Oorkant van waar die wasgoed hang

Standard

Direk ná ek deur ‘n labirint gestap het (gister), het ek die volgende geskryf:

>>

Oorkant van waar die wasgoed hang terwyl ek wandel

Die motorhek rus skuins teen die heining

met ‘n oopgehakte slot wat swaar daaraan hang

Drie potte; twee bome gestut deur stokke in die grond lei daarna

en ‘n kat besnuif die grond

>>

Sy hou haar ken met duime en voorvingers vas

bo haar kop teen die helling hang ‘n vasgebinde swaai

Agter haar staan nóg potte met plantjies soos klein kersbome

en waai in die wind

>>

Afgekapte takke lê op ‘n hoop op die grond opgehoop; die tamatieplant geknak; die sand omgedolf

…my mede-wandelendes kyk stip na die grond; een se toonnaels is keurig geverf in ‘n dowwe pienk

>>

En in die middel, met die grond sag en ryk, en die gras geil en diepgroen

kyk ek buitentoe na die skrefiesson se flikkering deur die blare

>>

One response »

  1. Mmm, skerp waarnemings (vol deernis) van ‘n plek waarin uitgrawings en verrassings om elke draai en in elke hoek weggesteek is.
    En die labirint wat ‘n mens subtiel (en onbewus) bewus maak van wat in en rondom jou aangaan…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s