as die uittredende HK hulle baadjies kon uitleen vir die dag?

Maar nee, die praktyk is goed en reg.  En sy koop nie die gedagte om dit dalk in die toekoms (volgende jaar as sy die nuwe HK-lede sou gelukwens) effens anderste te doen nie.

Ons groet, darem heel vriendelik.

* * *

Vreemd dat ons hierdie rituele het: ons verneder die nuwe HK-lede so ‘n bietjie (sodat hulle hul plek ken), en dan ‘n maand later reik hulle pragtige foto’s uit aan ander huiskomitees om te wys watse dames/gentlemen hulle as groep is – ‘n skynbeeld/image wat hulle ook later voorhou aan die nuweling-eerstejaars.

* * *

Ek verstaan die studentepret-element hieraan.

Daar is baie ander dinge wat ook aan nuutverkose HK-lede gedoen is/word.  In sommige koshuise dra hulle jou kamer leeg en skuif al jou goed badkamer/quad toe.  In ander gevalle wag die verrassing op die HK-kamp waar jy kaal uitgetrek word, vasgebind aan die ander nuweling-HK-lede en iewers afgelaai word om kilometers ver in die reën terug te stap, besmeer met rooi-aas en geslaan met ‘n lat.

Teen studentepret is ek nie gekant nie, allermins, maar ons moet tog bedink hoekom ons sulke dinge doen – waarom het ons die behoefte om ‘n mede-volwassene, vir wie ons sopas verkies het tot ‘n verteenwoordigende posisie, soos ‘n kinderpartytjie-ganger aan te trek?

* * *

Dalk is dit nie ‘n lat nie; dalk word die hare nie geskeer nie, maar die doop-beginsel is steeds so duidelik soos daglig.

* * *

Dalk is dit maar hoe dinge is.

Advertisements

5 responses »

  1. Aan ‘n dommer praktyk kan ek nie dink nie. OK, fine, dis nou nie heeeeeeeleeeeeeemal waar nie, maar hierdie bly een van die domste goed wat op kampus gebeur. En die ergste is dat niemand dit stop nie, niemand eers die tyd sal vat om daaroor te dink nie.

    “Dis ‘n “eer” om die kroon te dra – hoekom dra jy nie joune nie?!”.

  2. Ek sidder as ek dink aan hoe min studente eendag ons Intels, Samsungs, NASAs et al sal begin, maar hoe baie van hulle net ‘n BEFOKTE KUIER BY FOKKEN BEFOKTE AFRIKAANSE AAND IN NUBAR HET EN FOKKEN LEKKER KOTS IN DIE GUTTER

    …en daarna BRek voltooi en ‘n Pajero gaan koop.

    • Dis normaalweg nie die studente wat tot HK verkies word wat suksesvolle maakskappye stig nie. Dis die nerds wat jy nie eers op kampus raakgesien het nie wat dit doen.

  3. Terug pieng: Jou eerste dag op universiteit, en wat om te verwag « mnr.muller

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s