Tradisies is nie dood nie, dit word net aangepas(s)

Standaard

Wat verstaan jy onder tradisie?

>>

Ek het ‘n renons daarin as mense bloot sê jy moet ‘n tradisie voortsit of stop, so asof almal dieselfde verstáán het van wat ‘n tradisie nou eintlik is.

Vir my is ‘n tradisie iets lewendigs.  Jy kyk na ‘n aktiwiteit wat in die verlede gewenste, positiewe resultate opgelewer het, analiseer dit, bedink dit en kyk hoe jy dit kan verbeter/aanpas vir die konteks wat van jaar tot jaar aan die verander is.

Tradisie is iets wat jy aktief skep en herskep, soos wat die uitdagings wat inspeel op mense se lewens van een tydstip na ‘n volgende, verander.

Om tradisies “voort te laat leef” moet dit nie net klakkeloos herhaal word, aangepass word, “omdat dit nog altyd so gedoen is” nie, want dan raak dit vir my ‘n negatiewe konsep.  Dan was daar net een kreatiewe impetus lank-lank gelede: soos iemand wat ‘n prent teken, en dit dan afrol, en daardie afgerolde kopié weer afrol, keer-op-keer-op-keer.  Lateraan word die prent selfs onherkenbaar vaag en die rasionaal en kreatiwiteit – die idéé van die skets – raak verlore.

Blinde geloof in uitgediende praktyke – as dit die verstaan van tradisie is, dan bly ek eerder weg.

>>

Nou die dag kom ek af op ‘n groep studente wat hulle matrasse uitgedra het om ‘n vlot wat hulle besig is om te bou, deurnag te beskerm.  Dit was ‘n lieflike soel somersaand, ná ‘n hittige dag, en jy kon vinnig en maklik agterkom dat die gemoed in die groep goed en rustig is.  Dit was lekker – veel lekkerder om buite te slaap dié nag, as binne ‘n koshuisgebou wat heeldag in die son gebak het en die hitte vasgevang het tussen beklemmende mure.

Dié aktiwiteit was goed.  Dit kan, myns insiens, gerus ‘n tradisie word, want dit het op ‘n vriendelike, gemaklike manier die ouens saamgebind.

>>

Maar: as die vlottebou volgende jaar elders plaasvind, moet hulle steeds buite slaap – die goedheid lê nie in die kamstige “waghou” oor die joolmateriale nie; dit gaan oor die wegbreek as ‘n groep, gemaklik onder die sterre.

Ook: as die wind die volgende jaar woes waai, of die reën kom op, dan baat dit tog niks vir die spanbou om ‘n nuwe groep eerstejaars op nat matrasse in gure weer te laat slaap nie.

Dis waar tradisie verkeerd verstaan word, voel dit my.

Dan is dit verstok en dood.  Dalk selfs boos.

Advertisements

3 responses »

  1. Tradisies, veral familie tradisies kan baie mooi wees. So is daar n sekere familie wat jaarliks op ‘n sekere privaatstrand wat aan die familie behoort, vakansie hou. Daar geld sekere reels wat vir ander mense dalk sinneloos lyk. Maar tussen sekere 2 datums mag daar bv nie nie-familielede slaap nie. Op hierdie stadium is dit 5 of 6 gesinne, almal van dieselfde familie wat dan saam kuier daar. Iets wat die familiebande sterk. En waar familie-gewoontes deel van hulle lewens gemaak word. Dis natuurlik heeltemal vrywillig en as jy nie voel vir hierdie familie-tradisie nie, hoef jy nie daar vakansie te hou nie!! ek dink dis WONDERLIK!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s