Net ’n bietjie humility, vra hy

Standard

Saterdag ‘n klompie weke gelede, gesels ek met ‘n vriend van ‘n vriend.  ‘n Engelssprekene Suid-Afrikaner wat sy bevoorregte boys’ school roots versaak het en vort is na ‘n Afrikaanse universiteit, in die jare ’80.

In sy pa se huis het hy gehoor van die agterlike Dutchmen, maar op skool was hy bevriend met twee Afrikaanse broers wat na die boarding school toe gestuur is ná die dood van hulle ma.  Hy het sy vriende gevolg na hulle universiteit toe.

Nou is dit jare later.

Sy seuns en dogter, ook Engelssprekend, een van hulle ‘n swart, aangenome kind, is sopas deur dieselfde universiteit.

* * *

Net ‘n bietjie humility, vra hy.  Niks meer nie.  Net ‘n bietjie humility vra hy van mense.

Hy vertel hoe sy (wit) seun sê heelwat studente praat steeds vrylik en gemaklik in veragterlike en rassistiese terme, nes hy destyds sy pa hoor praat het – maar natuurlik nie van die Dutchmen nie. Sy Engelse skool se vooroordele leef nog voort onder studente, net in ‘n gewysigde weergawe.

Maar hy het geleer om humble te wees oor sy herkoms en gebroke verlede.  Hoe trots kan jy tog wees op ‘n generasie voor jou wat konsentrasiekampe opgerig het en plase afgebrand het?

Netso: hoe trots kan jy wees op ‘n generasie voor jou wat paswette ingestel het?

Jy moet tog iewers jou kop sak in skaamte?  Minder eiegeregtig of selfvoldaan wees?

* * *

Hy vertel van ‘n onlangse reünie met ‘n skoolmater.  Een wat hom met hand en tand verdedig het toe hy eendag in ‘n skoolfight betrokke was.  Maar ‘n ou wat ook vyftien jaar ná matriek nog nie sy vooroordele ontgroei het nie.  Daarom dink hy, nou nóg tien jaar later, kom hy wys die walletfoto’s van sy kinders; dalk ontlont hy só die situasie en kan hulle rustig met goeie heimweë terugdink aan die goeie goed wat was…

Maar tevergeefs, vertel hy my.  Sy vriend het weinig uitgevra oor sy kleurvolle gesin en skaars ‘n paar minute later weer in versamelname gepraat.

Hoe kan ons leef in só ‘n wêreld, vra hy. En skud sy kop wat hy mettertyd moedeloos rus op sy arm.

* * *

Hy vertel ‘n staaltjie uit sy vervloë jeug, toe ‘n dogter hom ‘n plaasdam gaan wys het; sy was ses.

“Ons mag nie in die dam swem nie,” maan sy hom grootoog aan, “Pappa sê die k*ffers het krokodille daarin gegooi.”

* * *

Jy kan niks daaraan doen nie, besluit ons; die verlede is ‘n oopgekrapte sweer.

Maar jy kan met ‘n bietjie humility lewe, meen hy.

Dis wat die tyd hom leer.

3 responses »

  1. Ai, eina.
    Nadat my rekenaar gesteel is, is ek amper te bang om vir mense daarvan te vertel – hulle reaksies en vooroordele is amper erger as my eie verlies en gevoel van onveiligheid.
    Ek kan nie help om te wonder hoe siek ons nasie se psige is nie…:( – watter energie stuur dit in die kosmos uit?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s